Zebra fillet - idees asb

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Zebra fillet - idees asb

Post by Witpietskiet »

Soek bietjie idees asb.

Ek het 2 zebra fillets wat ek Donderdag aand wil braai, hulle hang al van Woensdag af in die koeler. Moet ek hulle marineer of hoe moet ek maak?

Dankie
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by G-force »

Ek is nie n kenner nie maar het eendag n zebra geskiet.My pel Peter Harris het toe sommer daai aand die fillets op die braai gegooi,sonder marinade,aromat,sout,pepper.Stadig gebraai,maar baie stadig.Ek braai my bees fillets in vlamme en oilie en dis baie lekker MAAR daai zebra fillets was die beste wat ek ooit ge eet het,tot vandag toe.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Smirre »

DIS nou kos

Ek marineer hulle vir 'n week in Garlic & Red wine sous wat my vrou erens koop

Dan braai jy hom tot meduim en bedien met 'n sous  .....peper of garlic of......

Ek is skoon jaloers!!!

Maak net seker die vleis het geen vet GEEN vet op nie

Lekker smul
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Frederik »

Geen vet nie maak seker daarvan.

Dan marinade olyf olie, mosterd poeier, karing melk en balsamic. Moet onder die melk le die ander sit maar bietjie op.
Jy kan hom laat le vir so twee ure en braai hom op 'n nie te warm vuur hulle is lekker dik so braai maar lank maar hy moet nog bietjie rooi wees in die middel. Gooi speserye soos verlang.
Jy kan om die oggend skiet en aand eet van die beste fillet wat daar is.

Word ek nou sommer baie honger.  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Stefan764 »

Manne vat julle nou gat hier of wat??
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by G-force »

Stefan764 wrote: Manne vat julle nou gat hier of wat??
Beter as bees enige dag.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3647
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by JPS »

Die Vleis is bietjie soet na my smaak so ek sal maar net se, Sout heelwat sout....
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Witpietskiet »

Dankie manne vir al die raad.

Die storie oor die vet is die heel eerste ding wat ek gehoor het oor zebra eet en gaar maak.

Die manne wat vir Windhoek ken sal dan ook so vir Joe's Beerhouse ken, Joe's het al vir baie jare zebra op die menu en is dit nou nie vir jou n lekker stukkie vleis nie. Net al gesien enige iets bo meduim-rare en hy word erg droog.

Dit sal nou my eerste keer wees wat ek self zebra gaar maak en ek wil dit nou nie opd@nn@r nie.

So baie dankie
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Christo »

Witpietskiet wrote: Dankie manne vir al die raad.

?....................Net al gesien enige iets bo meduim-rare en hy word erg droog.

Dit sal nou my eerste keer wees wat ek self zebra gaar maak en ek wil dit nou nie opd@nn@r nie.

So baie dankie
WitPiet, ek weet nie mooi nie, sal seker daaraan eet as ek nie geweet het dit is pajamadonkie nie, maar willens en weetens, nee, nie vir my.

Maar as jy dit opd@nn@r, weet net, oubaas se honne sallie worry nie, gee maar vir hom  ;D

Laat weet hoe dit gegaan het, ek's net vol dinges, seker.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by kopskoot »

Stefan764 wrote: Manne vat julle nou gat hier of wat??
Ja, ek kan ook nie glo hulle is ernstig nie. Stef, ek en jy sal maar by die bees en skaap hou!
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by G-force »

kopskoot wrote:
Stefan764 wrote: Manne vat julle nou gat hier of wat??
Ja, ek kan ook nie glo hulle is ernstig nie. Stef, ek en jy sal maar by die bees en skaap hou!
Julle banggatte mis uit.Ek eet liewers zebra lank voor ek n kameelperd eet.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Smirre »

Kameelperd???
was nog nooit so honger nie,, die vleis stink dan
User avatar
Jeagermeister
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Jeagermeister »

Jis manne...

Lank nie van my laat hoor nie..

Al wat ek kan se is dat tussen my en Witpiet ons nog nie juis 'n braaivleisie kon opfoeter nie..

So , ons rapporteer Vrydagmore terug oor die Streepesel fillet...

Die wat ek al by Joe's geeet het was heel gaaf...

