375HH Herlaai

User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Naand nog weer  ;D
Hier is die toetse met die 375

CZ 550 375H&H Mag Safari lux  Loop lengte 635mm (25'') 1:12 draai
Remington doppe haaks gesny tot op 72.14mm  S335 kruit nie gekrimp
    1 200gr Impala Sol  Kamer Lengte met Koe?l 95.15mm gelaai op Impala data 90.50mm
        65gr gelaai Spoed 1=2588 2=2554 3=2564 dop baie mooi geen tekens van druk nie groep redelik
    2 270gr Hornady I Lock SPRP  Kamer Lengte met Koe?l 95.65mm gelaai op 90.15 tot krimp groef
        65gr gelaai Spoed 1=2393 2= 2387 3=2372 mooi geen teken van druk groep redelik
    3 300gr Sierra Spitzer Game king Kamer Lengte met Koe?l 96.20mm gelaai op 92.00mm
        65gr Spoed 1=2359 2=2361 3=2345 Dop mooi groep baie mooi
   
Hoop ek tik darem verstaanbaar ?
Dankie Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Wouter Roets »

Hallo Andre

Net so vinnig n paar goed. S335 is redelik geskik vir die Impala's van 200gr maar met die 270gr en 300gr koeels sal S355 meer idiaal wees. Wat se lengte patroon kan jou magesyn akomodeer? Dis die magesyn wat die bepalende faktor is in jou geval vanwee jou TPL na die groewe langer is as die normale maksimum spesifikasie van die kaliber. Met die gebruik van S355 word dopvulling beter en op maksimum ladings met dopvulling van 102% of so is dit geensins nodig om te krimp nie. Terugsetting word dan verhoed deur jou poeierkolom.

Ek sal nie met die tipe van koeels(Hornady Interlocks, Sierra) ladings van maksimum oorweeg nie vanwee hulle swak konstruksie. 2300-2450ft/sek sal die spoed band wees wat ek hulle teen gebruik vir billike vleisskade. Oorweeg Nosler se Accubonds wat baie billik is met hulle prys sterk. Beter keuses soos die Mono koeels is natuurlik eerste prys in die geval want spoed is dan nie n oorwegende faktor nie. Dis so klein aspek van jou totale jagkoste dat dit werklik onbeduidend is. Net die vleis wat jy weggooi met die swakker koeels maak dubbel en dwars die prys van die beter koeels op.

Met 270gr koeels is jou maksimum spoed in die orde van 2750ft/sek in jou 25 duim loop met S355 en met die 300gr koeels 2600ft/sek. Trek maar so 50ft/sek van hierdie syfers af net om veilig te wees met in ag nome van verskillende koeelkonstruksies en dopkapasiteite.

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Fri Aug 31, 2012 10:50 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

More Wouter
Waardeer jou hulp, Ek moes genoem het dat ek op hierdie stadium nie so n groot jagter soos die ouens hier is nie en dat my groot liefde maar meer is om n dag op die skietbaan deur te bring en laai om my geweer meer akuraat en beter groepe te kry
Ek het aan die begin maar die ouens by die winkels se raad gevolg en daarom sit ek nou met n klomp verskillende koe?ls, sal dit maar klaar skiet en sal dan by julle hoor wat is die beste vir my doel en ook dan S355 gebruik
My geweer se magesyn kan gemaklik tot op 97mm hanteer
Dankie
Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

More Wouter
Ek het joui raad gevolg en die S355 gaan kry . Doppe is skoon en l? gereed
Soos ek genoem het kan my magesyn tot 97mm hanteer en ek het na die koe?ls wat ek het gekyk ek kan met die Sierra en Impala tot 94mm gaan met nog my Kaliber van 9.52mm in die dop
Die Hornady kan ek gaan tot 92mm met genoeg in die dop maar dan is dit so 2mm voor die krimpgroef
Kan dit werk en moet ek dan ho?r laai?
Dan net nog watse koe?ls sal jy aanbeveel vir die skietbaan op papier
Dankie
Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Wouter Roets »

Hallo Andre

Gebruik so 1mm sprong as jou vertrekpunt met TPL. Moet jou nie steur aan die krimpgroef aangesien jy nie hoef te krimp met die magesyn wat redelk lank is nie. Die koeels wat jy reeds het sal mooi werk vir die baan. Jy gaan net moet probeer om jou jaglading en oefenlading baie na aan mekaar te probeer kry. Die 375 is gelukkig redelik bekend daarvoor dat sy POI met verskillende ladings en koeels naby aan mekaar is. Jy kan werk op die begin ladings va Somchem as vertrekpunt maar hou net die maksimum spoed indikasie dop wat ek jou gegee het. Dis jou maksimum lading.

