Baas Wout, Wicus, hier is die opvolg na aanleiding van ons vorige gesprek oor die TTSX'e wat nie wil reguit hardloop nie.
Die roer is soos volg:
Musgrave RSA in 30.06
Twist rate van 1:10
Loop lengte van 26"
PMP doppe met H2O van vuurformde doppe wat 68.6 grain
Lengte wat doppe terug trim is 63.2 mm
TPL van 88.4mm met 'n 0.3mm jump
S 355 55grain met spoed van 3020 gemideld
cci 250 slagdoppies
Koe?l is 150 grain Barns TTSX
Quote myself : "Van albei die grooter bokke wat ek gejag het, Waterbok en Gemsbok, het die koe?ls nie na wense presteer nie. Spoed is redelik vinnig by 3000 ftps. Die vleis skade is aansienlik en op albei die diere het die koe?ls nie reguit pentreer nie. Op die Waterbok, so 104 tre?, is hy in op die linker blad en moes agter die regter blad uitgaan, heelaas sit ek met 'n uitgangs wond in die laer nek Op die Gemsbok, so 120meter, was die skoot op die linker blad en moes op die regter blad uitgaan, plankdwars, raai wat, die uitgangs wond sit op die regterkant van die bok se skof Met die Barnse wat so die hele vol wil hardloop maak hulle baie meer vleis skade as wat nodig is"
Ek is nie die beste sketser onder die son nie, so wees tog maar genadig
Waterbok
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/WaterbokBoaansig.png
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterboksyaansig.png
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterbok3.jpg
Die ingangs wond op die skouer, die skapula is getref en daar het chaos geskied van daar af binne toe, let op die groot ingangs wond na die borskas.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterbok1.jpg
Die longe was sat van al die been vragmente gewees, let op dat die koe?l 90 grade gedraai het nog voordat die oorkantste ribbes gstref is.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Lepalala%202012/IMGP4315.jpg
Die uitgangswond aan die laer nek. die koe?l is onder die vel gevind en het letterlik op die grond geval terwyl daar geslag was.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterbok2.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Lepalala%202012/photo0099.jpg
Dan die Gemmie van vroulief wat ek ook een gegee het net vir ingaval hy wou v?r hardloop.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Gemsbokboaansig.png
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Gemsboksyaansig.png
Die kolletjie agter die skouer waar die ingangs wond sit aan die oorkantste sy, die uitgangswond is gemerk op die skof.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Gemsbok.jpg
Ek het ongelukkig nie foto's kon neem van die vleis skade nie, aangesien die bok op 'n ander perse?l geslag en gebreuk is. Die skour is mooi getref waar die kop en pootjie sit en van daar is die koe?l 90 grade na bo gedraai waar dit al langs die skapula beweeg het. Die skapula is mooi in twee gedeel en die regter blad was totaal en al gemors.
Ek weet nie, maar dit is glad nie wat ek van Barns verwag het nie. Die Hornady Interbonds wat ek al jare uit my nul kwes gooi het nog nie eenkeer so gemaak nie. Ek wil amper s? die Barns het my "gefail" hulle het glad nie na verwagting penetreer nie en vleis skade is masief. { Al is dit al die been vragmente se skuld}
Gooi maar julle komentaar, ek luister graag.
Mooiloop
Marc



