Jagreels
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jagreels
Sou graag insette van die boere met jagplase wou kry - hulle kant van die storie wou hoor.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Jagreels
Gaan kyk gerus na Wouter se skrywes vroeer op hierdie draad. Hy is 'n plaaseienaar.Pieter Willem Vorster wrote: Sou graag insette van die boere met jagplase wou kry - hulle kant van die storie wou hoor.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jagreels
Dankie, Beer. Dit het my toe 'n halfdag geneem om al die kommentare deur te lees. Ek het toe al die "pro's" en "con's" bekyk en tot die slotsom gekom:Beer wrote: Gaan kyk gerus na Wouter se skrywes vroeer op hierdie draad. Hy is 'n plaaseienaar.
Dit is die boer se prerogatief om die reels op sy plaas te bepaal. Dit is die jagter se prerogatief om dit te aanvaar of nie. Die "bottom line" is dus:
[align=center]Jag volgens die reels op die plaas of bly by die huis of soek 'n ander skietplek.[/align]
-
Zack Benade
Re: Jagreels
Pieter
As die reels jou as jagter nie aanstaan nie gaan jag op 'n ander plek. Daar is baie om van te kies.
Dit geld vir alle reels, tot misskote, Trofee mates ens.
Oor die huis bly gedeelte twyfel ek 'n bietjie. 'n Jagter bly mos nie tuis in die winter nie, hy JAG.
In Suid Afrika kan jy nog goedkoop jag. Daar is baie plase en boere wat te veel oorskot wild het. Soek en jy sal verbaas wees.
Ek dink jy slaan die spyker mooi op die kop. In Suid Afrika is daar nog 'n vrye mark stelsel.Jag volgens die reels op die plaas of bly by die huis of soek 'n ander skietplek.
As die reels jou as jagter nie aanstaan nie gaan jag op 'n ander plek. Daar is baie om van te kies.
Dit geld vir alle reels, tot misskote, Trofee mates ens.
Oor die huis bly gedeelte twyfel ek 'n bietjie. 'n Jagter bly mos nie tuis in die winter nie, hy JAG.
In Suid Afrika kan jy nog goedkoop jag. Daar is baie plase en boere wat te veel oorskot wild het. Soek en jy sal verbaas wees.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jagreels
ZB, jy is reg. Ek het te gou gepraat. Watter jagter sal nou in die jagseisoen by die huis bly? "It was an impulse of thought, instantly regretted."
-
bengogga
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am
Re: Jagreels
Robbie, ek stem 100% saam met jou. Gidse moet beter opgelei.
Nog iets wat my baie ongelukkig maak...
Ek jag vandat ek 11 jaar oud is en het al baie bokke geskiet en baie tyd in die veld deurgebring.
Ek is geleer deur my pa en ander mentors dat jy stadig stap in die veld, voetjie vir voetjie, jy luister, jy stop, jy kyk vir 'n stert wat waai, 'n horing wat blink in die son,ens
Jy loop nie resies nie. My laaste 5 jaar kon ek dit nie in my gidse se koppe kry nie en hulle stap so vinnig dat ons baie keer verby wild stap en ek dit te laat agterkom.
Dis frustrerend, want dis nie hoe ek jag nie en elke sening in my lyf skop teen die manier van maratonstap.
En die selfone wat lui terwyl ons jag het ook nou elke jaar se storie geword. Iemand dit al beleef as die gids se selfoon afgaan terwyl jy jag?
Ekt amper in my broek geskeit!!!!

CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Hallo Manne
Dit sal bitter nice wees as n paar ander plaaseienaars hier kan kom saampraat oor jagreels. By ons word reels opgemaak, nie oor dowe neute nie maar om praktiese redes. Elke plaas/gebied verg weer ander konsidirasies wat weer nuwe reels verg om die resultate te lewer. Ek het gehoop met die begin van hierdie skrywe dat beide jagter en plaaseienaar se redes en oorwegings vir mekaar kan duideliker word deur dat beide bietjie in mekaar se skoene kan staan.
Gidse sal altyd n kwelpunt en tameletjie wees in die jagbedryf. Omdat dit n relatiewe lae betalende beroep is kan die plaaseienaar nie altyd personeel behou nie. Persone is lief om nuwe werke te aanvaar vir weinig meer betaling of voordele. Juis om hierdie rede is baie plaaseienaars huiwerig om te investeer in hierdie persone. Dit maak dat hierdie n redelike catch 22 situasie raak betreffende gidse. Die beste manier om hierdie gebrek aan vernuf en opleiding te hanteer deur die jagter is om self leiding te neem met jou jag. Dit is in elkgeval wat ek doen vir n klomp jare met my persoonlike jagte. Ek is die jagter en die gids is net n opserveerder, niks anders nie. Kom ons wees eerlik dat die oorgrote meerderheid jagters net opserveerders en dan skieters is en bitter min jagwerk self doen.
Met die begin van jou jag spel die reels uit aan die gids. Geen selfoon oproepeof boodskappe sal gedult word nie. Laat hom agter jou loop en verduidelik dat jy graag self wil jag. Die gevoel wat jy op n jag kry waar jy self die diere uitoorle het is n honderd maal beter as wat jy net soos n slagbees agter die gids aan gedrentel het. Jy kan hierdie ook eers die tweede of derde dag doen soos jou oe beter aangepas word in die bos. Probeer dit gerus.
Oor die saak van pryse op horinglengtes. Dit is maar n moeilike saak en ek hoop jagters kan darem die redes hiervoor insienhoekom dit so is. Ek se altyd die maklikste manier om seker te maak jy skiet in die prysklas wat jy wil is om eerder diere uit te los wat jy oor onseker is. Meeste pryslyste het twee of drie kategorie en dit is darem binne die gewone jagter se vermoe om n dier te kan skat wat in die middel van hierdie kategorie le. Wanneer n dier begin lyk soos n grensgeval los dan eerder of skiet op eie risiko, dit is so maklik soos dit. hierdie sal altyd die jagter se vranwoordilikheid bly tensy hy bereid is om oorsese jagter se dagfooie te betaal waar n beroepsjagter se fooie ingereken is.
Ek hoop regtig n paar ander plaaseienaars kan begin saampraat sodat daar n bietjie breer perspektief gekry kan word oor hierdie punte.
Groetnis
Wouter
PS. Oom Pieter maak gerus n aparte hofie oop oor die bakkiejagter/skieter onderwerp. Ons kan dan daar lekker ons menings lig.

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jagreels
Zack, het jy n plaas?
Ek ken n boer wat so redeneer het, (sal nie hier name noem nie ) op die ou end nie een lokale jagter meer gehad nie en op die buitelande mark begin konsentreer. Dit het 3 jaar gehou, nou lek hy ons gereelde manne wat daar gejag het om terug te kom, maar weet jy al is hy die laaste jagplaas in Afrika wat wild het, dan skiet ek tarentale en hase op die manne wat n oop verhouding en gemaklike reels het se plase!! Ek het n slaghuis, baie groot in die wildverwerking, en belowe jou die moeilikste klient hou ek tevrede. Zack, jammer ek val jou nie aan nie hoor, maar die "motto" van gaan soek n ander plek, gaan die plaas eienaar op die ou end aan die agterstewe byt dink ek.
Ons moet mekaar maar in konsiderasie neem, maar nes n jagter nie moet hand uitruk nie, dink ek die boer moet ook billik wees.
Ekt nou al te veel gepraat hier, nou kyk ek!
Groete.

