Modder op bodem

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Modder op bodem

Post by HJA »

Goeie m?re,

Ek wil net weet hoe gemaak met dik modder laag onder op die bodem.
Hoe verander die gerei en aas ?
Ek vang waar daar opstote uit 'n dam is.
Die gerei en aas sak dan weg in die modder.

Dankie
Henk
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Modder op bodem

Post by Cobus(Cobb) »

Ek maak so....

Klein ligte hoekies, die groter "floaties" en glystrop sodat sinker dit nie in modder aftrek nie..

Geno kan ook maar hier inkom, hy ken meer as ekke...

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Modder op bodem

Post by henried »

Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Modder op bodem

Post by Dawie Malan »

Geno kan ook maar hier inkom, hy ken meer as ekke...
Geno en G-Force is doer anderkant Carnavon besig om hulle Critt'R Calls so te blaas dat die spoeg by hulle bekke uitloop.

;D

Dawie
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Modder op bodem

Post by visstok »

Ek sal nogsteeds rietvlei strop gebruik, maak net jou hoeklyntjies langer en ligter sinker. Klein floaties sal nogsteeds klein hoeke bo die modder lig, maar jy kan op een hoek groot floatie sit en kyk op watse een kry jy beter resultate.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Modder op bodem

Post by Lourens Potgieter »

Al wat jy doen is gebruik ligter sinker. Jy kan springs gebruik as jy wil maar ek vind dit meer van 'n beslommernis.....as jou bol bo die modder bly is dit nie nodig om hoeklyne langer te maak nie...dit gaan net die aas verder van die bol af vat as jy floats gebruik.

Onthou net, alle modder maak nie dat jou sinker wegsak nie...meeste modder is hard genoeg sodat jou aas bo bly. As dit regtig 'n probleem raag kan jy 'n vaaldam strop gebruik waar die sinker onder hang en die hoeklyne altwee bo sit....ons maak gly vaaldam stroppe, sodat die aas kan boontoe gly as die sinker wegsak(by vaaldam gebruik ons stroppe van tot 'n meter lank juis daarvoor).....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Bunz
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am

Re: Modder op bodem

Post by Bunz »

Deeg

As jy nou daai Vaaldam gly strop maak sit jy nog steeds bom aan of nie.  En nog een vraag hoe maak jy jou gly strop.

Groete Nicky
Gaan vir Goud of bly by die huis
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Modder op bodem

Post by Lourens Potgieter »

Jip ek doen...die voer op die sinker help ook dat hy nie wegsak nie.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Modder op bodem

Post by Lourens Potgieter »

Nie my stroppe nie, ek gebruik mushroom sinker of teardrop sinkers. Ek sit 4 gummies op elke strop. Daar is 2 hoeklyne bo sinker, elkeen aan barrel sinker vasgemaak wat op die lyn gly. Elke barrel swivel is tussen 2 gummies, sodat jy die afstand van die bol kan verstel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Modder op bodem

Post by Lourens Potgieter »

Die onderste hoek is steeds bo die bol vas, net afgetrek sodat hy onder die bol hang.....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Modder op bodem

Post by HJA »

Deeg,

Is dit jou standaard strop. Gebruik jy nie 'n gly sinker nie.
Ek gebruik van die bol houers met gewig aan.
"Wat is 'n gummie"
Wat is 'n goeie lyn om te gebruik.

Dankie
Henk
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Modder op bodem

Post by Lourens Potgieter »

Nee dis nie standaard nie. Daai is boer of Vaaldam strop. Ons standaard stroppe waarmee ons hengel is gly rietvlei stroppe, waar die sinker op die strop hooflyn gly.

'n Gummie is 'n rubber kraletjie wat jy op die lyn skuif. Dit gly moeilik, maar gly makliker sodra dit nat word....maak dat die hoeklyn tot onder teen die sinker gly as 'n vis die aas optel en beweeg...dan is die sinker teen die vis, en hak dus nie so maklik as die vis swem nie.

Beste lyn vir jou katrol en stroppe is Double X Hi Abrasion...geel vir die katrol, swart vir jou leader, kleurloos vir stroppe....

Ek hengel met 5, 7 en 10 pond op my katrolle, 18 pond leader, 24 pond vir my stroppe se skag lyn, en 7 pond hoek lyne.
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Modder op bodem

Post by Frikkiedbr »

Hello Deeg,

Is dit jou mooi kihaat hout kas van jou? Ek het ook een.
Darem maar mooi hout daai  ;)

Dankie vir die inligting en sien sommer jy vang baie vis.

Groete
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Modder op bodem

Post by HJA »

Deeg,

Jy het nie dalk 'n paar tekeninge van die stroppe nie.
Dit is net vir karp hengel.
Jy gebruik nie boilies nie.

Dankie
Henk
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Modder op bodem

Post by Lourens Potgieter »

Henk, ek doen nie die spesie hengel ding met die boilies nie....in ons tipe kompeterende hengel gaan dit oor kwantiteit, nie kwaliteit nie, hehehe.....

Frikkie, daai is Onestone se kas....die ou wat die site begin het...ek het ook so een, net met ekstra laaie onder. Raak bietjie swaar, wil op 'n stadium vir my een van die nuwe bamboes kaste kry.....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Bunz
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am

Re: Modder op bodem

Post by Bunz »

Dag se

Jy sien mens is nie te oud om te leer nie.  Eerste keer wat ek so strop sien.  Baie dankie.

Groete Nicky
Gaan vir Goud of bly by die huis
User avatar
Bunz
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am

Re: Modder op bodem

Post by Bunz »

Dag se

Wil gou n dom vraag vra.  As ek nou n message tik hoe attach ek n foto.  Maar van n blackberry af.

Groete Nicky
Gaan vir Goud of bly by die huis
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Modder op bodem

Post by Jakkalsgat »

Bunz

Jy kan nie 'n foto "attach" nie jy moet van "dropbox" of "photoshop" gebruik maak om fotos te laai. Daar is 'n hele lesing daaroor onder Algemeen. As jy sukkel kontak my dan sal ek jou help.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Bunz
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am

Re: Modder op bodem

Post by Bunz »

Dag se

Baie dankie

Lekker dag

Groete Nicky
Gaan vir Goud of bly by die huis
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Modder op bodem

Post by visstok »

Bunz, sal jou wys hoe om gly rietvlei en gly baby shoe strope te maak.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Bunz
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Aug 21, 2012 11:10 am

Re: Modder op bodem

Post by Bunz »

Dag se

Dis reg Alex laat ek sien hoe maak jy joune.  Maar jy sal jou visvang goed by mekaar moet kry dat ons kan gaan kamp een of ander tyd.

Groete Nicky
Gaan vir Goud of bly by die huis
Post Reply