Jagreels

Post Reply
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Jagreels

Post by Varminter-308 »

Middag Manne

Ek gaan nie die plaas se naam bekend maak nie, maar het ook hierdie jaar n nare ondervinding gehad.

Kom aan op die plaas ontmoet die boer nadat ons 2 ure by sy hek moes wag want ons kon hom nie aan die hande kry nie. Nadat daar gereel is oor n tyd wat ons sal arriveer.
By die kamp aangekom, alles uitgepak en begin gesels oor al die reels wat ons moet volg. Pryslys ook deurgegaan en misskote was ook op ja...50% van bokprys en ons sal die pryse betaal sonder BTW.

Ons word toe skietbaan toe gevat wat tot 250m lank is. Almal skiet toe op 100m en ek skiet toe tot 250m om te kyk of turret nog reg is(gestel van 100 - 300m). Gewere is toe reg ons mag veld toe gaan.

Ons was n hele klomp manne wat gegaan het en die ouens word toe afgelaai op verskillende plekke. Elkeen saam met n gids.
Ek en my broer n vriend en n gids is toe saam met die boer op die bakkie want al die kampe word nou gestap.(let wel almal loop in een rigting). Oppad terug huistoe kry ons Rooibokke in die pad. Boer vra toe of ons wil skiet want hy kan nie nader gaan nie anders is hulle weg. ek se toe dis reg ek sal een vat. My broer range toe is die afstand 198m. Rooibok ram kyk weg en sit toe die Nosler Accubond agter die koppie in. Oppad na die bok toe word daar vir my gevra waar ek geskiet het. Heel windgat "in die kop oom". Daar word ek van n kant af uitgetrap want ek mag nie op sy plaas in die kop skiet nie. Dit was nie bespreek by ons vergadering nie. Later die dag hoor ons n skoot en klomp manne is terug en net die 2 vriende van my is nog in die veld. na n uur verby is vra ons toe vir die boer of ons maar kan ry en manne gaan oplaai toe word daar gese hy sal ry as die tyd vir hom regvoel. 3 ure later to is ons veld toe om die manne te gaan haal.(NAdat die boer al n paar whiskey's in het). Kom by die man aan toe is die rooibok gekwes en ons begin soek waar hulle opgehou het. Donker word dit. Gelukkig het ons flitse in ons jagsakke. Teen 8uur is ons klaar gesoek en sal weer vroeg more oggend terug kom om weer die bloed te vat. Toe ons terugkom by die bakkie, sit die boer lekker warm op die whiskey op die bakkie se klap en gooi een vir een in die keel af. Die gidse sit onder n boom en raak aan die slaap. NIE BOER OF GIDSE HET GEHELP SOEK NIE. Daai aand om die vuur kom daar sommer n paar van die boer se vriende ook (Daar word slegs uit ons koelers uit gekuier) Sal nie uitbrei oor daai aand nie. ( Dinge nie goed afgeloop nie). Vroeg oggend is ek en my vriend veld toe om te gaan soek maar nie gekry nie.
Al die manne terug in die veld en die dag het goed begin met n paar bokke. (En n paar misskote....lol ;D)

My broer is toe laat middag veld toe met my geweer en ek is toe maar op die bakkie saam die boer en paar manne. Ons kry toe weer n paar Rooibokke en die manne skiet goed. Darm nie weer nodig gehad om te soek nie. Laai toe weer n paar manne af wat wil terug loop kamp se kant toe. Soos ons ry kry ons weer rooibokke en daar is my geweer mos in die veld. Boer se toe ek moet sy geweer vat .243.
Dis nie n ver skoot nie. Net soo oor die 100m. Ek vra die boer of die geweer reg is.... 100%. Gaan toe mooi agter die blad. Let wel.....Dooie rus op n groot skietsak op die dak. Daai kruishaar beweeg nie. Trek die skoot af..................... Julle moet pasop daai punt is nogsteeds besig om te vlieg.... "Het jy weer kop geskiet..??... Nee oom agter die blaaie, maar die geweer is mos reg dan moes hy mos geval het" Dit was n baie lang argiment oor daai skoot. " Ek sal jou wys hy is reg. Kom ons gaan skietbaan toe" Kom op die skietbaan toe skiet daai geweer nie eers n A4 raak op 100m nie. Nie ek of die boer nie. Die patrone in die geweerbelt is PMP,Highland, New Generation ens. Nou vertel my waarmee is hy ingestel.

