Wat moet ek doen?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Wat moet ek doen?
Hallo Manne
Ek sit met n Taurus PT92 compact 9mm Para pistool. Die pistool vat 12 in die magesyn en een in die loop. Hy is bietjie klein vir hierdie kloue van my so my pinkie hang so bietjie in die lug rond. dit afekteer darem nie my skietery te veel nie.
Ek het n ruk terug op die ingewing van die oomblik toe ek die pistool op Ruger se webtuiste gesien het hom bestel. Dit is n SR1911. Dit is maar Ruger se copy van die Colt1911 en n dam mooi een as ek mag se! Die 1911 is nog altyd vir my die mooiste pistool in die heelal, so dit was maar nog altyd n droom van my om een te besit. Wel hy is oppad so wat nou? Ons het nerens naby ons n geakrediteerde handwapen klub nie so ek moet n keuse maak tussen die twee watter een ek wil he vir selfverdediging. Ek dra baie selfde my pistool aan my so is maar hoofsaaklik in die kluis in die kamer.
Gooi bietjie julle raad wat julle sou gedoen het in my geval. My hart staan regtig na die Ruger se kant toe vir baie redes. Die feit dat dit n Ruger is beteken baie vir my.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Wat moet ek doen?
Dag Wouter
Ek het nou my eerste handwapen aangeskaf, nog by handelaar. Is die Ruger SR9C. Ek kan egter nie iets van die grote van die Taurus se nie, maar soos jy se as dra nie probleem is nie, hoekom dan nie die Ruger nie? After all, jy het nou betaal vir die droom. Ek glo as jy wel die 1911 sal moet dra sal daar plan te maak wees met die fit en wegsteek.
Geniet die pistool en laat weet hoe hy skiet.
Mooi dag
Kalahari

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Wat moet ek doen?
Wouter
Vat altwee as jy een wil dra dink ek dit is n persoonlike keuse. Hoekom ek so se is ek dra elke dag n wapen of n sig 230 9mm short of republic arms 38 spec het ook ander groter hand wapens. Wat vir my belangrik is is dat hy moet lig wees en maklik kan conceal as jy hom dra. Maar as ek bv in die veld loop vat ek my 44 mag saam as ek nie n ander geweer het nie.
Hoop dit help
Beretta
Vat altwee as jy een wil dra dink ek dit is n persoonlike keuse. Hoekom ek so se is ek dra elke dag n wapen of n sig 230 9mm short of republic arms 38 spec het ook ander groter hand wapens. Wat vir my belangrik is is dat hy moet lig wees en maklik kan conceal as jy hom dra. Maar as ek bv in die veld loop vat ek my 44 mag saam as ek nie n ander geweer het nie.
Hoop dit help
Beretta
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wat moet ek doen?
Beretta
Ek kan net een handwapen(selfverdediging) he. Ons is te ver van n geakrediteerde handwapen skietklub om aan een te behoort. Ek het wel sportskut status by SAJWV maar hulle maak nie voorsiening vir handwapen skiet nie. So dis n keuse tussen die twee.
Groetnis
Wout
Ek kan net een handwapen(selfverdediging) he. Ons is te ver van n geakrediteerde handwapen skietklub om aan een te behoort. Ek het wel sportskut status by SAJWV maar hulle maak nie voorsiening vir handwapen skiet nie. So dis n keuse tussen die twee.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Wat moet ek doen?
Wouter
Dan sal ek se RUGER sonder om te dink sal dit my keuse wees. Nog n plus punt vir jou is jy is MR RUGER.

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Wat moet ek doen?
Hou altwee Wouter, die motivering kan soos volge lyk ..
Die 9mm is vir selfverdediging en jy, as toegewyde jagter, kort 'n handwapen om in die veld te dra. Jy wil nie jou selfverdedigings wapen gebruik nie aangesien jy so min moontlik slytasie op die wapen wil he. Die een wat jy dan saam dra sal gebruik word vir genade skote. Die rede hiervoor is dat 'n geweer koeel wat op kort afstand teen hoe spoed geskiet word gevaarlik is (brei maar so bietjie uit hoekom) en dat 'n 'n stadige 230gr koeel uit 'n 45 ACP baie veiliger is om vir hierdie doel te gebruik.
Hierdie was deel van my eerste en tweede motiverings. Oorweeg dit ook sterk om by die NSA aan te sluit!

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Wat moet ek doen?
Ek gaan aansluit by Arnold, mens mag 'n handwapen h? om mee te jag of jy kan hom motiveer om "coup de grace" skote te gee. Jy kan mos die plaas gebruik as verskoning, julle vat mos baie jagters uit en gereeld is daar bokke wat nie op die plek dood neerslaan nie. Dis baie gewaarlik om met groot kalibers op kort afstande te skietArnold wrote: Hou altwee Wouter, die motivering kan soos volge lyk ..
Die 9mm is vir selfverdediging en jy, as toegewyde jagter, kort 'n handwapen om in die veld te dra. Jy wil nie jou selfverdedigings wapen gebruik nie aangesien jy so min moontlik slytasie op die wapen wil he. Die een wat jy dan saam dra sal gebruik word vir genade skote. Die rede hiervoor is dat 'n geweer koeel wat op kort afstand teen hoe spoed geskiet word gevaarlik is (brei maar so bietjie uit hoekom) en dat 'n 'n stadige 230gr koeel uit 'n 45 ACP baie veiliger is om vir hierdie doel te gebruik.
Hierdie was deel van my eerste en tweede motiverings. Oorweeg dit ook sterk om by die NSA aan te sluit!
Daar is manier om albei te kan hou, en toegewyde jagter sal genoeg wees, hoef nie noodwendig sportskiet te h? nie
My 2c
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Wat moet ek doen?
more wouter!
omrede SAJWBV geakrediteer is by die european gallery rifle shoot association kan n sportskiet persoon wel meer as een semi outo pistool op sportskiet aansoek doen.ek besit 6 handwapens waarvoor die pistole opgesit is vir sportskiet en die rewolwers vir selfverdediging en toegwyde jag.daar is n 25/50 m presisie item waarvoor jy kan aansoek doen.op SAJWBV se website is die gallery se tabelle gelys.daar is items wat strek van semi outo .22(lees ruger 10/22)tot leveractions en haelgewere.ek is net lid by SAJWBV met toewyde jag en sportskiet status en het geen verdere affiliasie met ander sportskiet instansies nie.ek het selfs my een 303 vir sportskiet opgesit onrede daar so item bestaan.die lokale takskiet persoon kan gevra word as jy die tabelle wil skiet op jul amptlike skietdae.pm my jou epos adres as ek die goed kan aanstuur vir jou

Dankie vir die terugvoer! JungleJulain dankie vir daai raad want ons voorsitter is salig onbewus hiervan! Het jou n PM gestuur. Ek dink ek sal verseker die roete volg tesame met wat Arnold en Marc aanbeveel in my aansoek. Het nog nie n afkeuring gekry nie en wil nie nou begin nie!
Ek kan nie wag om daai meneertjie in my hande vas te hou nie!
Groetnis
Wouter
Dankie vir die terugvoer! JungleJulain dankie vir daai raad want ons voorsitter is salig onbewus hiervan! Het jou n PM gestuur. Ek dink ek sal verseker die roete volg tesame met wat Arnold en Marc aanbeveel in my aansoek. Het nog nie n afkeuring gekry nie en wil nie nou begin nie!
Ek kan nie wag om daai meneertjie in my hande vas te hou nie!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wat moet ek doen?
Wouter
Die ouens het goeie raad gegee. Die 45ACP is beslis die beter "manstopper" en dit is 'n bul van 'n pistool daardie om by die huis te he! Goeie keuse. Jy sal net aan die begin baie moet oefen om aan hom gewoond te raak. 'n 1911 Is mos maar 'n dissipline op sy eie...
Die 9mil is beslis goedkoper om mee te skiet - veral as jy herlaai en as jy die dag 'n handwapen iewers heen wil dra is dit die beter opsie omdat hy kleiner is.
Soek net langer magasyne - die Compact aanvaar die standaard pistole se magasyne. Ek dink dat jy tot 'n 19 rondte magasyn ook kry. Dit gaan jou greep aansienlik verbeter.
As ek jy is sal ek altwee hou, indien moontlik.
Hein M

Last edited by Hein M. on Sun Aug 26, 2012 2:45 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Fanie
Re: Wat moet ek doen?
Soos Hein se, die langer magasyne sal die pinkie in die lug storie uitsorteer.
Ek het gister beide my handwapens uiteindelik gekry, die 9mm is selfverdediging en die 357 is my jag bystand wapen.
Die 9mm om te herlaai, as my pel en ek reg uitgewerk het kos ongeveer R1.26 per rondte en die goedkoopste wat ons op die rak te koop kon kry was so R250 vir 50 as ek reg onthou.
Die 9mm is net goed op kort afstand soos in die huis of in/by die voertuig, anders as dit is daai kort lopie maar baie onakkuraat en nie juis doeltreffend nie... LKH, skootplasing is dus belangrik. Ek dink nie die 9mm is goed genoeg vir 'n jag bystand wapen nie tensy jy net klein wild wil teiken, jy wil iets met bietjie meer woema he. Die 44 is in my opinie bietjie wild en die 357 is nie so ver agter hom met baie dinge nie so....
Vrou hanteer ook die 9mm makliker.

Dankie vir die deel met ons, ek weet nou presies wat om te doen!
Manne ek het verlede week so paar skote geskiet met die meneertjie. Wat n pistool en kaliber! Baie minder reciol as wat ek verwag het en as jy jou kant bring is hy besonders akkuraad. Een van die probleme was my skiet vinger. Hy het maar redelik afgechop na die twee sessies op dieselfde dag met die pistool. Die sneller het riwwe op en die kant daarvan wat redelik skerp is het sy tol geeis. Sal hom maar glad afvyl. Het enige een ondervinding in die verband? Moet wel se ek het al gewere geskiet met swakker snellerdruk as die pistool. Werklik nice die gedeelte.
Ek sal ook so bietjie aan my greep moet verander wanneer n mens dubbelhand skiet. My duim van my linkerhand het ook twee keer veroorsaak dat die veiligheids knip opgeskuif word na safe. Het amper weer die sneller gebreuk soos op die tweede S&O Shoot!
Gelukkig was net Ferdie by om dit te sien!
Wie op die forum skiet ook n 1911? Sal graag bietjie wil praat oor hulle fynere dinge sowel as skietkuns. het wel gesien daar is baie werk vir my in die afdeling! n Mens moet baie meer met jou handwapen skiet as wat ek nou doen.

Last edited by Wouter Roets on Thu Sep 06, 2012 10:13 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Wat moet ek doen?
Wouter
Ek dink ons almal of ek maak die fout gaan skietbaan toe en skiet net geweer pistool aan my sy skiet nooit met hom nie. Impv om meer met hom te oefen doen ek dit nie maar maak nou n punt daarvan om ook met hom te skiet. Het baie praktiese pistool in my jare geskiet maar nou skeep ek dit af. Sight picture sqeeze is maar wat werk vir my kry ook jou double tap mooi reg.

