Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Taffie soos jy weet vra ek meer vra as wat ek antwoorde gee.
Wat ek net aan sit en dink is dat as die pa en ma nie meer daar is nie sal die vreemde jakke eers moet besef dat die bestaande kerngebied nou leeg is en dat hulle daar kan gaan rondloop.
Dink jy dat dit sal gebeur voor daai kleintjies gevrek het? Hoe lank na die paar geskiet is sal vreemde kakke in daai "oop" gebied inbeweeg om rond te kyk?
Peet

Work to live, don"t live to work
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Interssante onderwerp!
Dink net dat ons geneig is om te probeer s?/redeneer dat alle jakkalse definitief altyd so sal maak of dalk so. Ek glo vas dat jakkalse van mekaar in persoonlikheid verskil, tot 'n mate soos ons mense ook maar van mekaar verskil. Ek raai dat sommige tewe wel 'n baie sterk ingebore moedersinstink het, al het hulle self nog nie kleintjies gehad nie. Dit lei ek (miskien verkeerdelik) af, van die verskynsel van helper tefies by werpsels.
Kannie wag vir dit waar daar gaan "uitbroei" nie, Taffie! Hoop nie die CD- en DVD-geldjies is so baie dat jy gaan aftree nie, ons het jou kennis en ervaring brood nodig!
Mooiloop!

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Jason
- Full Member

- Posts: 171
- Joined: Sat Feb 28, 2009 9:59 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Taf
Kamp is ?1 ha groot,en my ander stel is in n groter kamp.maar teel nie aan nie.
Die stel wat laas jaar geteel het is broer en suster, 1 jaar oud en het 3 kleintjies gekry. Al 3 het ek saam die reun en teef gelos vir n klein proefie. Ek het nie verwag dat die jonges die jaar se broers en suster sou opvreet.
Interressant: n pel van my het 2 tefies en n reun in n hok. Albei tewe het die jaar gewelp.

canis mesomelas
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Hier kom nou n paar intresante goed uit. Nou sit en wonder ek. In die natuur, sal 2 tewe gelyk by een reen kleintjies kry, sal broer en suster voortplan? Is waar wat Oom Louis se dat elke jakkals n ander persoonlikheid het. Word hulle gedrag nie maar in aanhouding gemanipuleur nie?
Oom Louis, het ek nie erns gelees Oom bring ook n dvd uit nie?
Groete Alex
So ietsie wat ek nou die dag hoor, askies heel van die topic af maar was ook n mak jakkals betrokke. N boer het dit goed gedink om n jakkals mak te maak om die ander jakkalse te roep en dan kan hy sy honde los laat om die jakkalse te vang. Eerste jag en sy mak jakkals gesels lekker, toe kom die pak honde los en vang sy mak jakkals!

Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- albeb
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Wed Aug 29, 2012 9:13 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Ons het die vakansie,waar die jagter 'n nes gekry en gestel het,'n klyn jakkie die eerste dag sien dood le byte die gat,en toe die volgende dag was net sy kop en deel van bors oor...nou weet ek nie wat sou hom eet nie??? Die gat is op 'n erge kalk blad so kon glad nie spore gesien het nie
En ongelikkig het daar 'n ystervark in di yster in die bek getrap,en het die teef dit we'll reggekry om klyntjies verby hom te trek
Die jagter het darm by die nuwe blyplek ook gaan stel
Groete
Albe

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Oom LeeuLouis102 wrote:
Ek raai dat sommige tewe wel 'n baie sterk ingebore moedersinstink het, al het hulle self nog nie kleintjies gehad nie.
Ek sien noudie dag op TV n stoepkakkertjie-hond (weti watse ras, so klein bruinetjie
Groete en MOOI LOOP
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
\Baie interresante onderwerp, met n klompie nuwe dinge wat ek in n kort tydjie nou leer. Ek wonder net van watter ouderdom af eet hulle eerste vastestof en van watter ouderdom begin die jag instink intree. Ons weet ander predatore leer kleinkies van n seker ouderdom speel speel jag. Nou dat ouers weg is sal hulle self kan leer of nie. Ek dink dit sal van hierdie ouderdomme afhang of self sonder hulp oorleef kan word of nie.
Iets om ook aan te dink is weersomstandaghede, ek dink as daai werpsel baie jonk is en dit kan dalk onweer wees kanse baie slegter sal wees vir kos opspoor en dan oorlewing.
Weet nie ek luister maar en leer.

Last edited by BLOK on Mon Oct 08, 2012 2:52 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Stefaans, daai stoepskytertjie en jakkalse is mos maar van die selfde familie - "Canis"? Dalk het dit meer met die onderwerp uit te waai, as wat ons weet.Stefan764 wrote: ...... Ek sien noudie dag op TV n stoepkakkertjie-hond (weti watse ras, so klein bruinetjie) wat n klein meerkatjie aangeneem het. Sy het selfs paar dae later melk begin produseer en die stokstertjie drink nou alte lekker aan sy nuwe mamma-hond. Kan geen gevolgtrekking maak ten opsigte van die onderwerp nie, wil maar net die feit staaf dat n moedersinstink partykeer sterker is as wat die mens dink ....
Mooiloop!
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Taffietafjak wrote: Martin
Ja, toevallig het ek 3kleintjies in die hande gekry(so 3weke oud en was al 4dae sonder kos teen Vrydag) en hulle by 'n teef(5jaar oud en nog nooit kleintjies gehad) gesit. Groot was my verbasing toe sy net so draai draf met kleintjies op haar hakke en dadelik na die gate lei. Hulle is nou so 45uur onder haar sorg en is hulle trommel dik(trail cam foto's) gevreet. Sal maar dophou in die vervolg.
Sy het nie na hulle gehap of enige iets in darie lyn nie. Sy roep hulle by die gate uit en sorg dat hulle kos kry. Baie besorg en hulle baie gedienstig.
Mooiloop
Baie interressant.
Op Kwela en nuus sien mens ook gereeld videos wat ingestuur word van een diersoort wat ander diersoort se kleintjies laat suip. En ons het ook nou gereeld gehoor van hondetewe wat broeis raak en melk ontwikkel. My skaaphond teef het ook nou kleintjies en jaar oue teef wat ook suster is van die werpsel is so broeis en gaan le gereeld by die kleintjies.
Is die jakkalsteef alleen en het sy al voorheen kleintjies gehad? As sy alleen is smag sy dalk so na familie dat sy sommer besluit het om die kleintjies aan te neem en groot te maak. Weet nie , spekuleer maar net. Dit kan dalk net so in die natuur ook gebeur as daar n aleenloper teef is en daar is min/geen ander jakkalse in die omgewing nie. Weet nie of dit in die wes transvaal sal gebeur nie. Dalk soos Jason se jaaroud jakkalse sal ander dit dan as kompetisie/ kos sien en hulle van kant maak?
Groete Freddie
yol bolsun
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Ek het al die stories nou mooi gelees, want my jagter het 'n teef die naweek gevang met die ysters. Sy is defnitief 5jr of ouer en kon sien dat sy nog 4 kleintjies soog. Ek kan eers Woensdag in daardie omgewing gaan roep. Die Buurman se water is so 500 - 600 meter van die draad waar sy gevang is. My suiping is seker so 1.2 km daarvandaan. My bekommernis is of hulle nes nie dalk by buurman is nie en of die helper en reun die kleintjies nou versorge het.
Die stories wat vertel word van kleintjies wat opgevreet word pas my nou 'n bietjie beter

Groete
Die stories wat vertel word van kleintjies wat opgevreet word pas my nou 'n bietjie beter
Groete
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Kleinpiet.
As die reen en helper nog daar is glo ek gaan hulle die kleintjie deurtrek as die kleintjies nie nog te klein is en nie self kan eet nie. Beste raad is maar om die net optespoor en die hele familie te rol.
Groete Alex
As die reen en helper nog daar is glo ek gaan hulle die kleintjie deurtrek as die kleintjies nie nog te klein is en nie self kan eet nie. Beste raad is maar om die net optespoor en die hele familie te rol.
Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Vannaand op 50/50 het hulle genoem dat n jakkalsteef sal help met die grootmaak van n ander teef se kleintjies as die ma iets oorkom.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Rasmus wrote: Vannaand op 50/50 het hulle genoem dat n jakkalsteef sal help met die grootmaak van n ander teef se kleintjies as die ma iets oorkom.
Wat hulle ook op 50/50 gese het is dat die vorage jaar se werpsel, alis dit nie helper nie glad nie aggresief sal wees oor die huidage werpsel nie en ook gereeld die ouers met die nuwe werpsel sal kom opsoek. Laat my noggal wonder as dit dan nie helpers is nie maar hulle kom by die werpsel sonder ouers sal hulle nie ouerskap dan kop oorneem nie. Maw helpers word.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Blok
Ek is nie so seker van die huis kuiertjie van die vorige kinders nie- klink vir my bietjie "groen". Sal ook graag wil weet hoe daardie inligting bekom is?
Maar ons hoor graag wat die witjas manne s??
Groete
JAS

