Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post Reply
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by muishond »

Hoekom seat party koeels makliker as ander, maw met somige is daar minder druk nodig as ander om te seat.

Al die koeels wat ek gebruik meet ek die dikte met n vernier, al die doppe se nekwande is na dieselfde dikte gesny en ge- aneal.

Ek sal dit waardeur as iemand my kan help, want as die drukking nie dieselfde is om die koeel vas te hou, glo ek dat groeperings wel beinvloed word.

Groete
Muishond
Gerard

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by Gerard »

Klein afwykings in die 'neck tension' sal nie die groepering beinvloed nie want die nek laat die koe?l los voor dit in beweging kom.  Die feit dat jy die dopnekke sny sal waarskynlik meer bydra tot groter groepe as greep wat die nek op die koe?l het.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by muishond »

Dankie Gerard, ek verstaan, want ek vorm reeds my .243 ackley se doppe uit 3006 doppe om dikker nekwande te kry.

Muishond
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by Boertjie »

Muishond

Wil jy nie meer vertel hoe jy die 3006 doppe na 243 kry nie?Ek het n klomp 308 doppe wat ek 243 toe wil vorm.

Boertjie
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by muishond »

Boertjie

Ek sal verduidelik met graagte.

Die rede hoekom ek nie 308 doppe gebruik het nie is dat ek nog nie die regte nekdiktes gekry het nie, waar by die 3006 dop die nekgedeelte uit die skouer gevorm word wat relatief dikker is.

Dit is hoe ek maak.

Druk 3006 dop deur n 308 full size die- klein stukkies op n slag totdat shellholder teen " die " druk
Sny dop korter met n case  trimmer sodat dop 0.5mm langer is as .243 se kamer.
Druk dan die dop deur n .243 full size die ook klein bietjies op n slag tot teenaan.
Nou anneal jy die doppe
Druk nou die doppe deur Sinclear se expander die.
Die volgende ream ek die binne kante van die nek met n wilson inside neck reamer wat ek op my wilson case trimer gebruik.
Nou sny ek die nekwande met n outside neckturner sodat die dop se nek slegs 0.001 duim kleiner as die nekgedeelte van die kamer is as ek die koeel geseat het
Sny die dop korter sodat dit net 0.5mm korter is as die kamer.
Haal die burr af binne en buite die nek
Nou druk ek die dop deur Redding se bushing die, waar ek n bushing gebruik wat dan die nek nog 0.oo1 duim kleiner druk om die punt vas te hou. Die dop gaan dus 0.002 duim uitsit tydens vuur. In my geval is die doppe se nekwande 0.42mm duk.

Ek hoop dit help

Muishond
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by Boertjie »

Muishond

Baie dankie vir al die moeite, maar dit klink vir my of dit baie makliker sal wees om net nog 243 doppe te koop en te fireform na ackly toe.

Boera
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by muishond »

Boertjie

In jou geval waar jy 308 doppe wil gebruik sal dit nie so baie werk wees nie, jy druk net die doppe deur n .243 fullsize die, sny die doppe na regte lengte, en outside neckturn indien nodig. Dan kan jy die doppe anneal as jy wil.

Muishond
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by Silent Hunting »

Muishond,

Gelukkig bestaan daar nie iets soos 'n dom vraag nie. Wat is "Anneal"?

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by muishond »

Henk

Ek weet nie of ek dit dalk verkeerd gespel het nie, maar is die proses wat gevolg word waar doppe se nekke warm gemaak word sodat werksverharding voorkom word, maw die nekke word weer sag gemaak.
Ek dink die Afrikaanse  woord is " uitgloeing "

Muishond
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by Silent Hunting »

Dankie, sal maar vir eers aan "speel" soos nou. Die gaan nog 'n lekker speelietjie word.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by Boertjie »

Muishond

Moet hulle dan eers deur die standaard 243 dies en dan gefireform word na ackly toe?

Boertjie
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Vraag rondom die " seating " van koeels ?

Post by muishond »

Boertjie

Ja, as die dop klaar voorberei is, is dit n standaard .243 dop wat ek dan fire form. Ek kry noggal goeie akuraadheid tydens fire form.

Muishond
Post Reply