243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Francois Marais »

TOKELOS

Iewers het iets nie sin gemaak nie, dit was tot jy die woord TREVELO gebruik het, soos Jan voorstel, laat nie loop si dimensies nagaan, ek wet jou n arm en n been daai loop is heelwat te klein/tight.

Ek het n 25 en 22 kal loop van hulle gehad wat soos tight geraak het na so 300 skote dat ek later 3 grein onder minimum was om net di primers binne te hou, die lope se akuraatheid was OK, so ek het hulle maar op gehou en klaar geskiet......

Kry net iemand wat weet wat hy doen, dis nie elke geweersmid wat n loop kan reg meet nie....

Mooi loop
Francois

NS Nou wat ek daaraan dink, het n storie gehoor dat die lope ni reg ge STRESS RELIEF word nie, na ongeveer 300 skote beginne die staal ontspan, en raak di loop nouer, dit was die storie daardie tyd, vir wat dit mag werd wees, maar dit maak sin.
Last edited by Francois Marais on Sun Sep 30, 2012 9:33 pm, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Arnold »

TOKELOS wrote: Dis n gewone travelo loop.
Ek het dit heel mis gelees. Maak maar soos Francois voorstel, ek het ook al 'n nare storie gehoor van een van hulle lope.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

Tokelos

Ek het 'n paar planne, maar wil eers die volgende inligting by jou kry om die planne vir jou aan te pas.

1. Kan jy die koeels maklik in die gevuurde doppe met die hand indruk, beide die doppe wat pas gevorm is en die wat al meer as een keer gebruik is?
2. Watter koeels het jy al probeer?
3. Het jy baie van die Bergers en wil jy baie graag met hulle skiet, of sal jy ander koeels ook oorweeg?
4. Wat is vir jou die belangrikste, plat trajek (spoed) of min wind sensitiwiteit (BC)
5. Watter soort geweer dryfmiddel het jy tans in voorraad en is dit maklik vir jou om iets anders te koop?
6. Hoeveel skote is al deur die loop?
Last edited by Hercules Louw on Mon Oct 01, 2012 3:06 pm, edited 1 time in total.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by TOKELOS »

ARNOLD:
Jip, doppe is van selfde batch
Die 7.03 kon die dop gewees het wat se primer gepop het - kan nie meer onthou.
Jip ek sny nie nekke dunner nie- WEL nog nie!
Yes parcel tape ding met selfde doppe gedoen, ook met vorige Lapua doppe

KERELS
Ek het die buitemate met my vinier gemeet en daarna met n micrometer by n pel. Die lesings het grootliks ooreen gestem.

FRANCOIS, JAN en ANDER
Alhoewel ek 2 ander baie akkurate gewere het met truvelo lope, begin hierdie truvelo issue al meer vir my klink of dit die bogger kan wees.
Ek het vandag my geweer ingehandig vir opmeet van die kopspasie, nek en bore demensies. Sal terugvoering gee sodra ek weet. Belowe.

HERCULES
1.Nee, koeels kan nie ingedruk word nie - hulle val sommer in
2. 69gr bergers
    80gr bergers
    85gr sierra
    75gr Vmax - laagste druk en mees akurate maar moerse vleis skade - bang om groot bokke met dit te jag
    87gr bergers
3. Sal ander punte oorweeg
4. BC vir my baie belangriker as spoed
5. kan maklik van kruit verander
6. 894 skote deur loop
Ek wag in spanning vir jou raad en natuurlik ook vir die uitslag van die geweersmid!
Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

Tokelos

Die feite uit jou inligting is die volgende:

1. Die nek diameter is nie te klein nie en die koe?ls word nie in die kamer in die dop vasgeknyp nie, en daar is nie doughnuts nie (in elk geval onwaarskynlik by 'n Ackley) - die rede vir die antwoord is omdat jou koe?ls maklik in die gevuurde doppe ingaan, dus is hierde nie die rede vir ho? druk nie.

2. Die kopspasie mag moontlik fraksioneel te lank wees, maar dit word maklik deur korrekte herlaai metodes uitgesorteer. Nek "size of partial full size" keer dat die skouer teruggedruk word, en dus sal jou doppe met hierdie metode perfek in die kamer pas. Doen "fire forming" met die koe?ls behoorlik vasgedruk in die lande wat sal keer dat die doppe in die proses onnodig rek. Verminder net jou lading om nie die doppe van die begin af seer te maak nie.

3. Moet nie jou kopspasie laat oorsny net omdat die kamer effens te lank is nie, dit sal jou kamer kleiner maak wat druk verder sal verhoog en jou onnodig geld kos en maak dat jy waarskynlik jou reeds gevormde doppe sal moet afskryf. Jy het egter reeds amper 'n 1000 skote deur jou loop teen baie ho? druk, reeds amper die helfte van jou loop se lewe en kan dit dus oorweeg om die skroefdraad af te sny en die kamer oor te sny wat jou waarskynlik dan met meer as 2000 skote sal laat. 

