Ligsku Jakkalse
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Jis nou begin die dinge loop en ek sal moet begin opsom.
Ek sal vreeslik graag daai clip wil sien.Ek was eenmaal op Niel Viljoen praatjie waar hy gepraat het
van lig en klank BESOEDELING.
Ek is maar aan die konserwatiewe kant en ek dink ek sal altyd eerder minder as te veel probeer.
Ek begin nou wonder of dit die regte taktiek is.

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Louis
Nee, tog nie en is ek baie verheug om die "trappe van vergelyking" te kon lees. So waar, en sekerlik sal dit baie manne(myne in elk geval) se gedagtes aan die gang kry.
Daar is so paar sleutelwoorde(jammer Jaktrap dat ek bietjie van topic af is) wat ek van Heinrich se kursusse soos vandag kan onthou en dit is:
1. Moenie die jakkals brand met die lig nie.
2. Moenie van dieselfde staanplek misgeskiete jakkalse met dieselfde klanke roep nie.
3. Lig gereeld, maar soek net die flash, identifiseer en gaan aan.
4. Jakkalse leer ten snelle pas.
5. Moenie die jakkals onderskat nie, nie eers as hy jonk/klein is nie.
6. Skiet om raak te skiet, nie net omdat jy dink jy het 'n kans nie!- later op die forum: "Jakkalse word slim geskiet"!
7. Windaf jakkalse leer gouer as snel.
8..............9........10..............11......... en nog baie, maar hierdie seker vir my van die belangrikstes. O ja!! skiet die jakkals wat die beste teiken bied eerste. Gewoonlik is dit die jakkals wat die petalje aanskou en reeds al besig is om te leer of ten miste heelwat slimmer gaan weg raak as sy maat misgeskiet word.
Nou wat het dit met ligskuheid te doen? Ek se^ julle wat, dit alles met ligskuheid te doen.
Net iets wat in my agterkop bly wanneer ek jag: Die jakkalse wat vanaand oorbly moet weer geroep kan word, anders is ek my werk kwyt!
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Hi Taffie
Ek soek maar met my oe en probeer maar net scope gebruik vir identifiseering.
Ek sal soms met min lig probeer deur scope probeer soek maar dit voel of ek sal dronk word as ek dit gereeld
doen. Miskien as ek die scope baie afstel na se maar 6 toe sal dit dalk beter gaan maar op 12 is dit vir my teveel.
Jy moet maar vra as jy nog iets moet weet om my te help.
Dankie
Jaktrap
Ek soek maar met my oe en probeer maar net scope gebruik vir identifiseering.
Ek sal soms met min lig probeer deur scope probeer soek maar dit voel of ek sal dronk word as ek dit gereeld
doen. Miskien as ek die scope baie afstel na se maar 6 toe sal dit dalk beter gaan maar op 12 is dit vir my teveel.
Jy moet maar vra as jy nog iets moet weet om my te help.
Dankie
Jaktrap
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Jaktrap
Jammer was besig om te pos toe joune deurkom.
Jou laaste sin in vorige pos is van my mening in die kol.
Mooiloop
Jammer was besig om te pos toe joune deurkom.
Jou laaste sin in vorige pos is van my mening in die kol.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Jaktrap
Jy tik te vinnig, ek verwys na reply#26.
Ek het net gevra of jy deur die scope kyk wanneer jy soek omdat jy baiekeer dan die flash sal mis. Ek kyk ook net deur die scope wanneer ek iets wil identifiseer.

- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Ligsku Jakkalse
My laaste dag tuis en my maat bel,"daars jakkies wat vir hom tong uitsteek en ek moet kom help" Nouja skietkoors loop hoog aangesien ek met my besoek aan die Kalari wereld nie veel kon uitrig nie want die manne is nie bereid om te betaal nie (verloor eerder 30 skaap en 10 kallers) Pak en laat loop......aand is goed en maan is half.
Da aangekom en die Noordwes steek op asof hy betaal word maar my gai jeuk en ons moet uit, ek sit dan met n vars lading V-Maxe.
Verander van plan en gaan na n plek toe wa hy die week vantevore die reun gevang het met die honne so vertel hy toe ons da aankom
Verander my resep ook na Louis se "Rooi aleen" vir n wegspring........Kom daai teef in lyk soos "Jamaican Music "wat die Durban July wen.........Sorry manne geen fotos geneem...(sit seker maar met Bool en sy connections in my agterkop)......ek lieg het geen foon of kamera saamgeneem

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Ligsku Jakkalse
HI Taffie
Gee asb daar vir ons n beskrywing van n eentonige ligsesie. Is dit bv soos Dawie se permanente lig op baie laag of hoe sou jy dit beskryf.

Nog so ietsie ten opsigte van lig persepsie.
Ek het so n tydjie gelede n mal teef seker so 25 meter van die bakkie af geskiet en toe seker so n 30 min later die reun.
Nou die reun het bietjie ver gestaan en ek het hom bietjie ver terug geskiet en die ou het n redlike keel opgesit. Tot op daardie stadium het die hond by plaaswerker se huis glad nie geblaf nie.Na die tjank van jakkals het hy nie opgehou nie. Ek wou wag
dat hond stil raak sodat ek beter kan hoor as kleintjies of helper dalk antwoord gee.voor ek verder roep
Elke keer as ek lig om te kyk vir oe het daardie hond met nuwe ywer geblaf..Nou daai werkers huisie was seker 700 tot 750 meter aan die ander kant van die kloof.Het daardie hond die lig ook as gevaar ervaar of lees ek hom verkeerd. Ek het ook
glad nie direk na huisie gelig nie want daar was nie n kans dat iets van daar kon inkom nie.

...............as die lig aan gesit word moet dit dieselfde tyd neem om die 360 te doen, nie een keer 2mintute en die ander keer 30sek nie. Hou die reelmaat dieselfde. Maak nie saak of dit op vol sterkte is of ge-dim nie.Jaktrap wrote: HI Taffie
Gee asb daar vir ons n beskrywing van n eentonige ligsesie. Is dit bv soos Dawie se permanente lig op baie laag of hoe sou jy dit beskryf.
Jaktrap
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Dagse
Lyk die forum raak weer lekker warm en sal bietjie meer aandag moet gee. Leer ok sommer weer ietsie. Het al n paar ligsku menere gekondisioneer met n gestelde lig en hulle toe geskiet.
Groete

- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Biker
Nou praat jy 'n ding. Het jy die ligte by jou beplande staanplek/ke gaan opsit of het jy juis die slegte plekke gekies vir die kondisionering.
Ek dink daaraan om so 'n hele paar van die ligte met sonpanele, baterye, steppermotors, ens op 'n paal op te sit binne die "moontlike" adres plekke. Skuif dan die kontrapsie elke maand of twee na ander posisie en hou hulle so permanent in die veld. Jakkie gaan mos nou mooi leer dat die ligte nie vir hom "gevaar" inhou nie, of hulle gaan vrek van die honger.. wat ook sal werk.
Hulle gaan mos nou nie weet wanneer ek die ligtepale hijack en hulle laat les ops? nie.
Dus sal ek graag wil weet hoe jy die ligsku sakie op die manier tee-gewerk het.
Groete
JAS

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Dankie Biker en Jassie
Ja ek sal ook graag die definisie van n gestelde lig wil hoor.
Om sekere adresse te verlig sal werk glo ek dit kan net n bietjie duur raak.Maar die skade wat mens kan he
sal seker bepaal tot waar ons moet gaan om die probleem op te los.
Weet nie of die Amerikaners dalk sal oorweeg om een van hulle ouer drones aan ons te skenk nie. Dit sal seker
die ultimate jakkals speelding wees.
Ek luister graag hoe werk n GESTELDE LIG.
Sterkte
Jaktrap
Ja ek sal ook graag die definisie van n gestelde lig wil hoor.
Om sekere adresse te verlig sal werk glo ek dit kan net n bietjie duur raak.Maar die skade wat mens kan he
sal seker bepaal tot waar ons moet gaan om die probleem op te los.
Weet nie of die Amerikaners dalk sal oorweeg om een van hulle ouer drones aan ons te skenk nie. Dit sal seker
die ultimate jakkals speelding wees.
Ek luister graag hoe werk n GESTELDE LIG.
Sterkte
Jaktrap
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Gestelde lig
Hy werk so. Koop vir jou een van die draai ligte wat op n motor dak met n magneet mount . Laat bou dan vir jou n timer wat so elke 3min vir so 10 -15 sek aankom .Jy kan die tussen poses rek tot 5min as jy die battery langer wil laat hou. Stel hom op waar jy gaan roep ek doen dit gewoonlik in die land waar hulle vang. Dit is ook belangrik dat jy weet hoe laat hulle vang sodat jy voor die tyd daar is. Wag dan totdat hulle nie meer bang is vir die draai lig is nie en weeer naby hom begin vang.
Die lig het al verskeie kere n probleem jakkals vir tot 3 weke weggehou van n groep skaap in die lande en as hy dan begin vang sal jy hom inkry as hy nie roeper sku ook is nie. BAIE BELANGRIK lig min of meer op die selfde manier as wat die lig draai net baie meer so elke minuut maar gaan so 2-3 maal reg in die rondte om asof dit n draai lig is maw daai eentonige swaai waarvan daar gepraat word. Ek het al paar maal gesien hoe die jakkalse wat ligsku was sommer jou lig dan lekker ignore. So kan jy dan sy eie skelmgeid sommer gebruik om vir n week of twee die lammers te los. In n groot kamp sal jy seker n paar sulke ligte op slaapplekke moet opsit.
Groete Biker

Dankie Biker
Dit is n handige stukkie advies.Ek wil net gou seker maak of jy daardie geel draaiende lig afsit wanneer jy dan daar
jag of los jy hom aan.Ek het eenmaal van n Amerikaner gelees wat reken dit is n goeie metode om oe optetel waar
hulle wel in die nag mag jag. Ek sou dan net reken dat jy daai lig bokant jou kop sal moet he om nie daai lig in jou eie
oe te kry nie.

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Ligsku Jakkalse
biker dis n baie interessante ding wat jy hier se,ekt ook al daaraan gedink.met watse battery werk jou lig?as mens led lig kan kry sal die bat lekker lank hou maar ek weet nie hulle kan draai nie
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Jaktrap
Jy moet jou draailig doodmaak anders verlig hy jou bakkie met jou bo-op . Deepcycle battery hou lank genoeg

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Hier is 'n "bygelofie" / "teorie" wat jul miskien kan uittoets op ligsku jakkalse:
Ek probeer 'n ligsku jakkals so 3-4 aande na volmaan inroep. Dit as ek sy gebied mooi presies het en die jakkals darem so tydjie van 'n roepery gerus het.
Ek het seker 95% + van die tyd 'n suid-weste tot suid-ooste wind saans. Nou, gegewe die wind, probeer ek net voor, of met die opkom van die maan, my staanplek so inrig dat die rigting waaruit jakkals my waarskynlik sal nader, van so 'n aard sal wees, dat die maan min of meer agter my rug sal wees. D.w.s. ek verkies dat die jakkals in die maan laag bo die horison, sal inkyk, as hy my nader.
My teorie is dat die lig die jakkals dan baie minder pla / die jakkals die lig dan moeiliker agterkom. In teendeel, by "bygeloof" gaan so ver as om te s? dat dit selfs effe beter werk in die omgewing van 'n halfuur voor die maan opkom. Die jakkals wonder dan met sy inkom, hoekom die maan dan vannaand so half uur vroeg is, dat hy vergeet van die lig
Soos enkele kere in die verlede, het bo-genoemde teorie weer vir my mooi gewerk Vrydagaand. Dit was op 'n jakkals wat ek so tydjie terug mis geskiet het. Binne 'n driekwart uur vandat die maan opgekom het, het hy soos soetkoek ingekom. Bietjie ander klanke en 'n bietjie ander staanplek, maar die maan het baie gehelp, glo ek. Of daar werklik iets in my teorie steek en of dit eerder toeval, miskien geluk is, die kan ek nie met oortuiging s? nie. Dit is maar net hoe ek aanhou sal probeer maak terwyl dit vir my werk.
Mooiloop!

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Dankie Louis
Dit is seker iets wat mens ingedagte kan hou met enige jakkals en nie net ligsku jakkalse nie.
Seker amper dieselfde as wat dagroepers die son gebruik vir kamoeflering.Mens moet seker net ingedagte
hou dat jy nie op horison staan nie.
Maak jy spesifiek notas van klanke op stands gebruik wanneer jy jakkals gemis het of is dit meer tipe klanke.
Bv van haas klanke te verander na bokkies toe.
Sterkte
Jaktrap
Dit is seker iets wat mens ingedagte kan hou met enige jakkals en nie net ligsku jakkalse nie.
Seker amper dieselfde as wat dagroepers die son gebruik vir kamoeflering.Mens moet seker net ingedagte
hou dat jy nie op horison staan nie.
Maak jy spesifiek notas van klanke op stands gebruik wanneer jy jakkals gemis het of is dit meer tipe klanke.
Bv van haas klanke te verander na bokkies toe.
Sterkte
Jaktrap
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Jy kan maar besluit waarmee jy gemaklik is t.o.v. bogenoemde. Ek is meer ongemaklik as 'n vollerige maan reg bo my is, as agter my rug, laag bo die horison.Jaktrap wrote: ... Mens moet seker net ingedagte hou dat jy nie op horison staan nie ...
Ek reken my ets teen die horison nie 'n faktor, as die jakkals teen die maan inkyk nie. Om by te voeg, my terrein laat dit meestal toe en effense hoogte help om die jakkals se o? verder op te tel. Ek probeer vermy om 'n ligsku jakkals se oog eers hier naby my op te tel, veral met 'n sterkerige lig. Daarom lig ek baie gereeld vir ligsku jakkalse en maak staat op "sagter" lig vir kamoeflering. Ook die rede hoekom ek dan die lig so stil moontlik probeer hou in die algemene rigting v/d jakkals, sonder om hom te brand met die lig. Ek vermy maar om die lig af te sit of heeltemal weg te vat indien ek sien die inkomende jakkals is nie ongemaklik daarmee nie.
Bogenoemde is vir spesifieke helderder maanlig toestande, soos ek beskryf het. Dit verskil miskien so bietjie van die "eentonige lig - tegniek" wat Taffie voorstel en wil julle beslis nie verwar nie. Dink wat Taffie beskryf is beslis 'n beproefde tegniek om te volg, veral as die maan bietjie donkerder is.
Mooiloop
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Biker
Baie dankie vir jou inligting
Man, dis darem lekker as die inligting so spesifiek inkom van die ou grotes af, dankie julle!

Last edited by Jassie on Mon Dec 03, 2012 8:23 am, edited 1 time in total.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Dagse Louis
Goeie raad van jou daai. Die groot geheim sal seker wees om n plek te kry sodat die jackaltjie maanaf moet inkom om by jou plan te hou en nie daai aand n ander draai geloop het nie. Julle moet n geseende Kerstyd he en ek hoop jy het reen gehad.
Groete daar
Goeie raad van jou daai. Die groot geheim sal seker wees om n plek te kry sodat die jackaltjie maanaf moet inkom om by jou plan te hou en nie daai aand n ander draai geloop het nie. Julle moet n geseende Kerstyd he en ek hoop jy het reen gehad.
Groete daar
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Ligsku Jakkalse
Hallo Dries
Die "plan" (as jy dit so kan noem) het altyd 'n risiko en daar is maar 'n mate van raaiwerk aan verbonde en sal nie altyd 100% werk nie.
Ek wil egter reken as die jakkals die eerste keer binne 10 minute nadat jy die roeper aangesit het, o? gewys het, was jy baie na aan sy kerngebied of l?plek, seker 80 % van die tyd. Die rigting waaruit die jakkals dan ook geantwoord het of vanuit gekom het, help jou darem ook om so 'n "educated guess" te maak t.o.v. die rigting waaruit die jakkals meer waarskynlik die volgende keer sal kom. Baie keer gee struktuur jou ook 'n indikasie waar die meer waarskylike l?plek sal wees, hier by my is daar maar gewoonlik 'n hoogte of randterigheid - by jou seker bietjie moeiliker om te bepaal?
Ek was 'n hele klomp keer spot on, maar was ook al enkele kere verkeerd. Dink nie roep sal ooit 'n presiese wetenskap word nie, ons werk mos maar heeltyd op die mees waarskynlike seisoene, kerngebiede ens. as ons roep. Jakkalse is mos maar 70-75% van die tyd in 'n baie spesifieke gebied, as ons die geleerde manne kan glo?
Mooiloop en geseende Kerstyd daar ook.
Louis
Ns. Jy al die St Nowhere topic raakgelees?

Nog nie maar gaan nou bietjie loer
Nog nie maar gaan nou bietjie loer