Loopwip

Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Loopwip

Post by andre007 »

More manne.
Iets waaroor ek al n rukkie wonder is waar presies die koeel is as jy die sneller druk, die geweerloop wip en jou skouer die "recoil" voel.  Die rede vir die vraag is dat jy ouens kry wat die linkerhand se kneukels wit druk soos hulle die voorkant wan die kolf vashou en dan die "bench" manne wat die voorkant van die kolf gladnie vasnou nie en dit eerder onder die agterkant van die kolf sit, hoop dit maak sin? Sal die posissie van impak verander met die genoemde metodes of nie?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Loopwip

Post by FHM »

andre007 wrote: Iets waaroor ek al n rukkie wonder is waar presies die koeel is as jy die sneller druk, die geweerloop wip en jou skouer die "recoil" voel. 
Teen daai tyd is daai loodpil al baie ver uit die loop uit. Interressant - sal die een dophou wat die manne se ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Loopwip

Post by Renier »

Dags? ouens

Ek skiet links met 'n .308 Musgrave (ou Bisley skyfskiet geweer met 'n dik loop) en ek het al albei tegnieke beproef. My ondervinding is dat hoe minder van my aan die geweer raak, hoe akkurater skiet ek ???. Ek vou my regter-arm onder die kolf en trek die sneller met die 1ste lid van my linker wysvinger. Die loop wip dan redelik hoog

Om die loop plat te druk met my regter hand, veroorsaak minder akkurate skote vanaf 'n bankie "bench".

Groete
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Loopwip

Post by LUAN »

Klink soos skiet tegniek wat gebruik moet word om spring windbukse akkuraat te skiet. Hierdie gaan n interesantwe topic wees. Ek weet daar is n website boxotruth of so iets wat al die goed toets en een van die toetse was om die geweer van n bench af te skiet en n groep skiet met loop wat rus op die bench en n groep met kolf wat rus op bench.
http://www.theboxotruth.com/
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Loopwip

Post by jacojrdn »

Ludwig

Stem saam met jou, ek dink die rede hoekom jy konstant kan skiet is omdat die lading konstant die selfde is en die wip in die selfde posiesie ook. Dit is waarom party manne se roere op n ander plek skiet in prakties veld omstandighed as op die bench.

Net my gedagtes.

Jaco
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Loopwip

Post by FCLoretz »

Ludwig wrote: Die video is ongelukkig nie stadig genoeg nie, maar as jy mooi die beweging van die tromp dophou, en sien wanneer die gasse uitkom, kan jy die fraksie waarneem waartydens die tromp beweeg, en die koeel nog nie die loop verlaat het nie

http://www.youtube.com/watch?v=PoyeX2IhV_M
Ek dink hierdie video sal beter help.

http://www.youtube.com/watch?v=AqgPu9gS ... ure=relmfu
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Loopwip

Post by FHM »

Ludwig wrote:
FHM wrote:
andre007 wrote: Iets waaroor ek al n rukkie wonder is waar presies die koeel is as jy die sneller druk, die geweerloop wip en jou skouer die "recoil" voel. 
Teen daai tyd is daai loodpil al baie ver uit die loop uit. Interressant - sal die een dophou wat die manne se ;)
Hoe weet jy dit?  In videos wat duisende kere verstadig is, is dit duidelik dat die tromp al begin lig agv van die kragte, nog voor die koeel die loop verlaat het. Sal bietjie kyk of ek dit kan kry.
Ludwig dis waar ek dit gesien het - op stadige aksie videos - en ek kan sweer daai koel is lankal oppad uit die loop en dan lig die loop eers. Moet mos wees anders skiet ons almal n meter bo die teikens - of hoe verstaan ek dit nou - help ! :-[ ....of wag so bietjie...die oomblik as die kruit in die dop ontplof is daar n reaksie in die teenoorgestelde rigting, nou met "every action have an immediate and opposite reaction" in gedagte, dit beteken wel dat die geweer terugskop en die loop sal beweeg voordat daai koel uit is..of het ek nou myself ge skaakmat hierso...? ???
Last edited by FHM on Fri Jul 20, 2012 12:02 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Gerard

Re: Loopwip

Post by Gerard »

'n Geweer skop in twee fases.  Eerste is wanneer die koe?l van dop na tromp beweeg.  'n Tipiese jaggeweer beweeg ongeveer 3mm in die eerste fase.  Die tweede is wanneer die koe?l ontprop van die tromp af. Die tweede fase is waar die geweer eintlik skop want die gas wat vorentoe spuit, laat die geweer agtertoe beweeg.

Hoe minder gas vorentoe spuit en hoe laer die gasdruk is by die tromp, hoe minder skop die geweer.
KC

Re: Loopwip

Post by KC »

Die koeel is nog op pad in die loop as die loop begin beweeg.

Iets interessants met n handwapen skiet jy hoer met n stadiger projektiel as n hoer spoed een.

Die rede is dat met die stadiger projektiel die loop meer kaans het om opwaarts te beweeg voor hy die loop verlaat as met n vinniger projektiel.

Groete
Kobus
Gerard

Re: Loopwip

Post by Gerard »

Dit is meer merkbaar met handwapens en met gewere wat baie val op die kolf het want, die punt waar die wapen vasgehou word of teen die skouer rus, is onder die lyn van die loop.  Hoe verder die punt onder die looplyn is, hoe meer sal mens dit sien.

Hoe meer reguit die kolf is, hoe minder is die lig van die loop soos wat die koe?l in die loop af beweeg.  Op sommige kompetisie gewere soos die 'railgun' hieronder gebeur dit glad nie.

[img width=560 height=327]http://i1021.photobucket.com/albums/af3 ... r377-2.jpg[/img]

Die verskynsel van ho?r skiet geld ook net vir die deel van die trajek waar die koe?l nog klim.  Wanneer die punt bereik word waar die koe?l oor die hoogste punt van die trajek beweeg het en begin val, sal dit op 'n stadium laer skiet op die teiken.
Post Reply