Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
- Bunz
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Dag se
Dankie vir julle terugvoering
Lekker dag
Dankie vir julle terugvoering
Lekker dag
Gaan vir Goud of bly by die huis
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Ek was gelukkig toe ek my eerste geweer gekoop het en alles val daarna net lekker in plek... elke geweer het sy plek en daarom raai ek ook aan dat jy so tipe van 'n blouskrif opstel, m.a.w maak 'n lysie van 4 kalibers wat jy graag sal wil besit byvoorbeeld een vir vlakte wild en klein roofdiere ens ens. My eerste geweer was soos meeste van ons 'n 303, daarna het ek 'n 30-06 gekoop en was baaaaaaie gelukkig om 'n 22-250 te erf. Is huidglik in proses om 243 vir kompetisies aan te skaf en daarna sal dit 300 of 375 of 9.3x62 wees. Begin met iets soos 30-06 wat 'n lekker medium kaliber is waarmee jy 110 Vmax kan gebruik op jakkie en 150gr op Carnavon se springbokke en 220 op die ou grys spoke en eland bulle. Hy laat knip nie jou o? nie en as jy sy trajek ken, is hy 'n goeie vriend. Die res van die gewere sal in plek val, glo my... maar jou eerste een wat jy aanskaf sal besluit wat se sprong jy daarna maak. Die probleem kom later dat jy van die outjies begin afskeep. Geniet die soek.... dis lekr.
EN JULLE MOET LEKR VAKANSIE HOU!!!!
EN JULLE MOET LEKR VAKANSIE HOU!!!!
.243 Howa Hogue Heavy Barrel
22-250 Steyr Manlicher
30-06 Parker Hale
.303 P14 Sport
22-250 Steyr Manlicher
30-06 Parker Hale
.303 P14 Sport
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
My opinie is n .308 is n lekker beginpunt. Jy sal nie vinnig die druk voel vir die volgende een nie, so dan kan jy n rustige besluit neem.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Jy s? dit nou net weer oor almal 'n 308 aanbeveelLudwig wrote: Manne, so tong in die kies ges?, maar ek is bly ek het nie raad op forums gevra toe ek my eerste geweer gekoop het nie.
Aim small, miss small
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Ludwig wrote: Eugene, ek het niks oor die 308 ges? nie.![]()
Ek dink net voor mens besluit, moet jy eers 'n paar van die wat jy beoog gaan toets. Nog beter, gaan jag saam met vriende wat van die betrokke gewere het. Almal het hulle eie opinies, en almal sin stink. Hier is nou van 243Win tot 416 Rigby en alles tussenin aanbeveel. Wie se opinie dra nou juis meer gewig? Mens moet maar jou eie mind opmaak met so iets. Ek verpes dit as mense s? moenie 'n magnum koop as eerste geweer nie, want jy sal nie die recoil kan hanteer nie. Ken jy die persoon persoonlik so goed dat jy presies weet hoeveel recoil hy instaat tot is om te kan hanteer? Ek het leer skiet met 'n 30-06 op 9 jarige ouderdom, want daar was niks anders nie. Teen die tyd wat ek my eie geweer kon koop, was die trappie op na 'n magnum niks, en ek glo nie ek is vandag juis so swak skut daarvoor nie.
Nee ek hoor jou en ek stem saam. Maar elke ou verskil en die feit dat jy recoil goed hanteer en steeds akkuraat skiet, gaan nie maak dat ek dit ook noodwendig gaan doen nie. Dit sal fantasties wees as 'n mens bietjie met dieselfde kaliber wat jy beoog om te koop, kan gaan skiet. Dan kan jy jou vergewis van al die feite en jou eie opinie vorm.
Ek sal waarskynlik nooit gevaarlike wild met iets anders as 'n boog skiet nie! Enige iets groter as my 308 se recoil is bloot net te erg vir my ou brose skouertjies
Aim small, miss small
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Eugene, as ek nie teen daai tyd 'n 416 het nie sal die 9.3 met graagte kom help 
PS: Ludwig hou ook nie van recoil nie
PS: Ludwig hou ook nie van recoil nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Dit bly maar alles opinies. Bunz se hy gaan meestal vlaktejag, maar hy het nie genoem watter tipe jag hy doen nie, stap, bekruip, bakkie of voorsit.
Ek en n maat jag op dieselfde vlakteplaas springbok en gemsbok, sy gemiddelde skoot is 250m , myne is 90m. Ek soek nie n magnum nie, 303 werk vir my. My maat skiet .308 Norma Magnum.
Die groot ding as jy raad of opinies vra op n forum is om jou behoefte reg te stel. Die beste is ook om sulke opinies maar te gebruik om te toets of die resultaat van jou navorsing min of meer in lyn is, dit kan nie jou hele navorsing wees nie.
Ek en n maat jag op dieselfde vlakteplaas springbok en gemsbok, sy gemiddelde skoot is 250m , myne is 90m. Ek soek nie n magnum nie, 303 werk vir my. My maat skiet .308 Norma Magnum.
Die groot ding as jy raad of opinies vra op n forum is om jou behoefte reg te stel. Die beste is ook om sulke opinies maar te gebruik om te toets of die resultaat van jou navorsing min of meer in lyn is, dit kan nie jou hele navorsing wees nie.
- Bunz
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Dag se
Eks maar nog nuut in die jag besigheid het dit nog noot regtig ernstig gevat nie. Wat ek bedoel by ernstig ek het net nou en dan gaan jag saam my vriende en het dit begin geniet. My pa het onlangs begin jag en toe kry ek ook maar n guur om te begin jag en n geweer te kry. Het nog nooit n wapen besit nie. Dis hoekom ek vra watse geweer moet ek koop wat omtrent als kan doen. Ek weet dis nou nie n goeie vraag nie maar wil graag een koop wat ek omtrent als mee kan skiet. Ek gaan nou nie groter as n eland skiet nie. Ek gaan baie saam my een vriend gaan jakkals jag. Meestal van my jag sal van n bakkie af wees. Dit gaan seldom wees wat ek gaan loop en bekruip. Op die oomblik gaan ek net een geweer kan bekostig en dan sal ek weer oor n paar jaar n ander een koop. Wil nou net aan die gang kom. Maar baie dankie vir julle raad ek het nou min of meer n idee na wat ek moet kyk. Gaan eers n paar uit try wat julle genoem het en dan my besluit maak.
Groete Nicky

