Koe?l keuse

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Koe?l keuse

Post by Chevvy SS »

Ons soek seker maar altyd na meer wat spoed en platskiet betref, maar ek twyfel tans watter koe?lgewig meer effektief sal wees, vandaar my vraag.

Indien jy 'n 270 of 7mm besit en jy wil springbok/rooibok skiet oor afstande tussen 200 en 300 meter, wat sal jou keuse wees:

1. 110-120g
2. 130-140g
3. 140g +
4. mono of ander (noem wat jy verkies)

en waarom?

Hoor graag van julle.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koe?l keuse

Post by James Wilson »

Ek hou nou maar eenmaal van mono's, maar kyk ook op n 270 na n140grn hornady sst die koeel het n baie goeie bc
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Koe?l keuse

Post by Jean Marais »

Hallo Chevvy

Hier is 'n goeie artikel wat die 270 se vermo? aanbetref: http://www.chuckhawks.com/ultra-long-range.htm

Lyk my die beste koe?lgewig op die afstande waarvan jy praat is 130gr.

Lees gerus en maak jou eie afleiding.

Groete
Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Koe?l keuse

Post by LN (Louis) »

Chevvy,

Ek het nie 'n 270 nie maar 'n 7x57 gelaai met 150gr Barnes TSX koe?ls teen ongeveer 2650ft/s waarmee ek alles van springbokke tot blouwildebeeste skiet. Skiet plat genoeg tot op 300m en vleisskade is aanvaarbaar vir my.

Na ek 'n tand gebreek het op 'n stuk lood het ek besluit om nie weer loodkernkoe?ls te gebruik nie.

Groete,
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Koe?l keuse

Post by obasch »

7x64 Egte Brenneke
140gr Barnes TSX - 53,5gr S365 - Norma dop - TPL 84,84mm - 3018fps
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Koe?l keuse

Post by Carl »

Waar skiet mens rooibokke op 200+ ;-)
Myne skiet lekker met 130 Partition vir jag. Wil nog die 110 GSC probeer, die 130 GMX hardloop nog orals rond. Omdat ek nie kopskote skiet glo ek die pad is vir mono's soos Barnes of GSC. Ek het egter nog nooit erge vleisskade gekry deur net op die regte plek te skiet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Koe?l keuse

Post by Chris Swart »

Carl wrote: Waar skiet mens rooibokke op 200+ ;-)
In 'n Brandpad, of op die langplaas  :-X
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koe?l keuse

Post by Piet Pille »

My .270 het 2 di?te:

1) Vir die toepassing soos jy hierbo beskryf (Springbokke tot by 300m) gebruik ek Sierra Prohunter   
    of Gamekings 130gr. Die rede hiervoor is omdat my geweer baie akkuraat is met hulle. Hulle is 
    ook vrylik beskikbaar en nie so duur nie. Ek probeer gewoonlik kop/nekskote skiet op die 
    springbokke, maar dit beteken noodwendig dat mens baie moet oefen voor die jag en jou 
    geweer en trajek baie goed moet leerken. Dus spaar ek heelwat in 'n jagseisoen. Die Sierras is
    baie effektief vir kop/nekskote sonder dat jou vleis vol lood is. Omdat penetrasie onder hierdie
    omstandighede nie werklik 'n rol speel nie, bied premium koeels nie werklik enige  ander voordele 
    vir my in die geval nie.
2) Vir groter wild (hartbees, koedoe en gemsbok), waar lyfskote ook ter sprake kom, gebruik ek 
    tans Rhino 150gr. Alhoewel hulle wel lood bevat, breek hulle nie maklik op nie en is 
    gewigsretensie baie goed (80%+). hulle besit ook goeie akkuraatheid uit my geweer, maar is
    natuurlik 2x die prys van konvensionele koeels. Ek het egter die gemoedsrus dat penetrasie nie 
    'n probleem sal wees nie, al tref ek van die groter bene in bogenoemde wildsbokke.
Last edited by Piet Pille on Tue Oct 09, 2012 3:02 pm, edited 1 time in total.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Koe?l keuse

Post by Stefan764 »

Tikka 7x64 Brenn met 1:10"spiraal en 22"loop

139gr Hornady Interbond @ 3000fps

150gr Barnes TSX @ 2840fps

Beide groepe kleiner as 15mm, konstant, enige dag van die week en 2x keer op n Sondag  ;)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l keuse

Post by Chevvy SS »

Stefan764 wrote: Tikka 7x64 Brenn met 1:10"spiraal en 22"loop

139gr Hornady Interbond @ 3000fps

150gr Barnes TSX @ 2840fps

Beide groepe kleiner as 15mm, konstant, enige dag van die week en 2x keer op n Sondag  ;)
My geweer hou niks van Sierra's nie. Ek het al 154, 152 en 139g probeer sonder sukses.

Wat is jou lading vir 3000vt/s Stefan?
Obasch s? die volgende:
7x64 Egte Brenneke
140gr Barnes TSX - 53,5gr S365 - Norma dop - TPL 84,84mm - 3018fps
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Koe?l keuse

Post by Danie01 »

Ek laai 139gr Hornady interbond teen 2900vps met 52,2gr S365, TPL 84mm.

Baie tevrede met koele en het die jaar n paar koedoes, springbokke en gemsbokke geskiet. Interbonds is seker nie die ideaal vir nekskote op springbokke nie, het twee so gekwes deur nek, waarvan ons net die een kon dood :(. Koeel was mooi deur nek sonder om been te tref, bok het neergeslaan soos doodskoot maar weer opgestaan. Het wel nie een gekwes met al die kopskote op die springbokke of koedoes nie.

Ek oorweeg dit sterk om 140gr softpoints te gebruik saam met 140 mono's, softpoints vir die springbokke en mono's vir die lyfskote.

Hoor wat gebruik die ander manne?
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Koe?l keuse

Post by Jan Nel »

Hi manne

My 7x57 se huidige dieet:

116gr GS Custom - Norma doppe - CCI 250 slagdoppe - 47gr S335 - 3150 fps - COL 79.25mm - konstant <0.5moa

Groete

Jan
Post Reply