Groetnis en lekker speel.
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by tripodmvr »

Ek gaan byvoeg by Wouter se raad - maak deegllike aantekeninge van jou ammunisie - TPL, slagdop, kruit, hoeveelheid ens. Dit is amper die' belangrikste van herlaai - ek het Excel l?ers waarin ek dit b?re. Jy kan nou jou inligting na die skiet aan ons deurgee en met die spoed verkry kan jou kruit gekalibreer word in Quick Load sodat die akkurate nodes bereken kan word. Kyk by herlaai onder "Riglyne virQL".
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Baie dankie Wouter en Tripod
Sal dit so doen en laat weet
Nog net een ding watter slagdop is die beter een ek het CCI 250 Mag,  CCI 200,  Winchester Mag, PMP Mag, en Federal Match
Dankie
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Wouter Roets »

Andre

CCI250 of die Winchester Mag.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

More Wouter en al die ander!!
Was toe Saterdag op die baan nie die beste dag nie ,was n baie sterk wind gewees maar nogtans nie sleg gegaan nie
Net weer
1 CZ 375H&H 25" Loop 1-12 draai  2  Remington doppe 72.14mm 3 Winchester Mag slagdoppe
Koe?ls gebruik 1 Sierra 300gr Spitzer 2 Hornady 270gr I Lock 3 Hornady 225gr I Lock 4 Impala 200gr solied

1 Sierra 300gr Geweer kamer lente met koe?l 96.20mm  Gelaaide TPL 94mm Kruit S355
    65gr Spoed 2326fs    groep swak so 70mm
    67gr Spoed 2393fs    groep swak so 50mm
    69gr Spoed 2473fs    groep beter so 30mm
    Doppe nog mooi
2 Hornady 270gr Geweer kamer lengte 95.65mm Gelaaide TPL 92mm Kruit S355
    67gr Spoed 2419fs    groep so 40mm
    70gr Spoed 2549fs    groep so 24mm
    72gr Spoed 2578fs    groep so 55mm
3 Hornady 225gr  Geweer kamer lengte 95.80mm  Gelaaide TPL 91.30mm Kruit S335
    66.5gr Spoed 2650fs groep so 30mm
    68gr    Spoed 2754fs groep swak so 60mm
    70gr    Spoed 2818fs groep 25mm
4 Impala 200gr Geweer kamer lengte 95.15mm Gelaaide TPL 91.30mm Kruit S335
    67gr Spoed 2797fs groep 30mm
    68gr Spoed 2879fs groep 30mm
Waardeer julle hulp
Andre

   
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Wouter Roets »

Hallo Andre

Jy het nie jou dopkapasiteit bygesit nie so ek het maar bietjie geraai daarmee. Kom ons vat die verskillende koeels op n slag.

Met die Sierra 300gr gaan ek nog steeds eerder n TPL van 95mm aanbeveel eerder as die een wat jy gebruik het. Jou nodespoed is 2480 en 2586ft/sek. Daai 69gr lading was naby aan die onderste node.

Met die 270gr Hornady wat se koeel is dit?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Jammer Wouter
Die 270gr Hornady is Interlock SPRP
Die 225gr Hornady is Interlock SP
Help net bietjie met wat en hoe bepaal ek die dop kapasiteit is dit hoeveel kruit kan hy vat of hoeveel % gelaai is?
n Ander ding die Impalas het ek net 6 gelaai om een of ander rede gaan dit baie grof in die dop in?

Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Wouter Roets »

Andre

Vat n gevuurvormde dop en weeg hom. Maak hom dan vol met water tot bo sonder om n bubble te maak en weeg hom weer. Trek die twee van mekaar af en siedaar dis jou dopkapasiteit.

Het jou die binnekante van jou doppe geshamfer? Wat is die kode wat op die Hornady 270gr koeels se pakkie staan? 3710 of 3715?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Machann »

Hi manne

Ek skiet self n 375 H&H CZ 550. Ek sukkel my dood met die 220gr Hornadies om te "group". Die 200gr GSC kon ek sonder baie moeite onder n 3/4 duim kry maar volgens my is die CZ gebou vir die 270gr tot 300gr punte.

Hier is twee groepies wat ek met my 375 H&H geskiet het. Die een is 270gr Barnes TSX, voor 61gr S355, COL 91mm met RWS doppe, Spoed is so 2350 fps . Die tweede een is 300gr Nosler Accubonds voor 58.5gr S355 en COL 91mm teen net oor die 200 fps. Die punte hardloop hulle nie dood nie maar dit lyk darem of hulle saam hardloop. Ek het die 300gr Noslers by die volgende node ook getoets wat ek dink hier by die 62gr, was nog onder n duim maar nie hierdie groepies nie.

Ek het die 300gr Nosler lading onwikkel vir oefen aangesien dit op daai staduim die goedkoopse punte was wat ek kon kry en beplan nie om met hulle te jag nie. Ek het egter n gekweste rooibok van skuins agter geskiet deur al wat n been is en deur die volle lengte van die pens op 80m en daai Barnes lyk soos op die prentjies. Ek dink daar is n R20 verskil tussen Barnes en Noslers en ek sou verseker gaan vir die Barnes.

Ek speel nog met die 260gr Nolser Accubonds om hulle teen spoed so te laat group maar kon nog nie hulle naby die kry. Ek sou ook verder kyk na daai Rem doppe, ek het in detail na hulle gekyk en vergelyk met die RWS doppe, daar is n verskil...n groot verskil.

Groete   
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Hi Wouter ,
Ek sien jy is in n diep gesprek met oom Gerhard ek moes gou dorp toe gaan( S&O VLT ens )
Ek het nogal die water storie by oom Kassie geleer maar nie gedink dit is so belangrik nie n le? gevuurde dop weeg 255.7gr met water 352gr so die kapasiteit is dan 96.3?
Op die Hornady boks is die kode 3711 dit is die 270gr SPRP
Geshamfer???  My proses is Voor ek resize maak ek goed skoon met koper borsel binne Thinners dan seep dan resize ek sny haaks voor en "deburr' dan was ek weer met thinners seep en water gooi in die Tumbler waneer droog daarna was ek weer met seep en water en maak droog
Dankie
Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Naand Machann                                                                                                                                                                                                                                Dankie ook vir jou inset waardeer dit

Ek het ook gedink om by die 270 en 300 gr koe?ls te bly wag net om te hoor wat se Wouter maar sover groepeer hulle die beste
Die Remington Doppe het ek in Bloemfontein gekry my swaer het dit vir my  saamgebring
Ek is op n plaas hier naby Lanseria lughawe en moet wyd ry na die plekke was vandag weer by S&O ,VLT ern Lytelton het Nic Yale en nog n plek gebel niemand het vir my n ander dop nie net PMP ek het omtrent 50 PMP doppe wat ek al gekoop het en dan het ek Hornady wat ek as ammunisie gekoop het
Koe?ls het ek nou so baie sal dit maar moet naby kry en uitskiet dan weer kyk na Nosler of Barnes of wat ook al sal werk
Dankie
Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by tripodmvr »

Lyk my jy het nou jou dopvolume in grein water gekry. Wat Wouter met chamfer bedoel is wat jy as deburr beskryf. Die ingang na die bek moet skuins wees sodat die koe?l geleidelik kan ingly en nie haak nie. Die brass koele is hard en dit is waarom hulle bietjie sukkel. Ek herlaai net PMP in my 375 en hulle werk heel goed vir my.

Die Impalas het mooi in my geweer gewerk en het al 'n rooibokram en BWB bul platgedruk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Dankie Tripod !!
Klink my water storie reg gedoen ?  as dit is moet ek dalk die PMP en Hornady doppe ook doen
As jy se jy laai PMP is dit doppe of Koe?ls ?
Groete
Andr
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Geno »

Andre,
Hoekom ry jy nie Camdix toe nie? Dis lekker naby aan ons hierso....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Machann »

Stem saam met Geno. Ek het my RWS doppe by hulle gekoop en ook so twee weke gelede pak 375 RWS vir die doppe. Hoef darem nie te ver te ry nie. Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Dankie Geno ,sal more gou n plan maak
Groete
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by tripodmvr »

Andre CZ wrote: Dankie Tripod !!
Klink my water storie reg gedoen ?  as dit is moet ek dalk die PMP en Hornady doppe ook doen
As jy se jy laai PMP is dit doppe of Koe?ls ?
Groete
Andr?
Askies. Ek laai PMP doppe. As ek PMP 300gr sou laai sal dit virskyfskiet wees.

My jagkoegels is almal 200-235gr koper manne. Ou Goodnel, Barnes X en TSX, GS en Impala werk goed.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Middag Almal,
Wouter ek sien jy is erg besig met jou eie ladings maar sal waardeer as jy weer vir my sal kyk, was vanoggend by Camdix en HP Arms het nie ander doppe gekry nie maar wel n pak Barnes TTSX Boattail 250gr wat ligter maar tog redelik lank is het geding om van die ander goed eers te los en net met die volgende 3 te werk
1 Dit sal wees Rem doppe as ek dit reg gedoen het met n kapasiteit van 96,3gr water
        of          Hornady doppe met n kapasiteit van 97gr water
  Sierra 300gr spitzer boattail gameking lengte in my geweer 96,20mm  op 95mm is hy net 7,68mm in die dop (sonder die Stert)
  Barnes TTSX Boattail 250gr  Lengte in my geweer 97,33mm en op95mm is hy 8,7mm in die dop ( sonder die stert)
  Hornady SPRP I Lock Kode 3711 Lengte in my geweer 95,65mm op 94mm is hy dan 8,8mm in die dop
  Wil nie lastig wees nie maar skiet die 22ste saam met GNBSA wag vir my 25-06 se lisensie en as ek dit nie teen daai tyd het nie wil ek maar met die 375 skiet
Dankie
Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Wouter Roets »

Hallo Andre

Die 270gr Hornady koeels van jou is ongelukkig nie in QL nie, so sonder om die spesifieke gegewens van jou koeel te he is dit moeilik om te sien wat die verskille is met die wat wel op is. Die Barnes TSX 250gr is ook ongelukkig  nie in nie. Beide blyk nuut te wees.

Ek hoor wat jy se oor die TPL en het dit heeltemal misgekyk. Dis reg so dan met jou gekose TPL. Al wat dit nou gaan teweeg bring is om jou nodespoed so effe af te bring. Die twee wat ek dan vir jou gegee het met die Sierra 300gr kan dan met so 7-10ft/sek verlaag word. Slaan nou daai spoed en maak jou TPL in inkremente van 0,2mm kleiner en kyk wat maak hy.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Hallo Almal !
Hier is net n opvolg ,het n paar aanpassings gemaak en dink dit het heel goed gegaan vandag, as julle n kans het net sal kyk en s? as iets nie reg lyk nie ,Ek het my TPL so na as moontlik aan die groewe gemaak en ek moes redelik ho?r laai omdat ek seker dan soveel meer dop Kapasiteit het ?
Dit is nog steeds CZ 550 25" loop 1-12 draai
Rem Doppe  -72.39mm  96,3gr water Kapasiteit  CCI250 Slagdop
  1 Sierra 300gr Spitzer Boattail  70gr S355 Geweer kamer lengte 96.20mm gelaaide TPL 94mm Koe?l 13.21mm in dop Spoed 2515fs 17mm groep 3 sk
  2 Hornady 270gr InterLock  74gr S355 Geweer kamer lengte 96.10mm gelaaide TPL 93mm Koe?l 10.68mm in dop Spoed 2640fs  23mm groep 3 sk
  3 Barnes 250gr TTSX 75gr S355 Geweer Kamer lengte 97.40mm Gelaaide TPL 95mm Koe?l 13.81 in dop Spoed 2777fs 19mm groep 3sk
  4 Nosler 300gr Accubond S355 Geweer Kamer Lengte 98.45mm Gelaaide TPL 97mm Koe?l 13.98 in dop Spoed 2552fs 24mm groep 3sk
Dankie
Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: 375HH Herlaai

Post by Andre CZ »

Naand Weer !
Wil net byvoeg daar was nie tekens van ho? druk nie wil net graag weet 1 hoe die spoed van die verskillende koe?ls lyk ,kan ek daarby hou en met die TPL begin werk of moet ek nog verander
2 Dan het ek op die forum alles wat ek kon kry oor herlaai gelees maar kry nie iets oor wat bv die min houvas van die dop op die koe?l behoort te wees nie ek het dit nog as die Kaliber so op die 375 sal die min 9.52mm wees  is dit reg ??
Dankie
Andre
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Post Reply