Nou kom ons by betaling die sondag oggend. Hier kry almal BTW Fakture nadat ons gese het ons betaal kontant so ons betaal nie btw nie. Daai moes toe nog extra betaal word vir die gebruik van die voertuig ook. My voertuig was gebruik, nie eers syne nie. So wie moet nou vir wie se diesel betaal betaal.

My Faktuur kom en wragtig n misskoot is op. n VOLLE R450. Daar verloor ek dit toe heeltemal. Dit was met sy geweer, nie eers met my eie geweer nie. "Dit was jou keuse" was daar vir my gese. Daar was wel gevra of hy ingestel is en op die skietbaan bewys.

Het toe maar betaal sodat ek net daar kan wegkom..... Ja en die gebruik van voertuig ook.

Nooit weer skiet ek met n vreemde man se geweer as ek nie self op die skietbaan geskiet het nie.
Nooit weer gebruik ek my voertuig op n plaas nie.

Het seker maar my les geleer op die harde manier.


Groete
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagreels

Post by ROBBIE1 »

Wouter.
Ek verstaan jou punt 100%, en in sekere gevalle verseker nodig ook.  Ek het begin skiet toe ek nog nie in die skool was nie, grootgeword op Wolwespruit in die Leeudoringstad omgewing, op die walle van die Vaalrivier.  My pa was n baie vol nonsens oukerel!! As hy vir jou 5 x .22 patrone gegee het, moet jy met al 5 trug kom of as daar 4 is moet jy iets saambring wat jy geskiet het, of daar probleme.  Ek het dus van kleins af geleer om nie kanse te vat nie, en het vandag nog daai "motto", maar ja, ek het al gemis - veral in die bosveld, en ja, ek het al gekwes ook, ek glo nie daar is 1 jagter wat kan se hyt nog nooit gemis of gekwes nie, maar my redenasie is dat indien ek wel mis, dit nie geweer of my skuld is nie, dan is dit n opstuksie wat nie opgemerk is.  Jy weet self, jy sien nie altyd n tak die scope nie, veral die naby wat nog buite die sigveld van die scope val.  Dit het al n paar keer met my gebeur, glo my, dat ek mis skiet, en as ek dan terug gaan en kyk van waar ek geskiet het, sien jy dat daar n tak afgeskiet of geskram is.  Op daardie oomblik wat jy aanle, en die adrenalien begin werk, sien jy wat voor jou deur die scope sigbaar is, dit wat jy kan sien nie, pla nie!!  :o Dan knal die skoot, en jy sien tot jou verbasing dis mis!!  :'( .

Dis waar ek se, soos jy tereg gese het,( in paar gevalle het jy die jagter vrygespreek omdat dit n duidelike mis skoot was ), moet die eienaar nie soos n stoomtrein op n enkel spoor wees nie! Goed vir jou, dat jy diskressie gebruik, en manne tegemoed kom, hulle sal weer by jou kom jag glo ek.  n Ander punt is ook natuurlik as n ou nou werklik met 3 of 4 mis skote n dag by jou aankom, is daar fout dink ek.  Vat hom skietbaan toe en laat hom skiet, en kyk wat gaan aan, dit is tog immers jou plaas en jou bokke.  Dalk is dit n nuweling wat nog bang is vir die geweer en trek, of die scope is dalk uit of die bracket los of wat ookal, maar as hy op die baan 100% skiet, en 4 mis op n dag in die bos, is hy oorhaastig en beplan nie sy skoot nie, dan kan jy maar n heffing instel na my mening.

Ons het so n jagter in n groep gehad in 2010 seisoen.  Sit die eerste aand om die vuur en vertel hoe hy 70 springbokke en 30 gemsbokke in n nagoes in die Namib, almal kopskote geskiet het. Ek praat nie baie met sulke manne nie, hulle is mos GROOT jagters, so dan luister ek maar.  Die volgende dag toe ons middagete by die kamp kom, wil die gids n fit vang! Ek jag baie op die betrokke plaas, en ken die gidse almal baie goed, en toe ou Ismeal my en die plaas eienaar vertel dat die man, n waterbok, 2 kudu's, en n rooibok gemis, het die eienaar ook begin rondtrap.  Die middag skof loop die eienaar toe self saam, ongeveer 40min gestap, of die pert wil sommer op n 58" kudu bul aanle. Hein druk toe mooi die geweer af, en vluister in sy oor, "die bul kos R12,000-00, mis of kwes of dood, van nou af beteel JY volprys as jy skiet!"  Hein vra nie misskote nie, maar dis soos ek bo gese het, as jy sien n ou is besig om nonsens aan te jaag, vat hom vas. Kudu bulle is in werklikheid R7500-00 op sy plaas. Die bul het nie geval nie, maar wel n BWB bul en 2 rooibok ramme vir die skof, net deur die leiding wat die eienaar hom gegee het om bietjie kalm, nie "trigger happy" te wees nie.