38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 380
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: Jagreels
Goeiedag manne,
Wouter ivm. Die horinglengte kwessie soos hierbo aangeraak,
, ek is n leek in wildsplaas bestuur , en sal graag wil weet watse direkte koste n wildsboer tipies sal he tussen n bv n 55+ en 55- Kudu Bul bv. Hoe word die kostes bereken ?
Ek het in die jagseisoen by n boer gaan jag wat hy R7000 vir n kudu bul onder 55 gevra het, en R 10 000 vir n kudu bul bo 55 gevra het. In ons gesprekke het ek dit duidelik laat blyk dat ek in die mark is vir n kudu bul die jag. Die boer vra my toe prontuit of ek die pryslys verstaan, en gelukkig is daarmee.
Ek lig toe feit uit dat ek dit verstaan, maar nie baie gretig is om R10 000 vir n 55.1 kudu te betaal nie, maar bied hom toe R8500 aan, maak nie saak wat die horing lengte is nie.Ons het blad geskut daarop, en is toe weg veld toe. Ongelukkig het ek daardie jag nie n kudu bul onder skoot gekry nie.
Ek persoonlik sal baie gemakliker gaan jag as ek weet daar is n vasgestelde prys is bv.. Kudu bul.
Die kudu bulle wat ek al teegekom het, het my nie werklik kans gegee om eers sy horing lengte te skat nie.
Jy wat in die bedryf is, is n gemiddelde prys tussen groot en klein nie dalk n opsie nie ? Dit sal my beslis gemakliker laat voel, en makliker laat kan begroot vir groter wild spesies.
Hoor graag wat julle opienis is.
Groete,
Michiel

CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Jagreels
MichielC,
Ek dink die oorsese trofee-mark het die dinge hier kom deurmekaar krap. As Roland Ward of SCI se dat 'n bok kwalifiseer sodra hy xxx cm lank is, verkry daardie bok oombliklik klomp waarde. Maar 3 maande tevore het dieselfde bok amper geen waarde nie, want hy kort 1cm op sy horinglengte......
Jy as biltongjagter heg jou uitgawe aan die ondervinding en die vleis, ongeag die presiese mate, tewyl meeste oorsese manne amper net worry oor "the tale of the tape". So dieselfde bok het skielik verskillende klasifisering tov waarde, wat dit vir die plaaseienaar baie moeilik maak om vir beide partye te cater.
Ideaal so wees as mens slegs biltongjag, en slegs trofeejag plase gekry het, maar in praktyk is dit nie so maklik nie, en die wildboer moet maar vat waar hy kan om onder moeilike finansiele omstandighede kop bo water te probeer hou.
Dink net as biltongjagmanne slegs per kilogram en trofeejagters slegs per cm kon betaal... In teorie die perfekte oplossing maar nie so maklik in die praktyk nie.

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
-
bengogga
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am
Re: Jagreels
Baie dankie Wouter, ek gaan jou raad volg met my volgende jag en sal terugvoer gee.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
-
Zack Benade
Re: Jagreels
Hallo Robbie
Moet nie sleg voel nie my vriend. Jy val my nie aan nie.
Ek het nie 'n plaas nie maar ek is 'n ewerige jagter met twee jong seuns wat hou van jag.
Hierdie tyd van die jaar maak ek braaiwors, kaaswors en mince dat die spoeg spat. So elke ses weke droe wors. Elke vriend wat kom kuier kry 'n pakkie. Hierby is ek ook 'n ywerige braaier. Ek hou van braai. Ek moet 'n plan maak om van al die vleis ontslae te raak. Die yskaste moet leeg word vir die volgende minter jagte.
Ek jag hoofsaaklik tussen vriende waar die wild verniet of amper verniet is. Die paar keer wat ek uitgenooi word vir jagte betaal ek maar mark verwante pryse. Ek sal altyd eerste na die pryse kyk want ek moet alles met 3 maal. Ek jag nie graag by wildplase nie agv hoe pryse en my reeds vol jagprogram. Ek is nie 'n trofee jagter nie. Dis waarom ek nie hou van 'n prys lys van verskillende horing lengtes nie.
Ek vra die vraag"Hoekom moet ek as biltong jagter R8000 vir 'n koedoe betaal as ek dieselfde dier kan jag vir die helfte van die prys?" Ek wil jag sonder dat my kop soos 'n calculator voel. Ek sal ophou jag as ek vir elke dier 'n calculator moet uitpluk voor ek deur die scope kan kyk.

