Ek het die afgelope week by Makoppa anderkant Thabazimbi gaan jag en die mees ongelooflikste jag ervaring met ?n Bruno 243 ervaar.
Ek het so ?n tyd terug ?n gesprek met Jean Marais gehad oor hoe ?n ongelooflike geweer die 308 Norma Magnum is en dit sou natuurlik ook dan die geweer wees wat vir die jag gebruik sou word. My backup geweer sou my .243 Bruno wees waarmee ek nogal redelik gesukkel het om goeie groepe te kry sedert ek my .303 verkoop het en hy die plek in die kluis oorgeneem het.
My siening in die lewe was nog altyd dat as jy lood gooi, gaan jy groot. Jy sukkel nie met klein patroontjies nie. Daarom was ek oortuig dat my .243 MOET met ten minste 100 gr koeels skiet.
Ek het so twee weke terug Francois Marais en Danie Lombard.243 se raad deeglik bestudeer tydens ?n ander bespreking oor probleme met ?n .243 en toe besluit dat as dit dan so moet wees, laai ek dan maar Hornady 75 gr V Max koeels. So gemaak en die geweer skiet met ?n 41,9 gr lading letterlik op ?n tiekie.
Tydens die inskiet by die jagplaas besluit die Norma Magnum hy speel nie hierdie keer saam nie en gooi die hele papier vol. Rooi gesig besluit ek om hom te bere en haal die .243 uit en prop hom vol Winchester 100gr ammunisie. Hy maak my naam nog groter gat en ek haal die oorblywende V Max?e uit. Skiet hulle en hulle groepeer weer op ?n tiekie. Met die kalf in die put is die besluit natuurlik dat ek jag dan nou maar met die .243 met die 75gr V Max?e, wetende dat die V max'e nie juis geskik is vir jag nie. Besluit ook net daar dat ek bly maar net by rooibokke want ek is nie lus vir duur kwes skade nie.
In die veld kom ek op die 1ste rooibok af en op so 50 meter steek ek hom op die knoppe en die bokke hardloop so 5 tree en slaan neer. By inspeksie merk ek dat die blad is in sy maai maar ek gee eerder ?n blad op as om in die kamp te sit en na die ander se jagstories te luister.
Met die 2de rooibok dag ek, ek stoot haar ?n skoot in die ribbes en kyk wat gebeur. Sy hardloop so twintig tree en slaan neer met aansienlik minder vleisskade. Lyk toe na die antwoord om die vleisverlies te beperk. Met die 3de bok gaan le ek plat in ?n brandpad toe ek ?n paar bachelors sien wat na my aangeloop kom. Die ramme kom nader en ek lig my voet op en hulle gaan staan om te kyk wat hier voor aangaan en ek stoot die grootste een ?n nekskoot en hy slaan op die plek neer, morsdood.
Natuurlik is ek heel in my skik want ek het vleis. Kom toe later op ?n redelike trop rooibokke af so 300 meter van my af en gaan le en neem dooierus. Ek soek die ram tussen die klomp ooie en gewaar hom. Hulle beweeg so stelselmatig nader en op so 250 meter gee die ram my ?n skoot en ek stoot hom op die knoppe. Daai ram slaan gat oor kop en val op die plek. By hom aangekom le sy poot bo-oor sy kop tussen sy horings en ek my jag is oor.
Nou kyk, as enige iemand vir my so drie weke terug vertel het dat ek gaan ?n bok met ?n 75gr koeel skiet, nogal met my eie nukkerige Bruno sou ek dit nie geglo het nie. Hoe verander die lewe nie? Nou moet ek natuurlik 75gr jag punte soek, lyk my die .243 kwalifiseer nou as 'n jaggeweer
Groete
Delrico
Ongelooflike jag ervaring met my .243
-
Delrico
- Jr. Member

- Posts: 89
- Joined: Fri May 18, 2012 8:46 am
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
Klink vir my na n lekker jag,moet se baie mense twyfel in n 243 maar daai geweertjie skiet raak en die Bruno!!!!Manne manne die haarsnellertjie doen die ding
Geniet hom!!
Groete
KObus
Geniet hom!!
Groete
KObus
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- PJS
- Sr. Member