4. Jou drukprobleme sal te wyte wees aan 'n stywe loop (minimum diameter spesifikasie) en waarskynlik daarmee saam bre? lande wat tydens die gravering van die koe?l ho? druk veroorsaak. Hieraan kan jy niks doen nie behalwe om deur herlaai en jou keuse van komponente daarby aan te pas.

Oplossings:

1. Jy s? dat BC is belangriker as spoed, maar tog laai jy die geweer in die rooi wat druk betref. 'n Maklike oplossing sou wees om jou lading na 38gr te verminder met die Bergers en dan met die TPL rond te speel tot jy die beste groepe kry.

2. Jy kan ook S361 gebruik, begin by 41gr en gaan in stappe van 1gr op totdat jy druktekens kry of jou verlangde spoed behaal. Gebruik CCI 250 slagdoppies. Doen dit net met die die doppe wat reeds na Ackley gevorm is. Bly by S365 vir die vorming van nuwe doppe, maar verlaag die lading. S361 werk goed met stywe lope en die piekdruk verlaag gewoonlik terug na normaal soos met normale ladings in die herlaaitabelle aangedui.

3. Gebruik 'n duplex lading. Gooi 15gr S385 onder in jou dop en begin dan met 25gr S365 bo-op dit (40gr totaal). Verhoog dan net die 25gr S365 in stappe van 1 gr totdat jy die verlangde spoed of druktekens kry. Hierdie tipe dupleks help baie om die skerp druk pieke te verminder en werk normaalweg uitstekend, maar dit is nogal baie moeite.

4. By punt 2 en 3 hierbo moet jy die Bergers (of enige ander koe?l) laai dat hulle in die lande vasdruk (0.3mm in die lande in). Laai lotte van drie per lading, die doel is slegs om die regte lading en spoed te bepaal. As jy tevrede met 'n ladings is, laai so 25 tot 30 koe?ls met daardie landing met die koe?ls steeds 0.3mm in die lands in. Neem jou pers, "vernier en seating die" saam baan toe. Skiet dan 3 skoot groepe en maak elke keer die TPL 0.3mm korter. Hou aan totdat die groepe die beste is. Skiet dan weer 'n groep met daardie lengte. Indien dit steeds goed is, toets op 200m. Indien dit op 200m goed werk, kan die lading effens aangepas word om vir die vermindering in spoed te kompenseer indien dit die geval was.

5. Jy kan dit oorweeg om jou koe?ls te moly cote om die wrywing en dus druk te verlaag. Dit is maar gewoonlik 'n morsige besigheid en daar moet net nie te veel moly gebruik word.

6. Jy s? dat 75gr V-Max die beste resultaat en ook verlaagde druk gelewer het. V-Max koe?ls het sagte en dun wande, en die dravlak van die 75 V-Max is kort - wat die rede is vir jou resultaat. Met 87gr V-Max gaan jy ook drukprobleme optel, so vermy hulle liewer.

7. Jy verwys daarna dat jy jag met die geweer, en jy verwys na groter bokke, dus 'n bietjie sterker koe?l is nodig. Ek stel voor dat jy Nosler Ballistic Tips probeer. My waarneming is dat Noslers se diameter effens kleiner is as byvoorbeeld die van Sierra en Hornady. Dit sal beter in jou geweer werk. Noslers is ook baie sterk en het 'n dik soliede koperbasis wat nie maklik onder ho? druk vervorm nie, en goed penetreer. Ek wil voorspel dat jy uitstekende resultate met die Ballistic Tips gaan kry, veral met die 55gr tot 80gr en miskien tot 90gr. Omdat jou geweer so 'n stywe loop het, moet jy gewone 243 data gebruik en nie Ackley ladings nie. Met die ligter koe?ls (korter dravlak) behoort jy wel Ackley snelhede te haal sonder drukprobleme.

9. As jou geweer terug is by jou, stoot 'n borsel versigtig deur die loop en voel of dit nie iewers grof is nie. Daar is baiekeer 'n growwe stukkie van so 4cm lank tussen 4cm en 12cm van die keel af. Dit is 'n ring van koolstof aanpakking wat onder die ho? druk en temperatuur in die loop amper vas ets (Carbon glazing) en nogal moeilik verwyder word. Gebruik Spanjaard penetrerende olie (geel en swart spuitkan by hardeware handelaars beskikbaar) en 'n borsel om dit uit te haal. Dit kan ook die druk verhoog en jou groepe benadeel.