MichielC
Aangaande reels stem ek heeltemal saam met Wouter se laaste brief. Elke plaas het sy eie baas en sy eie reels en sy eie pryslys. As jy nie daarmee saamstem of inval nie moet jy maar alternatiewe planne maak. Alles in die lewe het reels. Verskillende plase cater vir verskillende jagters. Die son skyn oor al die jagters.
Groete
Zack

Ek stel 100% saam met jou. Ek was al in dieselfde bootjie.op die ou end nie een lokale jagter meer gehad nie en op die buitelande mark begin konsentreer. Dit het 3 jaar gehou, nou lek hy ons gereelde manne wat daar gejag het om terug te kom, maar weet jy al is hy die laaste jagplaas in Afrika wat wild het, dan skiet ek tarentale en hase op die manne wat n oop verhouding en gemaklike reels het se plase!!
Ek het nie 'n plaas nie maar ek is 'n ewerige jagter met twee jong seuns wat hou van jag.
Hierdie tyd van die jaar maak ek braaiwors, kaaswors en mince dat die spoeg spat. So elke ses weke droe wors. Elke vriend wat kom kuier kry 'n pakkie. Hierby is ek ook 'n ywerige braaier. Ek hou van braai. Ek moet 'n plan maak om van al die vleis ontslae te raak. Die yskaste moet leeg word vir die volgende minter jagte.
Ek jag hoofsaaklik tussen vriende waar die wild verniet of amper verniet is. Die paar keer wat ek uitgenooi word vir jagte betaal ek maar mark verwante pryse. Ek sal altyd eerste na die pryse kyk want ek moet alles met 3 maal. Ek jag nie graag by wildplase nie agv hoe pryse en my reeds vol jagprogram. Ek is nie 'n trofee jagter nie. Dis waarom ek nie hou van 'n prys lys van verskillende horing lengtes nie.
Ek vra die vraag"Hoekom moet ek as biltong jagter R8000 vir 'n koedoe betaal as ek dieselfde dier kan jag vir die helfte van die prys?" Ek wil jag sonder dat my kop soos 'n calculator voel. Ek sal ophou jag as ek vir elke dier 'n calculator moet uitpluk voor ek deur die scope kan kyk.
MichielC
Ek dink ons eie wildsboere en plaaseienaar jaag die pryse so op. Kyk na die teelmark wat eksotiese diere teel. Ek dink daai pryse word met een doel so opgejaag. Ek sal miskien dieselfde gedoen het as ek ook 'n wildsboer was. Alles gaan oor aanvraag. In sekere gedeeltes soos in die noorde is die jagpryse mal. Jy kan dieselfde diere jag vir minder as die helfte van die prys in ander gebiede.Ek dink die oorsese trofee-mark het die dinge hier kom deurmekaar krap. As Roland Ward of SCI se dat 'n bok kwalifiseer sodra hy xxx cm lank is, verkry daardie bok oombliklik klomp waarde. Maar 3 maande tevore het dieselfde bok amper geen waarde nie, want hy kort 1cm op sy horinglengte......
Aangaande reels stem ek heeltemal saam met Wouter se laaste brief. Elke plaas het sy eie baas en sy eie reels en sy eie pryslys. As jy nie daarmee saamstem of inval nie moet jy maar alternatiewe planne maak. Alles in die lewe het reels. Verskillende plase cater vir verskillende jagters. Die son skyn oor al die jagters.
Groete
Zack
Last edited by Zack Benade on Thu Dec 20, 2012 10:30 pm, edited 1 time in total.
-
bengogga
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am
Re: Jagreels
So bek moet biltong kry!
Ek dink koedoe horings wat elke duim 'n ander prys het is darem nie reg nie.
Dis makliker dan om een prys vir rowland ward bok te gee en alles onder dit weer een prys.
Ek dink koedoe horings wat elke duim 'n ander prys het is darem nie reg nie.
Dis makliker dan om een prys vir rowland ward bok te gee en alles onder dit weer een prys.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jagreels
Zack Benade
Ek dink nogal ons sal mekaar om 'n vuurtjie in die jagveld kan vind!
Ek dink nogal ons sal mekaar om 'n vuurtjie in die jagveld kan vind!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Michiel
As ek moes costing doen op die plaas soos ek dit in normale besigheid gedoen het belowe ek jou bitter min mense sou dit kon bekostig om hier te jag! Hier sou dalk net n paar lapkoppe wat iets uit te make gehad het met olie of manne met groot titels voor hulle name wat so dan en wan hulle verskyning gemaak het. Indien jy enigsins die kapitale besteding en uitleg begin deel maak van jou som is dit chaos. Daar is bitter min bedrywe waar kosteberekeninge en prys nie voorsiening maak vir hierdie aspek nie. kan jy aan een dink? Hierdie een enkele faktor word bitter maklik oorgesien deur die gemiddelde jagter.
Pryse reflekteer n paar dinge. Die eerste is die algemene aankoopprys of markprys van n dier. Tweedens reflekteer dit die toestand van aanteling en aanpassing op jou spesifieke plaas. Derdens probeer n mens trend hou met wat jagters se behoeftes is. Vierdens kan n mens dit gebruik as lokmiddel vir klandisie.
Wanneer n mens n pryslys opstel veral met koedoebulle probeer n mens voorsiening maak vir alle tipe jagters. Vleisbulle probeer n mens reg prys vir die biltongjagters en so ook dan voorsiening te maak vir trofeejagters. Het jy al gedink wat se werk en kostes ingaan in n persoon wat in vyf jagdae net bereid is om n sekere lengte koedoebul of enige ander dier te wil skiet? Hoefeel 55 plus koedoebulle loop daar op n gegewe plaas rond. Ek belowe jou dit bly n rariteit op enige grond. Mense kyk dan hulle vas teen hierdie een enkele prys alhoewel dit eintlik net drie of vier diere op die hele plaas verteenwoordig. Dit is absoluut normaal van enige mens om senuweeagtig te wees oor verskilende pryse maar ek het in my vorige skrywe geskryf hoe n mens dit kan benader. Wat n persoon ook dan net moet doen is om eerlik te wees met jouself. n biltongjagter skiet vir vleis en n 55 duim koedoe bul is verseker nie die beste vleis vir die pot nie. As jy belangstel in daai bul dan is jy n trofeejagter al gebruik jy ook die vleis en klaar.
Dit is ook vir my persoonlik bitter lekker om op n plaas te kom waardie pryse belaglik is en die wild is vervuil maar realisties is dit iets van die verlede of so skaars soos hoedertande. Ons huidige situasie is hier om te bly en gaan net nog duurder word of ons dit wil weet of nie. Dit is ook verseker so dat daar baie ontgiere praktyke is in die wildbedryf wat te verstane is as jy in ag neem dat daar enorme hoefeelheid geld in is en dat die rolspelers mense met groot finansiele vermoens is. Hulle se mos nie almal in die wildbedryf is skelm nie, maar dat al die skelms wel in die wildbedryf is!
Ongelukkig is dit dalk van die waarste sedinge wat daar is.
So om jou te antwoord oor die koste implikasie tussen n koedobul onder 55 en een bo is die antwoord weinig of niks nie. Oordat jy meer bulle het wat onder die merk is is dit die rede hoekom hulle goedkoper is en oordat jy so min het wat oor die merk is is die rede hoekom hulle duurder is.

