Nuwe .22-250

Post Reply
User avatar
Vurkster
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Mon Jul 11, 2011 9:07 am

Nuwe .22-250

Post by Vurkster »

Kerels...

Het sopas my nuwe lisensie kaartjie gekry na net 9 weke!!! Bravo aan die SAP!

Ek tel saterdag my kettie op, en soek bietjie raad.

Ek wil bietjie experimenteer met ladings...ek het die volgende:
CCI Primers
Nosler doppe
65gr Sierra gameking.
Ruger 26 duim loop met 1:14 twist.

Ek het na die boekie gekyk en gesien dat ek kan laai vanaf 25gr tot omtrent 31 gr.

Wat is julle aanbevelings vir goeie groeperings.
Sou graag op 200 m wil zero.

Vurk
.22-250 rem. Ruger M77 mark II
.308 win.       CZ mod 550 lux
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by cassie_calvinia »

jy sal net by die slim manne moet hoor of die 1:14 twist die 65gr gaan stabiliseer. ek twyfel amper, maar, kan verkeerd wees.
baie geluk met die lisensie!
HOU HOM DAAI DIKTE
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nuwe .22-250

Post by Eugene »

cassie_calvinia wrote: jy sal net by die slim manne moet hoor of die 1:14 twist die 65gr gaan stabiliseer. ek twyfel amper, maar, kan verkeerd wees.
baie geluk met die lisensie!
Het ook verstaan dat jou twist 1-9 moet wees vir 65gr! Dink dit staan ook op die sierra pakkie?
Aim small, miss small
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Nuwe .22-250

Post by PJS »

cassie_calvinia wrote: jy sal net by die slim manne moet hoor of die 1:14 twist die 65gr gaan stabiliseer. ek twyfel amper, maar, kan verkeerd wees.
baie geluk met die lisensie!
Eugene wrote:
cassie_calvinia wrote: jy sal net by die slim manne moet hoor of die 1:14 twist die 65gr gaan stabiliseer. ek twyfel amper, maar, kan verkeerd wees.
baie geluk met die lisensie!
Het ook verstaan dat jou twist 1-9 moet wees vir 65gr! Dink dit staan ook op die sierra pakkie?

Vurk
Die manne is ongelukkig reg. Kyk ook hier:
https://www.sierrabullets.com/index.cfm ... k_num=1395

Ek het ook n 22-250 wat ek gaan koop as S&O se Savage besending einde Nov inkom. Ek het spesifiek die 1-9 twist bespreek, omdat ek die 70 gr Bergers wil skiet.
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
Vurkster
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Mon Jul 11, 2011 9:07 am

Re: Nuwe .22-250

Post by Vurkster »

Kerels...

Het gou huis toe gegaan en gaan lees wat staan op die pakkie...
Julle manne is 100% reg, ek het sopas R350 innie water gegooi.

Dankie vir die inligting!

Groenis!
.22-250 rem. Ruger M77 mark II
.308 win.       CZ mod 550 lux
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by shooter »

Dagse Vurk. Het n Remington 22-250 met 26 duim loop en selle twist. Ek gebruik 50gr noslers bt en hulle gooi een gat op 100m. My kruit is 335. Maar ek weet hier is manne wat selle ketties het en dit op 200m doen. Glo hle sal jou raad kan gee.
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nuwe .22-250

Post by Eugene »

Die VURK wrote: Kerels...

Het gou huis toe gegaan en gaan lees wat staan op die pakkie...
Julle manne is 100% reg, ek het sopas R350 innie water gegooi.

Dankie vir die inligting!

Groenis!
Kyk of jy dit nie kan gaan omruil nie, alternatiewelik, adverteer dit hier op die forum, dalk stel iemand belang daarin of is bereid om dit te ruil vir iets anders!  :)
Aim small, miss small
User avatar
Vurkster
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Mon Jul 11, 2011 9:07 am

Re: Nuwe .22-250

Post by Vurkster »

dankie vir julle insette... Net 'n laaste vraag... Kan ek 65gr punte gebruik om my loop in te skiet? Kan dit netsowel gebruik... Behalwe as dit my loop gaan beskadig..

Laat maar weet wat julle dink.
.22-250 rem. Ruger M77 mark II
.308 win.       CZ mod 550 lux
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Nuwe .22-250

Post by C.J. »

Vurk,

Geluk met die geweer! Jammer oor jou R350, iemand sal seker die koe?ls by jou wil koop?

Shooter,

Wat is jou lading vir daai 50gr's?

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by shooter »

CJ ek gebruik 35gr 335 en het vanoggend gechrony en hulle loop 3700ft/s. Ek is seker gelukkig want ek het sommer gong op 300m geskiet en ek mik van 0 tot 280m op selle plek. Op 100m skiet hy so duim hoog en op 300m weer duim laag. Ou Ramon het gese daai roer het pille nodig om siek te wees. Ek weet hier is manne wat dit met 55gr koels kry. Ek en daai gun is soos bosluis en hond.  ;D ;D
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Nuwe .22-250

Post by C.J. »

Skies vir die "high jack"

Shooter, dankie vir die reply. My Rem 700 moet ek v?r van die lande af wees om genoeg grip in die dop te kry, hoe lyk jou specs?

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by shooter »

Ek is ook ver van die lande af met hom. Amper so diep soos pmp ammo. Maar dit werk regtig goed vir my
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nuwe .22-250

Post by Piet Breedt »

Hornady maak nou n 53gr V- Max wat op papier die beste doen in trajek en wind met n 1/14 twist loop. Ek het n pakkie daarvan gekoop vir Jakkals skiet. Ek sal laat weet hoe hulle maak.
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by shooter »

Dankie Piet ons kan nie wag om die resultate te hoor nie
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by Ponkie »

Oom Piet

Ekt hulle aanvanklik gekoop met dieslefde doel en daardie lekker BC van hulle, maar het baie swak groepe met hulle gekry.
Ek moet byse dit was die 1e pakkie punte wat ek gebruik het na my loopinbreek skote. Ek weet nie of mens dit iets kan noem nie, maar het gevoel my loop moes ek eers inskiet, amper dieselfde effek as 'n ou wat 'n krieketkolf inslaan...
Nouja nadat ek die 100 punte op gesukkel het opsoek na 'n lading het ek die 55gr Nosler BT probeer en dadelik goeie groepe gekry nou omdat ek die Noslers vir so lekker goedkoop by S&O kan kry koop ek hulle maar sommer in Bulk aan en werk dit vir my.

Gaan Oom hulle in die 1:9 twist probeer?

CJ en Shooter

Ek skiet ook die Rem 700 VLS en my noslers skiet ek 2.5mm van die lands af vir goeie groepe, enige iets nader aan die lands en my groepe begin oopmaak.

Groetnis
Ponkie 
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by shooter »

Sal bietjie myne meet maar ek dink dis ook amper so ver soos joune.
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
shooter
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm

Re: Nuwe .22-250

Post by shooter »

Oom Piet het jy die naweek met daai 53gr vmax geskiet of was dit swaarder punte. Laat weet ons asb wat Oom gebruik het
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nuwe .22-250

Post by Piet Breedt »

Shooter, nee die 53gr koe?ltjies gaan nie werk op 800m+ nie. Ek het met die 75gr Hornady A-Max'e geskiet
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Nuwe .22-250

Post by PJS »

Oom Piet

Ek soek nou al orals van daai 75 gr A max koe?ls ma kry nerens. Weet oom dalk waar ek kan koop? Ek sien die 70 gr Bergers is ook uit by S&O. Ek het n Savage 1/9 by S&O gekoop en wag nog vir die besending, maar ek koop solank koe?ls.
Dankie vir oom se hulp.
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Post Reply