Lading vir .308?
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Lading vir .308?
Hallo Almal
Oom Taffie was so vriendelik om vir my 'n pakkie 110gr V-Max Hornady punte pasella te gee, maar ek skiet nog al die jare met 150gr pmp punte as ek wildsbokke jag en 155gr match punte as ek op die Skietbaan vir Suid Kaap Jagters skiet. Hierdie punte is heeltemal nuut vir my en ek sal graag diegene wat ook met 308's skiet vir hulle opinies vra... Wat is die ideale lading vir hierdie punte? Is hulle geskik vir die skietbaan waar ons tot op 350m skiet? Ek laai tans die 155gr match punte met s335 en 'n 44gr lading...
Help my asb dat ek ook my skietvernuf kan verbeter...

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Lading vir .308?
More Ponkie, 'n klompie jare gelede het ek 'n pakkie 110 gr Hornady RN gekoop om dit te toets toe ek nog wild ge-oes het. Het gereken ek sou ook op windstil aande die bokke verder kon bykom. Het toe 45.8 gr S335 agter die 110 gr RN Hornady's gelaai. TPL was 63 mm. Ek het op daardie stadium nog nie 'n chrony gehad nie, so ek kan jou glad nie 'n aanduiding gee wat die trompsnelheid van die probeerslag was nie. Wat egter gou duidelik geword het, was dat die koeelbaan redelik plat tot op 225m was, dan val die projektiel baie tot op 250m, om van 300m nie eers te praat nie. Verder maak die 45,8 gr S335 die doppie vol tot in die nek, ek raak toe versigtig vir "compressed" lading. Ek het toe die oefening gestaak, skiet nou 125gr Sierra Spitzers, 45,5gr S335 en kry redelike werkverrigting uit die kombinasie.
Hoop bge kan iets beteken, as jy met ander tipe kruit beter vaar met die 110 gr punte, laat weet gerus.
Groete Frinam

Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Lading vir .308?
probeer s321. maak nie die dop so vol nie. begin op die 130gr se maks lading(45,2gr) en werk op 1gr op n slag tot jy tekens van drukking sien. kom dan 1grein af. seat jou punte ook so ver uit prakties moontlik- netnie op die lands nie!!
groete
nico
groete
nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Lading vir .308?
Frinam
Baie dankie vir die inligting. Ek het al baie gehoor van s341 en het dit al een keer probeer. Ek het die s341 gelos omdat dit vir my moeilik herlaai, want omdat dit korreltjiekruit en nie stafiekruit is nie, sit dit nogals maklik vas in die elektriese skaal. As ek dit nie mis het nie, is s321 ook korreltjiekruit en gaan ek seker dieselfde probleem ondervind. Dalk moet ek dan maar hou by s335 en die beste punt met die beste lading vind???
Die ideaal sou egter seker wees om 'n lading en punt te vind wat op die skietbaan en in die jagveld sal presteer, maar dit is moeilik! My pa skiet met 'n 30-06 en het ook die 110gr v-max gelaai met 59gr s365, vir oes-doeleindes. Hy het ook dieselfde ondervind dat die 110gr selfs nog 'n 25mm groepering op 225m het en daarna skiet hulle die teiken vol. Dit wil vir my lyk of die 110gr slegs gaan werk vir Jag en dan ook net tot op 200m. Ek gaan die 125gr punte beslis probeer op die skietbaan!
Baie dankie vir die inligting. Ek het al baie gehoor van s341 en het dit al een keer probeer. Ek het die s341 gelos omdat dit vir my moeilik herlaai, want omdat dit korreltjiekruit en nie stafiekruit is nie, sit dit nogals maklik vas in die elektriese skaal. As ek dit nie mis het nie, is s321 ook korreltjiekruit en gaan ek seker dieselfde probleem ondervind. Dalk moet ek dan maar hou by s335 en die beste punt met die beste lading vind???
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
tafjak
Re: Lading vir .308?
Ponkie
Die 30-06 het 'n 1in10 twist loop en die 308 'n 1in12. Die 110gr Vmaxe is idiaal vir die 308. Alan Truter het seker 5jaar jakkalse geskiet met die 110's en honderde daarmee geskiet. Ek weet hy het weermag patrone se punte getrek en die Vmaxe net so daarin ge-seat. Die spoed was rondom 3100f/s en het seker van die beste groeperings geskiet wat ek ken. Ek weet dat Hendrik v Rensburg 125gr Nosler Ballistiek Tips in sy 30-06 geskiet het en ook baie akkuraat was.
Maar as die 308 jou moeilikheid gee, kry net 'n 243. Jy sal baie skietkompetisies daarmee wen en nie net deelneem nie.

