waterbok vleis

Post Reply
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

waterbok vleis

Post by Christo »

Help gou, al die slim mammas wil nou weet hoekom is die vleis sleg.

Sommiges se die bokke het gif in hulle haakskene, ander se dit is die vel wat die vleis sleg maak. SMAAK?

Weet iemand waaroor dit regtig gaan.

Ek het lank gelede biltong ge-eet wat donker kleur gehad het en dit was waaragtig sleg.

Ek wag om te hoor.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: waterbok vleis

Post by bengogga »

Christo, niks fout met waterbokvleis. Ons skiet amper elke jaar een of twee waterbokke.
Ons maak wors, biltong, droewors ens.

Die afslag is die belangrikste, sny dadelik al 4 pote af by die elmboe en vou die vel terug soos jy die vel afslag, sodat die hare nie aan die vleis raak nie.

Meer as een ou moet help afslag. Waterbok het kliere by sy kloutjies rond.
Doen altwee dinge dan weet jy jy is velig.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: waterbok vleis

Post by Marc »

Die goed is on eetbaar, bel my ek sal dit verniet vir julle wegmaak {Knip oog}
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: waterbok vleis

Post by Dawid »

Christo,

Skynbaar kliere in die pote wat n slegte reuk afgee en die vel wat n slegte smaak gee sodra dit met die vleis in aanraking kom. So het n oubaas my vertel.Hy`t nogals gese smaak of jy die vleis in Jik laat le het voor dit gaargemaak is  ;D ;D
Het al van die worsvleis en filette geeet en daar was nie foute nie.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: waterbok vleis

Post by Cobus(Cobb) »

Piet-Skiet wrote: Soos ek die storie het is dit om krokodille weg tehou. Die kliere skei dan iets af in die water.
is daar al ooit op record of film dat 'n krok,waterbok vang en eet?
Ek het ook die storie al gehoor oor die krokke.

cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: waterbok vleis

Post by bengogga »

Ja piet-skiet, die kliere skei glo n reuk af in die water.

Ekt met my eie oe gesien hoe 'n krok 'n redelike groot waterbokbul gevat het in die kruger.
Die krok was nie groot genoeg om wb vinnig diepkant toe te vat nie. Daai waterbok is taai hoor.

Dit was in letaba kamp in 2004 gewees. Al die koeie het op die kant staan en kyk en 'n jong bul het in die water ingehardloop van tyd tot tyd om te help.

So ruk later het die krok die bul in die dieper water begin kry tot net sy kop uitsteek. Toe is dit verby.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: waterbok vleis

Post by HennieC »

Waterbok vleis is heerlik.
Die vel is baie olierig en het 'n sterk reuk wat die vleis bederf as die hare kant aan die vleis raak.
Die hand wat met mes sny moet nie aan hare kant raak nie en die hand wat vel vashou moet ook nie aan vleis raak nie.
Gebruik 'n mes om vel oop te sny en ander mes om vel af te skil of was kort kort die mes en hande af met seperige water om van olie en reuk otslae te raak.
Die pote afsny kan jy doen na die vel af is ook. Dit maak nie saak nie.
Die groot probleem is die olie op die hare dit is soos eende wat gaan swem hulle olie hul vere voor hulle in die water gaan. Die waterbok gee 'n olie af om sy vel tebeskerm teen uit droog nadat hy in die water gewees het.
So paar gewere en messe.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: waterbok vleis

Post by Spanner »

Ek het verlede saterdag 'n baie groot, ou, stinkbul WB geskiet.  Hy het baklei met die dominante bul en is toe deur die drade gejaag en moes van kant gemaak word.  Een Hornady Varmint reg agter die oor op kort afstand uit my Howa .223 het dit gedoen. 
Daai bok het gestink ! Vreeslike olierige vel met 'n baie sterk, musky reuk.  Erg onaangenaam eintlik.  Ek het gesukkel om mense te oorreed om te kom help oplaai.  Ek het sy agterbene afgesny by die knie en die pens uitgehaal alvorens ons hom gelaai het.  By die huis is hy in die garage opgetrek en van die agterpote af begin slag sodat die vel omvou en weg bly van die vleis.  Ek het nie gedurig messe of hande gewas nie en het alleen geslag. 
'n Ordentlike WB bul hoef nie vêr terug te staan vir 'n baie groot koedoe nie ... daai ding is groot kêrels, met massiewe dik nek.  Die bok is ingegee en biltong en droeewors is gemaak.  Geen probleem nie, heerlik en niemand kla nie.  Ek het die fillets uitgesny om gaar te maak en sal laat weet hoe dit uitwerk.  Maar die geprosesseerde vleis is baie lekker.
So ek stem saam - doen die ding reg en jy sal goeie vleis hê.  Maar moenie aan die hare of 'n stuk vel gaan staan en pruim nie, jou vrou sal jou nooit weer soen nie .  Ek ruik steeds daai stank in die garage.
Spanner
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: waterbok vleis

Post by Cobus(Cobb) »

bengogga wrote: Ja piet-skiet, die kliere skei glo n reuk af in die water.

Ekt met my eie oe gesien hoe 'n krok 'n redelike groot waterbokbul gevat het in die kruger.
Die krok was nie groot genoeg om wb vinnig diepkant toe te vat nie. Daai waterbok is taai hoor.

Dit was in letaba kamp in 2004 gewees. Al die koeie het op die kant staan en kyk en 'n jong bul het in die water ingehardloop van tyd tot tyd om te help.

So ruk later het die krok die bul in die dieper water begin kry tot net sy kop uitsteek. Toe is dit verby.
Daar hop die teorie van klier om krok af te skrik en weg te hou.... ;D

Cheers
Last edited by Cobus(Cobb) on Thu Dec 27, 2012 10:59 am, edited 1 time in total.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: waterbok vleis

Post by Sarelss »

http://jaracal.com/index.php/topic,1602 ... #msg205651
http://jaracal.net/index.php/topic,1691 ... #msg213507

Manne.
Lees die twee "threads" oor Waterbokvleis.
Die wat Marc nie vat nie, kan julle maar na my toe stuur!  ;D :-X

ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: waterbok vleis

Post by Christo »

Dankie manne. Gister vreeslike stories so uit die ander geslag gehoor soos gif in die hakskene ens.  Ek weet toe dat ek hier na 'n gesif die waarheid sou kry. Naby genoeg in elk geval.   

Hy is vir my maar soos 'n pajamadonkie. Ek hou nie van hom nie. Mooi bok, maar van eet weet ek nie so lekker nie.     
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: waterbok vleis

Post by bengogga »

Spanner, jy is heeltemal reg, as die waterbok klaar geskiet is het hy n vreeslike reuk. Dit ruik soos n boerbokram. Party mense se hulle ruik waterbokke soms voor hulle die bokke gewaar. Ek het nog nie dit ervaar nie, maar as bok geskiet is, met vel en bene, skerp reuk.

As die vel en bene af is is dit maar soos enige ander bok, dan is die reuke weg.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: waterbok vleis

Post by bengogga »

Hi Cobus, ek dink die kliere help hulle baie met kroks in die water.As jy kyk hoe naby aan die water hulle lewe, dan word min van hulle gevang(volgens my kennis).

Het dit nog net een keer gesien dat wb gevang word, hel dalk was daai krok desperaat? of die krok het sy neus toegedruk? Ha ha.

Snaakse dinge gebeur in die bos. Luiperd wat krok gevang het in die kruger! Hoe kan mens dit verduidelik?
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Post Reply