10. Voel ook met die borsel of jou loop se keel nie grof is nie. 'n Growwe keel word deur ho? ladings en slytasie veroorsaak en dit stoot ook die druk op. 7mm Magnums is byvoorbeeld bekend daarvoor dat hulle druk skielik opgaan na 'n paar 100 skote, en dit word veroorsaak deur 'n growwe keel wat weer deur ho? druk en baie van 'n growwe dryfmiddel veroorsaak word. Indien jy kan voel dit is grof, gebruik JB bore paste om die keel mee te poleer. Ek weet sommige persone is totaal daarteen, maar dit werk en in die geval het jy eerder 'n probleem met te klein as te groot dimensies. Ek dink jy moet in elk geval die loop en veral die keel poleer.

Nou het jy genoeg huiswerk, hoop dit help.
Last edited by Hercules Louw on Tue Oct 02, 2012 8:36 am, edited 1 time in total.
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Biltong »

Dankie Hercules vir die omvattende ontleding en advies.

So leer ons almal.

Groete

Wicus.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by TOKELOS »

Hercules
Ek sal nog terug kom na jou toe - baie dankie so ver.

Manne
Die loop gaan truvelo to vir opmeet. Kom ons hoop die fout word gespoor!

Dankie vir AL die insette!
Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Jan Nel »

Oppas, miskien maak jy wolf skaapwagter!!!!
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

Tokelos

Ek sal nie geld daarop sit dat jou loop noodwendig 'n foutiewe dimensie het nie. Daar is lope met dimensies na aan die minimum (stywe) spesifikasie en ander weer na aan die maksimum (los) spesifikasie. Dit is die rede waarom herlaai handleidings altyd 'n beginlading aandui, dit moet steeds veilig wees in 'n stywe loop met 'n stywe kamer en daarmee saam nog die gebruik van doppe met dik wande en gevolglike kleiner volume (PMP) wat sal veroorsaak dat die begin lading vir die kombinasie reeds die maksimum is.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

Tokelos, is daar al enige terugvoer oor jou geweerloop of kamer dimensies of enige verdere toetse wat jy gedoen het?
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by TOKELOS »

Hercules,
Ek wag nog in spanning vir n antwoord van Truvelo af. Ek weet werklik nie WAT om te verwag nie. Ek hoop van harte dat Jan Nel (JP) verkeerd is met sy opmerking.

Om terug te keer na jou vorige lang post:

Ek is net baie eerlik as ek se dat ek nie genoeg kennis het, of di b@lls het om kruite te meng nie!

Ek jaag glad nie spoed nie! Ek soek akuraatheid! TOEVALLIG en ongelukkig het ek reeds die hoee spoed gekry teen MINIMUM ladings!
Kan ek nog down load? Ek twyfel, want ek is reeds op 81% dopvulling en die moontlike "detonasie" effek spook by my. Om elke keer n "watte" proppie in te sit om die kruit bymekaar te hou is darem erg baie moeite wat n man gaan doen net om te kompenseer vir n ander fout.

Ek het ook aan S361 of S385 gedink maar nog nie probeer nie. Sal dit in gedagte hou.

Ek het reeds die TPL ding op die baan gedoen. Dit is hoe ek uitgekom het by die oorspronklike TPL wat ek gebruik het.Wat die "in die lande" lengte betref, was ek dalk biekie TE konserwatief, ek het begin met net 0.1mm in die lande in gelaai. Het ook nota gemaak van hierdie voorstel van jou.

Wat jou punt 7 betref: Ek gebruik JUIS 243Win data vir my AI. Dit juis wat my so laat worry - my spoed teen die minimum 243 Win lading is HOEER as wat dit op die maksimum lading behoort te wees!

Jou redenasie van die dravlak is 100% geldig dink ek. Ek dink nogal dat as die probleem nie opgelos kan word nie, ek hierdie roete sal gaan en dan maar die roer my springbok geweertjie maak. Nie eintlik wat my oorspronklike behoefte was nie maar nou ja.

Ek sal die borseltjie ding doen sodra hy terug is.   

Sal laat weet wat Truvelo se.
Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

TOKELOS wrote: Ek jaag glad nie spoed nie! Ek soek akuraatheid! TOEVALLIG en ongelukkig het ek reeds die hoee spoed gekry teen MINIMUM ladings!
Kan ek nog down load? Ek twyfel, want ek is reeds op 81% dopvulling en die moontlike "detonasie" effek spook by my. Om elke keer n "watte" proppie in te sit om die kruit bymekaar te hou is darem erg baie moeite wat n man gaan doen net om te kompenseer vir n ander fout.
Tokelos, vergeet van die detonasie probleem, dit is nie in jou geval van toepassing nie. Detonasie vind plaas by lae ladings (nie noodwendig lae dopfulling nie) veral by gewere met 'n lang freebore en lang koe?ls. 'n Tipiese voorbeeld is die 6.5x55 Sweedse Mauser. Dit vind in elk geval baie selde plaas en ek ken niemand wat dit al oorgekom het nie. Gewere wat opblaas is gewoonlik die gevolg van verkeerde dryfmiddel. 'n Mens kry wel maklik "delayed ignition" (kliek...boem) met groot kapasiteit doppe, S365, ligte lading en 'n flou primer - voorbeeld die 338 Win Mag.

