Lee Anniversary Reloading kit

Post Reply
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Lee Anniversary Reloading kit

Post by Trevor »

Naand julle,

Ek dink my tyd vir herlaa het aangebreek.

Agra hier by ons het nou 'n special aan op die Lee Anniversary Reloading Kit vir R1699.95, is dit 'n oraait kit om mee te begin? Wil nie miljoene spandeer en dan hou ek nie van herlaai nie.

Wat is die catch? Wat moet nou nog by gekoop word of herlaai jy dadelik met nie kit?
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by vlakvark1 »

Boskind as ek mag :-\ . Ek wil nie jou post hijack nie :angel: maar sal ook wil weet wat koop mens als en wat is die kostes om die nodige items aanteskaf om te herlaai ??? ???
Last edited by vlakvark1 on Fri Jul 13, 2012 7:27 pm, edited 1 time in total.
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by BRNO (Pierre) »

Ek dink as jy nog bietjie rond shop, kan jy dalk die kit vir bietjie minder selfs kry. Jou DIE set gaan nog n paar honderd rand kos, en dan ander verskeie klein "tooltjies" wat ek dink nie saak maak wat jy mee begin nie, hulle is net so lekker om te koop, en te kyk hoe dit werk. ;)

Ek het my stel ongeveer ses maande terug gekoop, dus kan ek nie se of dit verewig gaan hou of nie. Hier is verseker van die baie grys baarde wat al gese het dat hulle steeds met hulle eerste Lee stel laai. Ek dink dit is n goeie begin as jy nie die verskil in prys van ongeveer R2500.00 nou het wat n duurder RCBS of so iets jou gaan kos nie. Ook n goeie stel om te kyk en agter te kom wat jy nog jou lewe lank mis.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by Trevor »

vlakvark1 wrote: Boskind as ek mag :-\ . Ek wil nie jou post hijack nie :angel: maar sal ook wil weet wat koop mens als en wat is die kostes om die nodige items aanteskaf om te herlaai ??? ???
Nee wat daar is nie fout as jy ook vrae wil vra nie. Gooi maar!

Ek het gewoonlik maar alleen geskiet, bedoelende ek en die seun met my gewere, maar nou dat hulle, hulle eie gewere gaan kry (eendag as die lisensies klaar is) sal ek moet begin kyk na herlaai, want hulle gaan my bankrot skiet!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by tripodmvr »

Jy sal meer as akkuraat genoeg laai met die Lee stel. Vandag dieselfde gesien vir R1852 plaaslik. Soos mens meer leer vul jy maar jou toerusting aan.

Ek wil voorstel dat jy by 'n ervare herlaaier gaan loer om te sien waarmee hy sy lewe vergemaklik het en ook om die fynere kunsies te leer. Jy is ook meer as welkom om hier vrae te vra. Ek herlaai al lank maar leer daagliks by hierdie fontein van kennis.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by Cobus(Cobb) »

R1600 is baie, myne was R1050....jy gaan die balkie skaal weggooi en moet vervang en dribler bykoop.....Baie gaan jou vertel 'n aluminium press is twak v/d duiwel...myne werk mooi
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by tripodmvr »

Ek sie almal kla oor die balkieskaal, maar as jy hom teen ander toets vaar hy nie te sleg nie. Ek het myne altyd woes laat wipplank ry om hom konstant te laat gooi. Tog het ek goeie groepe tydens sy gebruik geskiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
rakker
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 17, 2011 4:40 pm

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by rakker »

My eerste herlaaistel was die Lee aniversary stel gewees. Gebruik dit vandag nog. Ek het egter nooit van Lee se balkie skaal gehou wat saam kom nie. Ek het net vir my n RCBS balkie skaal bygekoop.
Gerard

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by Gerard »

Besluit eers of jy wil herlaai deur by iemand anders te laai en touwys te word.  Baie herlaaiers wil nie ander help nie want hulle herlaai wanneer hulle tyd het en om tyd te spaar.  Dit is verstaanbaar.  Baie herlaaiers laai omdat hulle dit geniet en hulle het tyd om ander te help.  Soek so iemand en verstaan as die man in die eerste groep val.

Jy moet die volgende kry:

Pers:  Koop die beste wat jy kan bekostig en koop een wat 'n bietjie gewig het.  Die pers moet meer as twee keer die boks waarin dit verpak is, weeg.
Matrysstel: Koop een wat ordentelike sluitringe het wat positief sluit.  Dit is belangrik en 'n stel wat met rubberringe sluit &%$#@! (Skuus). Die matryse behoort met 'n shellholder te kom maar, as daar nie is nie, kry die regte shellholder vir jou kaliber.  Nie een 'wat sal werk nie', die regte een.
Slagdoppies: Kry 'n masjien wat die slagdoppies in die doppe insit.  Een wat met die hand werk sal oppak.  Kry een wat op jou pers of op die werksbank monteer.
Skaal:  'n Balkskaal wat nie van plastiek gemaak is nie sal werk.  Enige fabrikaat.  As jy 'n elektroniese skaal koop, spandeer meer as R1400.00.  Goedkoop elektroniese skale word deur 'druggies' en ongeslypte diamant smokkelaars gebruik.
Primer tray: Enige fabrikaat
Case trimmer:  Om die doplengte reg te stel.
Chamfer tool:  Een wat binne en buite die dopnek sny. Enige fabrikaat behalwe Lee.
Gereedskap om 'n dop wat vassit uit 'n matrys uit te trek.  http://www.gsgroup.co.za/stuckcase.html
Laaiblokke en 'lube pads' maak jy self, dit is maklik en waarskynlik beter as die gekoopte goed.
Houers vir ammunisie - soveel as wat jy nodig het.
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by Trevor »

Dankie vir almal se raad ens. het vandag na die kit gaan kyk, lyk nie sleg nie. Ek sal die naweek besluit neem of ek maandag koop of nie. ;)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lee Anniversary Reloading kit

Post by James Wilson »

Lee anniversary kitt, is waarmee ek begin het, as ek vandag n keuse het is dit die laaste stel waarmee ek sal begin. van daardie stel het ek vandag nog net die priming tool die catridge cutters en die primer pocket cleaner oor.  die skaal is verseker een van die mees onbetroubaarste skale op die mark. my press het 2 keer gebreuk in die eerste 4 maande.


koop iets anders
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply