Hi Almal
Is daar dalk mense wat al by Riverside Cottages, Kamberg gejag het?
Ek oorweeg dit om te bespreek om daar te gaan jag volgende jaar saam met my vrou en seuns (albei onder 4 jaar oud). Ek sal dit baie waardeer as jy jou mening kan deel oor:
1. Akomodasie - is dit netjies en skoon? Is dit familie-vriendelik? Werk alles wat moet?
2. In watter huisie het jy gebly? (Hunter's Cottage of Fisherman's Cottage). Was die huisie privaat genoeg en is die lokasie en die uitsig van die huisie so dat jy voel asof jy in die natuur is?
3. Wat het jy daar gejag en hoe was die jagondervinding?
4. Hoe was die slag en koel geriewe?
5. Wat is jou algemene mening oor die plek en sal jy terug gaan?
Ek het al met Brett Moller van Riverside Cottages gepraat (nogmals dankie Foxcreek) en hy klink soos n' baie gaaf en genuine persoon. Ek wil net ook n' ander perspektief van ander mense kry voordat ek voort gaan.
Alle inligting sal baie waardeer word.
Baie dankie
Dimitri
Riverside Cottages, Kamberg
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Riverside Cottages, Kamberg
Dmitri
Ek het al daar gaan visvang.
Verblyf is 5ster. Visvang beter. Pieter en Jo Moller is die eienaars,Brett se ouers.
Ek het al in die area gejag as n gas maar kan nie kommentaar lewer oor die jagplase nie.
Frikkie
Ek het al daar gaan visvang.
Verblyf is 5ster. Visvang beter. Pieter en Jo Moller is die eienaars,Brett se ouers.
Ek het al in die area gejag as n gas maar kan nie kommentaar lewer oor die jagplase nie.
Frikkie
Cradock
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Riverside Cottages, Kamberg
Baie dankie Frikkie.