ek weet nou presies wat om te doen!
Kry vir jou 'n langer magasyn(e) sodat drie vingers en jou duim vashou in stede van twee vingers en die duim. Dit alreeds behoort die handgreep te vergemaklik - voor jy begin modifikasies doen.Hy is bietjie klein vir hierdie kloue van my so my pinkie hang so bietjie in die lug rond.
Die 1911 is gemaak in 'n verskeidenheid van kalibers en aksies en magasyne... watter een het jy ? Is joune enkel aksie of dubbel aksie ?Wie op die forum skiet ook n 1911? Sal graag bietjie wil praat oor hulle veinere dinge
Last edited by Fanie on Thu Sep 06, 2012 7:04 pm, edited 1 time in total.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Wat moet ek doen?
Naandse Wouter,
Jy kan 2 handwapens he een vir selfbeskerming en een vir sportskiet,die lisensies gaan redelik maklik deur.Jy hoef egter nie lid te wees van n skietvereniging om "occasional sport shooting" te doen nie.My voorstel sal wees gaan daardie roete
Groete
Kobus
(PS Jy kan altyd die 1911 gebruik vir jag......hehehe)

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Fanie
Re: Wat moet ek doen?
Ek wil iets se en ek gaan dit se.
Ek weet nie hoe insidente daar by julle verloop nie, maar hier by ons is die tipiese tydsduur sekondes dan is dit verby. Hier was gister 'n klient by my wat vertel hy kom aangery na die interseksie, en 'n ander motor trek voor hom in. Toe hy stop, die volgende oomblik voel hy iemand ruk aan sy deur (wat gesluit was) en hy hoor 'n dowwe slag. Toe hy voor hom kyk sien hy hoe ruk hulle die ou uit sy kar, spring in en jaag weg. Om die ou wat uitgegooi is vorm so groot rooi poel bloed to weet hy hy hoef nie eers uit te klim nie. Niemand het gesien waar hulle vandaan kom nie. Hi-jack is nie meer hijack nie, hulle skiet en vat net.
Ek het 'n buite alarm hier by my. Een van die kere lui my foon, dis my buurman, hy se daar's gewapendes agter in my erf. Hulle is klaar daar, net buite die alarm se reik, as iemand my nie gese het nie sou ek nie weet hulle is daar nie, ek kon buitentoe stap en dan was dit verby.
Die punt wat ek probeer maak is dinge gebeur vinnig. Daar is nie (altyd) tyd om te mik nie, en in baie gevalle kan jy nie goed genoeg sien nie of dit is te donker om te kan "mik" want as die lig op jou skyn is jy die teiken. Dit is waarom as jy jou handwapen vat en jy rig op iets sonder om te mik moet jy weet waar die punt gaan heengaan anders skiet jy die hele magasyn leeg en het niks verrig nie. Jy kry dalk net die een kans en as jy verbrou is dit verby.
Die ander ding is "attachments" soos lasers en flitse. Man, as jy nou wil he hulle moet jou vinnig uitskakel dan sit jy nou so ding op jou wapen. Die goed werk net in Amerikaanse films. As ek enige plek is en daar is 'n situasie en so liggie skyn op my dan beweeg ek en ek skiet daai liggie in sy sissie in. Iemand wat my sy teiken of iemand anders se teiken wil maak sit my in die lig.
Ek is geen kenner nie en ek se maar net wat ek weet en hoop iemand kom vir 'n slag nie slegste daarvan af nie. Dis ok as jy nie met my saamstem nie, jy doen wat vir jou werk, en al kry ek net iemand wat bietjie dink oor situasies dan help dit klaar.
Nog 'n wenk. As jy in jou voertuig ry (jy bestuur), sit jou handwapen aan jou regterkant sodat jy met jou linkerhand hom kan vat en na alle kante toe gebruik. As jy in jou voertuig sit kan jy nie jou wapen na regs met jou regterhand gebruik nie, dis die heel waarskynlikste waar hulle gaan wees. Hou jou deure gesluit.

Last edited by Fanie on Fri Sep 07, 2012 1:26 am, edited 1 time in total.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Wat moet ek doen?
Goeie raad Fanie 