Wie skiet met wat?

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Wie skiet met wat?

Post by Nico Harris »

Dit is vir my altyd interessant om te sien watse gewere en kalibers ander mense skiet as ek skietbaan toe gan of jag. so ek dog ek sal hoor wat julle manne skiet. want van wat ek lees skiet julle jakkals jaagers net pee shooters :o ::) :P (grap net). Maak n kort lysie van wat jy skiet! ek sal begin...



groete

Nico Harris
Last edited by Nico Harris on Wed Jan 06, 2010 11:28 am, edited 1 time in total.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Christo »

net ordin?re gun's( laaik hulle nogal ) maar sal hulle almal more inruil op een .50 Barrett.

;D
Last edited by Christo on Wed Jan 06, 2010 9:21 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
theterminator

Re: Wie skiet met wat?

Post by theterminator »

Jis Manne

Ek wil nie 'n spanner in die works ingooi nie maar let op na die volgende:

Hier word nou lyste van manne en dames se gunne opgesit,  dit is nie net eerlike forumlede wat deur die forum lees nie,  daar is verseker kriminele en hulle is nie altyd anderskleurig nie. Die meeste lede wat jakkals skiet is vir lang tydperke uit huis en kan die manne dan na hartelus affermative shopping doen.
Dit is nie baie moeilik om uit te vind waar 'n lid bly en dan die nodige te doen of te reel nie.
Wees baie versigtig wat se inligting julle so in die openbaar voor almal uitstal,  dit kan moeilikheid veroorsaak.
Danie ek weet jy het goed bedoel,  in 'n perfekte wereld sou dit lekker gewees het om te hoor waarmee almal skiet,  maar helaas ons bly in 'n baie deurmekaar wereld.
Ek wil vra dat hierdie onderwerp van die forum verwyder word

Sorry manne

Clarence
User avatar
RIEMPIES
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by RIEMPIES »

Dagse ouTerrie ek stem saam met wat jy praat Danie het gevra waarmee skiet die manne en nie om te 'brag' wat in hul kluise is nie en ja daar is n veiligheids risiko aan verbonde dit is so goed ek se daar is n G6 in my drive way ek wonder dan nog vir hoe lank!!!!!!
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
Danie Lombard .243

Re: Wie skiet met wat?

Post by Danie Lombard .243 »

GOOD MORNING.

Ja ou Terminator en Rieme. Jul praat waar. Stem saam dat dit gestop moet word.

EK HET NIE DIE TOPIC BEGIN NIE >:( >:( >:(NET SAAM GESELS MET HARRIS 30-06 EN ANDER FORUM LEDE.

Ons wetsgehoorsame burgers en jagters dink altyd soos wetsgehoorsame ouens. Ons koppel dus ons doen en laate aan goeie en eerlike pretensies. Ons moet serkerlik begin dink soos die kriminele en dan sal dit seker beter gaan met ons ouens.

MODERATORS, verwyder dus die TOPIC, sodat ons voortaan kan deel in relevante geselsies wat verband hou met die ondertoon van die forum wat aanklank vind by lede. ;)

GROETNIS
Danie
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Nico Harris »

JAMMER!!! HAAL DIE DING AF VOOR DAAR MOELIKHEID IS!!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by JACQUES BOTHA »

TERM.
WELL DONE EK HET STIL GEBLY OM NIE TE STIR NIE, MAAR DALK WAS DAAR MANNE WAT WOU OPSIT, MAR DIS BETER AS JY DIT N PM DOEN AS JY WIL.
SELFS RIEMPIES HET N SINLIKE GROOT GEWEER WAT HY LIEWER OOR WOU SWYG..
SOET WEES
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Nico Harris »

HI

kan een van die moderators asb vir die topic afhaal? ek is jammer oor die slegte keuse van onderwerp. as ek weer dalk in die toekoms n onderwerp kies wat on van pas is voel asb vry om my te se. ek het die forum ge join om met mense met die selfde belangstelling te chat en hulp en advies ook te kry. dankie dat julle my reg gehelp het met daai blapsie!!

groete

nico harris
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
tafjak

Re: Wie skiet met wat?

Post by tafjak »

Nico

Ek dink(wetie) die topic kan bly, manne kan nogsteeds vertel wat hulle skiet en hoef seker net nie 'n lys van wapens besit te pos nie. Ek glo nie die idee was verkeerd nie en kan nog 'n lekker topic word as die manne voor-en afkeure gee oor sekere kalibers.

Jy kan self jou eerste pos "modify" om dit so aan te pas. Die topic kan ook nie verwyder word nie, net gesluit word. Terminator kan lekker vertel hoe bou mens gewere wat werk en watter kalibers hy dink die maklikste skiet. Danie243 kan ook sy waardevolle insette lewer en ek en Jakes kan stry oor Ugly's en Bonzai's.

Ek leer ook by jou en wil graag weet wat dink jy van die Conquest scopes. Hier gaan dit nie net oor kalibers nie, lyk my scopes en knaldempers het ook 'n plek hier.

Om die topic skoon te hou kan die ander posts ook deur hulle base self ge-"modify" of verwyder word.

Mooiloop amper soos leeuloop
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by JACQUES BOTHA »

ON SECOND THOUGHTS. OOM BRITS  HOE SPEL MENS DAAI WOORD?
HIER IS OOK NIE REGTIG ADRESSE VAN HUIS OF SO IETS BY NIE.OOK NIE PLAASNAAM NIE.
DIS MOEILIK OM VANAF N EPOS N ADRES TE LOCATE
JY KAN SLEGS DIE MASJIEN SE ADRES OPSPOOR INDIEN JY ADMINISTRATOR IS, SO JY AS ADMININSTRATOR KAN SIEN AS EK VAN 1 MASJIEN AF 3 SKUILNAME GEBRUIK ASOOK VAN WATTER MASJIEN WATTER SKUILNAAM INTEKEN.
MAAR MOET MAAR NET NIE JOU HELE ARSENAAL HIER SIT NIE, SIT JOU FAV GUN HIER AS DIT NIE N 243 IS NIE, IS JY VERPLIG OM JOU KALIBER IN TE SIT EN MAG ENIGE OU ERKEN HY WIL GRAAG N BONZAI 243 HE..
GOOI GROOT EN GOOI RAAK
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Nico Harris »

dankie manne! nou voel ek sommer stukke beter! persoonlik sal ek eerder n 25-06 as n 243kie vat- ek het lank n 250 savage geskiet en hom baie geniet! die 25-06 is vir my tweede beste oor hy amper dieselfde is. tafjak- ek gebruik die een conquest al vir drie jaar en die ander vir n jaar- wat my laat besluit het op hulle is die eye relief- selfs my 30-06 raak my oog bank saggies elke keur ek skiet toe hy nog n lynx op gehaad het. nou skiet ek tot my pa se 375 sonder dat ek hom hoef styf vas te hou. hulle is ook lekker helder en werk lekker in swak lig as ek bosvarke skiet-die beure is baie lig sku- selfs al gebruik jy n dimmer! ;D
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
tafjak

Re: Wie skiet met wat?

Post by tafjak »

Nico

Het jy al groeperings met die Conquest probeer. Wat ek eintlik wil weet is of die zero skuif op hulle. Nog nie veel van darie scopes gehoor nie, maar dit kan my help en miskien vir ander ook. Die Conquest se prys is so lekker sakpas.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by Tomcat »

Harris 30 nul kwes
Harris30-06 wrote: persoonlik sal ek eerder n 25-06 as n 243kie vat-
Jy sal wel nog jou fout agterkom. Party ouens leer net vinniger as ander......

Groete
T
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Christo »

Ek hoop ek's wakker as die "nut" wat my post gelees het vir sy eie gewin kom kuier.

Daai barrett wag.

>:(
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Nico Harris »

taffie...

kry op die oomblik konstant 20mm groeperings met my 9.3 en 15 is wat ek met my 30-06 kry- hulle kan seker beter maar die drywer bewe bietjie teveel. het nou al 300 skote met die 30-06 met dieselfde zero en 68 met die 9.3 . dis n paas in my boek. my pa gebruik die 3-9x40 op sy 375 en het nou ook al 98 skote met die selfde zero- al 3 gewere net een keer ingestel!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by JACQUES BOTHA »

TOMCAT:
GEE 321 REDES ANDERS BLY EK BY DIE 25-06..
1STE KEUSE IS NATUURLIK DIE BONZAI 243 NE , ONS STRY NIE DAAROOR NIE OF HOE?
GROETE
JB
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Louis102 »

JACQUES BOTHA wrote: GEE 321 REDES ANDERS BLY EK BY DIE 25-06..
1STE KEUSE IS NATUURLIK DIE BONZAI 243 NE , ONS STRY NIE DAAROOR NIE OF HOE?
Tomma

Sommige hardnekkige manne wat statistiek aanhang en hulle daarteen blindstaar is te koppig om die praktiese implikasies van verkeerde keuses te erken of te herken.  So praat 'n man ook eers die aangehaalde nommers hierbo in die praktyk probeer het.  243 redes prakties getoetsde redes is steeds beter as 321 statistiese redes.  Maar Jakes hou mos daarvan om "sy meisie op sy manier te vry" (waarmee daar mos nou nie fout is nie)  Ek is egter oortuig dat dit nie die lekkerste of beste manier van "vry" is nie.  My jakkalse is seker die meeste spyt dat ek my fout agter gekom het.  Hulle weet daar moet nou lig geloop word, want die baas het nou 'n roer waarop hy kan staatmaak.

Nou hoor ek van 'n sekere bonzai wat gebou gaan word deur 'n man wat die probleem lankal onder die knie moes gehad het?  Wonder wat hy met 'n bonzai wil maak?  Ek vermoed daar kom 'n fout in die wind.

243 groete
Louis

Ns. Is nou terug en gaan my bracket vandag optel, sien hy is hier.  Miskien sien ek nou ook die lig. ;)
Goeie dade oortref goeie woorde.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by DSBW »

Hallo Louis, welkom terug, rykgatte hou mos vakansie oor Desember, en die voetvolk bly by die huis. Die groot vraag: Het y al reen gehad?

Groete, en 'n baie mooi jaar vir jou!

Dawie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU.
EK EN JY MOET NOU NIE DIE JAAR WEER VERKEERD BEGIN NIE... WATTER REDE GAAN EK AANVOER AS EK N JAKKALS MISSKIET ? DIE WINDJIE WAS NET TE STERK VIR MY KRUPPEL2 KIE OF AS EK NIE DAAI GRASSIE GETREF HET NIE,,,,?????
MOOI JAAR VIR OU OOM LEEU. MY VROU SE EK SOEN NOG OK MAAR MY MEISIE SE HAAR VASTE KEREL SOEN NOU LEKERDER...
EK WONDER SOMMER SO VIR N TYDVERDRYF VRAGIE HOEVEEL SKOTE GEMIDDELD VAT N 243 TEENOOR N 25-06...
DIE OUENS MET BAIE  PROBLEME  WAARVAN GELD NIE EEN IS NIE SKIET 25-06, WANT EK VERMOED VIR ELKE 3 LOPE GAAN JY NET 2 MET DIE 243 UITSKIET?
SO DIE 243 OUENS GAAN MINDER PLESIER HE OM NUWE LOPE IN TE SKIET OF HOE ?
LAAT WEET AS JY JOU STOEL GETOETS OF GEMODIFY HET.....ASB
DANKIE VIR JOU PLACKERS.. EK GAAN VANDAG DIE LAASTE KLOMPIE AFGEE, VAN MY 'HELFTE' SAL ALMAL DAN UITGEDEEL WEES WEES. EK MOET DALK NET N PAAR UITHOU VIR DIE KURSUS OP PHILIPOLIS....
SOET WEES
JACQUES  
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Louis102 »

Fox Driver wrote: Hallo Louis, welkom terug, rykgatte hou mos vakansie oor Desember, en die voetvolk bly by die huis. Die groot vraag: Het y al reen gehad?
Dawie

Jy's reg oor die rykgat gedeelte (veral as ek so paar dae nie gestort het nie)  Die rykdom waarna ek dink jy verwys is mos baie relatief.  Dit gaan eintlik nie oor die hoeveel geld wat 'n mens het nie, maar eerder oor die omvang van jou behoeftes, is dit nie?  M.a.w. as jy bedoel dat ek 'n man met baie beperkte behoeftes is, beskou ek dit as 'n kompliment.  Maar as jy bedoel dat ek baie geld het om in Desember vakansie te hou, maak jy 'n foutjie.  Die "vakansie" soos jy dit noem was om by my Pa te wees tydens sy 80 ste verjaarsdag.  Dit is 'n voorreg om hom nog blakend gesond te kon belewe en sy kleinkinders by hom te sien.  Vir ons almal was dit tye om te koester (so, ja eintlik is ek 'n rykgat, nou dat ek daaraan dink)

Nee, oor die reen.  Buurplase het sommer goed (groot) reen gekry, maar my besigheid het net druppels ontvang.  Ek is egter nog nie bevrees nie, want hier het ek agter gekom dat ek eers einde Maart/begin April ernstig bekommerd moet begin raak.  Al gewoond dat die ander manne voor my uitgehelp word, hulle behoeftes is seker groter as myne  ;)  As ek so luister moes Waterval seker ook in die "groot reen" kol geval het?

Mooi jaar, wanneer sien ons jou permanent hier onder?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Louis102 »

JACQUES BOTHA wrote: EK WONDER SOMMER SO VIR N TYDVERDRYF VRAGIE HOEVEEL SKOTE GEMIDDELD VAT N 243 TEENOOR N 25-06...
DIE OUENS MET BAIE  PROBLEME  WAARVAN GELD NIE EEN IS NIE SKIET 25-06, WANT EK VERMOED VIR ELKE 3 LOPE GAAN JY NET 2 MET DIE 243 UITSKIET?
Jakes

Nee man, ons weet mos waar ons met mekaar staan.  Hoekom sal ons nou die jaar verkeerd begin?

Oor die lope se uitskiet sal ek net dit s?.  Ek vermoed dat ek minder skote met my 243 gaan skiet omdat ek meer akuraat daarmee is as met my 25-06.  So dalk hou die 243 se loop langer?

Lekker jaar.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by Tomcat »

JACQUES BOTHA wrote: 1STE KEUSE IS NATUURLIK DIE BONZAI 243 NE , ONS STRY NIE DAAROOR NIE OF HOE?
Mister Botha

Jy moet maar eerder jou 22 250 by sy naam noem anders kan ek dalk dink jy is jaloers ;D

En nee ek sal nooit met die dik baas en die groot kuite stry nie, kom kyk maar die prakties..........

Groete
Reierkuite
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by Janjak »

oom Leeu,
jy laat my nou dink aan een van Tolla se stories.
Die twee buurmanne wat by die draad staan en gesels toe dit begin reen.
Die een se toe vir die ander een "klim liewers deur die draad na my kant toe want jy gaan papnat reen daaikant".
User avatar
RIEMPIES
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am

Re: Wie skiet met wat?

Post by RIEMPIES »

MMM! Ou Tommie wie is vettie met die dun kuite!!!!
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Wie skiet met wat?

Post by DSBW »

Louis

Jy is "spot on" met jou opmerking oor relatiewe rykdom. Ek het maar meerendeels gespot met my aanvanklike opmerking, maar ja, die meeste ouens wat suksesvol en gelukkig op 'n plaas is, veral in die Suide van ons land, is in elk geval "ryk" mense vir al die regte redes, wat nie noodwendig oor geld gaan nie.

Het onlangs ook my ma se 80ste gehad, voorwaar, mens is ryk as jy dit nog kan doen/meemaak. Ek het so tussen 10 en 20 oor die hele plaas gehad, meerendeels sagte reen, ek is dankbaar oor elke druppel, maak nie saak hoeveel nie, die Grootbaas weet hoe om Sy tuin nat te lei, maar ek dink ons reen kom, het net so 'n idee.

Jou .243 sal hou, jy het een van daai Walther lope van Sven Ahrens op? Hulle hou, maak hom net skoon, en hou hom koel!

Groete

Dawie
Post Reply