Groot kaliber loop lengtes
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Groot kaliber loop lengtes
Manne, wat is julle groot kalibers se loop lengtes oor die algemeen?
Ek is baie lus om die CZ375 se loop korter te maak van 25" na 22"
Dink dit gaan die geweer net meer hanteerbaar maak. Kan nie verstaan hoekom CZ hulle so lank maak nie.
Wat is julle verwagting van groot kalibers?

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Groot kaliber loop lengtes
Jy vat liberties met skoonpa se geweer.
As ek PH was sou ek kyk na korter loop, maar vir gewone jag gaan die ekstra duime jou platter laat skiet as jy gemsie op lang afstand moet skiet.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Skoonpa het so ewe ges? dis reg 
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
DWB,
Los daardie loop tensy jy meer as 20 dae 'n jaar grootwild gaan jag kan jy hom maar net sowel los, jy kry meer spoed wat platter skiet beteken en wat meer handig inkom.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Jy sien, ek hou daarvan om in die ruigtes rond te hardloop agter varke aan 
Dankie, sal maar sien...
Dankie, sal maar sien...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Hier is jou man vir die varke !

Jy kry hom in 375 Ruger of 416 Ruger kort 20" met baie energie wat daar uit kom.
Rede vir 'n nuwe roer.

Jy kry hom in 375 Ruger of 416 Ruger kort 20" met baie energie wat daar uit kom.
Rede vir 'n nuwe roer.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Hehehe, ek is reeds besig om die opsies te oorweeg 
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Groot kaliber loop lengtes
DWB
As jy mag en wil, ek het my "ou" 375 H&H ZKK602 afgesny na 20 duim, en dis n heel nuwe geweer, skiet daar waar jy kyk, sal hom enige tyd afsny as ek jy is, jy gaan die verskil in spoed nie eers agterkom nie, maar die point en shoot geniet op die varke.....
My 2c....
Mooi loop
Francois
As jy mag en wil, ek het my "ou" 375 H&H ZKK602 afgesny na 20 duim, en dis n heel nuwe geweer, skiet daar waar jy kyk, sal hom enige tyd afsny as ek jy is, jy gaan die verskil in spoed nie eers agterkom nie, maar die point en shoot geniet op die varke.....
My 2c....
Mooi loop
Francois
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Dankie FM,
Jy verstaan my plan
Jy verstaan my plan
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- rudib
- Hero Member

- Posts: 754
- Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
My 375H&H en 450 Rigby is alby 22". Sou hulle niks langer wou gehad het nie. Hanteer baie lekker en skiet perfek.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Rudib
Lyk my jy het 'n storie om te vertel onder grootwild jagtogte met daai leeu in die foto
Lyk my jy het 'n storie om te vertel onder grootwild jagtogte met daai leeu in die foto
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: Groot kaliber loop lengtes
Ek het 'n CZ 416 Rigby. Ek het die loop laat afsny 22" toe, en ek is nie een oomblik spyt nie. die geweer hanteer baie lekkker en voel baie meer gebalanseerd.
Ek sal dit definitief aanbeveel.
Ek sal dit definitief aanbeveel.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Dit maak vir my baie meer sin as een met 'n 25" loop!
My nuwe 9.3x62 het 'n 20.5" loop
My nuwe 9.3x62 het 'n 20.5" loop
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
DWB
My .375 se loop is 21-duim lank. Skiet al jare so met hom, die wild kom nie die verskil agter nie. Die bietjie snelheid wat jy verloor is niks. Jy moet net weet waar jou geweer op verskillende afstande skiet en sie daar, geen probleem. Jy het nie so 'n vreeslike platskiet-ding nodig vir jag nie, in elk geval nie vir die .375 nie. Vir kompetisiegewere is dit 'n ander saak, maar nie vir die aanwending wat jy beplan nie.
Mooi loop
My .375 se loop is 21-duim lank. Skiet al jare so met hom, die wild kom nie die verskil agter nie. Die bietjie snelheid wat jy verloor is niks. Jy moet net weet waar jou geweer op verskillende afstande skiet en sie daar, geen probleem. Jy het nie so 'n vreeslike platskiet-ding nodig vir jag nie, in elk geval nie vir die .375 nie. Vir kompetisiegewere is dit 'n ander saak, maar nie vir die aanwending wat jy beplan nie.
Mooi loop
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Hallo Oom Koos,
ja nee ek stem, al CZ se groot kalibers het 25" lope...
Ek is 'n groot CZ aanhanger, maar wat wil jy maak met 'n 458 met 'n 25" loop? Dis sinneloos...
ja nee ek stem, al CZ se groot kalibers het 25" lope...
Ek is 'n groot CZ aanhanger, maar wat wil jy maak met 'n 458 met 'n 25" loop? Dis sinneloos...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Groot kaliber loop lengtes
Ek het die naweek weer die boek van Richard Harland gelees.
The Hunting Imperative
http://www.tagsafari.com/item/rp006_the ... +and+books
Hy het baie olifante met die 458 met 28 duim geskiet in baie ruie bos.
Hy het nie een keer gepraat dat die 28 duim loop vir hom n probleem was nie...
Nogal interesant...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Weet jy waar kan ek die roer aanskaf, en hoeveel sal hy my min of meer terug sit?Frederik wrote: Hier is jou man vir die varke !
Jy kry hom in 375 Ruger of 416 Ruger kort 20" met baie energie wat daar uit kom.
Rede vir 'n nuwe roer.
Veiligheid eerste manne!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Groot kaliber loop lengtes
Pierre,
My pel het in die week R12350 betaal!