Wouter, is daar 'n rede hoekom net koedoes se horings elke duim 'n ander prys het?
Hoekom nie ander bokke nie?
Ek sien geen ander diere wat se pryse so uitgewerk word nie. Gewoonlik het die bokke 'n prys vir manlik, vroulik, trofee. Maar nie koedoes nie, elke paar duim het ander prys.
Hoekom nie ander bokke nie?
Ek sien geen ander diere wat se pryse so uitgewerk word nie. Gewoonlik het die bokke 'n prys vir manlik, vroulik, trofee. Maar nie koedoes nie, elke paar duim het ander prys.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Jagreels
Die ander ding is koedoe bulle gee jou ook soms min tyd om aan horinglengtes te dink of probeer meet!Daar is nog plase waar daar nog net twee pryse is koei en bul en of hy nou groot of klein is jy betaal een prys het op so plaas 55 duim bul geskiet pas my!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jagreels
Ja, ons sal maar verlief moet neem van die situasie wanneer dit by jagkoste kom. Dit gaan uiteindelik net toeganklik wees vir 'n uitverkore groepie. Ek moet net dankbaar wees dat ek my "innings" gehad het toe dit nog bekostigbaar was.Wouter Roets wrote: As ek moes costing doen op die plaas soos ek dit in normale besigheid gedoen het belowe ek jou bitter min mense sou dit kon bekostig om hier te jag! Hier sou dalk net n paar lapkoppe wat iets uit te make gehad het met olie of manne met groot titels voor hulle name wat so dan en wan hulle verskyning gemaak het. Indien jy enigsins die kapitale besteding en uitleg begin deel maak van jou som is dit chaos. Daar is bitter min bedrywe waar kosteberekeninge en prys nie voorsiening maak vir hierdie aspek nie. kan jy aan een dink? Hierdie een enkele faktor word bitter maklik oorgesien deur die gemiddelde jagter.![]()
Waar het jy gedink 'n enkele buffelbul kan R28 miljoen haal en as die veilingspryse die pryse van jagdiere gaan beinvloed, wat gaan jy later vir 'n buffel betaal?
Ek dank die Vader vir daardie voorregte van die verlede en bo alles dat ek nog goeie gesondheid geniet. Ek moet nou maar gate in papiere skiet en so af en toe hoop op 'n meevallertjie.
Jammer as ek so bietjie nostalgies raak, maar dit is net realiteite!
Groetnis
Pieter W.V. (Ou Ballie)
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jagreels
Ek kom vanoggend op die reels af, nogal streng!
1. Moenie ‘n spesifieke bok of trop te lank agtervolg nie. Sodra die bok/trop weghardloop – los hulle anders gaan jy hulle net verwilder.
2. Moenie naderkom nadat geskiet is nie. Wag 5 minute. Merk plek waar bok gestaan het.
3. Besluit vooraf watter wildsoort – en tipe diere van daardie wildsoort gejag gaan word en moenie diere/wildsoorte wat nie op die lyste verskyn nie, onnodig verwilder nie.
4. Jag eerder enkellopende diere. Die ou grotes loop in elk geval alleen of in bul/ramtroppies.
5. Moenie naby watergate, wildlekke of voerplekke jag nie.
6. Besoekers betree die plaas op eie risiko. Die eienaar of sy personeel aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, besering, dood of enige ander gevolg van die besoek aan die plaas, van welke aard die oorsaak ookal mag wees nie. Elke besoeker moet met aankoms ‘n vrywaringsvorm en aanvaarding van die jagreëls onderteken.
7. Jag te voet – half uur voor sonop en sonsondergang.
8. In die jagveld volg die jagter die gids se leiding oor waar en watter rigting gejag mag word.
9. Die persoon wat skiet, aanvaar verantwoordelikheid en eienaarskap vir die dier wat raakgeskiet is. Indien ‘n dispuut oor ‘n gekweste dier ontstaan, geld die geskatte horinglengte plus 5 duim as riglyn. Gekweste diere is ten volle betaalbaar.
10. Indien ‘n dier gekwes is, word die plek duidelik gemerk en plaaseienaar, word gekontak.
11. GEEN alkoholiese drank word in die jagveld toegelaat nie en mag onder geen omstandighede aan personeel gegee word nie.
12. Wapens kleiner as 270 kaliber word nie aanbeveel nie. Net sagtepunt ammo toegelaat.
13. Gewere word korrek ingestel voor betreding van die jagveld.
14. Wild wat nie op die pryslys verskyn nie, maar tog sonder skriftelike toestemming gejag word, se prys is R16 000.00 per kop.
15. Die bewaring van die wild – en plantlewe is vir ons baie belangrik en u samewerking in die verband word hoog op prys gestel.
16. Misskote word teen 50% van die dier se prys gefaktueer