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Nicky
Jy moet asb vir ons kom se wat jy gekoop het.
My voorstel sal wees 30.06, leer ken sy trajek met watter koeel jy ookal skiet en ek glo jy sal gelukkig wees. Soos van die manne tereg opgemerk het, persoonlike keuse en leer maar elkgeval die geweer se trajek ken, want geen geweer skiet presies reguit nie.

- Arno Pienaar
- Sr. Member

- Posts: 280
- Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Daar is n keuse van 2,223 of 308 die 300 + vat te veel kruit,skop te erg,te duur om te laai,en is inelk geval te groot
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Edenburg
Suid-Vrystaat
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Nicky
Skop vas en koop n 308! Anders koop n 7-08, en sit tog net n ordentlike teleskoop op, Burris is die naam!
Groetnis

Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Begin met 'n .600 Nitro Express dat jy van die begin recoil gewoond raak en nie later flinch nie 
- Jacques Kotze
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Ek stem 100% saam... jy het iewers binne jou al klaar besluit waarna jy gaan kyk. Volg maar daardie intuisie. Elke ou se geweer is vir hom NET die beste en hy gaan probeer om ander te oortuig dat dit die outjie is om aan te skaf, neem daardie inligting, prossesseer dit en volg nogsteeds jou hart. As jy dit doen, dan sal daardie 0u 303 of 30-06 of 308 of 243 of 416 (eina), wat jou eerste roer sal wees, jou gunsteling wees of ten minste altyd jou hartsnaar laat kielie. Jou staatmaker!
Daarna gaan jy natuurlik droom van alles wat jy nie kan besit nie, en dan gaan jy moet hoor wat jy eintlik moes gevat het in die plek van die geweer wat jy wel gevat het.... O dis 'n ou bose lekker kringloop van gatkrap en breebors staan by jou bok wat jy geskiet het of gemis het.... Maar daai eerste geweer bly bo alles en alle gatkrappery en komplimente en uitjouery... jou hart se punt. Jou eerste liefde!
Ek wonder hoeveel keer ek my kluis oop gemaak het en geweer skoon gemaak het toe ek my eerste een gekry het?
Groete
Jacques
Daarna gaan jy natuurlik droom van alles wat jy nie kan besit nie, en dan gaan jy moet hoor wat jy eintlik moes gevat het in die plek van die geweer wat jy wel gevat het.... O dis 'n ou bose lekker kringloop van gatkrap en breebors staan by jou bok wat jy geskiet het of gemis het.... Maar daai eerste geweer bly bo alles en alle gatkrappery en komplimente en uitjouery... jou hart se punt. Jou eerste liefde!
Ek wonder hoeveel keer ek my kluis oop gemaak het en geweer skoon gemaak het toe ek my eerste een gekry het?
Groete
Jacques
.243 Howa Hogue Heavy Barrel
22-250 Steyr Manlicher
30-06 Parker Hale
.303 P14 Sport
22-250 Steyr Manlicher
30-06 Parker Hale
.303 P14 Sport
- Bunz
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Dag se
Ek gaan julle manne laat weet wat ek gekoop het en hoekom.
Lekker dag
Groete Nicky
Ek gaan julle manne laat weet wat ek gekoop het en hoekom.
Lekker dag
Groete Nicky
Gaan vir Goud of bly by die huis
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Manne, die persoon na wie Bunz verwys is ek.
Bunz, hoe kan jy se jyt nog nie ernstig gejag nie? Wat van daai takbok wat ons loop in soek het in die bos? Jyt hom te voet gejag, n baie goeie skoot geskiet en self afgeslag?
