Zebra vleis

Post Reply
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Zebra vleis

Post by F.L.A.S.H »

Naand manne

Ek wonder maar net its.

Wat kan a mens met Zebra vleis doen? Is dit lekker om te eet? Kan jy biltong maak? Sal hy lekker russians of salami maak?

Luister graag wat se julle manne

Mooi Loop

F.L.A.S.H
"Nothing can come of nothing" Speaker
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Zebra vleis

Post by Hilux01 »

FLASH

Ek is by geen rek van die verbeelding n kundige nie
Ek verstaan die manne gebruik hom om salalmi and cocktail worsies te maak
Ek weet ook onder resepte praat manne van lekker steaks - solank daar nie vet aan is nie

Ek hou die res se kommentaar dop, wil dalk volgende jaar so een huis toe bring

Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Kerneels S.
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am

Re: Zebra vleis

Post by Kerneels S. »

FLASH
DIE BELANGRIKSTE - GEEN maar GEEN vet moet aan die vleis wees. Gebruik die fillets net so met jou favourite sous op die kole. Die rugstringe verwyder die senings en vet en maak ryp in jou yskas of koelkamer vir 24 dae maar net soos ons vir die ander bokke doen. As jy vleis ryp maak gebruik 'n plastiek bak of glas bak of bord maar moenie 'n stainless steel bak of skottel gebruik. Ek vind dit verander die smaak van die vleis. Sny die rugstringe dan in steaks. Baie lekker!! Jy sal nie eers weet jy eet Zebra nie. Ook baie belangrik - As jy die vet afsny probeer om nie met die vet hande aan jou vleis te vat nie. Dit is die vet reuk en smaak wat Zebra vleis 'n slegte naam gee.

Die res van die boude en blaaie sny jy maar in blokkies en werk weg teen 25% met jou ander wildsvleis. Salami, rook worsies, kaas worsies en selfs Cabanossi maak ons en dan rook ons die Cabanossi. Baie lekker.
Groete
Kerneels S.
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Zebra vleis

Post by F.L.A.S.H »

Dankie Kerneels

Klink vir my n man kan darm baie doen met die ou streep perd.

Miskien gaan soek ek hom as daie sommer specials volgende jaar uit kom.. Dink dit kan nogals lekker wees of so perd te gaan jag

Mooi Loop
F.L.A.S.H
"Nothing can come of nothing" Speaker
Post Reply