Mooiloop

JM
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na  "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by GreyGhostGear »

Smirre wrote: Kameelperd???
was nog nooit so honger nie,, die vleis stink dan
Ons het baie jare terug, seker 20+ jaar terug as ek reg onthou, 'n hele Kameelperd op die spit gesit in Lichtenburg.
Dit was deel van die Afrikanerklub se fondsinsameling en hy was 24 uur op die spit.
My pel se pa oom Hannes Christie hulle het die spit gebou..ek het nog fotos hier iewers.
Van wat ek kan onthou was die vleis gaaf en daar was green peace protesteerders by die skougronde se hekke ;D
Wonder of hier oud Lichtenburg manne is wat dit onthou? Wouter kom in?
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Sarelss »

Hi Manne,

duidelik was paar van ons al meer honger as die ander, of dalk net meer avontuurlustig....

Zebra fillet seker die sagste fillet wat jy sal kry om te eet.

Kameelperd het baie lekker vleis en maak mooi biltong. Ou bulle net baie taai en party mag dalk ou klankie h?. 'n Jong kameelperdvers het stunning vleis.

Raak bietjie honger en proe ander goetertjies ook.....
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Nickvn »

Jagmaar wrote:
Smirre wrote: Kameelperd???
was nog nooit so honger nie,, die vleis stink dan
Ons het baie jare terug, seker 20+ jaar terug as ek reg onthou, 'n hele Kameelperd op die spit gesit in Lichtenburg.
Dit was deel van die Afrikanerklub se fondsinsameling en hy was 24 uur op die spit.
My pel se pa oom Hannes Christie hulle het die spit gebou..ek het nog fotos hier iewers.
Van wat ek kan onthou was die vleis gaaf en daar was green peace protesteerders by die skougronde se hekke ;D
Wonder of hier oud Lichtenburg manne is wat dit onthou? Wouter kom in?
Ja ek onthou dit. Was in die pers en daar was baie ongelukkige greenies gewees wat wou weet hoekom mens nou n kameelperd moet eet. Shame......
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by JAGTERSREG-JRM »

Proe daai goete nie ok na turpintine nie?????Want dit ruik so en soos ek verstaan maak dit lekker hondekos.Nie om tone te trap nie maar eks bietjie finitjie!!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Smirre »

Wat ook baie goed saam met die Zebra sal gaan, is room mossel sous

Het gevind dit is 'n wenner met alle wild

Smirre
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Louis Kriel »

Al wat ek weet is daai pyjama donkie se biltong het 'n annerste smaak.  :o My jagpel het so 2 jaar terug besluit om die hele ding biltong, braaiwors en soutvleis te maak.  Sy fillet mag lekker wees maar nie die biltong of die wors was vir my lekker genoef dat ek vir 'n 2de stuk gevra het nie.  As ek nou 'n zebra skiet word hy net een ding...salami!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Sarelss »

Ek maak ook nie biltiong van zebra nie, want jy ruik die donker strepe van die zebra op die biltong....
Maar daar is niks fout met chili bites maak van hom nie. Met regte chilibite spices.
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Smirre »

En,,,,,,, hoe smaak die streepdonkie?
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Witpietskiet »

Manne,

Ek moet s? dit was nou vir jou n gawe stukkie vleis. Ons het 1 in karringmelk en die ander 1 in French slaaisous in gel?. Dan het ons hulle so op die kole gespice.

Hulle baie rustig gebraai tot so meduim-rare.

Daar is van die dames wat by die braai was wat nou nog nie weet hulle het zebra ge-eet nie, hulle dink dis gemsbok.

Iemand het fotos geneem, sal bietjie soek en post later.

ek braai maklik weer zebra....
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Jeagermeister
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Jeagermeister »

Witpietskiet wrote: Manne,

Ek moet s? dit was nou vir jou n gawe stukkie vleis. Ons het 1 in karringmelk en die ander 1 in French slaaisous in gel?. Dan het ons hulle so op die kole gespice.

Hulle baie rustig gebraai tot so meduim-rare.

Daar is van die dames wat by die braai was wat nou nog nie weet hulle het zebra ge-eet nie, hulle dink dis gemsbok.

Iemand het fotos geneem, sal bietjie soek en post later.

ek braai maklik weer zebra....
Heel deftig gewees manne...

Soos Witpiet se, gesoute wildvleis eters het nie eers agtergekom dat dit iets anders was nie...

So, al wat nou oorbly is seker om ons eie donkies te gaan skiet en hulle Fillets te braai..

Mooiloop

JM
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na  "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by Geno »

Hier is Big Joe en Pieta se foto:

[img width=560 height=418]https://fbcdn-sphotos-e-a.akamaihd.net/ ... 0111_n.jpg[/img]
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Zebra fillet - idees asb

Post by BLOK »

Aitsa!!

Lyk noggal al te lekker, watter een was die beste die melk of slaai sous. Ek is noggal lief vir wild marineer met die verskillende Knorr slaai souse dit werk baie lekker.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply