Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek hoop Biker en Taffie sal my weer kan raad gee saam met al die ander manne.
Ons het so paar krimmels daar in die oos Vrystaat, my oom se hulle kry nou swaar met die kalwers wat hulle leeg suip. My pa wat maar die dinge gedoen het l? op die naat van sy rug in die hospitaal, so ek moet nou oor vat of probeer! Lek blokke is te duur weet ek maar baie gemaklik. Is daar ander raad wat ek kan gebruik. Is ongelukkig nie op die plaas nie so ek sal iets moet gee wat weer bestand gaan wees ingeval dit sou nat word en nie die diere siek maak nie.
Yster
As jy gras het is dit maar n proteienlek wat die beste is. Die goedkoopste proteien is ureum en dit kom in al die voermaatskappye se lekke voor. Gekoopte klaargemengde lekke is maar gewoonlik/altyd duurder. as jy wil selfmeng kyk op kynoch se voerureum sak is n mengsel. Diere moet nie southonger wees nie en eers met minder ureum in mengsel gewoond gemaak word. Dit is n dundee tipe lek.
Molatek en Voermol ens het ook so n klaargemengde tipe lek of blokke(gewoonlik die duurste) So praat met een van hulle verteenwoordigers in jou area.
praat maar as daar nog iets is.
Yster, I agree with Freddie about the protein lick, you said that you are need something that can get wet, urea/water does not go well with stock. Blocks are expensive, but when we used blocks we built a wooden frame the size of the block and put the block into the frame, this made the animals lick the block from the top. they could not get to bite the block, but contact the reps, you can also contact Andre Bezuidenhout ( Cradock) 082-651 8958, He helps formulate my licks and those that we mix for other farmers. Hope all goes well with your Dad.
Wayne
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
Probeer Feedtack se traceblok(hoop spelling is korek) dis n klein ronde lek en weer bestand. Ek weet die lek blokke is duur maar die een het vir my gewerk dit het al die spoorelemente en ek gee dit reg deur die jaar, n trop skaap van ongeveer 150 sal tot 3 maande aan 1 blok lek.