Wouter, ek glo julle plaas eienaars kan baie toevoeg tot ons jagters, dis julle beroep, ervaring van jare ens, leer n man wat fouteer, en hy gaan die wereld se respek vir jou he vir die res van sy lewe.

Varminter jyt n nagmerie gehad my vriend, gee ASB die naam ja, so plek moet mens vermy!!


Groetnis
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Jagreels

Post by 1250bandit »

Gou bietjie hoor hieroor:

Ek het altyd gesien dat plase adverteer 'n minimum hoeveelheid jagters, maar sien dit nie meer so baie nie. Ek verstaan van die plaas eienaar se punt af dat hy meer jagters wil he op 'n tydperk / naweek om dit winsgewend te maak. Maar ek het altyd so 4 vriende wat saamgaan (hulle gedra hulle mooi hahahaha ) en net een of twee jagters. Moet daar minimum hoeveelheid jagters wees oor die algemeen?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

1250bandit wrote: Gou bietjie hoor hieroor:

Ek het altyd gesien dat plase adverteer 'n minimum hoeveelheid jagters, maar sien dit nie meer so baie nie. Ek verstaan van die plaas eienaar se punt af dat hy meer jagters wil he op 'n tydperk / naweek om dit winsgewend te maak. Maar ek het altyd so 4 vriende wat saamgaan (hulle gedra hulle mooi hahahaha ) en net een of twee jagters. Moet daar minimum hoeveelheid jagters wees oor die algemeen?
Ek weet baie boere raak moedeloos vir die ouens wat 'n hele naweek boek en dan tussen hulle 2 rooibokke skiet. Die running cost op die plaas bly dieselfde, of daar nou 4 of 8 jagters is. Maar as daar 8 is en elkeen skiet darem 2 bokke, dan begin dit die moeite werd raak!

Dis waarom baie ouens begin het met pakkette, om die ouens so bietjie te dwing om te skiet en nie net te "kuier" nie!  ;)
Aim small, miss small
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Jagreels

Post by Sarelss »

Ek het altyd gesien dat plase adverteer 'n minimum hoeveelheid jagters, maar sien dit nie meer so baie nie. Ek verstaan van die plaas eienaar se punt af dat hy meer jagters wil he op 'n tydperk / naweek om dit winsgewend te maak. Maar ek het altyd so 4 vriende wat saamgaan (hulle gedra hulle mooi hahahaha ) en net een of twee jagters. Moet daar minimum hoeveelheid jagters wees oor die algemeen?

Eugene. ek verstaan nou ook die ding beter vandat ek bietjie om die vuur met een eienaar daar by Platjan gepraat het. Soos jy tereg s? het die plaas 'n sekere koste om te bedryf. Hy moet die koste kan delg, asook wins maak daaruit. Andersens kan hy eerder jaarliks die wild laat uitvang. Een geleentheid, hy het sy geld en hy sukkel nie deur 'n seisoen met jagters nie. Hy is ook natuurlik baie naweke weg van sy familie af en dit is 'n groot opoffering. April tot Augustus amper elke naweek. Maar hy geniet jag en die bos, die somme klop net nie altyd nie. Daarom glo ek hy gaan ook die jaar begin met minimum persone in die kamp (6) Die kamp hanteer 10. Natuurlik verkies hy dat die manne genoeg wild ook jag maar dit is nie so maklik om te reel nie. Pakette is sekerlik een manier om daarby verby te kom.

Varminter, jou ervaring maak my sommer naar!