Jou lading is te hoog al is die dopfulling net 81%. Verminder na 38 - 39gr soos ek voorgestel het. Dit is nie nodig om die dacron pluisies vir dopvulling te gebruik as jou vulling bo 60% is nie. As jy meer spoed soek as dit, sal jy van my ander planne moet volg. Vra maar as jy spesifieke raad soek.
Last edited by Hercules Louw on Mon Oct 15, 2012 12:35 pm, edited 1 time in total.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

Enige terugvoer van Truvelo af?
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by TOKELOS »

BAIE DANKIE AAN GERRIE COETZEE!!
Dit blyk dat Gerrie te hore gekom het dat my delema (of is dit Malema) met my 243AI nog nie uit gesorteer is nie.
Gerrie het toe voorgestel dat hy dit met Truvelo sal op neem en die roer is na hul terug gestuur. Dit blyk dat hul aanvanklike bevinding was dat die loop wel volgens standaard is. Gelukkig het Gerrie toe die afmetings aangevra want die mates was NIE volgens specs nie!
Na baie moeite het Gerrie daarin geslaag dat Truvelo ingestem het om die loop te vervang!!
Dankie vir ALMAL wat raad gegee het! Ek waardeer dit opreg!
My hartlike dank ook aan Gerrie met al die moeite wat hy doen het om my nader aan my droom te bring.
NS.
Ooo ja! Amper vergeet ek! Mnr. J.E??.. (ook n JARACAL lid), dankie dat jy die skrywes hier bo an Gerrie oorgedra het! (al blyk dit dat dit effens skeef oorgedra is). Sonder dit sou ek dalk nog steeds gesukkel het! Ek glo jy sal ook so gaaf wees om hierdie spesifieke post onder sy aandag te bring
Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Eugene »

Tokelos, bly jou probleem is in proses om uitgesorteer te word. Jou hele post hier was nogal interessant!

Laat weet as jou skietyster reg is, hoe hy nou loop!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Mars67 »

TOKELOS wrote:
Dit blyk dat hul aanvanklike bevinding was dat die loop wel volgens standaard is. Gelukkig het Gerrie toe die afmetings aangevra want die mates was NIE volgens specs nie!
Lyk my toe tog 'n geval van Wolf skaapwagter maak! Gelukkig het Gerrie dit nie sommer net so aanvaar nie. Mens wonder maar oor wat die denkprosesse is om eers te beweer die afmetings is reg in die wete dat dit nie is nie en die potensie?le gevolge vir die eienaar (of skynbaar totale verontagsaming van die moontlike gevolge).

As daar iets fout is met jou produk wat mense se lewens op die spel kan plaas dan sorg jy dat dit reggestel word sonder dat daar eers gekibbel moet word daaroor!
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by TOKELOS »

Mars67, Ja wragtag, ek het al van jou wolf post vergeet! Man ek moet jou se ek is regtig bly Gerrie het hul aangevat!
Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

Tokelos, laat weet ons watter dimensies foutief was, en wat die werklike afmetings toe was.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by TOKELOS »

Hercules, Ek sal uitvind en laat weet.
Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Mars67 »

TOKELOS wrote: Mars67, Ja wragtag, ek het al van jou wolf post vergeet! Man ek moet jou se ek is regtig bly Gerrie het hul aangevat!
Nee ek kan nie enige krediet vir daardie opmerking vat nie. Dit was JP wat dit ges? het.

Dit sal interessant wees om te hoor watter dimensies was uit.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by Hercules Louw »

Tokelos, is daar enige inligting beskikbaar oor die foutiewe dimensies van jou problematiese Truvelo loop?
Het jy al jou nuwe loop gekry, indien wel, enige resultate?
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: 243:HOEE DRUK MET AMPER MINIMUM LADING????????????????

Post by TOKELOS »

Hercules,

Ek het nou my geweer met n nuwe loop terug gekry. Ek gaan nou eers net deur die drils gaan om die loop in te breek en sal dan Maart April begin met lading ontwikkeling omdat dit dan n biekie koeler is.

Hier is die inligting soos wat ek dit verstaan:

Fields: Minimum toelaatbaar: 6.02mm
          Maks toelaatbaar :      6.04
          Myne was:                  6.015

Grooves: Minimum:                6.17
              Maks:                      6.19
              Myne was:              6.165

Groete en weereens dankie vir almal se raad en belangstelling!                                           
 
Loop reguit op jou lewenspad, anders struikel jy dalk oor die rommel wat langsaan le.
Post Reply