Plesier Ponkie, laat weet maar wat jou ondervinding met die 125 gr Spitzers is, dan praat ons weer.Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Lading vir .308?
Oom Taffie
Haha! Kom ons kyk maar net hoe het Oom Johannes gesukkel met sy 243 voordat hy die goggas begin raakskiet het?

Nee ek grap net, maar ek het wel al gehoor dat dit aie moeilik is om die beste lading vir 'n 243 te kry. Dit het iets te doen met kompressie in die nek van die doppie, maar ek praat nou op wat ek gehoor het en kan ek maklik verkeerd bewys word...
Die 308 is darem al vir te baie jare koning dat ek hom maklik sal ruil vir 'n 243. Dit sal vir my wees soos om 'n Land cruiser in te ruil vir 'n Land drover...!

Haha! Kom ons kyk maar net hoe het Oom Johannes gesukkel met sy 243 voordat hy die goggas begin raakskiet het?
Nee ek grap net, maar ek het wel al gehoor dat dit aie moeilik is om die beste lading vir 'n 243 te kry. Dit het iets te doen met kompressie in die nek van die doppie, maar ek praat nou op wat ek gehoor het en kan ek maklik verkeerd bewys word...
Die 308 is darem al vir te baie jare koning dat ek hom maklik sal ruil vir 'n 243. Dit sal vir my wees soos om 'n Land cruiser in te ruil vir 'n Land drover...!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
theterminator
Re: Lading vir .308?
243's sukkel nie om te skiet soos almal te vertelle het nie, as die basics reg is skiet die goed parmantag lekker. vra vir Tomma, hy ken manne wat daai goed verstaan.
ek het 4 van die goed en nog 'n paar manne laai by my, 87 gr V-Max - 44.4gr S-365 en slegs die puntdiepte verskil.
Groetnis

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lading vir .308?
TERMINATOR.
As daai lading so mooi werk dink ek ek moet dit dalk op my 25-06 ook laai. dan werk hy ook mooi...dis mos amper dieselfde kaliber en amoper dieselfde punt.
Is daar baie verskil tussen n 6mm en 6.5mm n half mm kan mos nie n groot verskil maak nie. n kwart duim en n pisdrippeltjie onde n kwart duim is mos amper dieselfde...
Sal die 6.5mm nie baie ver en baie akkuraat kan skiet met so bietjie swaarder punt as die 243 nie?
Se somemr ook hoekom skiet hulle met die XXX kaliber die xt en xc in die 6mm..
Almal.
Die Terminator weet meer as dit wat hy hier skryf...kom ons kyk of hy so baie soos danie kan tik om die xc, xc , 6mm-250, 243 "UGLY"(SORRY TAFFIE MAA JY HET BEGIN MET DIE 5 SKOTE OP DIE WOLF EN DIE EEN VAN DIE 243).. EN DIE STANDAARD 243 EN DIE 6MM REMINGTON.
Is daar werklik so baie verskil vir jag spesifiek tussen die std 243 en die ackley 243 ,ek twyfel nie dat dit die ideale kaliber is nie, gaan enige jagter n jakkals of springbok bv mis skiet of minder akkuraat skiet as hy n std 243 het en n 243 ackley het. Ek dink die kaliber persoonlik die kaliber maak minder verskil as die vermoe van die skut alias jagter.
LADING 308.
EK PERSOONLIK DINK 335 IS DIE REGTE KRUIT VIR N 308 TUSSEN 41 EN 45 GREIN MET N 150 OF 155 GR PUNT IS DIE REGTE MEDISYNE VIR N 308.
laat weet my as hy nie daar skiet nie, dan is jou loop kobaai of jou skaal werk nie meeer lekker nie.
Groete
JB

Shoot straight and tell the truth!
-
Danie Lombard .243
Re: Lading vir .308?
Hallo JB en Terminator.
HIER KOM NOU WEER 'N DING MET DIE KALIBERS..............
Die beste kaliber is die een waarmee jy raak skiet en wat jy ken. As jy hou van .308, gooi met hom ens.
Oor die vraag of die 25-06 dalk sal platter en verder skiet met effe swaarder punte? As beide kalibers hul topsnelheid bereik het, is hul trajek dieselfde. Kamer druk is die belangrikste.
VRAAG OOR 6mm teen 6,5mm die half mm verskil? As ons die kamerdruk konsep in gedagte neem en 60000 pond per vierkant 'n duim druk toepas op 'n half mm oppervlakte, dan is daar nogal 'n verskil. Weereens, 25-06 en 243 se trajekte is maar dieselfde. Skiet en gebruik wat jy in glo. Ek myself is maar 'n 243 man, nie omdat hy die beste is nie, daar is sekerlik beter kalibers daarbuite, maar ek myslef ken die 243 en laaaaaaaaiiiiiiiik hom sterk.
Ek sluit aan by Terminator. Hy praat waar. 243 is baie herlaai vriendlik en groepeer sommer maklik en is erg akkuraat. Die geheim le by bullet jump. Die totale patroon lengte. Elke roer is uniek, die een 243 geweer se TPL gaan nie werk in die ander 243 geweer nie. By 'n 243 is die aanpas van kruit, meer en minder kruit, net van toepassing op die spoed en kamer druk. Die 243 se akkuraatheid le by bullet jump. Dit laat die manne sukkel en gou se hul dat dit is swak kaliber is en on akkuraat skiet.
JB praat waar. 243, 243 UGLY, 6mm Rem ens is maar in dieselfde kraal. Die met die hoer speod skeit dalk 20 of 25mm platter op 300 en 350 meter. Vanaf 0 tot 280 meter is hul dieselfde, met die selfde patroon gewig en ZERO natuurlik, en in gedagte geneem dat almal oop ketels hol, en akkuraat groepeer. MY OPINIE. DALK SIT EK DIE POT MIS???

Danie
Ek sien niks oor jou lading vir die 308 nie. ek begin op maks en werk dan n .5 greine op tot die druk te veel is.
dalk het jy dit al iewers in n laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaang brief getik wat ek nie kon onthou nie.
soet wees. (nie in die lang gras nie)
JB
Ek sien niks oor jou lading vir die 308 nie. ek begin op maks en werk dan n .5 greine op tot die druk te veel is.
dalk het jy dit al iewers in n laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaang brief getik wat ek nie kon onthou nie.
soet wees. (nie in die lang gras nie)
JB
Shoot straight and tell the truth!
-
Danie Lombard .243
Re: Lading vir .308?
HALLOP JB
Ja man, ou Yollie jeuk van die lang gras en haar oe swel toe. Sal liewers die lang gras los vir die rooi koeie.

My .308 het 'n kort loop. 20 duim. Dus moet ek 'n kruit gebruik wat vinnig brand in so kort tyd as moontlik, my 20 duim ontbranding sleave in maar kort. Dus brand ek 43,0 gr S321 agter 'n sierra palma match 155 gr punt. 71,1mm TPL. Die spoed is 2660 ft/sek. Dit is stadiger as die ander manne met die 24 duim en langer .308 lope, maar het gevind dat my 20 duim 2660 ft/sek se trajek dieselfde is tot en met 300 en 400 meter as die ander manne met die langer .308 lope. Waar die kort loop uit die bus val is skote vereder as 400 meter. En dit is in elk geval te ver vir my om te jag en of te skiet. Ek los dit eerder vir die BISLEY manne wat kan.
En jy moet ook soet wees.
As jy eenaand lus is vir jakkie jag, bel my dan gaan vaar ons rond met die battleship, hier in my wereld is altyd stoute jakkies wat wil skip ry.

DANIE
JOU REAKSIE HIEROP ASB. AS JY JOU SCOPE N KWART DUIM HOGER MONTEER SAL JY N PLATTER TRAJEK KRY DAAR VER EN DALK SAAM MET DIE ANDER MANNE SKIET VAN 300 TOT 350 EN TOT 400. ONS HET VROEG VROEG AL HIEROOR GEPRAAT EN DIT WAS NOGAL INTERRESANT OM TE GELEES HET WAT DIE AMNNE SE GEVOELENS WAS.
SIT SPACERS ONDER DAAI SCOPE MOUNTS MAN.......
SOET WEES.
NS MY OGE SWEL OOK KWAAI TOE HIER IN DIE SOMER IN DIE VELD...SO ERG DAT EK OP N VROEG OES EENJAAR VAN 7-8 UUR GESKIET HET EN VAN 8UUR DIE AAND TOT AG UUR DIE VOLGENDE OGGEND MOES WAG OM WEER UIT MY OGE TE KON SIEN , EN DIT WAS NIE OORLAT IEMAND FLUKSE VUISTE GEHAD HET NIE.. EN TOE MOES N TOYOTA MY NOG AAN DIE BRAND SLEEP DIE VOLGENDE MORE...ENS.....
DIT HET NOOIT MET JAKKALS JAG GEBEUR NIE, MAAR DEESDAE IS EK BIETJIE OUER EN MEER SENSITIEF ....EN BANG VIR RECOIL EN MEER GEDULDIG..

Sjoe Jacques, ek weet nie van die scope lig ding nie.
Die eksterne ballistiek het tog niks te doen met die hoogte van die scope t.o.v. die senter straal lyn van die loop nie. 'n Patroon val onmiddelik na dit dit loop verlaat het a.g.v. die aantrekkings krag van die aarde. Ek het al in verskeie toegewyde jagters kursusse vir leerders dit gewys, bewys en probeer oortuig, tog wou min dit glo en meeste glo dat 'n patroon, na dit die tromp van die loop verlaat het, eers klim, dan stabiliseer, en dan begin afwaarst daal. Dit is sommer BULL S..T.!!! MYTHBUSTERS van discovery tv het dit getoets en mooi aan die kykers bewys dat 'n projektiel in beweging onmiddelik grond toe val met behulp van die aarde se aantrekkings krag, onmiddelik na die patroon die tromp verlaat.
Daar is net een faktor wat trajek verbeter en dit is SPOED. m.a.w. wie (die patroon) is eerste by die teiken en wie het die minste tyd in die lug (atmosfeer) deur gebring. Watter patroon was die minste blootgetsel aan die aanterkkings krag. As 'n patroon vinniger is, spandeer dit minder tyd in en oor 'n gegewe afstand en dus bereik die patroon 'n verder afstand in die tyd wat die aantrekkings die patroon aarde toe getrek het. Daar is 'n tweede faktor wat 'n patroon help om speod te behou, en dit is die BC en profiel van die patroon, maar BC en profiel kan nie werk as speod nie toegepas word op en aan die patroon nie.
Dus, volgens my, kan 'n skut 'n gegewe kaliber met gegewe spoed vat, dit zero met 'n bepaalde scope hoogte, die scope dan hooooooger monteer, die wapen dan weer zero, en dan weer toets, en dan sal hy sien dat die trajek dieselfde gebly het.
Die beste plek vir 'n scope sou wees, die middel van die loop lyn. Dit kan ongelukkig nie werk nie, dus is ons glasse bo op gemonteer.
NOU WAT NOU?
Laat die manne skryf. Ek's nuuskeirig oor jul toetse.

- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Lading vir .308?
Ek sal ook maar n kans vat op die vraag.
Gewoonlik lig die ouens die agterkant van die basis om meer clicks te kan kry oor langer afstande.
Sou mens bv altwee die ringe lig na hoog toe ipv medium is die veskil as volg.
Kaliber 300wm met 155gr palma match teen 3200fps met n 200m zero (teleskoop is 1.5" bo loop)
400 -20.57
1000 -309.01
Kaliber 300wm met 155gr palma match teen 3200fps met n 200m zero (teleskoop is 1.75" bo loop)
400 -20.32
1000 -308.01
Ek kyk net so ver dan kry ek miltsteek.

Hallo manne.
Die ding oor scope hoogte is al redelik hol gery in die skiet wereld. Goue reel, hoe nader of platter die scope op, of na aan die loop/aksie, hoe beter.
Oor daai "lig die scope base of rings aan die agter kant". Dit is 'n wen resep vir 'n vars moelikheid. As jou agterste scope ring hoger is as die voorste ring, en jy jou scope se tube in die ringe vas trek, kan dit jou scope tube onder geweldige drukking/stremming plaas, en die tube flex of buig. Ander slim JAN het dit eendag gedoen, .303 Enfield met nokko sterling scope. Hy het die agterste ringe om en by 4mm hoger ge shim as voor, en toe die scope vas gedraai. Toe hy die roer/scope begin instel, toe breek die kruishare mors af. Onthou die tube le flush/level in die ringe, en dus moet die ringe ook perfek dieselfde hoogte wees. As die een ring hoger as die ander le, dan rus die tube nie meer flush en level in die ringe nie, maar teen 'n effe angle. Daar is 'n skuins lyn of hoek tussen die tube en die ring. Skroef jy nou die ringe vas, vors jy die tube om te buig en/om dan weer flush en level te seat in die ringe. VARS MOELIKHEID

Vergeet van die shim, hoger en laer scope ring praktyk. Hou als level en in lyn. Hoe groter die voorste lens, hoe hoger die ringe en hoe kleiner die voorste lens, hoe laager die ringe.
Groetnis en lekker skiet.
Danie.

AS JY JOU SCOPE AGTER WIL WIL OPTEL OF VOOR WIL LAAT SAK WORD DIT SOOS VOLG GEDOEN :
GEEN SHIMS WORD GEBRUIK NIE
JOU SCOPE MET DIE RINGE SOOS DIT OP DIE BLOKKE PAS WORD IN 'N MILLING MACHINE GESIT DAN WORD DIE SCOPE TEEN DIE HOEK(GRADE) GESIT WAT JY DIE SCOPE WIL OPTEL OF AFBRING DAN WORD DIE TWEE RINGE SE ONDERKANTE, NOU DIE BOKANTE (SCOPE IS ONDERSTEBO IN DIE SKROEF VAS)
WORD NOU IN LYN GESNY TOT OP DIE BEPAALDE VLAK WAT JY WIL HE
DAAR IS GEEN STRES OP ENIGE DEEL VAN DIE SCOPE OF RINGE AS JY DIT TERUG OP DIE GEWEER SIT NIE
DIT WORD BAIE GEDOEN BY BISLY-SKIET SE LANGAFSTANDE (900) BY SCOPES WAT NIE MEER VERDER KAN OPSTEL NIE
PASOP NET AS JY BY EEN RING TE VEEL AFHAAL KAN DIE STELSKROEWE WAT AAN DIE BLOK VASDRAAI BESKADIG WORD EN SAL JY DIE HELE SPULLETJIE MOET VERVANG

Hallo Terminator.
HOOR HOOR!!!
Yip. Dit is hoe dit gedoen moet word, met milling en let wel, TEEN 'N GRADIENT, en nie deur back street okies wat speel met shims en kalipers nie.
Dankie ou Terminator.

Met 243 het jy dit nie nodig nie, kan sommer met 4x32 skiet tot 1000meter.
Met 243 het jy dit nie nodig nie, kan sommer met 4x32 skiet tot 1000meter.
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Lading vir .308?
Naand Ponkie, rekenaar het gegroet en toe was ek vir 5 dae op "light duty", nou probeer ek weer. Ek het intussen 'n chrony by vader krismis gekry en ek deel 'n paar opmerkings met jou ivm die 125 gr 308 Spitzer wat in die vorige bydrae genoem het. Die gemiddelde spoed na 'n string van 5 skote, (4500 vt bo seevlak),
met 45,5 gr S335 en TPL van 63 mm, was 3130 vt per sekonde. Die 150 gr RN van Musgrave(gekoopte ammo) se spoed was 2830 vt per sekonde, ook na string van 5 skote. Baie interessant is die volgende: 'n 105 gr, 243 Spitzer met 39.2 gr S365 doen 2895 voet per sekonde en 'n 85 gr Spitzer Lupua (gekoopte ammo) doen 3058 voet per sekonde. So, die 308 125 gr Spitzer is heel woelig tot so op 225 m dan raak die outjie flou, maar tot daar, heel bruikbaar. Koos Barnard van Magnum het my aan die volgende 243 lading voorgestel: 70 gr Sierra Matchking HPBT voor 41,5 gr S355 met CCI BR large rifle primers. Uit 'n string van 8 skote kry ek 3516 vt per sekonde met 'n heel aanvaarbare groepering op 100 m. So, op hierdie noot wens ek jou en die res van die manne wat sulke bruikbare en interessante bydraes maak, 'n heerlike res van die naweek toe. Frinam
met 45,5 gr S335 en TPL van 63 mm, was 3130 vt per sekonde. Die 150 gr RN van Musgrave(gekoopte ammo) se spoed was 2830 vt per sekonde, ook na string van 5 skote. Baie interessant is die volgende: 'n 105 gr, 243 Spitzer met 39.2 gr S365 doen 2895 voet per sekonde en 'n 85 gr Spitzer Lupua (gekoopte ammo) doen 3058 voet per sekonde. So, die 308 125 gr Spitzer is heel woelig tot so op 225 m dan raak die outjie flou, maar tot daar, heel bruikbaar. Koos Barnard van Magnum het my aan die volgende 243 lading voorgestel: 70 gr Sierra Matchking HPBT voor 41,5 gr S355 met CCI BR large rifle primers. Uit 'n string van 8 skote kry ek 3516 vt per sekonde met 'n heel aanvaarbare groepering op 100 m. So, op hierdie noot wens ek jou en die res van die manne wat sulke bruikbare en interessante bydraes maak, 'n heerlike res van die naweek toe. Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lading vir .308?
JANJAK
BOTTOM LINE JY WEN NIKS. MET HOGER MOUNTS NIE...WAT JY WEN AGTER VERLOOR JY HIER BY 25 METER..
EK HET SOMMER NET GEKRAP AAN DANIE MET DIE SCOPE HOOGTE.
DIT WERK NET OP PAPIER NERENS ANDERS.. VERAL AS JY SCOPE 1 DUIM BO DIE LOOP SIT EN BELAGLIK VERANDER NA 3.5 DUIM BO DIE LOOP...DIT LYK NET OF JY WEN....DAAR IS N VERSKIL TUSSEN TERIE EN PRAKTYK.....
GROETE