Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post Reply
Danie Lombard .243

Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Danie Lombard .243 »

Ek sien die Somchem data boek dui slegs S385 aan vir die laai van Barnes X koeels is kal .300 Win Mag en nie S365 of S361 nie.

Is daar 'n spesifieke rede vir dit? Het iemand op die forum al suksesvol Barnes X koeels gelaai met S365 en S361 in kal .300 Win Mag?

Danie
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Marc »

Aai waar is Luddie nou  :'( :'( :'( :'( :'(  Dis darem mos sy kos die  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by James Wilson »

Danie, ek laaivir my 300 barnes tsx met S365.  Ek het so n paar maande  terug vir n vriend van my met sy 300 wm begin laai met s365 op 150grn tsx. Die kombo werk baie mooi.  Ek glo die s361 gaan ook lekker werk met lading onwikkeling.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by James Wilson »

danie het jydie nuwe Somchem boek?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by tripodmvr »

Met die 150gr TSX is S365 'n kort kop voor met omtrent 30vps vinniger as S385. Albei vul die dop mooi en kan dus beide gebruik word. Onthou net dat Somchem se boekie nog na die ou X koe?ls verwys. Die TSX kan nes enige ander koper-lood koe?l behandel word vir herlaai en wys hier dat hy meer as 200vps vinniger as die ou X kan loop.

S361 gee ook 100% dopvulling my maks lading en is 100vps stadiger as die ander 2 dryfmiddels.

Klink lekker as 3 middels so nay mekaar presteer - gee dan wyer keuse.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie Lombard .243

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Danie Lombard .243 »

Dankie vir die terugvoer manne. Goeie nuus dat die TSX gelaai kan word soos normale lood kern koeels. Nie geweet nie.

@ James,  YIP ek het die nuwe Somchem boek wat die ou X koeel lading aanwys sowel as die nuwe TSX koeels. Tans het ek nog die ou X koeels in die kas. Hulle le al jare net daar. Ek is in die proses om die koeels te begin toets en loer wat hulle doen.

@ Driepoot,  YIP  ek stem saam met jou t.o.v. die 3 kruite wat so naa aan mekaar is. Dit is juis hoekom ek nie kon verstaan dat die boek slegs S385 aandui.

Ek weet dat mens nie rond voeter met te hoog ladings met mono koeels nie, dus was ek effe onseker oor die slegs S385 publikasie in die boek.

Sou daar 'n verbetering in terminale ballistiek wees tussen die ou X koeel en die nuwer TSX ?

Danie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by James Wilson »

Ek glo dit sL betere wees,want die bc is beter.
Barnes noem dat die terminale afmetings beter is op hul website
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Chevvy SS »

Jy noem nie hoeveel grein 365 of 385 nie?
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Stefan764 »

Danie ek kan nie wag vir jou bevindinge nie!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Danie Lombard .243

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Danie Lombard .243 »

Stefan,  ek belowe om al die toets stories te kom vertel. As die Barnes X ook 'n weghol vlakvark deur die lug gaan laat trek sal ek gaande wees oor die Barnes koeels. Die 25kg 25 lieter water kan X3 kanne in 'n ry toets is vir my 'n goeie toets vir 'n koeel se terminale vermoe.
Nie enige koeel kan 'n 25kg kan water behoorlik laat hop en skud nie.

Danie
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Chevvy SS »

Chevvy SS wrote: Jy noem nie hoeveel grein 365 of 385 nie?
Kom in, iemand kom in!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Wouter Roets »

Hallo Danie

As jy die ou Barnes X 180gr gaan laai in jou 300 WM sal ek verseker hou by S385 en n standaard primer. Die Shot start pressure en graverings druk is hoog met die oorspronklike Barnes X koeels veral die 180gr en swaarder. S385 se drukkurwe is die mees gerond van die drie poeiers wat julle noem en sal dus die mees geskikste wees vir die koeel/kaliber kombinasie. Die pieke van S361 en S365 sal vinnig wees wat nie idiaal sal wees in die geval nie. Maak jou sprong ook n minimum van 1mm sodat die koeel bietjie momentum kan optel voordat dit die groewe kontak. Dit sal help dat jou drukkurwe nie si vinnig klim nie.

Probeer ook maar vir die hoogste veilige spoed met die koeels. Hulle het verseker vir my moeiliker oop gemaak as die TSX reeks. Sorg ook dat jou TPL verkieslik gemeet word met n case comparator sodat jou sprong tot die groewe dieselfde is. Hierdie koeels was baie vatbaar vir sprong tot die groef verskille.

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Thu Oct 04, 2012 10:49 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Frederik »

Sover wat ons bevind het met TTSX 180gr in die win mag met Rem doppeis was rondom 67.7 gr S365 Lot 63 akkuraatheid moet nog getoets word maar spoed lyk goed 2920 fps.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Danie Lombard .243

Re: Barnes X koeels in .300 Win Mag met S385

Post by Danie Lombard .243 »

Dankie Wouter vir die raad, baie interesant. Ek het lank gedink oor die Somchem tabel wat juis S385 aandui vir die koeels. Ek het tot en met hede slegs een koeel gelaai. Dit was die 165gr X (ou tiepe) gelaai met S365. Ek het sommer 'n kans gevat met die lading en die tabel se start load gewig gevat soos aangedui vir S385 kruit. Die primer was erg plat en ek kon dus sien dat S365 effe te warm is vir die koeel.

Dankie vir julle raad en insette. Ek wil sover gaan om te se dat die forum sekerlik die beste in die heelal is t.o.v. raad vra en hulp kry.

Dankie ;)
Post Reply