swarofski 10x30 of leica 10x32 verkyker?

Post Reply
bullseye

swarofski 10x30 of leica 10x32 verkyker?

Post by bullseye »

Middag manne

Ek sal graag wil hoor by julle wat al reeds een van die twee verkykers het watter een julle sou kies en hoekom.
n swarofski 10x30el of n leica 10x30 of 32(nie seker presies afmetings) ek weet swarofski het n adapter wat kan pas op verkyker wat vergroting kan verhoog maar is nie seker of leica ook een het nie.

Groetnis
Bullseye.
dirkdup
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm

Re: swarofski 10x30 of leica 10x32 verkyker?

Post by dirkdup »

Goeiedag Thys

Jy het ook omtrent die 2.5x Swarovski Doubler verneem en ek het nie
hierop geantwoord nie. Sover my kennis strek kan hy op al die EL
modelle gebruik word maar, ek sal regtig nie aanbeveel dat jy hom saam
met 'n 10x32 gebruik nie - die grote van hierdie verkyker se
"objective" (voorste lens slegs 32mm) is veels te klein vir die
vergroting (25x) Jou beeld gaan nie so duidelik wees nie.
As jy regtig die doubler saam met 'n 10x vergroting wil gebruik sal ek
voorstel dat jy eerder 'n Swarovski EL of  SLCHD 10x42 koop.
My aanbeveling sal egter wees dat jy 'n Swarovski EL/SLC HD 8.5 x
42/8x42 oorweeg en dit saam met die Doubler gebruik. Glo my, in
werklike terme gaan jy nie werklik beter met 'n 10x vergroting sien
nie. Ek vind dit eienaardig dat 'n 10x verkyker so 'n magiese
navolging het - amper asof mense aan 'n 10 as die volmaakte getal
dink.

Die keuse vanselfsprekend is egter joune.

Groete
Dirk
dirkdup
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm

Re: swarofski 10x30 of leica 10x32 verkyker?

Post by dirkdup »

Jammer Thys

Ek het nog iets vergeet.

Leica maak nie 'n doubler nie, maar wel twee Duovid modelle, die 'n 10+15x50 en die 8+12x42 wat soos jy kan sien, twee vergrotings in een verkyker bied.
Eersgenoemde wil dit voorkom, sal beslis te groot vir jou doeleindes wees.

Groete
Dirk
dirkdup
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm

Re: swarofski 10x30 of leica 10x32 verkyker?

Post by dirkdup »

Swarovski EL en Leica Ultravid HD 10x32 Verkykers

Hierdie mening is ?n rukkie gelede aan Bullseye gegee, maar het volgens my nie die forum bereik nie. Ek plaas  dit weer en vertrou dat dit dalk vir ander ook van nut mag wees. 

"...Jy mag dalk uiteenlopende menings omtrent die goeie en minder goeie eienskappe van hierdie twee verkykers kry en ek wil my daarom nie oor hul opties/meganiese sterk en swakpunte uitspreek nie.

Alhoewel ons almal dieselfde tonele waarneem  ?vertolk? elke mens se oog/brein dit subtiel verskillend  - vandaar die verskillende menings.

Met hul ho? vlakke van optiese verfyndheid is nie  een van die twee in die geheel gesien, merkbaar beter as die ander nie. Modelvariasie moet egter in gedagte gehou word - ons praat van verkykers wat omtrent dieselfde tyd vervaardig is.

Baie kan ges? word oor die feit dat die Swarovski beter in die hand voel of dat die Leica ligter is, maar selfs hierdie verskille is subjektief en minimaal.

Omdat jy heelwat geld gaan uitgee wil ek aan die hand  doen dat jy elk van hierdie twee verkykers  persoonlik onder o? neem en dan bepaal watter een die beste vir jou werk.

Miskien moet jou keuse eerder  deur aspekte soos na verkope diens en waarborgtydperke bepaal word.

Ek besit verskeie verkykers  waaronder Swarovski (Habicht/ SLC/EL) asook Leitz/Leica (Trinovid en Ultravid) modelle , en het oor die jare heen tot my teleurstelling ontdek dat die uitnemendheid waarop laasgenoemde se reputasie gebou was, nie meer is wat dit was nie.

Die waardering wat ek voorheen vir Leica se produkte gehad het (ek het ook ?n redelike versameling van hul ouer beeldvinder kameras) is erg gedemp na kontak met hul fabriek in Duitsland.


Ek herstel self verkykers, maar het vyf jaar gelede ?n betreklik nuwe Leica Trinovid 8x32 BN (wat nog onder waarborg was) aan hulle teruggestuur om ?n klein bietjie stof uit die linkerkantste  oogstuk te verwyder. Toe ek die verkyker drie maande later terugontvang het ek ontdek dat hulle nie eers die moeite gedoen het om die regteroogverstelling na te gaan voordat hulle dit teruggestuur het nie. Kalibrering van hierdie verstelling, na enige verskuiwing of vervanging van ?n lens, is algemene kennis by diegene wat gereeld met verkykers werk.

Leica was ook nie baie behulpsaam toe ek hulle by ?n ander geleentheid, via e-pos, omtrent die verkryging van ?n rubberhulsel vir ?n Trinovid 10x25 BCA genader het nie en sou dit self net teen uitsonderlike ho? koste vervang.


Hierteenoor het Swarovski ?n hele paar jaar gelede, ?n ou 8x20B model (wat ek tweedehands gekoop het) sonder enige koste van my kant, tot die nuuste spesifikasie herbou.

Hulle plaas ?n ho? premie op kli?ntediens en e-pos kontak met hul vriendelike personeel is ?n riem onder die hart.

Swarovski se waarborgtydperk van 30 jaar bly onveranderd,maar Leica het hul tydperk ongeveer 3 jaar gelede, na 10 jaar verminder 


Indien enige persoon sou wonder of ek vir Swarovski werk of enige vergoeding vir hierdie insette van hulle ontvang, wil ek bevestig dat dit nie die geval is nie.

Laastens , is die Swarovski 10x32 EL wat jy in gedagte het, die Swarovision model en dan ook, hoekom wil jy spesifiek ?n 10 x vergroting oorweeg?...."

 

Groete

Dirk         
Post Reply