MAANLIGAANDE
-
naghond
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Sun Apr 24, 2011 12:54 pm
MAANLIGAANDE
Dit wil vir my voorkom asof jakkies meer bedrywig is op maanligaande as in donkermaanaande.Wanneer ek wild in die nag oes het ek al meer jakkies in maanlignagte gesien en geskiet as tydens donkermaannagte.Ek sal dit waardeer as iemand goeie raad kan verskaf hoe om beter vir jakkies onsigbaar te wees tydens maanligaande.My bakkie is donkergroen en ek gooi n seil oor die voorruit en syruit en staan met gat van bakkie na die maan en met my bakkie se neus in n bos.Ek maak so min beweging as moontlik en dra swart klere maar die jakkies al loop hulle volgens my meer in maanlig wil nie so lekker inkom nie.Ek hou ook my dimmer op een verstelling en speel nie met my dimmer se lig rond nie. Enige raad sal waardeer word.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: MAANLIGAANDE
more naghond.
as jy in die maan roep, staan by 'n bos, of iets wat jou bakkie se silioette breek. swart klere gaan nie verskil maak. moet net nie wit aantrek nie.
moenie jou lig te veel dim nie.(dim hom nog steeds baie). as die jaklkals in ligg inkyk, sien hy jou nie.
my persoonlike voeling is dat die maan absoluut niks met jakkals se loop te doen het nie. as jy in sy kern gebied is. sal hy inkom. veral die tyd van die jaar.
maar, moenie bang wees vir roep in maanlig nie. hul kom anyway nou lekker agresief, dat niks hul pla nie.

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: MAANLIGAANDE
Naghond, dit is beslis my waarneming ook, self dat hulle soms ook meer op hul gemak voorkom as daar maanlig is. Gewoonlik is daar dan ook nog 'n 'n bonus van 'n aand of twee se beste jagweer hier oor die volmaan-tyd. Die maan kan maar vollerig wees as jy roep, ek hou veral daarvan as die maan nog laag bo die horison is, dan gooi alles lang skaduwees wat mens kan gebruik. Ek is nie so gaande daaroor as die volmaan hoog, reg bo-kant my sit en ek weet ek het nog net 1 kans op 'n skelm jakkals nie.naghond wrote: Dit wil vir my voorkom asof jakkies meer bedrywig is op maanligaande as in donkermaanaande.
Jou en Cassie se planne klink vir my reg, die lig moet jou kamoeflering wees, want onthou, as 'n jakkals vir jou kyk, kan jy sy o? sien.
Mooiloop!
Goeie dade oortref goeie woorde.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: MAANLIGAANDE
Louis102(geluk met die verjaarsdag en mag die beste van verlede jaar die slegtse van die nuwe jaar wees!
Mooiloop
Baie goeie raad sou ek reken, baie goeie raad!Ek is nie so gaande daaroor as die volmaan hoog, reg bo-kant my sit en ek weet ek het nog net 1 kans op 'n skelm jakkals nie.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: MAANLIGAANDE
Hel, Tafjak.Maar jy is mos n man met diep woorde.
Geluk Lewies
Boera
Geluk Lewies
Boera
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: MAANLIGAANDE
ek kan nou nonsens praat. maar ek dink ook dat 'n ligsku jakkals beter op volmaan gejag gaan word as donkermaan. in volmaan, gaan die lig mos minder pla?
oom, geluk met die verjaarsdag! hoop daar is nog baie oor.
oom, geluk met die verjaarsdag! hoop daar is nog baie oor.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: MAANLIGAANDE
Dankie vir die goeie wense, manne! Darem lekker om weer van Taffie ook te hoor, die ou skeep ons darem deesdae lekker af hier op die forum, of hoe?
Cassie, my "skelmste" jakkals het ek 2 aande voor volmaan ingeroep en geskiet, maar die maan was laag bo-kant die horison en agter my rug. Miskien het die jakkals nog gedink dat die lig dalk die maan is, wat besig is om onder te gaan, ek weet nie. Ek vermoed egter die sukses het nie veel met die maan uit te waai gehad nie.
Indien ek nie 'n jakkals met die maanlig van eerste en/of laaste kwartier kan inroep nie, glo ek nie dat volmaan se lig, my meer suksesvol gaan maak nie. Faktore soos kerngebied, staanplek, weersomstandighede en die verassing element in my roepery, speel in my boek 'n baie groter rol. Daarmee s? ek nie dat dit onmoontlik is om op volmaan te roep nie, net dat daar vir my 'n gepaartgaande risiko is, as die volmaan hier reg bo-kant my kop sit (veral met geleerde jakkalse).
Ek sal ander plase se jakkalse miskien nog aandurf reg op volmaan, maar verkies eintlik om eerder by vroulief in te kruip, sulke tyd. (My Ouma het altyd ges? die slaggoed se murgpype is vol op volmaan, nou wie's ek om van haar te verskil?)
Wat ek s?, is beslis nie wet nie. Luister graag wat julle ondervinding is.

- paul
- Jr. Member

- Posts: 50
- Joined: Thu Oct 01, 2009 8:57 pm
Re: MAANLIGAANDE
Ek hou ook van maanlig aande. Het al gesien a
s die maan so in die aande op kom of die veld ook meer lewe dan kry. Ek het darm self n skelm jakkals op volmaan geskiet met die maan wat so op die horison sit.
s die maan so in die aande op kom of die veld ook meer lewe dan kry. Ek het darm self n skelm jakkals op volmaan geskiet met die maan wat so op die horison sit.