Is n scope gebreek waneer...

Post Reply
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Is n scope gebreek waneer...

Post by LUAN »

4 clicks op 100m moet jou n duim beweging gee of na genoeg. Nou as my scope besluit hy gaan 4 duim skuif ipv 1" is hy nog ok of in sy glorie?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by Piet Breedt »

He....he....he. Wat is jou opinie?
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by LUAN »

Wel ek begin al hoe meer dink die scope is stukkend as ek 2 en 2 bymekaar sit. Groepeer met n lading en later skiet ek rond en bont met selfde lading, nog altyd 3 uit 5 na aan mekaar en ander 2 uit groep uit. Het regs van senter geskiet en na verstelling links om maar weer later regs van senter lyn te skiet???
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by SmitH »

Wat se maak scope is dit
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by LUAN »

SmitH wrote: Wat se maak scope is dit
:-X
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by Eugene »

Het dieselfde probleem gehad met 'n cheap "made in china" tasco op my hornet.

Doen baie moeite om hom te zero op 100m en skiet perfekte groeperings. Volgende keer as ek skiet, is dit 6 duim links en 2 duim laag op 100m. Weer ingestel en die keer daarna is dit 4 duim regs en 2 duim hoog...

'n Ou "Made in Japan" Tasco opgesit en einde van die probleem!

Wys jou maar net, goedkoop koop is duur koop!
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by Eugene »

Ludwig wrote: Eugene, net so. 'n Goeie vriend van my s? altyd: Net 'n ryk man kan 'n cheap scope bekostig  :)
Ja, Ludwig, ek het WEER op die harde (duur...) manier geleer! Ek het 'n ou 3.5-10X50 Tasco gehad wat ek by 'n vriend gekoop het en wat vir amper 5 jaar op sy 375 was. Ek het vir amper 3 jaar die scope op my 308 gehad en hy het nooit sy zero verloor nie. Toe die hornet se lisensie kom, kon ek egter die scope nerens vind nie en het aanvaar dat hy "genasionaliseer" is...

Die verkoopsmannetjie het my toe verseker dat ek niks meer as die "nuwe" Tasco sal nodig h? nie....  ??? ??? ???

Toe my vrou my Japan Tasco in haar naaldwerktas kry (vlok weet hoe hy daar kom...) het ek onmiddelik die chinese tasco afgehaal en vir die kinders gegee om mee te speel...

Nou skiet my hornet soos hy moet en waar hy moet! Die enigste fout is nou nog die DAG....
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by FCLoretz »

Eugene wrote: Die enigste fout is nou nog die DAG....
Is dit nie maar ons almal se probleem nie?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by martinf »

Is hy miskien nie ook net nie perfek vas gemaak nie. Kan wees dat hy op verkeerde plekke druk dus is die verstellings nie akuraat nie.
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by LUAN »

Ag ek weet nie meer nie ek dink ek het als mooi vas gelocktite en ringe gelap wat meer kan ek doen?
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by pietjacobs »

Die 4 clicks vertstelling is defnitief 'n probleem sal ek se ja, maar as hy nie zero hou nie, is dit nie noodwendig die scope nie. Het 'n vriend watse Swarovski nie zero gehou het nie. Lang storie kort, se 3D twist was heeltemal vekeerde gewees. Het die twist reg gestel, geweer gaan inskiet en nog nooit weer aan daai scope gestel tot vandag toe.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by LUAN »

3d twist???
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Is n scope gebreek waneer...

Post by pietjacobs »

Iemand help my reg hier as ek verkeerd is, maar dis soos ek dit waargeneem het by die gunsmit.

Jy vat 2 ysterstawe wat elk 2 gate in geboor het en die 2 stawe moet presies identies wees. Dan sit jy die stawe op jou scope mounts, 1 voor en 1 agter. As jy dan van agteraf kyk, moet jy net die 2 gate sien en nie 3 of 4 nie. As jy meer as 2 gate sien dan is jou 3D twist nie reg nie en jou scope is dan die hele tyd onder spanning.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Post Reply