Groetnis
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Jagreels

Post by vriell »

Deesdae word die meeste jagplase hanteer deur 'n PH wat sy jagters bring vir jag. Die PH vra oor die algemeen nogal 'n aardige bedraggie per jagter vir sy dienste.In so 'n geval sal ek voorgestel het dat hy sy Jagters se vermoens vasstel op een of ander wyse hetsy skiet oefening of dan kwalifikasies om seker te maak dat die jagter bevoeg is vir jag doeleindes.Enige iets kan verkeerd loop met 'n skoot dmv omstandighede , wind,takke,scope ens. en ek voel as die persoon se vermoens bewys was sou 'n misskoot nie heeltemal regverdig wees om voor te betaal nie.Kwes skote is voor die handliggend om voor te betaal.
Wat jagplaas eienaars betref behoort dieselfde te wees as vir PH...stel vas of die jagter sy geweer behoorlik kan gebruik .Dit sal ook help indien jy as jagplaas eienaar jou jagters ken maar dit se beslis nie dat die geweer reg is nie. Waar ons jag word ons elke jaar getoets met skiet oefening op die plaas alvorens jy die jagveld betree (om seker te maak dat ook die geweer reg is) Ten minste weet die boer dat die jagter en sy geweer is reg.

Indien PH en jagplaas eienaars bogenoemde vasstel behoort  misskote sowel as kwes diere verminder te word.

Ja die onus is altyd op die jagter maar dis ook belangrik dat die PH en jagplaas eienaar ook sy deel bydrae tot 'n meer etiese jag.

Het jy as PH of Jagplaas eienaar nog nooit 'n skoot gemis weens omstandighede nie ?...dis net menslik .

Maar net my gedagte uit ondervinding. Ek persoonlik sal nooit jagveld toe gaan voordat ek weet my geweer is nog reg na die rit  nie.

Groetnis

Len
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Hallo Len

n Mens kan alles toets tot vervelens toe maar dit gaan nog steeds nie my kwelpunte oor misskote aanspreek nie. Waagskote word daagliks deur goeie skuts met goeie toerusting geneem, nie waar nie? Hieroor het nie n PH of plaaseienaar beheer behalwe om die jagter dmv n misskootfooi te laat afsien van hierdie tipe van gedrag. Bokke word nogsteeds opgetel wat as mis aangemeld was deur daai getoetse skut en sy toerusting. Wie ly nou hierdie verliese? n Misskootfooi spreek dit ook die beste aan in my opinie. Die lekkerste braaibroodjie wat ek al geeet het was aan beide kante gebotter en nie aan een kant nie. ;)

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jagreels

Post by Jakkalsgat »

Wouter

Ons het nie hierdie betaal vir misskoot reel by een van die plase waar ek jag nie en is dit partymaal makliker met bakkie jag as "walk en stalk" omdat die boer of ek by is maar moet ek eerlik se dit maak vir my net meer sin. Dit is eenvoudig net 'n manier om die jagter te dwing om seker te maak van sy skoot en vat hulle minder riskante skote. As die jagter weet hy gaan betaal vir 'n misskoot gaan hy verseker 2 maal dink voordat hy sy skoot afdruk en op die manier gaan jy verseker minder gekweste diere kry wat jy agterna optel en dis dit maar weer net 'n ding wat die jagter moet sien as bearing en beskerming van die boer se eiendom. As daai skoot mis geroep is en die jagters is weg en daar word 'n bok opgetel gaan ek as boer 2 maal dink volgende keer as die jagter weer bel om jag te bespreek.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Jakkie/Goose

Ek weet baie manne verafsku die misskoot fooi, maar kyk maar wie dit elke keer is wat die grootste lawaai opskop daaroor. ;) Die redenasie dat dit meer druk op n jagter sit is ook net onder die manne wat nie genoeg die jaar by die skietbaan uitkom nie. Die manne wat se goed reg skiet en weet wat om daarmee te doen het nie n probleem daarmee nie.

Jy is absoluut reg deur te se dat jagters al te geredelik skiet veral op n bakkie en oop plaas sonder om seker te wees van die skoot. Jy trek nie n skoot af as jy nie seker is nie en klaar. Vat bietjie hoeveel meer diesel jy moet uitry op n plaas waar daar nie n keer is aan die aantal skote wat geskiet word nie. Jagafstande word ook aansienlik langer op hierdie plase waar daar meer koeels onder die grond le as klippe. Hierdie reel werk vir ons en so ook op die jagtrips waarop ek gaan. Die sukses ratio is ook daadwerklik anders tussen skote geskiet en bokke wat le waar daar wel hierdie reel is. Dis lekker as jou groepie 20 skote geskiet het en daar hang 20 bokke.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jagreels

Post by Jakkalsgat »

Wouter

Natuurlik nog 'n groot plus vir die reel is dat jou bokke nie so vinnig wild geskiet word nie.

