Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by obasch »

Dalk het ek so 'n thread misgekyk daarom vra ek maar. Hoe tem ek die skop van 'n Howa 375 Ruger met hout kolf? Muzzle breaks en sound moderators is nie my ding nie. Is dit nodig om vir die hout kolf 'n cross-bolt in te laat sit?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Geno »

Twee stappe.
1 - Pachmayr Decelerator / Limbsaver pad.
2 - Kwikstaaf in die kolf.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by SV MAD (Henk) »

Geno wrote: Twee stappe.
1 - Pachmayr Decelerator / Limbsaver pad.
2 - Kwikstaaf in die kolf.
What he said...
ek soek nog wapens...
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Rigby »

Bring jou spoed af na 2200fps - 2300fps
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by James Wilson »

Rigby, se hom hy moet eers so n paar skote met jou 416 skiet ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Rigby »

:laugh:
Janee, dis alles relatief, is dit nie
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Marc »

Rigby wrote: :laugh:
Janee, dis alles relatief, is dit nie
;D ;D ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Louis Kriel »

Ek het eers 80gr s355 gelaai agter die 260 accubonds.  Spoed was 2860 fps en het die hel uit my uit geskop.  Toe kom ek af na 76.5 gr vir 2750 fps.  Nog oor vinnig genoeg vir gemse oor 200 en hy skop aansienlik minder.  Die 300 greiners gaan ek nie meer as 2500 fps nie en dis heel aangenaam.

Ek het so ruk terug met Neil by S&O gepraat en hy se die ouens wat die kwikstaaf ingesit het, is baie gelukkig daarmee. Maar hy gaan nou seker nie 'n .22 van hom maak nie. :)
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Marc »

obasch wrote: Dalk het ek so 'n thread misgekyk daarom vra ek maar. Hoe tem ek die skop van 'n Howa 375 Ruger met hout kolf? Muzzle breaks en sound moderators is nie my ding nie. Is dit nodig om vir die hout kolf 'n cross-bolt in te laat sit?
Hou hom nes hy is, 'n .375 moet terug praat  :angel:

Deur hom te gaan tem gaan wees soos om 'n leeu se tande en naels te trek, dit is dan mos nie meer 'n leeu nie  ???

Soos ek verstaan skop die Ruger reeds heelwat minder as die H&H  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Lourens »

Marc wrote:
obasch wrote: Dalk het ek so 'n thread misgekyk daarom vra ek maar. Hoe tem ek die skop van 'n Howa 375 Ruger met hout kolf? Muzzle breaks en sound moderators is nie my ding nie. Is dit nodig om vir die hout kolf 'n cross-bolt in te laat sit?
Hou hom nes hy is, 'n .375 moet terug praat  :angel:

Deur hom te gaan tem gaan wees soos om 'n leeu se tande en naels te trek, dit is dan mos nie meer 'n leeu nie  ???

Soos ek verstaan skop die Ruger reeds heelwat minder as die H&H  ???
Marc,

Ek besit self die .375 Ruger en het heelwat met ander se 375 H&H gewere geskiet, die Ruger is weer vir my aansienlik kwaadter in die recoil departement...  ;) Maar dis lekker as hy so bietjie terugpraat!!

Groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Marc »

Lourens wrote:
Marc wrote:
obasch wrote: Dalk het ek so 'n thread misgekyk daarom vra ek maar. Hoe tem ek die skop van 'n Howa 375 Ruger met hout kolf? Muzzle breaks en sound moderators is nie my ding nie. Is dit nodig om vir die hout kolf 'n cross-bolt in te laat sit?
Hou hom nes hy is, 'n .375 moet terug praat  :angel:

Deur hom te gaan tem gaan wees soos om 'n leeu se tande en naels te trek, dit is dan mos nie meer 'n leeu nie  ???

Soos ek verstaan skop die Ruger reeds heelwat minder as die H&H  ???
Marc,

Ek besit self die .375 Ruger en het heelwat met ander se 375 H&H gewere geskiet, die Ruger is weer vir my aansienlik kwaadter in die recoil departement...  ;) Maar dis lekker as hy so bietjie terugpraat!!

Groete,
Lou
I stand corrected  :angel:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by tau »

Vriend het van die eerste Ruger M77 .375 Ruger African. Hy het all decelerator, kwikstaaf, ander houtkolf in en is 'n groot ou. Hy het met die Alaskan geskiet en se die verskil is groot.
Last edited by tau on Tue Oct 16, 2012 3:38 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by grumpy »

.
Last edited by grumpy on Tue Apr 02, 2013 7:10 pm, edited 2 times in total.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Mac »

Do what most others do, bring it down to 9.3 specs

Reason for edit: Spelling
Last edited by Mac on Tue Oct 16, 2012 4:25 pm, edited 1 time in total.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by F.L.A.S.H »

DirtyOldsix wrote: Ek het eers 80gr s355 gelaai agter die 260 accubonds.  Spoed was 2860 fps en het die hel uit my uit geskop.  Toe kom ek af na 76.5 gr vir 2750 fps.  Nog oor vinnig genoeg vir gemse oor 200 en hy skop aansienlik minder.  Die 300 greiners gaan ek nie meer as 2500 fps nie en dis heel aangenaam.