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Jas
Weet nie die storie het gegaan oor iemand wat video ingestuur het oor klein jakkies en hulle ouers wat deer ander jakkalse besoek is alles op video die klein jakkalse asook die ouer jakkalse was almal tegemoedkomend en baie spelerag met die kuiergaste.
Weet nie die storie het gegaan oor iemand wat video ingestuur het oor klein jakkies en hulle ouers wat deer ander jakkalse besoek is alles op video die klein jakkalse asook die ouer jakkalse was almal tegemoedkomend en baie spelerag met die kuiergaste.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Manne Jakkelse bly maar intressant!!!!!!
10 Oktober teef gevang. Volgens haar spene moes sy ten minste 4 kleintjies gehad het en was so 5jr plus oud.. Het 19 Okt daar naby waar die teef op die lyndraad gevang is gaan roep. Wind het egter so sterk begin waai dat ek net so halfuur gesit het, opgepak en huis gekry. Ons (Ek + werker) het toe bietjie die spore dopgehou en gesien hulle werk vanuit die buurman se veld. Die veesuipingvan buurman is seker so 800m vanaf ons grensdraad. Gelukkig het buurman ges? ek kan maar daar ingaan. Ek het toe Woensdag (17 Okt) die middig gery om die veeesuiping op die GPS te plot en bietjie te kyk vir staanplek. Kry toe by die water 'n dorperlam wat vars gevang is. Volgens bytmerke aan die nek is dit jakkels se kind, maar net die boude is gevreet en wonder of dit nie dalk 'n rooikat ook kon wees nie. Besluit toe om dieselfde aand by die water te gaan staan.
Het toe daar gaan staan die aand. Roeper by gevangde lam gesit en letterlik langs die krip so 120 m windaf gaan staan. Die son was net onder so 18:45. 19:30 toe skiet ek die Jakkels sonder dat ek iets geeroep het. Was reguit oppad water toe. Ek was doodseker dit moet die reun wees. Speel toe elsneus om te kyk of die kleintjies nie antwoord nie, maar niks gebeur nie. Het daar bly sit en so 21:30 die jakkels gaan optel.
Dit is toe nie die reun nie maar 'n jong teef maks. 2jr oud. Sy het 6 spene met melk gehad, maar het nog redelik hare om spene gehad. Die kleintjies kon nie lank aaan haar gedrink het nie.
Ek kan nie dink dat twee tewe so naby mekaar bly met kleintjies nie. M.a.w. dit moet die helper wees wat kleintjies begin soog het.
Moet nou nog nes soek en natuurlik die ou stoetram!!!!!!

Kleinpiet
Dit is interressant. Net n voorstel. Sny volgende keer oop en kyk of daar merke op baarmoeder is. Jy sal meestal kan sien of sy kleintjies gehad het en hoeveel. M.a.w. jy sou kon sien of die 2de teef kleintjies gehad het.
Bly jy het hulle gekry.
Dit is interressant. Net n voorstel. Sny volgende keer oop en kyk of daar merke op baarmoeder is. Jy sal meestal kan sien of sy kleintjies gehad het en hoeveel. M.a.w. jy sou kon sien of die 2de teef kleintjies gehad het.
Bly jy het hulle gekry.
yol bolsun
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Ek het nou al vir julle hier vertel van die twee tewe wat ek so naby aanmekaar doodgemaak het. Die naweek nog 'n teef doodgemaak. Sy was so 3-4jaar oud. Volgens my, in dieselfde kerngebied as die ander twee. Het haar so 1.9km vanaf die veesuiping doodgemaak en sy het defnetief geen kleintjies gehad wat gesoog het of binne in haar nie.
Die ou reun moet seker maar een of ander president wees dat daar so baie vrouens in sy omgewing is. Het egter sy adres en word deur die valke dopgehou.

Die ou reun moet seker maar een of ander president wees dat daar so baie vrouens in sy omgewing is. Het egter sy adres en word deur die valke dopgehou.
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Jakkalsgedrag-vreemde werpsel grootmaak
Kleinpiet, hoop daai president val gou, klink of hy al bietjie slim is, hoop nie hy leer sy vrouens nie. Kan vir jou groot probleme veroorsaak!
Groete Alex
Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet