Watter een sal julle kies?

Watter een sal julle kies? NUWE DATA!

Nikon Monarc 4-16x42 BDC
6
16%
Burris Fullfield 4.5-14x42 Ballistic Plex
18
49%
Leupold VX R 4-12x40 Ballistic Firedot
13
35%
 
Total votes: 37

User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Monrique (SJ) »

Geno

Ek kry nie dieselfde inligting as jy, sommiges is dieselfde, maar ander verskil.

Leupold                                                                Burris

Actual Magnification: 4.5-11.6                                  4.5-14
Linear Field of View (ft @ 100yd): 22.0-10.4              22.0-7.5
Exit Pupil (mm): 8.6-3.3                                          9.0-3.0
Weight (ounces): 16.5                                            18
Length (in): 12.6                                                    13
Eye Relief (in): 4.1-3.7                                            3.1-3.8
Max adjustments (MOA): 70                                    40

Die Leupold se verstellings sal meer wees omdat dit n 30mm tube het teenoor die 25.4mm van die Burris. Die prys verskil is ook heelwat.


Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

SJ,
Waar kom jou info vandaan?
Ek het myne op Leupold en Burris se websites gekry.

Al verskille wat ek sien, is die lengte. (Selfs op die verskil, klop Leupold die Burris).
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

SJ wrote: Die prys verskil is ook heelwat.
Eugene wrote: Ek weet die Leupold is bietjie duurder, maar kom ons aanvaar almal is dieselfde prys!
:angel:
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Monrique (SJ) »

Data kom van dieselfde plek waar jy gekry het.

Is die Leupold n 30mm tube?  Wat prys die Leopold?


Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

SJ wrote:
Length (in): 12.6                                                     13
Ek sien nogsteeds 12.2"

http://www.leupold.com/hunting-shooting ... es-metric/

Ja, dis 'n 30mm tube. O ja, dis ook beter (sterker) as 'n gewone 25.4mm tube. Dankie dat jy dit uitgewys het mater! ;)
MSRP is $814.99, styf ja, maar volgens my elke liewe sent werd. Ek skiet al die afgelope 10 jaar met Leupold scopes op my .308 (Nou die 2de een, eerste een ingeruil op groter vergroting), en is bitter tevrede!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Monrique (SJ) »

Geno

So jy stem saam dat verstellings irrelevant is want tube sizes verskil? 30mm gaan logies mos meer he. As jy nou al jou 2de scope in 10j op die 308 skiet hou hulle mos nie na wens.... LOL

Dit is dan ook so dat die Leupold amper 2x die Burris se prys is.


Groetnis
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Herman Venter »

SJ,
Jy moet hierdie fight nou wen, ek is nie 'n goeie verloorder nie! Jy weet die 243 gaan 'n scope nodig he as hy kom hehe!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

SJ wrote: So jy stem saam dat verstellings irrelevant is want tube sizes verskil? 30mm gaan logies mos meer he. As jy nou al jou 2de scope in 10j op die 308 skiet hou hulle mos nie na wens.... LOL
Nee, ek stem nie saam nie. Ons vergelyk mos die twee scopes, en 30mm IS beter as 25.4mm. Dis mos 'n plus vir die Leupold.
SJ wrote: As jy nou al jou 2de scope in 10j op die 308 skiet hou hulle mos nie na wens.... LOL
Eerste een was 'n Vari-X III 1.5-5x20 (Hy doen nou diens op Clint Taylor se .450 Rigby in Tanzanie, ek dink dit bewys klaar watse bul die scopie is. Het hom ingeruil vir 'n Vari-X III 3.5-10x50 vir nagskiet en oeswerk.
Geno wrote: Nou die 2de een, eerste een ingeruil op groter vergroting
Ja, jy smous die Burris, en daar's nie fout as jy jou produk push nie, maar jy mag maar erken dat die Leupold die beter scope is tussen die twee. Jy sal nie sales verloor nie, ek belowe! ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

O ja, selfs Leupold se VX3, 3.5-10x50 25.4mm tubes het 57MOA verstelling teenoor Burris se 40MOA.

Die VX-3 4.5-14x40mm met 25.4mm tube het 'n allemintige 71MOA verstelling.....
Enough said.... :angel:
Last edited by Geno on Thu Sep 20, 2012 6:38 pm, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Monrique (SJ) »

Herman

Ek fight nie hier oor n scope maat, maar ek en jy weet wat ons het in onse scopes.


Geno

Dis nie oordat ek die scopes verkoop wat ek so bietjie gesels daaroor, dieselfde goed het ek gese lank voordat ek dit begin doen, so die gaan nie oor sales push nie.
Wat help so baie verstellings jou op n scope as die gemiddelde man die scope instel en dit daar los?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

SJ wrote: Wat help so baie verstellings jou op n scope as die gemiddelde man die scope instel en dit daar los?
Maklik. Om so naby as moontlik aan die middel van die verstellings te wees sodat jy minder spanning op die scope se erector sit.
Goed, beter, 6millimeter!
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Herman Venter »

Hehe nee SJ,
Ek grap maar net oor die fight! Maar sien darm die Burris bly voor! Ek het niks teen Leupold nie en dink eintelik dit is een m@erse fancy scope! Maar wat julle manne van praat weet ek maar min van!

Groete
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

Herman Venter wrote: Maar sien darm die Burris bly voor!
In watse opsigte?
Goed, beter, 6millimeter!
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Herman Venter »

Geno,
Met die poll..
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Eugene »

Julle klink nou net soos daai 3 pelle van my!  :police: :police: :police:

Dit lyk vir my hierdie is soos die Merc/BMW argument....

Ek het egter een klein foutjie gemaak..... Die pel van my se Leupold is 'n 3-12 x 40 en  nie 50mm nie...

Sorry, maar in my verdediging, hy het aanvanklik vir my die verkeerde inligting gegee en toe ek gisteraand vir almal solank die tussentydse resultate gee, toe kry ek eers die regte inligting!

Ek gaan dus die Poll probeer regmaak, jammer vir enige ongerief!
Aim small, miss small
immelmanw

Re: Watter een sal julle kies?

Post by immelmanw »

Manne, julle kan stem en redineer tot julle blou is, die feit is dat die Nikon Monarch in n ander klas is as die Full Field, as julle wil vergelyk moet julle die Nikon Fieldmaster vergelyk. In die geval is dit n no-brainer, Nikon Monarch.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by DWB »

Hehehehehe Willem, wat is daai engelse woord....?

Biased opinion  ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Monrique (SJ) »

Hahahaha
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

Leupold VX R 4-12x50 Ballistic Firedot vs. Monarch > 4-16x42 Side Focus Bdc

- Leupold het side-focus, Nikon ook.  (Draw)

- Leupold se eye relief= 3.7"-4.1", Nikon= 3.7" - 4" (Een punt vir Leupold, al wen hy met slegs 0.1")

- Leupold weeg 16.5oz, al het hy 'n groter objective lens. Nikon weeg 19oz met sy kleiner lens. (Nog 'n punt vir Leupold)

- Leupold het 'n 75MOA verstelling-spektrum, Nikon het slegs 40MOA (Weereens Leupold)

- Leupold is 12.2" lank, Nikon is 13.5" lank. (Nog 'n keer Leupold)

- Leupold het 'n 10.4ft tot 22ft FOV @ 100yd. Nikon het 6.3ft tot 25.2ft FOV (Aaaah, uiteindelik 'n punt vir Nikon)


Ok, met 'n eindtelling van 4 - 1, kom Leupold voor uit. Waarde vir geld is die Nikon egter baie moeilik om te klop.
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Eugene »

Geno wrote: Leupold VX R 4-12x50 Ballistic Firedot vs. Monarch > 4-16x42 Side Focus Bdc

- Leupold het side-focus, Nikon ook.  (Draw)

- Leupold se eye relief= 3.7"-4.1", Nikon= 3.7" - 4" (Een punt vir Leupold, al wen hy met slegs 0.1")

- Leupold weeg 16.5oz, al het hy 'n groter objective lens. Nikon weeg 19oz met sy kleiner lens. (Nog 'n punt vir Leupold)

- Leupold het 'n 75MOA verstelling-spektrum, Nikon het slegs 40MOA (Weereens Leupold)

- Leupold is 12.2" lank, Nikon is 13.5" lank. (Nog 'n keer Leupold)

- Leupold het 'n 10.4ft tot 22ft FOV @ 100yd. Nikon het 6.3ft tot 25.2ft FOV (Aaaah, uiteindelik 'n punt vir Nikon)


Ok, met 'n eindtelling van 4 - 1, kom Leupold voor uit. Waarde vir geld is die Nikon egter baie moeilik om te klop.
Geno, voor jy my met klippe gooi, ek het foutjie gemaak dis 'n x 40 en nie 'n x 50 nie!

Sorry!!!!!!!  :-[ :-[ :-[
Aim small, miss small
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

Naamgenoot....

Strafdop vir jou!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Biltong »

Nikon is 'n kwaliteit produk met goeie lense. Hulle reticle is net nie goed genoeg vir my nie. Daai sirkels gee nie vir my 'n fyn genoeg mikpunt nie. Vir afstandskat moet daar een-of-ander mildot of soortgelyke funksionaliteit ook ingesluit wees.

Burris se kwaliteit is net so goed en hulle verstaan werklik wat soek 'n skut in 'n reticle.

Eugene, ek dink jy moet maar 'n nuwe poll begin dat almal weer stem. Daai stemme vir die Leupold is mos nou nie meer geldig nie.

Groete.
Last edited by Biltong on Fri Sep 21, 2012 8:46 am, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Geno »

Ok, hier gaan ons.....


Leupold VX R 4-12x40 Ballistic Firedot vs. Monarch > 4-16x42 Side Focus Bdc

- Leupold se eye relief= 3.7"-4.9", Nikon= 3.7" - 4" (Een punt vir Leupold)

- Leupold weeg 14.6oz Nikon weeg 19oz. (Nog 'n punt vir Leupold)

- Leupold het 'n 75MOA verstelling-spektrum, Nikon het slegs 40MOA (Weereens Leupold)

- Leupold is 12.4" lank, Nikon is 13.5" lank. (Nog 'n keer Leupold)

- Leupold het 'n 10ft tot 21.5ft FOV @ 100yd. Nikon het 6.3ft tot 25.2ft FOV (Aaaah, uiteindelik 'n punt vir Nikon)


Ok, met 'n eindtelling van 4 - 1, kom Leupold NOGSTEEDSvoor uit. Waarde vir geld is die Nikon egter baie moeilik om te klop.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by DWB »

Manne, Verskoon maar vir Gedoons.

Die mense wat so staak daar by hom het sy kop nou al goed deurmekaar.

Dit is moeilik as mens nie werk het om te doen nie.

Ek weet, jy dink allerhande bollie uit  ;D ;D ;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter een sal julle kies?

Post by Eugene »

Ok, weens 'n KLEIN foutjie, wat nou reggestel is, het een van die opsies se spesifikasie verander!

Die poll is derhalwe oor begin!

Ek vra vreeslik verskoning en sal bier koop vir almal, op voorwaarde dat julle dit by my kom drink!

Groete
Aim small, miss small
Post Reply