Tips vir November

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tips vir November

Post by BLOK »

Dawie Malan wrote: En ek wou nie 'n 88gr Berger deur sy blikbeker jaag nie. Toe los ek hulle maar vir slimmer word.

Groete

Dawie

Nee man, ek is seker jy sal genoeg geld bymekaar kan maak om daai boer n nuwe keker te kon koop. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Tips vir November

Post by Freddie101 »

tafjak wrote: Louis


Jakkalse wat self begin roep voordat jy met roeper 'n jakkalsroep op die staanplek gebruik het. Gewoonlik ook die soort jakkalse wat soek na reaksie(skrou-stilte-skrou-stilte-skrou..........). Hulle is gewoonlik alleen(of nee, altyd alleen) en sal Jakkals antwoord(#10), Vlekkie 2 of 3(#'s 7 en 8) en ook kan jakkalsbaklei4 werk. Nou al 'n paar gesien terwyl hulle roep en was dit nogal insiggewend om te sien die reaksie as jy hulle antwoord. Ek het dit ook al reggekry met Mooihuil, maar die genoemde klanke werk verseker beter.

Mooiloop
Toe ou Reds by my was voor Aliwal skiet het ons die donderdagaand gaan roep. Terwyl ons toerusting op bakkie regmaak by die huis hoor ons hulle roep so 1km van die huis af. Ek merk die plek en skuif soontoe. Begin roep na nodige stiltetyd met prooidistres en hier en daar baklei. Niks. Ek sit en dink wat my te doen staan toe begin een weer roep so 350m van ons af tussen bome. Maat antwoord half teenorgestelde kant van ons af en ek skat so 900m. So ons is amper tussen hulle 2. Ek sit en dink hoekom het hulle nie ingekom voor die roep nie en probeer toe jak antw omdat ons tussen hulle is. Die naaste een pluk amper die doringbome uit so aggressief antw sy. Skaars 2min later toe verskyn die verste een en ek skiet hom. Die ander een nooit gekry. So jak antw het gewerk in die geval.

Net n storietjie oor die geluid en my ondervinding. Hou die topic lewendig

ns. Die somer wil nie kom hier by ons nie.   
yol bolsun
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Tips vir November

Post by Biker »

Groet julle almal en hoop dit gaan goed. My ondervinding met jak antw. klank was na na lang gespook met  jakkalse wat nie wou inkom nie en ek kon nie nader skuif nie agv n grensdraad en hulle bly so 400-600m van my af toe dink ek wat nou? Sit so 15 min en dink en besluit om n tweede roeper aan die ander kant van die lorrie uit te sit ook so op 80m so die twee roepers 160 m uitmekaar. Gooi naderhand kort jakhuil weer op no 1 en antwoord myself sommer lekker op no2 met jak antw. Manne ek wonder of ek al moet begin lig toe skrou hulle al so 50m vanaf no2 en toe daai lig aangaan toe sien jy net jakkalse hol . Het darem een gekry maar die handbrieke was lekker los.
Groete Biker

Sien die suidewind gaan vewoed waai nog n paar aande werk aan julle stingelstress
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips vir November

Post by Louis102 »

Biker wrote: ... stingelstress
Dries

Jy's amper heeltemal reg.  Hier begin stres die stingel egter omdat die jagweer so lank wegbly! 

Jan Tuisbly se karretjie is nou glad nie meer snaaks nie.  MAAR, ek dink hierdie Vrydagaand gaan die honne huil, miskien selfs vroe?r!  Dis nou as ek Accuweather kan glo.  Besig om 'n paar lammers weg te laai en gewaar 'n foutjie of twee hier by my skapies.  Ou Kerneelsie stel al weer nie teleur nie!

Mooiloop!
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Tips vir November

Post by Biker »

Louis

ooo jaa  Sien dat die weer more draai en dink ook so. Nog lekker sterk suid hier vanaand en sommer geniepsig koud maar more hol die lorrie.
Groete
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: Tips vir November

Post by sakkievanheerden »

Oom Dries
Moet nou net nie soos ek agter die lorry moet aan hardloop nie,n seer hammy is nie meer lekker as die ouderdom begin inskop nie.
Hier waai ook maar elke aand n wind,hoop dinge draai gou en bring sommer reen ook.
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Tips vir November

Post by Armand9 »

Manne kan ons weer die draad die lewe in roep. By my dreig die weer so kannie roep. Maar dit darem n briek wat enige tyd welkom is! Voor die weer was jakkies maar souerig om te antwoord.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Tips vir November

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het afgesluit met 'n Mooihuil mix(my eie konkoksie) en so 700m teen koppie op mooi reaksie gekry, dit was in rigting van plaashek oppad huistoe. Net gou die roeper sommer op die hek gesit, bietjie haas en toe Killer baklei...kon jakkie mooi volg uit die koppie tot so 150m van roeper af....hyt nie eers gewonder om wind te werk nie, reguit gekom...later vir hom skietgebedjie opgestuur.
Die mooihuil het mooi reaksie gelok.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Tips vir November

Post by Armand9 »

Ai Cobus darem lekker as die goete so storm sonder om die wind te werk. Hier moet n man maar jou windaf kant mooi kies, hy dop net skielik daar uit. Net die een Jak? Waar sy maat? Of kan dit die helper wees?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tips vir November

Post by Geno »

Cabous. Ek het jou mos al mooi gevra om nie Killer klanke se name te noem nie. Daai klankies is beperk tot Mafia lede...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Tips vir November

Post by Riaan Kriel »

Geno wrote:Cabous. Ek het jou mos al mooi gevra om nie Killer klanke se name te noem nie. Daai klankies is beperk tot Mafia lede...
.... en hier dog ek nou ons is almal maatjies net om te hoor hier is ook 'n Mafia :o ++>:
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Tips vir November

Post by Cobus(Cobb) »

Smaak my ek moet nou kom vir 6 van die bestes.....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tips vir November

Post by BLOK »

Pasop, netnou stuur geno vir jou ook daai perd se kop. hehehe
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Tips vir November

Post by Jan-Hendrik »

Die is nu verseker die lekkerste draad wat ek nog gelees het
JAN-HENDRIK
Post Reply