Ek gaan nie die plaas se naam bekend maak nie, maar het ook hierdie jaar n nare ondervinding gehad.
Kom aan op die plaas ontmoet die boer nadat ons 2 ure by sy hek moes wag want ons kon hom nie aan die hande kry nie. Nadat daar gereel is oor n tyd wat ons sal arriveer.
By die kamp aangekom, alles uitgepak en begin gesels oor al die reels wat ons moet volg. Pryslys ook deurgegaan en misskote was ook op ja...50% van bokprys en ons sal die pryse betaal sonder BTW.
Ons word toe skietbaan toe gevat wat tot 250m lank is. Almal skiet toe op 100m en ek skiet toe tot 250m om te kyk of turret nog reg is(gestel van 100 - 300m). Gewere is toe reg ons mag veld toe gaan.
Ons was n hele klomp manne wat gegaan het en die ouens word toe afgelaai op verskillende plekke. Elkeen saam met n gids.
Ek en my broer n vriend en n gids is toe saam met die boer op die bakkie want al die kampe word nou gestap.(let wel almal loop in een rigting). Oppad terug huistoe kry ons Rooibokke in die pad. Boer vra toe of ons wil skiet want hy kan nie nader gaan nie anders is hulle weg. ek se toe dis reg ek sal een vat. My broer range toe is die afstand 198m. Rooibok ram kyk weg en sit toe die Nosler Accubond agter die koppie in. Oppad na die bok toe word daar vir my gevra waar ek geskiet het. Heel windgat "in die kop oom". Daar word ek van n kant af uitgetrap want ek mag nie op sy plaas in die kop skiet nie. Dit was nie bespreek by ons vergadering nie. Later die dag hoor ons n skoot en klomp manne is terug en net die 2 vriende van my is nog in die veld. na n uur verby is vra ons toe vir die boer of ons maar kan ry en manne gaan oplaai toe word daar gese hy sal ry as die tyd vir hom regvoel. 3 ure later to is ons veld toe om die manne te gaan haal.(NAdat die boer al n paar whiskey's in het). Kom by die man aan toe is die rooibok gekwes en ons begin soek waar hulle opgehou het. Donker word dit. Gelukkig het ons flitse in ons jagsakke. Teen 8uur is ons klaar gesoek en sal weer vroeg more oggend terug kom om weer die bloed te vat. Toe ons terugkom by die bakkie, sit die boer lekker warm op die whiskey op die bakkie se klap en gooi een vir een in die keel af. Die gidse sit onder n boom en raak aan die slaap. NIE BOER OF GIDSE HET GEHELP SOEK NIE. Daai aand om die vuur kom daar sommer n paar van die boer se vriende ook (Daar word slegs uit ons koelers uit gekuier) Sal nie uitbrei oor daai aand nie. ( Dinge nie goed afgeloop nie). Vroeg oggend is ek en my vriend veld toe om te gaan soek maar nie gekry nie.
Al die manne terug in die veld en die dag het goed begin met n paar bokke. (En n paar misskote....lol
My broer is toe laat middag veld toe met my geweer en ek is toe maar op die bakkie saam die boer en paar manne. Ons kry toe weer n paar Rooibokke en die manne skiet goed. Darm nie weer nodig gehad om te soek nie. Laai toe weer n paar manne af wat wil terug loop kamp se kant toe. Soos ons ry kry ons weer rooibokke en daar is my geweer mos in die veld. Boer se toe ek moet sy geweer vat .243.
Dis nie n ver skoot nie. Net soo oor die 100m. Ek vra die boer of die geweer reg is.... 100%. Gaan toe mooi agter die blad. Let wel.....Dooie rus op n groot skietsak op die dak. Daai kruishaar beweeg nie. Trek die skoot af..................... Julle moet pasop daai punt is nogsteeds besig om te vlieg.... "Het jy weer kop geskiet..??... Nee oom agter die blaaie, maar die geweer is mos reg dan moes hy mos geval het" Dit was n baie lang argiment oor daai skoot. " Ek sal jou wys hy is reg. Kom ons gaan skietbaan toe" Kom op die skietbaan toe skiet daai geweer nie eers n A4 raak op 100m nie. Nie ek of die boer nie. Die patrone in die geweerbelt is PMP,Highland, New Generation ens. Nou vertel my waarmee is hy ingestel.
Nou kom ons by betaling die sondag oggend. Hier kry almal BTW Fakture nadat ons gese het ons betaal kontant so ons betaal nie btw nie. Daai moes toe nog extra betaal word vir die gebruik van die voertuig ook. My voertuig was gebruik, nie eers syne nie. So wie moet nou vir wie se diesel betaal betaal.
My Faktuur kom en wragtig n misskoot is op. n VOLLE R450. Daar verloor ek dit toe heeltemal. Dit was met sy geweer, nie eers met my eie geweer nie. "Dit was jou keuse" was daar vir my gese. Daar was wel gevra of hy ingestel is en op die skietbaan bewys.
Het toe maar betaal sodat ek net daar kan wegkom..... Ja en die gebruik van voertuig ook.
Nooit weer skiet ek met n vreemde man se geweer as ek nie self op die skietbaan geskiet het nie.
Nooit weer gebruik ek my voertuig op n plaas nie.
Het seker maar my les geleer op die harde manier.
Groete