Ek het so ruk terug met Neil by S&O gepraat en hy se die ouens wat die kwikstaaf ingesit het, is baie gelukkig daarmee. Maar hy gaan nou seker nie 'n .22 van hom maak nie. :)

Ai Dirty maar dis darm lekker warm ???

Ek laai 70g 335 agter 270gr hornadies vir so 2550fps en dis a 90% laaiding
"Nothing can come of nothing" Speaker
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by tripodmvr »

Die 375's byt wanneer jy van die tafel ladings toets. Keer dat hy jou seermaak deur regop te probeer sit soos wanneer jy staan en skiet, sit pachmayer op (ek het en dit help) en sit een of ander absorberende ding teen jou skouer (sandsak, handdoek ens). Skiet nou sonder pyn en jy sal jou verbaas oor die beter groepe wat jy kry. Ek skiet ook heel laaste met die groot man. Bekruip hom vanaf .22 opwaarts.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Gerhard »

Skiet n paar skote met n 500 Jeff en dan vat jy die Ruger en dan skop hy soos n pellet.  :o

Van n tafel af byt die groot kalibers om ladings te toets en in te skiet.

Beste is maar soos Driepoot se om regop te sit op die tafel.

Fokus op sneller beheer...

In die staan, sit, kniel posisies in die veld of op die skietbaan voel ek glad nie die H&H se recoil nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by F.L.A.S.H »

Dirty, lees betjie hier http://jaracal.com/index.php/topic,15123.30.html 

Die 375 van Bernie skop rerig baie min, ek het al a hele paar skoote skiet met hom

ek het ook n howa 375 ruger so weet hoe skop hy.
"Nothing can come of nothing" Speaker
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Marc »

F.L.A.S.H wrote: Dirty, lees betjie hier http://jaracal.com/index.php/topic,15123.30.html 

Die 375 van Bernie skop rerig baie min, ek het al a hele paar skoote skiet met hom

ek het ook n howa 375 ruger so weet hoe skop hy.
Wen jy my nou, ek wou nou net die link hier kom opsit  ;D ;D ;D ;D  Goeie stuk daai, dankie vir die bydrae  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by JPS »

@Mac,

Bai skerp oom baie skerp.

JP
;D
IceRoss
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Tue Aug 14, 2012 2:07 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by IceRoss »

JPS wrote: @Mac,

Bai skerp oom baie skerp.

JP
;D
Ja wat kan ek s?, Mac het nou n groooooooooooooooot paplepel en hy roer!  ;D ;D ;D
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Louis Kriel »

F.L.A.S.H wrote:
DirtyOldsix wrote: Ek het eers 80gr s355 gelaai agter die 260 accubonds.  Spoed was 2860 fps en het die hel uit my uit geskop.  Toe kom ek af na 76.5 gr vir 2750 fps.  Nog oor vinnig genoeg vir gemse oor 200 en hy skop aansienlik minder.  Die 300 greiners gaan ek nie meer as 2500 fps nie en dis heel aangenaam.

Ek het so ruk terug met Neil by S&O gepraat en hy se die ouens wat die kwikstaaf ingesit het, is baie gelukkig daarmee. Maar hy gaan nou seker nie 'n .22 van hom maak nie. :)

Ai Dirty maar dis darm lekker warm ???

Ek laai 70g 335 agter 270gr hornadies vir so 2550fps en dis a 90% laaiding
Die lading wat hier op jaracal gegee is vir die 260 accubond en 355 is 81gr!!! Gelukkig het ek by 76gr begin en opgewerk tot by 80gr.  Maar jys reg 80gr is te warm dis hoekom ek afgekom het na 76,5.  Onthou dis 355 nie 335 nie ;)
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Stefan764 »

obasch wrote: Hoe tem ek die skop van 'n Howa 375 Ruger met hout kolf?
Jy skiet n skoot met n 450Rigby met n 600gr koeel teen 2200fps  ;D

Geno het die 2x basiese stappe gegee wat jy kan volg, dit sal baie help.

Om die lading te verminder is ook baie goeie raad. Veral as jy bepaal wat jy met die geweer wil doen. Geen rede om n 300gr koeel teen 2600fps te skiet nie, 2400fps sal die job net so goed doen, indien nie beter nie...

Geniet daai roer. Daar is min gewere wat so lekker jag soos n 375Ruger in die Ruger geweer  ;)
tau wrote: Vriend het van die eerste Ruger M77 .375 Ruger African. Hy het all decelerator, kwikstaaf, ander houtkolf in en is 'n groot ou. Hy het met die Alaskan geskiet en se die verskil is groot.
+1 Tau... Die Alaskan se tanne is kla getrek so uit die fabriek uit  ;D

Groetnis
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by Piet Breedt »

Ek het haelkorrels gemeng met swart silicone in my kolf se loop cavity gesit, en sinkers met silicon agter in die kolf van my Howa .375 Ruger gesit. Nou skop hy seker die hefte minder, of so voel dit vir my. My stopsels hou nou weer met gie 300greiners.
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Hoe tem jy 'n 375 Ruger

Post by toy »

Ek kyk ook na n Howa 375. Maar ek sien hul het nie visiere op nie. Seker n dom vraag maar n ou kan seker visiere opsit. Ek kani met teleskoop regkom in die bos nie. Oopvisier skiet voel nou maar vir my die lekkerste. Groete
Post Reply