Ek sal ook se n 308 om te begin. Die naweek by die kursus sal ek laat jy met my Oom se 308 skiet.
Groete Alex

Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
Rainbird
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Ek hou niks meer van my 30-06 nie!
Die probleem is dat dit so goeie "all rounder" is dat ek my nou beperk het as dit kom by ander gewere koop.
Van n springbok tot n eland is vir die 06 "fair game" so as ek jy was, koop ek eerder n .308 of n 7x57.
Die probleem is dat dit so goeie "all rounder" is dat ek my nou beperk het as dit kom by ander gewere koop.
Van n springbok tot n eland is vir die 06 "fair game" so as ek jy was, koop ek eerder n .308 of n 7x57.
- Bunz
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Dag se
Ja dit was lekker in die bos gewees daar op julle plaas Alex. Moet maar weer so maak. Meskien sal ons volgende keer n jak of twee ook bietjie loot gee.
Groete Nicky
Ja dit was lekker in die bos gewees daar op julle plaas Alex. Moet maar weer so maak. Meskien sal ons volgende keer n jak of twee ook bietjie loot gee.
Groete Nicky
Gaan vir Goud of bly by die huis
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Bunz,
Hierbo is baie uiteenlopende raad en niemand is noodwendig verkeerd nie- die dat Ludwig se dat dit moontlik verwarrend kan wees.
Kom ek vertel jou so bietjie meer oor die jagsport self- dit sal dalk die prentjie bietjie inkleur.
Om lief te raak vir jag is 'n chroniese ongeneesbare siekte. Jy het dit nou so bietjie saam met Vistok en jou pa geproe, en die feit dat jy jou eie geweer nou wil koop, laat my dink dat jy klaar die eerste simptoom van die siekte begin wys...
Daai stapjag-takbok met die netjiese nekskoot moet sekerlik 'n trotse oomblik gewees het! En die geweer wat jy daai dag gebruik het, sal sekerlik alreeds 'n sagte plek in jou hart he. Ook so die gewere van vistok/ jou pa waarmee jy tot dusver mee gejag het. Daardie selfvertroue is 'n baie belangrike hoeksteen vir iemand wat nuut begin jag.
Deel van hierdie "jag siekte", sal jy weldrae agterkom, is dat hoe meer jy ondervinding opdoen, hoe meer sien jy jou eie en jou toerusting se tekortkominge raak. Dis 'n bose kringloop! Want jy't nooit genoeg gewere en toerusting nie! As ek 'n voorspelling mag waag- sodra jy jou eerste geweer gekoop het (ongeag die kaliber) gaan dit net so een of twee seisoene wees voordat die "gejeuk" weer van voor af begin en jy nog ene wil he..... of as die geldjies skraps is, dan is dit 'n nuwe teleskoop. Of 'n knaldemper. So gaan dit aan.
Volgende jaar die tyd gaan jy WEER hier op die forum skryf dat jy opsoek is na die volgende geweer..... want teen daai tyd sal jy besef dat een geweer nooit genoeg sal kan bly vir alle doeleindes nie, en mens altyd net nog daai enetjie wil he as jy dit kon verhelp!
Vra maar vir vistok- hierdie "siekte" is ook alombekend onder die hengelaars- een stok en katrol is nooit goed genoeg nie!! Ek het al amper 20 en daar is nogsteeds "gapings" in my hengelgerei
Vat die manne hierbo se raad en koop die beste kwaliteit mediumkaliber en teleskoop wat jy kan beskostig. En gaan skiet dan so gereeld jy kan met hom - beide jag en op die skietbaan- daai oefening beteken baie meer as die grote van die koeel!
Sterkte.