Groete
Ja :laugh:goose
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Jagreels

Post by VdWalt »

Jakkalsgat wrote: Wouter

Natuurlik nog 'n groot plus vir die reel is dat jou bokke nie so vinnig wild geskiet word nie.

Groete
Ja :laugh:goose
En dis hoekom ek nie omgee om op plase te jag wat charge vir misskote nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

Jag vs Skiet?  Wil nog altyd weet of ek nou as 'n jagter of 'n skieter geklassifiseer word, want ek skiet deedae van 'n bakkie af vir die vleis.

Oor die jare bou 'n mens natuurlik 'n vertrouensverhouding op met die eienaar van die plaas  -  dis nou as jy elke jaar daar gaan jag.  Hy weet wat jy kom doen en dat jy nie 'n "slagter" is nie.  Ek het dus ook nog nooit vir misskote betaal nie.  As ek vir misskote moet betaal, sal ek so op my senuwees wees dat die hele jagepisode in 'n nagmerrie sal ontaard.
So, dankie vir hulle wat jou nie laat betaal vir misskote nie en erken as jy 'n bok gekwes het.
Laaste storie:
Op so 'n jagtrip leer jy 'n mens ken  -  net oos op die gholfbaan.  Een keer in die Karoo gaan skiet.  Boer het 'n jong laaitie met 'n .222 toegelaat.  Hy het aanvanklik nie geweet hoe om die geweer te laai nie, maar hy sit voor en maak oorlog.  Sy pa het weer die vorige aand soveel "limonades" gedrink dat ek nie geweet het hoe hy die volgende dag sou skiet nie. Op die einde van die dag was daar twee twee bokke wat vodde geskiet is, maar niemand wou pa staan vir die bokke nie, alhoewel almal 'n goeie idee gehad het wie die skuldige is.  Ons moes toe almal iets ingooi om die bedrag van die twee bokke op te maak.
Ek het drie springbokke geskiet -  in die vel huistoe vervoer.  Toe ek die bokke afslag het ek in twee van hulle .222-koeels gekry.

Kies jou jagmaats versigtig.
Drank en jag gaan nie saam nie.
Maak doodseker van die boer se reels t.o.v. jag op sy plaas.
Wees te alle tye 'n etiese, eerlike jagter.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Oom Pieter

As daar op daai voorbeeld wat Oom genoem het n misskootfooi was, sou die storie dieselfde einde gehad het?

Hoe kan n persoon wat op daai afstande wat Oom aangee vir die kopskote wat Oom skiet, hoegenaamd senuweeagtig word oor n misskootfooitjie?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

Wouter, vermoende ouens sal nie senuweeagtig raak nie, want hulle betaal lag-lag.  Omdat ek nie betaal vir misskote nie, skiet ek raak.  As ek aanle en ek dink net daaraan dat dit R500 gaan wees en ek nie eers die vleis sien nie, grens dit aan bokkoors.

As jy nie rustig is nie, kan jy nie skiet nie

Vertel my ook wat jy dink van die term, jagter.  Wanneer is jy 'n jagter en wanneer 'n vleisskieter?  Ek dink nagoesters kan as vleisskieters geklassifisser word.
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: Jagreels

Post by bengogga »

Hierdie is 'n onderwerp waaroor mens lank kan praat.

Hier is my ondervinding. Het hierdie jaar die eerste keer gaan jag by 'n plaas wat 25% van die bok se waarde vra vir 'n misskoot.

Dis alles goed en wel, maar die gidse sit baie druk op mens om te skiet. Al is die bok ver, staan nie mooi nie of klein, daai bok moet pot toe. Die gidse raak te opgewonde en is kwaad as jy nie skiet nie. 

Wou hierdie jaar koedoe en waterbok skiet, maar my gids het sy dinges elke keer gewip as ek nie na 'n rooibok of vark wou skiet nie.Selfs klein varke en jong rooibokkies. Bly vir hom se dat ek nie daai spesie soek nie, maar elke keer kwaad geword as ek se ek wil nie daai bok wil skiet wat hy vir my wys nie.

