Teleskoop dilemma
-
Matt
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 13, 2012 11:21 am
Teleskoop dilemma
More manne
Net so vinnig om my probleem waarmee ek sit te verduidelik. Ek het op die stadium 'n .308 met 'n Hakko 4 x 40 op. My .22 lisensie is goedgekeur laas week (wag net vir die kaartjie op die stadium). My plan is om die Hakko te skuif na die .22 toe en dan 'n nuwe teleskoop aan te skaf vir die .308. Dis nou juis waar die probleem inkom. Ek het die afgelope paar dae die hele Teleskoop afdeling hier deurgelees maar kan nie vir myself uitklaar watter teleskoop nie. Die 4 verskillende make wat ek na kyk is (in geen spesifieke volgorde nie) Burris, Leopoldt, Lynx en Nikon. Wat modelle aan betref kyk ek in die klas van 10 tot 15 vergroting met 'n 50mm lens. IR sal definitief lekker wees maar nie 'n moet nie.
Wat sal julle slim mense reken?

Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Teleskoop dilemma
+1 Vir Burris van my kant af. Kontak vir SJ.
Henk
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Teleskoop dilemma
Matt, alles hang mos af waarvoor jy die teleskoop & roer wil aanwend. Skyfskiet, groot bokke op naby afstand, springbokke op lang afstand, "all rounder", spesifiek vir roepjag, ens. Tweede is mos maar die begroting, in watter prysklas? 'n "Goedkoopste" of "beste waarde vir geld" klassifikasie gaan nie help dat manne goeie raad gee nie.
Mooiloop
Louis
Die 308's is mos so inherent akkuraat, mens kan sommer maar oop visier ook skiet?

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Matt
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 13, 2012 11:21 am
Re: Teleskoop dilemma
Silent Hunting, dankie, sal so maak
Louis102: Dis waar wat jy s?, ek moes seker by die begin byges? het. Die geweer word gebruik vir baan skiet tussen my en die kinders, ek het nog nie met die geweer gejag nie maar sal hom aanwend tot op Kudu, Wes en Oos Kaap.
Oop visier het lekker gewerk in die jong dae, maar vandat ek soos 'n glas loerende insek lyk moet mens maar die tegnologie begin gebruik.
Groete
Louis102: Dis waar wat jy s?, ek moes seker by die begin byges? het. Die geweer word gebruik vir baan skiet tussen my en die kinders, ek het nog nie met die geweer gejag nie maar sal hom aanwend tot op Kudu, Wes en Oos Kaap.
Oop visier het lekker gewerk in die jong dae, maar vandat ek soos 'n glas loerende insek lyk moet mens maar die tegnologie begin gebruik.
Groete
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Teleskoop dilemma
Matt,
Sit 'n knaldemper op as jy nog nie een op het nie. Kinders sal dit baie geniet. Kan my kontak as jy belangstel.
Groete,
Henk
Sit 'n knaldemper op as jy nog nie een op het nie. Kinders sal dit baie geniet. Kan my kontak as jy belangstel.
Groete,
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Matt
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 13, 2012 11:21 am
Re: Teleskoop dilemma
Henk
Dit is my volgende modifikasie wat ek gaan maak, sodra ek by die huis is sal ek afmetings neem en laat weet. Ek wil sommer vir die .303 ook een opsit. Laat weet my wat ek alles moet meet dan maak ek so.
Groetnis

- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Teleskoop dilemma
Klink of 'n 4-16x50 scope vir jou 'n goeie opsie sal wees. Al die vervaardigers wat jy noem maak goeie scopes. Begroting gaan maar op die ou end bepaal vir watter een jy gaan.
Jannie Welman
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Teleskoop dilemma
Matt,
Het vir jou 'n PM gestuur.
Henk
Het vir jou 'n PM gestuur.
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Teleskoop dilemma
Ek het onlangs deur dieselfde oefening gegaan en op die ou end n Leupold gekoop, maar die Burris trek my en my volgende een gaan n Burris wees. Die Burris reticle lyk net reg.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Teleskoop dilemma
Matt, as ek nou sommer n growwe stelling kan maak, bly weg van die iR af. Die 308 is nou nie juis n nagskiet kaliber nie, wat ek probeer se is dat n goeie iR scope onodig geld sal opvreet wat jy eerder op n groter scope kon spandeer het. Die groter probleem van die iR is natuurlik om dit gewoont te raak, ek het lank met my 308 in die nag met 110grn v-max geskiet met so n scope die scope het 11verstellings van helderheid gehad, nogtans kon ek nie die verligte kruis gewoont raak nie. As jou skiet lig reg is dan het jy un elke geval nie die iR nodig nie. Spandeer eerder daardie geld van die iR aan n goeie baan scope dis tog iets waar die 308 tot sy reg kom.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Matt
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 13, 2012 11:21 am
Re: Teleskoop dilemma
Manne
Baie dankie vir al julle raad, word baie waardeer.
Piet Skiet: Die Nikon trek my nogal, ek wil net eers een fisies in die hande kry om deur hom te kyk.
James: Ek hoor wat jy s? van die IR, sal kyk of een van die pelle een het om eers 'n paar skote te kry met hom voor die finale besluit. Dis gelukkig nie 'n moet vir IR nie.
SH: Het die PM gekry dankie, en ook ge antwoord.
JTM: Al my vavorsing op die stadium dui in die rigting wat jy noem, soos jy s?, dis die begroting op die einde van die dag.
Dankie manne