9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Zack Benade
Re: Jagreels
Hi
Ek stem saam die reels is streng. Dis seker die boer of eienaar se reg. So is dit ook my reg om te sê hou verby ek gaan elder jag.
Uit die reels kan ek sien die boer gee om vir sy diere. Ek hou daarvan.
Ek persoonlik hou nie van:

Solank die die gids agter stap en sy werk as gids doen. Hy is nie 'n PH nie.

Jag die boer self? Wat se geweer gebruik hy? Miskien 'n 90mm kanon op 'n duiker. As my seun van 10 jaar wil jag sal hy eerder 'n kleiner kaliber wil gebruik op kleiner wild. Dit wil voorkom of die boer net vir volwassennes wil cater. Elke diergrote het tog 'n kaliber voorkeur. Dis basics. Behalwe as dit Blok is met sy .204

Dis 2013, Hallo
Verder is die reels aanvaardaar.

Last edited by Zack Benade on Thu Jan 24, 2013 2:19 pm, edited 1 time in total.
-
Zack Benade
Re: Jagreels
Bengogga
Ek sien dit as geldmaak. Geldgierigheid is 'n lelike ding. Iemand het dit begin en nou is almal op sie sous trein. Moet my nie skiet as ek op iemand se tone getrap het nie maar dis my gevoel en ek weet daar is baie ander jagters wat dieselfde voel..Wouter, is daar 'n rede hoekom net koedoes se horings elke duim 'n ander prys het?
Hoekom nie ander bokke nie?
Ek sien geen ander diere wat se pryse so uitgewerk word nie. Gewoonlik het die bokke 'n prys vir manlik, vroulik, trofee. Maar nie koedoes nie, elke paar duim het ander prys.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jagreels
No 2 is nogal lagwekkend! Hyt seker leeu's en buffels ook, maar as ek n Bwb geskiet het wil ek daarkom, as hy dalk wil opstaan darm nog n skoot kan inkry of kort op sy hakke wees as hy nog bietjie hoewe laat raas, 5 min en jou skoot was dalk nie 100% nie, kan jou paar ure laat soek!
no3 - Ai tog, jy wil n kudu koei en 2 rooibokke skiet, maar loop jou in n trop Bwb vas, en verander jou besluit, moet ek nou eers die boer op die radio roep en vra of ek n bwb koei eerder as n kudu kan skiet? Ek besluit net daar as ek wil my keuse wil verander, ek betaal mos!
Se ok soos jy Zack, soek maar eerder n ander oompie wat nie so baie draadwerk het nie.
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
-
wingover
- Jr. Member

- Posts: 86
- Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am
Re: Jagreels
Hallo Manne
Ja dis n moelike een die. Veligheid is die belangrikste en as jy by my kom jag is jou slot oop todat jy op jy plek in die jag veld is. As ek die ouens oplaai slotte oop rondtes uit. Ek sit self soos Wouter op n jag plaas en jag ook op ander plekke. Die rede is dit bly lekker om by n ander ou te gaan jag mits sy reels baie duidelik is en die eienaar nie n onbeskofte vent is wat dink die wereld skuld hom. Die reels moet dan ook nie verander word soos die eienaar besluit nie of lus voel vir die dag nie. Dis ons veantwoordelikheid as jagters om seker te maak wat die reels en pryse/boetes mag wees. En dan te besluit of ons daar wil gaan jag of nie. Die ding oor n bok wat later in die veld opgetel word moet maar op n eerlike manier deur altwee partye hanteer word soos bv. As daar n jater was wat na n Koedoebul geskiet het en jy tel n Koedoebul 2/3 later vars op dan is die kanse 90% dat dit syne is vernaamlik as die skoot wat hy gesê hy geskiet is, naby aan die skoot wat op die bok is en die bok darem in die omgewing lê waar die ou geskiet het. Dit het al gebeur dat poachers van die pad af van my diere gekwes het. En ook die jagter langsaan "nie gesien" het daar is n heining nie. Oor die ander goed kan ek nie veel meer uit brei nie ,maar wat vir my baie belangrik is, is drank misbruik. Kom jy om te jag of om te drink. Ek het geen probleem met die manne wat n bietjie wil vat nie, vernaamlik die eerste aand nie. Maar nou kry jy ouens wat tot 4 uur nog drink en dan wil hy 6uur veld toe. Dis gewoonlik die manne wat terug kom uit die veld met niks. Hy mors my tyd en my gidse se tyd. Onthou meeste van ons wil ons wild verkoop so as jy nie kan skiet agv. die feit dat jy nog gepiets is of so n babbelas dat jy nie deur jou oe kan sien verloor ek. Kyk ek sien die saak so, Dronk bestuur en dronk jag is altwee n goeie resep vir moeilikheid. Ek het na die laaste van so groep besluit om n 'Breatherliser aan te skaf en die ouens wat vir my nie lekker lyk nie, die oggend wat hy wil gaan jag moet maar blaas en as jy oor die limiet is gaan jy nie veld toe of jy hanteer geen vuurwapen nie, klaar ek wil so ver gaan om te sê dat daai ou eintlik vir n bok gevra moet word wat hy wou skiet. Watter kant sit die skoen nê.

KILLITGRILLIT
Lanber 12Ga.o/u Brn ZKK 602 375 H&H De Lux 30.378 Wby Cust. Pre 64 300 H&H Rem. BDL700 .308 Win. .270 Mus. Mod. 80 6.5x57 Maus. .243 Cust. Win. Brn De Lux .22 Gammo CF-30 .177 Uberti 357 mag. C96 7.63 Maus.Broomhandle CZ 75 para. .22 Ruger 6" Bull Barrel NA .22
Lanber 12Ga.o/u Brn ZKK 602 375 H&H De Lux 30.378 Wby Cust. Pre 64 300 H&H Rem. BDL700 .308 Win. .270 Mus. Mod. 80 6.5x57 Maus. .243 Cust. Win. Brn De Lux .22 Gammo CF-30 .177 Uberti 357 mag. C96 7.63 Maus.Broomhandle CZ 75 para. .22 Ruger 6" Bull Barrel NA .22
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jagreels
Naand,
Ek sien hier is lanklaas gepos. Ai die ewige reëls op jagplase, ek het altyd gewonder daaroor en waar kom sommige reëls vandaan.
Die plaas waar ek saam met pelle gestap het, se een reël is jy betaal vir elke skoot volprys! Gedink dis nogal rof, maar elke man het mooi geskiet almal een skoot bokke. Dieselfde naweek het my skoonpa jagters gehad. Dit was gereël deur 'n jongman wat hy ken, die is nou glo "PH". Dit daar gelaat.
Die uiteinde van die jag trippie was.... 2 gekwesde Wildebeeste wat vrek lê in die veld. #1 Vrydag geskiet, wat Saterdag oggend toe eindelik as 'n misskoot geroep word. "Konnie raak wees nie oom". Saterdag middag nog 'n kwes #2, toe hulle die Sondag oggend soek, kom Jack Russel op #1 af. Daar was darem ook raak geskiet, en erens is nog 'n rooibok gekwes. Een man het 'n skoot geskiet en vertel toe dit was op 'n slang. Die PH het op 'n tarentaal & aap geskiet. Die manne het glo terwyl hulle soek na kwes bokke sommer weer begin skiet. Ek het Woensdag die een bok in die veld gekry, mooi groot BWB bul met 'n skoot so 2duim te ver terug en te hoog. Ek het nou nie antwoorde oor hoe die manne se inskiet teikens gelyk het ens.
Maar ek dink net dit is amper onmoontlik om 'n BWB in die Bosveld heeltemal skoon mis te skiet. Ek sien daar is ook manne wat by my pa-hulle in Alldays wil bespreek maar die misskote ding skrik hulle af. Wat moet 'n boer doen?

- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Jagreels
As jy meer gereeld op dieselfde plase jag sal daar later 'n vertrouensverhouding tussen jou en die eienaar ontwikkel wat baie van die reels onnodig maak. As jy 'n bespreking doen vir die eerste keer stuur sommer vir die eienaar getuigskrifte saam van waar en wat jy die vorige jaar gejag het. Onthou hy ken jou glad nie en weet nie waartoe jy in staat is nie.
Ek het met die tyd goeie verhoudinge met eienaars opgebou en kry selfs nog die geleentheid om te jag sonder toesig te jag.
Dit sal nogal interessant wees as jy moet voorop betaal vir wat jy wil jag. Indien jy nie die wild gejag kry nie verbeur jy jou geld. Amper soos pakket skiet.

Koos de Beer
Koos de Beer