Help. Ek het 39gr S335 met n 100gr sierra punt gelaai vir die 257 Roberts. Die eerste skoot wou die doppie nie uitskiet nie en ek moes die slot verwyder om die doppie los te kry. Toe ek hom los maak sien ek dat die slagdoppie los geskiet het. Nog drie skote wat die selfde effek getoon het. Die vyfde skoot het my sinusse los gemaak met gas wat agteruit geblaas het. Nou sit die dop vas en ek kry nie die slot oop nie. Ek neem aan dat die S335 se lading te groot was. Enige advies hoe ek die slot kan los kry en oor die gebeure?
http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?t=114478