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Teleskoop dilemma
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Teleskoop dilemma
Ek het self twee Nikons aangeskaf - die 4-16x42 vir my 308 Norma Mag, en 'n 2.5-10x42 vir die 375.Piet-Skiet wrote: 4-16 nikon monarch met milldots. Jy sal nie spyt wees nie.
Albei werk soos 'n droom met baie goeie konstantheid en helderheid. Jy sal nie 'n fout maak met Nikon nie.
Groete
Last edited by Jean Marais on Mon Oct 01, 2012 2:50 pm, edited 1 time in total.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Herman Huyser
- Sr. Member

- Posts: 268
- Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: Teleskoop dilemma
Matt
Laat ek nou maar anders wees, Leupold 6-20 x 50 ek skiet baan , gong en jag met dieselfde scope, met dun kruishaar, Ek kry settings tot op 300m en as ek n bok range dan stel ek vinnig my setting na daai afstand en skiet, ja dis nie altyd moontlik , maar die dag as daar tyd is dan werk dit 1000, skiet baie lekker op baan en verstel positief, helderheid is vir my belangrik daarom het ek die leupold gekies. Nee ek het nie deur al die ander gekyk nie, net deur n Nikon en toe besluit op Leupold, maar soos ander se begroting , begroting en begroting, niks anders sal jou besluit so baie beinvloed nie.
Groetnis
Johnny

30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Teleskoop dilemma
mmmm, met 110gr vmax klop hy baie.James wrote: Die 308 is nou nie juis n nagskiet kaliber nie,
dis nou as jy weet hoe
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Teleskoop dilemma
Cassie, daai is die geheim! As jy weet hoe, kan 'n mens met 'n 60mm mortier ook jakkals skiet.cassie_calvinia wrote: dis nou as jy weet hoe![]()
Mooiloop!
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Teleskoop dilemma
Matt.
My 2 sent
Vir my is 'n groot veldwydte baie belangrik, nagskiet sowel as in die dag soek ek met die teleskoop op sy laagste vergroting sodat ek wyer veld kan sien.
as ek oog optel of beweging sien dan draai ek die vergroting op sodat die meeste lig deur die scope op die oog val, my ervaring is dat die groter(sterker) vergrotings minder lig deur laat dan sien ek swakker, 8-10 vergroting is omtrent my "size".
Het opgegee met die Nightforce teleskope wat by 8 vergroting begin; helpers beduie maar ek kyk/soek en vat te lank om te sien waar beduie hulle, 200 meter en verder is die ogies baie fyn en in ruwe terrein sukkel dit maar om die ogies raak te sien.
nee wat, 3 vergroting werk beter tot ek die oog in die teleskoop het.
Papier/baan skiet is verseker anders.
mooi loop
Frik

Karasberge Namibi
-
Matt
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 13, 2012 11:21 am
Re: Teleskoop dilemma
Naand manne
Baie dankie vir almal se raad, hulp en bystand. Dink net, dit sou darem baie lekker gewees het as ons die beste van elke teleskoop kon gevat het en 'n "Jaracalskoop" kon gebou het, hoe lyk dit, is daar nie iemand daar buite wat dit wil doen nie.
Gelukkig het ek darem nog so tydtjie om te oorweeg, dink, vergelyk ens. Dis mos deel van die lekker om nuwe speelgoed te koop. As jy eers klaar gekoop het dan is daai deel van die lekker verby, so ek geniet maar terwyl ek kan. Sal julle laat weet as ek my besluit gemaak het.