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Pieter
Net so regstellingtjie, hyt daai Takbok n kopskoot met die 243ackley gegee. Dis waar wat jy se oor die geweer wat hy al mee geskiet het. Dink dis hoekom hy n 243 genoem het.
Bunz, as die 300wm se lesensie gekom het, kan jy hom vat vir n toets bestuur. Ek glo nie die recoil sal jou baie pla nie. Dis jou eie keuse, maar dink nogsteeds n 308 gaan vir jou n beter opsie wees.

2.1
- Jr. Member

- Posts: 76
- Joined: Tue Jul 05, 2011 12:49 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Ek het ook n "all rounder" gesoek, en later gekies tussen n 243 en 270. 243 is n baie lekker geweer, maar die 270 het net die biekie beter doodmaak vermoe, en kan steeds enige iets skiet van n jakkals af tot n elland. Nie n Olifant geweer nie, en ook nie n kettie nie.
+ die 270 is n 7mm.
Groete
+ die 270 is n 7mm.
Groete
- Sam Kelbrick
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Mooi gestel Rainbird! Ek moes eers 'n geweerwinkel koop voor ek dit oor my hart kon kry om vir my getroue 30-06 Musgrave maatjies aan te skaf.Rainbird wrote: Ek hou niks meer van my 30-06 nie!
Die probleem is dat dit so goeie "all rounder" is dat ek my nou beperk het as dit kom by ander gewere koop.
Van n springbok tot n eland is vir die 06 "fair game" so as ek jy was, koop ek eerder n .308 of n 7x57.![]()
Value has a value only if its value is valued
- mw
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Dit is moeilik om net een geweer te he wat als kan doen, maar as ek net een geweer moes gekies het sou dit die 300 win mag gewees het
- Problem Animal Control
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
Bunzz
Geweer kies is soos trou in my oe,die eerste een wat jy aanskaf bly GEWOONLIK jou favourite. Dis nie n maklike keuse nie,veral met al die kalibers wat beskikbaar is nie, nie eers te praat van al die fabrikate nie. Hoop jy maak die regte besluit.
Groette
PAC

9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223
Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Watse geweer sal julle verkies om mee te jag (geweer wat jy als mee kan doen)?
PAC
Of soos bakkie koop. Dit is 'n tipe van lojaliteit wat ontstaan. Ek glimlag altyd so op my eie as ek hoor wat die manne aan beveel. Dikwels is daar so min verskil tussen twee kalibers maar ek het hom, hy werk nog altyd vir my, daarom moet dit die beste roer wees.
Soos bakkies, in sekere areas is boere dikwels Toyota manne, ander plekke sweer hulle weer by Isuz's. So werk dit met gewere ook. As jy in die Karoo bly en jy skiet springbokke en jakkalse is die .243 net die geskenkie vir Sannie.
Bosveld boere weer is oorwegend of .308 of 3006 manne.
My eerste geweer was 'n .270. In die 80's was ek ook maar onkundig en ek het op aanbeveling van iemand gekoop wat 'n bietjie meer kundig was. Nie dat ek spyt is nie, maar nou besef ek vir 'n eerste geweer was dit miskien nie die beste keuse nie. ( En daar trap ek binne in die slagyster)

spekieries
As ek mag vra, hoekom is n .270 die verkeerde keuse vir n eerste geweer vir jou gewees?