PH kurses

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: PH kurses

Post by Geno »

Gerhard wrote: As jy n akasia boom in Pretoria skop val daar 6 "PH's" uit die boom.
Dan moet jy sien hoeveel val uit daai boom uit in Ellisras!
Goed, beter, 6millimeter!
Martin1
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Thu Feb 09, 2012 12:57 pm

Re: PH kurses

Post by Martin1 »

Dankie vir daai eerlikke woorde gerhard ek sal kyk waar ek kan inkom
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: PH kurses

Post by Jakkalsgat »

Martin

Ek moet met Gerhard saamstem om PH kursus te doen en te dink jy gaan nou boer gaan nie realiseer nie, daar is baie mens met grade en diplomas in wildsplaas bestuur wat nie werk kry nie.

Onthou net jy kan jou drome najaag! " 'n droom sal net 'n droom bly tot jy self iets daaraan doen"

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
stan man

Re: PH kurses

Post by stan man »

ja boeta!! ons droom groot,maar gelukkig jaag ons nog ons drome na!
Fanie

Re: PH kurses

Post by Fanie »

Ek wil ook 'n eiertjie le oor ph's.

Daar is niks meer irriiterends en frustrerend as die 'ph' 'n koolkop van die straathoek af is wat nou 'n uniform aan het eh hy het nou 'in charge' van jou geword nie.

Ek is nou nie die grootwild jagter nie maar die laaste 'ph' wat ek gehad het was nie 'n ph se gat nie.  Ek het die man nie vertrou nie en veral nie agter my nie en hy't geloop asof ons 'n trein moes vang.  Ek dink hy was net haastig om terug by die huis te kom en het nie veel omgegee wat sy werk was nie en ek het gevoel ek sou beter af wees sonder hom. 

Ergste is as hulle eers begin skimp vir ekstra betaling vir gunste dan pluk my mo3r sommer vinnig veral as daar reeds 'n ekstra dagfooi is wat in sy sak ingaan.  Hierdie is natuurlik as gevolg van ouens wat te veel geld het en die ph probeer koop om tog net iets te kry.

My opinie is daar is seker nie 'n tekort aan ph's nie, maar aan goeie ph's beslis.  Die probleem is hoe vertel jy dit vir die boer, as hy dit erken hoef jy by implikasie nie sy werker te betaal nie, hy moet, en jy trek sy oordeel in twyfel.  Jy betaal dan ook dagfooie ens wat jy nou verloor oor die ph nie 'n ph is nie.

Ek dink dit sal beter wees as 'n boer minder maar goeie ph's het, al skiet daar minder mense, ten minste sal hulle wil terugkom as die ondervinding reg was.  Ek wil nie weer so ondervinding he nie so die' sucker is een maal genoeg gevang daar, sal eerder elders anders heen gaan volgende keer.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: PH kurses

Post by JACQUES BOTHA »

Fanie
Klink vir my jy het n jagbegeleier en opasser gehad----
weereens As ek jou n wit bladsy wys met een swart kolletjie in die middel :
En ek vra jou wat sien jy raak?
Gaan jy 99.9% vir my se die swart kolletjie... en nie die wit blaai nie---So werk dit maar in daai wereld
my mening Hoeveel keer het jy al met n PH gejag?
1 keer ? ok dit gee jou reg tot jou opinie , maar nie om die beroep te veroordeel of te veralgemeen  nie...
Om jou vrae te vrae is reg -- maar net so om antwoorde te kry  of hoe?
Groetnis
JB
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply