Idiale scope vir 223 rem.?

Post Reply
Horse master
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:45 am

Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Horse master »

Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Trevor »

3-9x42 is dood reg, brand name is maar n persoonlike keuse. Jy kan duur gaan of  goed koop soos nikko sterling,van die mense hou nie van dit nie en ander het nog geen probleem gehad nie, en jou geweer het nie baie recoil wat sal pla nie.
Horse master
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:45 am

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Horse master »

Dankie, sal dit definitief in ag neem...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by BLOK »

Baie welkom by die forum.

As ek jou kan raad gee gaan stel jouself eers by nuwe lede voor. Vertel ons effe meer van jouself en ek belowe die raad sal by die tonne instroom.

Om jou te antwoord oop die scopes, koop die duurste wat jy kan. Persoonlik dink ek op n 223 is 9x vergroting effe klein sal eerder iets in die lyn van 12 of 16 probeer dit hang seker maar af wat jou doel gaan wees met die scope en waar gaan jy hom gebruik asook of jy net in die dag gaan skiet of in die nag ook.

Om beter te help gee ons effe meer om van te werk soos jou budget en applikasie dan sal ons n beter voorstel kan maak.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Horse master
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:45 am

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Horse master »

Dankie...

Ek gaan ini nag en dag moet kan skiet, gaan nou plot toe trek en die meeste vrye tyd is ma ini aand jy sien....

Ek hou daarvan om n ding ver te kan skiet en dit sommer sag ook te kan doen, sal nog sien wat ek kan reg kry met n kneldemper, enige raad sal daar ook waardeer word....
Met die budget, ek dink een keer reg koop is die idee van die dag, so ek sal plan maak met die geld...

Nogmaals dankie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Hein M. »

Horse master wrote: Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
1.  Goedkoop Nikko's en MTC's en Tasco's
2.  Nikon, Burris, Sightron en Meopta is goeie waarde vir geld (minstens x12 vergroting).

SJ hier op die Forum is 'n Burris-agent.  Beter pryse en waarde vir geld sal jy nie op 'n ander plek kry nie!

Lees maar die posts hier goed deur.  Jy sal 'n idee kry. 

Hein M
Last edited by Hein M. on Mon Jul 23, 2012 1:44 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by BLOK »

Horse master wrote: en dit sommer sag ook te kan doen, sal nog sien wat ek kan reg kry met n kneldemper, enige raad sal daar ook waardeer word....
Search Terminator hier op die forum en jou probleem is opgelos in n kits.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Geno »

Hein M. wrote:
Horse master wrote: Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
1.  Goedkoop Nikko's en MTC's en Tasco's
2.  Nikon, Burris, Sightron en Meopta is goeie waarde vir geld (minstens x12 vergroting).

Lees maar die posts hier goed deur.  Jy sal 'n idee kry. 

Hein M
Eina........ :-\
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by BLOK »

Geno wrote:
Hein M. wrote:
Horse master wrote: Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
1.  Goedkoop Nikko's en MTC's en Tasco's
2.  Nikon, Burris, Sightron en Meopta is goeie waarde vir geld (minstens x12 vergroting).

Lees maar die posts hier goed deur.  Jy sal 'n idee kry. 

Hein M
Eina........ :-\

Reken dan Saterdag se bont skiet was nie omdat ek sommer in die dop gekyk het hoe vol hy is toe ek lading skat nie maar wel die scope.. Bwhahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Hein M. »

;D

Olraait, haal maar daai brand van die - van my - swartlysie af...

Sorry ouens - die volgende rondte is op my!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Piet Breedt »

Ek het n Burris Fullfield II 4.5 - 14 x 42 op my .223, en is baie tevrede. Hy kyk mooi in die nag, en stel baie positief en sy tracking is van die beste.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by MEERKAT »

Perde Meester

Rudolph het nuwe scope  8-32x56 T 3 reticle is heel verbaas hoe hy vergelyking met 8-32x56  Nightforce Np R 1 reticle.

Nikon het goeie scopes hulle moet net aandag gee aan hulle reticles , baie ver agter by ander scopes.
Stem saam met Piet oor die Burris , hulle moet net 'n 50 of 56 bell uitbring dws as hy nie reeds uit is nie.
Hoop jy kom reg
Knou goggas af
MEERKAT
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by junglejulian »

more aan almal!
ek beplan om ook einde van die jaar n 223 aan te skaf.ek werk op n klein budget omrede ek klaar besig is met n 6,5X 284 projek wat my geld redelik opvreet.ek het reeds n 243 en 308 wat geskik is en toegerus vir nagskiet ens. ek beplan om meer groeppering te skiet met die geweer en te gebruik vir die laaitjie se oefen.enige hulp en voorstelle sal waardeer word.ek redelik op enige van die volgende 3 besluit; leupold vx2 6-18 x 40 fyn kruishaar
                                                                                      vortex viper 6.5-20 x44 bdc
                                                                                      sightron sii 6-24X50 fyn kruishaar/mildot.

ek behoort redelik baie te stel aan die scope so sy tracking moet baie goed wees.
verder is ek nie seker of die sightron sii ook lifetime waarborg het nie.
ek kry reeds n siii premium 6-32 vir die 6,5 waaroor ek baie opgewonde is.
Last edited by junglejulian on Thu Aug 09, 2012 12:05 pm, edited 1 time in total.
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Umshwati Boy »

Leupold VX3 4.5-14x50 IR
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Vlakvark »

Ek sien die VX1 en VX2 het albei 'n upgrade gekry en kos nie meer as die oue nie. Weet nie of hulle al daar by julle uit is nie
Image
Image
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Pvdw »

Ek het 'n 2.5-10X op my 223> ek is speit ek het nie gespaar en vie 'n 14 of 16X gegaan nie, die 223 skiet lekker verder as wat ek nou mooi kan sien >:( >:(

Make sou ek ook dink aan Nikon Monarch, Burris FF II as jy onder R5000 wik bly maar dit hang af van jou budget.

Ek sal persoonlik niks onder so R3000 koop met 'n 14-16X vergrootting nie om daai deel van jou vrag te antwoord.
Ek gaan ini nag en dag moet kan skiet
Doen jouself maar 'n guns en koop van die begin af 'n 50mm objective lens. Sommige 42mm werk wel maar die 50mm is maar die antwoord as jy veilig wil wees.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Idiale scope vir 223 rem.?

Post by Monrique (SJ) »

Julian

Lekker projek waarmee jy besig is mater. Ek was egter aan die begin bietjie skepties oor die nuwe E1 reeks van Burris se teleskope, maar nadat ek van hulle gekry het en gesien het hoe hulle werk en kyk, is ek baie opgewonde. Ek het gedog dat die kruishaar besig sou wees in die 6.5-20x50 E1MV, maar die was toe nie die geval. Kruishaar is ook nou ge-ets op die lens en is lekker fyn vir teikenskiet en jag in die dag.  Sy prys is egter ook baie goed.

Sterkte met jou besluit.

Groetnis
Post Reply