Ek ry toe Saterdag oggend die veld in om te kyk of ek die gekose bokke kan kry , en net so 5 min in kry ek toe een. Die rangefinder se toe 100m tot by die bos voor die bok, en ek kan toe net die bok se kop sien , so ek besluit toe om vir die kop te gaan. Ek maak toe droog en lig bietjie die Hornet (130m zero) en skiet toe n horing af.
Ek is toe bietjie in die moeilikheid, want die ander manne is almal dorp toe, en al is dit n klein kampie (1200ha), om n kwesbok met n bakkie alleen agterna te sit sal nie werk nie so ek los toe die bakkie en gaan te voet. Toe die bok die 2 de keer my sien en geepad voor ek binne skietafstand is sien ek toe dat ek ander plan moet maak. Ek stap toe wyd om hom en bekruip hom toe oor die koppie waarheen hy oppad is. Boop die koppie moet ek toe later my skoene uitrek om te keer dat die los klippe te veel raas , en ten spyte van dit kon ek nie nader as 200m kom voor die bok toe onrustig begin raak nie.
Ek vat toe die skoot, maar gaan toe vir die blad aangesien die .22 Hornet nie baie vleis sal mors nie.
Die bok val toe op die plek. Die Hornet koeltjie het n rib gebreek met die ingaan , an aan die anderkant het hy die skouer been vergruis.


Ek eht GSCustom punte gelaai , 35 gr teen 2800 fps. Daar was sotese geen vleis skade of bloederigheid nie , net die stukkies been in die blad.



