Roep met twee speakers (foxpros)???

User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Hallo julle, Ekt bietjie opgelees en so is dt of sal dit rerig so effektief wees om met twee speakers te roep? Raak die jakkalse rerig so deurmekaar dat hulle heeltemal anders inkom as gewoonlik en is dit die moeitewerd om twee aan te skaf??

Groete Rohan
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Martin Marais »

Met ander woorde jy oorweeg om nou die jakkies in stereo op hul m@#$r te gee.

Ek sien geen rede waarom dit nie sal werk nie,maar ek hou die post dop om te hoor wat dink die ervare manne.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Francois Marais »

Rohan

Ek ht dit al gedoen en baie goeie suksesse gehad, MAAR passop maar om jouself nie deurmekaaar te maak nie, dit gebeur sommer gou....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Eugene »

Francois Marais wrote: Rohan

Ek ht dit al gedoen en baie goeie suksesse gehad, MAAR passop maar om jouself nie deurmekaaar te maak nie, dit gebeur sommer gou....

Mooi loop
Francois
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Sal ek wees daai....  :P
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by BLOK »

Ek en PJ doen dit gereeld, onthou net dat twee van die selfde roepers op mekaar werk so probeer eerder met verskillendes. PJ het wildfir en ek n spitfire.


werk veral lekker as jy daai jakkals wat sukkel om in te kom probeer nader kry. Speel bokkie distress of iets soortgelyks op een roeper, antwoord dan n jakkals by die ander roeper so 80 verder en dan weer direk daarna jakkals by vangs by eerste roeper. Meng dan bakleie en kos saam.

Kan later weer n kat speel of iets soortgelyk by tweede roeper. Wat jy probeer doen is naboots wat gebeer by se maar n groot dier wat gedood is en daar het paar verskillende predatore opgedaag.

Ons sit ook altyd die tweede roeper so uit dat as die wind rigting in die aand verander wat ons mos weet baie plaasvind die tweede roeper dan reg staan in die wind en hy gebruik kan word vir inroep. Maak net goed seker as die wind draai en die roepers word geruil daar nog geen jakkals ingekom het wat jou wind kon optel nie.


En soos FM gese het pasop vir alleen roep en deurmekaar raak.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Belangrik wat Blok se. Spitfire's werk op mekaar. So het ek en my neef een aand twee spitfire's uitgesit. Ek wou begin met tafjak1, maar toe skree daar n haas saam die jakkals. Was seker maar geluk, maar 3min later toe rol ons n jong reen. Ek het ook al gehoor van die twee roepers en dan n storie vertel vir die jakkals. Nog nie probeer nie.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Dankie , wat is die goedkoopste roeper maar ook die beste en sal goed werk?
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Rohan, daar is niks vout met n Spitfire nie. Kan 24 klanke vat en vang tot en met 100m op. Party manne se sy klank is te sag, maar hoe hard kan n hasie regtig skree? My Spitfire doen al 2jaar diens en het nog nooit enige probleem met hom gehaat nie. Hulle pryse is om en by R2000 en is die goedkoopste Foxpro. Jy sal nie spuit wees oor n Spitfire nie.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Dankie baie sal bietjie uitkyk en dalk een aanskaf in die toekoms.

Groete Rohan
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Rohan, as ek mag vra, waarmee roep jy nou?
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Ek gebruik Tewis van Oudtshoorn se speaker . Gebruik hom nou maar. Wat dink jy???
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Ek ken hom nie regtig nie en het nog nie met hom gejag nie. Ek het begin met speaker en 60m draad van bakkie se radio af en het toe n Spitfire gekoop, was moeg vir draad oprol, vat baie tyd! Ek sal nie n ander roeper as n foxpro koop as ek weer moet koop nie. Waar is die manne wat al met beide Tewis en Foxpro gejag het?

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Dit is net partyke bietjie moeilik om te beheer soos as jy vinnig 'n jakkals baklei wil op sit vat dit 'n rukie . Ek dink daar is die foxpro beter
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Van die duurder foxpro's het n foxbang funksie. Dis enige klank wat jy van jou roeper af kan kies en dan as die skoot loop speel hy van self die klank. Soos jy nou se, n baklei klank.
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Ja nee daai kan nogals werk , maar hy is seker bietjie duurder of hoe?
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Ja hulle is duurder. Nie seker watter modelle kom almal met foxbang uit nie. Ek weet Probleme Animal Control hier op forum het n Tewis gehaat en het nou n Spitfire. Sal hom vra om jou te vertel hoe hy die verskillende roepers ervaar het.
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Willie is by die werk en sal more vir jou die verskille tussen die twee roeper kom gee.
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Dankie baie wardeur jou moeite. En wat dink jy van 'n tweedaanse Foxpro???
Last edited by Rohan on Sat Oct 06, 2012 10:45 pm, edited 1 time in total.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Geen moeite! As jy n goeie 2de handse foxpro kan kry kan ek nie sien dat daar n probleem sal wees nie. My ondervinding, foxpro kan n paar stote en stampe vat en is betroubaar! Hier op die forum is al baie gebruikte foxpro's verkoop aan ander lede sonder probleme.
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Dankie. Maar laat weet my more asb as daardie vriend van jou my meer kan vertel van die verskillende roepers.

Leker aand
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Willie is ook n forum lid, Probleme Animal Control is sy forum naam. Hy is op nafskof en sal more n draai op die forum kom maak. Selde dankie geniet!
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

dankie.....
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Wayne »

Visstok, I speak under correction but I think the Wildfire is the cheapest option with the foxbang option, and then it is the Firestorm.
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by visstok »

Wayne, ek dink jys heeltemal reg.
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Rohan
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Wed Sep 19, 2012 5:36 pm

Re: Roep met twee speakers (foxpros)???

Post by Rohan »

Wat is die pryse van die twee , en wat is die hoeveelheid roepe wat hulle kan vat.?
Post Reply