Kort beskrywing en die fotos van die trippie.
Eerste plek dit is 'n lang pad en die plaas is so 45km verder uit Britstown uit, die plaas is nie te groot nie vir die area 5000 hektaar met 4 kampe. Daar is gewone springbok swart springbok, gemsbokke en swart wildebeeste asook steenbokke en volstruis om te jag. Die voorsit jagte werk beter met ten minste 6 manne. Die ou plaashuis waar ons gebly het het alles gehad wat ons nodig het en die elektrisitiet was deur kragopwekker.
Dit was my eerste regte voorsit jag alhoewel ek saam met 'n VSA klient lank terug dit naby Baufort Wes gedoen maar na so 2 ure se voorsit en 2 bokke later het die klient besluit dit is nie iets waarvan hy hou nie en ons het dit gestaak.
Ok nou omdat ek my baas nog so af en toe toewys maak met jag en veral omdat ons sou skiet oor langer afstande het ons besluit om saam te sit en an kan een range en call en die ander skiet amper soos om sniper te speel
Nou ja eerste dag het ons bietjie omkant gevang en toe ek sit en begin range toe is die bokke somer hier by ons en toe ons regmaak om te skiet toe sien hulle ons natuurlik en vat die pad. Na so uur kry ons toe nog 'n kans en my baas mis toe die kopskoot en die bokke is daarmee heen afstand was 180m. Na nog 'n ruk kry hy toe nog 'n kans en daar val hy toe afstand 160 meter.
Toe dit my beurt was toe mis ek ook kopskoot op 150 m en toe gaan staan hulle nie weer nie en dit was die eerste dag se kanse. Ek dink ons probleem met die eerste dag was om 'n ram uit te soek en nie die eerste kans te vat wat daar is nie. En natuurlik dat die bokke ons eweskielik omkant gevang het.
Dag twee was die dag dat ons uit is om die gemsbokke te soek ons was opsoek na mooi bul of 'n koei wat ten minste RW was 40" ons het kans gehad op 'n baie mooi koei en ons het weerskante van 'n rivier geloop en die drywers ook gebruik om die wild bietjie te laat beweeg. Ons het toe die koei wat op haar ie was laat gaan waartoe sy duer die ander manne geskiet was. Sy was toe baie mooi ou koei wat 112kg uitgeslag het met 38 1/4" horings dit was naby of ek het ja gese om haar te skiet. Maar bly ek het toe nie want ek wou seker wees dat sy RW maak. Die res van die dag was maar bietjie gemors omdat die ander man wat swartwildebees wou skiet gesukkel het en eers baie later ons kom haal het en ons nie bakkie gehad het nie.
Die aande was natuurik koud en die kuier was baie lekker met baie kos lekker vuur goeie geselskap en die vroegste wat ons bed toe was, was seker half twaalf.
Raait toe sou ons weer die heeldag sit vir voorsit en ons bsluit toe om naby die vlaktes maar ook die lekker ruigstes te sit naby die rivier sodat ons miskiuen kans kon kry op gemsbok. Maar die kamp is net te groot vir sulke min manne Marc was alleen in die middel en die bokke het om hom gedans maar toe kry ek uiteindelik toe my eerste kans en die 243 praat en die bok le toe stil. Die bestuurder besluit toe om ons te skuif binne middel toe omdat daardie man klaar sy kwota geskiet het en ons nog ver van hom was en die ander manne van die ander kant van die kamp ook maar rustig was. Dit was seker nie eers 20 minute vandat ons gaan sit het nie toe kom die eerste trop en my baas laat waai hy het toe besluit om maar lyfskote te gaan en daar val twee die trop weet nie waarnatoe nie en staan toe 80 m voor my ek kies toe ooi wat wegkyk van my af en 'n ander een wat langs haar staan maar ander rigting kyk die skoot was oop maar toe ek skiet val altwee.
Ek weet nie of die een haar kop gedraai het nie of die 180gr Spartan uit die 300 winnie van rigting verander het nie maar nou ja dit was gedeon. Ons het toe nog verder gesit toe donker toe maar he toe nie fotos van alles geneem nie. Maar ja dit was 'n wonderlike jagtog en daar was baie nuwe ondervindings ons beplan om weer volgende jaar vroeg in Junie te gaan.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1309.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1312.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1320.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1324.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1327.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1337.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1344.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1349.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1355.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1358.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1367.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1371.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1379.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1394.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT1400.jpg[/img]