- Posts: 403
- Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
Delrico
Dit klink of jy lekker gejag het en die Rooibokke mooi laat val het. Ek skiet ook .243 en hy hou van 100 gr Sierra Game kings (BT). Die vleisskade is net vir my te veel na my sin. Ek wil nou oorskakel na 85 gr Interbonds. QL gee my n node op 3340 vt.
Die 100 gr gee my mar 3043 vt. Ek gaan oorskakel na die Interbonds toe sodra my SGK klaar is. Ek het ook nou onlangs oorgeskakel na 75 Gr V maxe van die 87 gr v maxe af. My hoofrede was ook spoed. Dan kan ek die jakke in die aand so op 200 m stop as hulle dalk onder my wind inkom. Het nou die aand dit mooi gedoen met die 75 gr. Ek vermoed die Interbonds kan dalk vir jou ook werk. Hulle kos wel n paar sent meer maar is elke sent werd as jou geweer met hulle groeppeer. Ek skiet die 150 gr Interbonds in my 30-06 en hulle maak mooi.
Mooiloop
PJ
Dit klink of jy lekker gejag het en die Rooibokke mooi laat val het. Ek skiet ook .243 en hy hou van 100 gr Sierra Game kings (BT). Die vleisskade is net vir my te veel na my sin. Ek wil nou oorskakel na 85 gr Interbonds. QL gee my n node op 3340 vt.
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
Goeie more.
Kyk gerus na die Barnes ttsx 80 gr.
Hulle gee baie mooi groepe in my 243 Howa en vleis skade is heel aanvaarbaar met 42gr S365 loop hulle so 3095ft/sec
Groete H
Kyk gerus na die Barnes ttsx 80 gr.
Hulle gee baie mooi groepe in my 243 Howa en vleis skade is heel aanvaarbaar met 42gr S365 loop hulle so 3095ft/sec
Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
Ek glo nie jou bog storie nie 243 is veels te klein waars die fotos.

My een vriend het met 243 musgrave in sy hand groot geword op die plaas hulle het meestal al hulle wild geskiet met die 100gr PMP koele nogal maar meestal nek skote. Van Varke tot groot koedoe bulle. Skoot palsing skoot plasing skoot plasing.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Cz_apie
- Sr. Member

- Posts: 494
- Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
JAGTERS REG MOTIVERING wrote: Klink vir my na n lekker jag,moet se baie mense twyfel in n 243 maar daai geweertjie skiet raak en die Bruno!!!!Manne manne die haarsnellertjie doen die ding
Geniet hom!!
Groete
KObus
+100
Twyfel beslis nie in sy slaankrag nie - laat n jakkie se kop op 160m in n rooi sproei verander met n 55Gr Nosler balistic tip - 3989vt/sek - S335 41g - al probleem is n man raak gewoond daaraan en dan is dit moeilik om weeer na die 100g punte - 3040vt/sek terug te keer - soos om met n Porche 911 Turbo op n oop pad 80km per uur te ry
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
+ 1....wasi foties?Frederik wrote: Ek glo nie jou bog storie nie 243 is veels te klein waars die fotos.![]()
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Delrico
- Jr. Member

- Posts: 89
- Joined: Fri May 18, 2012 8:46 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
FHM en Frederik
Jong as 'n ou al verby 50 gaan dan neem 'n ou nie meer fotos van biltong bokke nie :-)

As Frederik vir my 'n e-pos of sel no stuur dan kan kan ek 'n fototjie aanstuur sodat hy dit kan opsit. (Ek is nog nie seker hoe om fotos te laai nie.)
Aan die ander manne, Dankie vir die voorstelle met die koele ek wil bietjie kyk na die Barnes 75 gr en die interbonds. Was gou by die wapen winkel en het ook Sierra Blitzkings en GS Customs daar gesien. Die GS Customs is so bietjie duur.
Pietskiet, ek het nogal 'n traantjie gepink oor die 303 want dit was my eerste geweer, maar as 'n man teveel van dieselfde het moet jy van hulle maar botallig verklaar.

Last edited by Delrico on Fri Jul 06, 2012 5:01 pm, edited 1 time in total.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
Delrico,
Maar net gespot maar ek kan die fotos opsit moet net nie iets oor die naweek verwag nie gaan weer iets probeer klits met my 303 vanaf more.
Maar net gespot maar ek kan die fotos opsit moet net nie iets oor die naweek verwag nie gaan weer iets probeer klits met my 303 vanaf more.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Cz_apie
- Sr. Member

- Posts: 494
- Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am
Re: Ongelooflike jag ervaring met my .243
Piet-Skiet wrote: Nee wat. Dan kry jy jou toegewyde status en nog 'n kluis.
+100
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver