Jakkalse teen draad.

Post Reply
User avatar
kierriie
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Sun Jan 29, 2012 2:57 pm

Jakkalse teen draad.

Post by kierriie »

Naand manne
Ek is nie n groot jakkals jagter nie,maar as hy voorkom kry hy maar maar n loodpil. Wil net weet hoekom die jakkalse teen die draad opgehang word na hulle geskiet word.
.22 Tyrol
223 Howa
308 Remington sps varmint
38 spesial.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jakkalse teen draad.

Post by Beretta »

J B  ;D ;D miskien
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Jakkalse teen draad.

Post by Freek »

Elke boer het seker maar sy redes maar ek kan ook nie verstaan wat mens daardeur wil bereik buiten om onnodige kretiek van "groener" weivelde aan te lok nie... Gee die instansies net meer skiet goed - "animal cruelty" ens,ens,ens...

Nee wat ek sou voorstel toon maar die nodige respek en begraaf die gesneuweldes.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Jakkalse teen draad.

Post by Danie01 »

Ek glo dat die jagter die jakkals teen die draad ophang vir die boer om te sien waar hy hom geskiet en hoeveel, dien as n bewys van sy jag. Baie boere het dit so gedoen, maar omdat groenes deesdae so baie kern sien ek al hoe minder jakalse teen die drade hang. Sommige boere sal die jakkals weer teen die draad hang om sy sukses te toon en ander boere sal sien hoe gelukkig daardie boer was, een dief minder. Ons boere is maar tog te bly as jy sien die buurman of wie ook al het n jak gedood.

Ek persoonlik het nie groot probleem daarmee nie, ons gooi ons skape wat in veld gevrek of gevang is op bosse sodat ons weet iemand het al die karkas gekry.

Moet eerder nie die jakkies teen drade ophang nie en ry maar self na boer toe en oorhandig karkas aan hom sodat hy dit kan uitbrand of begrawe.

Groete
User avatar
kierriie
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Sun Jan 29, 2012 2:57 pm

Re: Jakkalse teen draad.

Post by kierriie »

Soos wat ek dit nou sien is dat die jakkals jagters nie n etiese kode het met die jakkalse teen die draad hang nie. Het dalk gedink die ander jakkalse ryk hom en bly vir n tydjie weg.
.22 Tyrol
223 Howa
308 Remington sps varmint
38 spesial.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Jakkalse teen draad.

Post by G-force »

Skoonma moet ook biltong kry jong.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jakkalse teen draad.

Post by Eugene »

Terwyl ek hier lees, dink ek aan 'n gesprek wat ek en 'n vriend gisteraand gehad het.

Ons SA jagters het heeltemal te veel van 'n "jammer-ek-is-'n-jagter" houding. Nerens anders in die wereld vra jagters verskoning dat hulle jagters is nie. Hulle is trots daarop en gee nie om om daaroor te praat in die publiek of om fotos en videos daaroor te wys nie. Hulle vee bloot hulle g@tte af aan die groenes...

Ek het onlangs met 'n oorsese jagter, wat hier kom jag het, gesels en hy is baie verbaas dat ons jagters 'n "2de klas burger" houding hier het. Hy s? die groenes gaan 'n storie daarvan maak, of jy nou die bloed van die bok afvee voor die foto of nie, hy weet nie waarom ons soveel moeite doen om die groenes tevrede te hou nie, hulle gaan in elk geval die storie verdraai om hulle te pas...

Wat dink julle?

Groete 
Aim small, miss small
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jakkalse teen draad.

Post by NicoSmit »

Ek stem saam ek is al uitgek@k en gese ek is 'n moordenaar oor dat ek  jag deur mense wat sodra die biltong droog is dan kom met die hoe lyk dit met 'n stukkie biltong.My antwoord is dan gewoonlik gaan koop vir jou slaghuis biltong.Eendag is eendag dan gaan ek 'n bobbejaan skiet en van hom biltong maak en dan vir al my "winters vriende "van dit gee. Hoekom moet alles so still gehou word Ek het 'n  bumper sticker wat se I am a hunter get over it
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Post Reply