Raait, ek's terug.
Ek het hom sommer by die huis gebore sight met die geweer vasgetrek op 'n kroegstoel met 'n Rok Strap (
www.rokstraps.com).
My derde skoot was 'n bullseye op 50m.
Die scope se optics is lekker skerp in die dag. Onthou net om die objective voor te stel as jy op verskillende afstande skiet, anders gaan die teiken of cross hair bietjie geblur wees.
Ek hou van die scope en sy verstellings was konstant en sekuur.
Na so paar skote het die 270 se loop warm geword en weer begin "loop". En ja, ek het net 3 skote geskiet voordat ek weer laat afkoel het. Ai f*k tog. Ek het uiteindelik net 12 rondes geskiet en kon uiteindelik 'n 1-duim kol op 100m klap. Die ander twee skote in daai groepering was teenaan mekaar - so drie duim skuins boontoe.
Hoe dit ook al sy, ek dink hy bied uitstekende waarde vir geld.
O ja, en daar is nie 'n manier wat ek in die Kaap weer na 'n ander skietbaan as Atlantis gaan nie! Dis skoon, met puik geriewe en baie meer skietbankies as Durbanville. Ek wil nie Durbanville knock nie, maar Atlantis se geriewe is ligjare beter.
Die baanoffisiere is gawe ouens. Geen geskreeuery nie. Net 'n hoflike vermaning hier en daar. Ek het myself al 'n slag by Dbnville vererg vir 'n jongman se RSM-stemtoon.
Atlantis is net so veilig. My ervaring was net dat jy meer soos 'n grootmens behandel word. Wat nogal ironies is aangesien dit op 'n militere perseel is.