Ek dink die plaaseienaars moet hul gidse inlig en se dat daar is 'n duur fooi wat die jagter moet betaal vir misskote en moenie pressure gee nie, dat die jagter self kan besluit of hy bereid is om die skoot te waag.

Die eienaar het ook gese dat sy gidse nie die sneller trek nie, maar die jagter. En die jagter moet seker maak voor jy skiet.

Ek dink dat altwee partye hulle kant moet bring.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

Waar woorde, Bengoga.  En dan laat hulle jou 'n trofee skiet waarvoor jy uiteindelik dubbeld moet betaal, terwyl jy eintlik net vleis wou he.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagreels

Post by ROBBIE1 »

Ek dink dis jou reg om te skiet wat jy wil.  Ook al so iets ervaar, maar dit was n geval van daar was nie baie kudu koeie op die plaas nie, en die gids weet dit, hy gaan hom gedaan loop vir dae, en dalk nie een kry nie, nou probeer hy jou uit die kudu kry om eerder 3 rooibokke (wat vervuil is) te skiet, ek dink die eienaar het die betrokke gids so geleer in my geval.  Vir 3 dae geloop, my voete blase, 2 jong kudu verse gesien, dis dit, toe weet ek hoekom kudu koeie R1800-00 stuk kos!!!! Nog n les in die lewe, as iets te goed is om waar te wees, IS DIT te goed om waar te wees......

Bengogga, dis jou keuse, geen gids kan jou voorse nie, jy betaal, so jy besluit, PUNT!!!

Ek is nie n misskoot voorstander nie, maar dit is maar die boer se reel, so dan moet jy inval daarby, maar dan sal n gids my nog minder aanjaag!! Ek dink n man moet vir die boer vertel wat die gids doen en dan sy reaksie dophou, jy sal vinnag opmerk of hy die gids so voorgese het, en of dit van die gids se kant af kom.
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Jagreels

Post by VdWalt »

Ek het vir so gids ges?, dis reg ek sal skiet maar as dit n mis of n
kwes is betaal hy. Van toe af het ons lekker verder gejag.
Ek verkies die gids ook so tree of wat agter my as ons stap.
Kockp1
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Sun Apr 29, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by Kockp1 »

Ek het ook 'n paar gids ondervindinge beleef wat die jag onsmaaklik maak en jou die indruk gee dat jy eintlik daar is om die boer se wildbekamping te kom doen.

Die laaste was 'n gids wat aanhoudend 'n BWB Bul uitwys, nadat ons reeds twee geskiet het. Ek het hom net een keer mooi verduidelik dat die volgende twee koeie gaan wees en sy gefluister en aanwysings geignoreer.  Nadat ek die tweede koei platgetrek het wat langs die bul staan wat hy aanbeveel as 'n mooi koei, het hy besef hy mors sy tyd en dat ek die verskil duidelik kan sien.

Die prys verskil van R600 tussen die bulle en mooi koeie is nie die moeite werd nie en ons het dit duidelik gemaak dat ons vir biltong jag en nie vir trofees nie.

As jy seker is van jou storie en so 'n bietjie ervaring het doen presis dit waarvoor jy betaal.  Ek moes ook op twee geleenthede die gids met sy "bigfoot" stap fisies stop en laat sit sodat ek pragtige rooibok ramme kan plattrek wat vertsom staan en kyk vir die rasende gids.

Sterkte
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: Jagreels

Post by bengogga »

Julle praat waar!
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: Jagreels

Post by bengogga »

Jag het so duur geword, dit val amper in die ''luxury'' bracket deesdae, mens kan nie bekostig om foute te maak nie.

Baie gidse pas beeste op die hele jaar, maar wintertyd is hy n jaggids. Ek wonder of dit nie hulle is wat so bly raak as hy 'n ietsie raaksien nie.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Dis 'n lekker onderwerp om te volg.

Ek sien baie jagters is gefrustreerd met die gidse wat hulle wil voorse of voorskryf wat die jagter moet doen.  Waneer en wat om te skiet.  Hoekom laat julle manne dit toe???

Die wet forseer ons om toegewyde jagters te word om beter te kan jag.  Ons lees daaglik oor wapens, balistiese data, ens.  Daagliks groei die gemiddelde jagter se kennis.

Die gemiddelde gids besit nie eers 'n wapen nie.  Hy koop nie maandelik jag en wapen tydskrifte nie.  Wat is sy kennis oor die beperkings van 'n kaliber en skiet afstand?
Dit het tyd geword dat gidse ook 'n toegewyde gids kurses moet afle voordat hy die veld mag betree.  Die meeste gidse is gewone plaasarbeiders wat in jagtyd 'n slim domineerende sogenaamde gids is.
 
Wie is die jagter en wie is die gids????
'n Gids het 'n taak om jou te vergesel.  Hy is beslis nie 'n PH nie.
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: Jagreels

Post by bengogga »

Ek stem, Zack.

Die probleem begin net as mens die plaas nie ken nie en in 'n spesifieke area moet bly as daar ander jagters in die veld is. Hulle ken die plaas beter as ek, want hulle bly daar.

Maar dis goeie saadjie wat jy in my kop plaas.
Mens kan seker ''oorvat'' by hom as die wild gewaar word. Maar ek sien die bokke ook nog voor hom gewoonlik...
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagreels

Post by ROBBIE1 »

Flip eks bly eks nie enigste ou wat so voel nie!!!  Daai "bigfoot" storie is net so erg, jy loop jou gedaan, en dit klink of daar n trop buffels aan die kom is soos die perd loop en hoes en en....... Daai tyd draai ek sommer om en gaan direk kamp toe, as daar nie n ander gids is nie, moet die eienaar maar self saam loop!! 

Ek voel dit is die boer se verantwoordelikheid om toe te sien dat sy gidse behoorlik opgelei is, nes dit ons as jagter se verantwoordelikheid is om toe te sien dat jy jou wapen ken en skietbaan toe gaan om te "oefen", moet die boer ook sy gids leer hoe om n gids te wees.  Dis nes die ou storie van bulle en ramme wat na n sekere horing lengte, in duime van prys begin verskil.  Wie van ons kan horings skat tot so n mate dat jy weet waar die prys gaan begin verander? Daardie boer se "gids" moet opgelei wees om dit dan te kan doen as sy pryslys dit vereis.  As hy se daai kudu bul is onder 50" en sy prys is R8000-00, dan is dit die gids se "call" en moet die boer nie kom meet en se sorry ou maat, hys nou 54", nou kos hy R12,000-00 nie, die gids het die roep gemaak!!! Dan gaan die gids maar die ander R4000-00 inbetaal vir SY fout voel ek.

Nog n ding wat my dronkslaan, is dat n gids nie n bloedspoor kan vat nie, en jy dit moet doen! Ek dink hulle party keer net lui, gee nie om nie, want hyt bloed gekry waar jy die bok geskiet het, en nou kry hy niks verder nie, so jammer, jy moet maar betaal. Ek soek daai bok tot ek hom kry, al kos dit om die boer in te roep, maar ek los hom nie!!!!

Ek dink die tyd het gekom dat ons as jagters ook op ons regte begin staan. Dit is inderdaad duur om te gaan jag, en stop nie net daar nie, dan moet dit nog bewerk word!!  Jy gaan koop n tv by makro, as daar fout is vat jy hom trug, nou wats die verskil as jy gaan jag en daars iets nie reg nie, dis jou reg om dan ook mos te kla!!

Ek wil ook se, ek veralgemeen nou glad nie, daar is boere wat hulle gidse leer, en dit wel deeglik doen, en vir daardie boer dink ek moet ons ook dankie se.  Ek jag ook by 3 boere wat self saam met jou uitgaan veld toe, en vir die res van die groep dan gidse gee.  Vir hulle het ek nog meer respek want jy sien sommer dit is nie net n besigheid vir hom nie, wildboer is sy lewe, en dis gewoonlik by hulle wat jy daai goed opgeleide gide kry.  Gewoonlik as daar iemand is wat nie so vertroud is met jag nie, of vir die eerste keer jag, vat hulle gewoonlik daardie man uit.

Groetnis,
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Jagreels

Post by johnny »

Robbie

Ek stem saam, aan altwee kante is daar probleme , maar ons as jagters behoort op te staan en vir die boer op n mooi manier vertel wat ons dink hy kan verbeter, en ja hy sal luister en miskien nie alles doen wat jy vra nie , maar defniteif iets.  Ons moet verstaan daar jag baie manne by hy boer en elkeen se behoeftes is anders en hy probeer almal help maar sal nie kan nie.

Groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
Post Reply