CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Hi manne.
Ek sit met so bietjie van n probleem. My CZ 550 375 met Thor base en low ringe wat n Swarovski Z3 3-10x42. My lading sover skiet n 16mm vier skoot groep en 9mm 3 skoot groep presies 57mm laag, 8 clicks.
Die probleem is dat my scope op haar maks elevation is en nie verder kan opstel. Voorheen het ek 200gr GS geskiet met meduim ringe. Het enige iemand raad? Sover ek kon vasstel is altwee ringe ewe hoog en so ook altwee bases.
Bietjie excel nader getrek en lyk my en gaan nie die 60mm kan opmaak deur terug te gaan meduim mounts toe?
Soos ek vra, julle enige raad?
Groete Ruan

Last edited by Machann on Thu Jul 05, 2012 7:26 am, edited 1 time in total.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Ruan, kry 'n mannetjies scope,dinge werk dan "opwaarts"Machann wrote: Die probleem is dat my scope op haar maks elevation is en nie verder kan opstel. ......Groete Ruan
Nee chom, weetie....ek sou die scope se stelknop draaie tel van hoog tot laag en halveer, dan weet ek hy is center....
Dan kyk of die ringe mooi oplyn en die scope nie onder spanning is nie(daarvoor pm jy vir SJ vir 'n lapping tool)
Sterkte
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Bietjie verder gaan soek en op die post afgekom http://www.longrangehunting.com/forums/f17/adjustable-mounts-cz-550-dodgy-geometry-46565/
Hulle het dieselfde probleem. Soos ek voorheen gese het was daar geen probleme met die 200gr GS custom en die meduim mounts. Verder sien ek die ou het van high mounts na meduim gegaan wat gehelp het. Volgens my sal dit werk maar dit gaan dit net vererger om van low na meduim mounts te gaan?
groete
Hulle het dieselfde probleem. Soos ek voorheen gese het was daar geen probleme met die 200gr GS custom en die meduim mounts. Verder sien ek die ou het van high mounts na meduim gegaan wat gehelp het. Volgens my sal dit werk maar dit gaan dit net vererger om van low na meduim mounts te gaan?
groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Machann,
Ek het presies die selle probleem as jy. Is jou ringe gelap?My ringeg is gladnie lekker nie so dis maar waar my foud sit.
Groetnis

Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Cobb, lyk my die scope wil onder die geweer wees.
Armand, niee die ringe is nie gelap nie maar kan dit rerig die probleem wees?
Armand, niee die ringe is nie gelap nie maar kan dit rerig die probleem wees?
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Het nou onlangs iemand gehad wat ook met die Z3 die probleem gehad het op BRNO 375
Hy is na laer mounts toe en is toe reg, maar as jy klaar op low mount is.....
Warne QD is laer as Thor LOW

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Dankie DWB (dink erens die manne het na oom verwys so ons gooi maar die DWB met die respek!!!).
Soos ek gedink het, laer gaan die probleem uitsorteer. Net bang as ek nog laer gaan, gaan ek moeilik oorhaal. Verder het ek gister aand na die Warne gekyk en dit lyk of hulle nie bases het nie maar op die geweer self grip, as dit die geval is gaan my scope ver te voor sit.
Groete
Soos ek gedink het, laer gaan die probleem uitsorteer. Net bang as ek nog laer gaan, gaan ek moeilik oorhaal. Verder het ek gister aand na die Warne gekyk en dit lyk of hulle nie bases het nie maar op die geweer self grip, as dit die geval is gaan my scope ver te voor sit.
Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Nie gelapte ringe kan jou scope buis onder spanning plaas, dis sal dan weer jou verstelling beinvloed...begin daarmee, dis hond goedkoop om te fix, en is 'n "once off" job.Machann wrote:
Armand, niee die ringe is nie gelap nie maar kan dit rerig die probleem wees?
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Hehehe, Nee ek is nie 'n oom wat ouderdom aanbetref nie!Machann wrote: Dankie DWB (dink erens die manne het na oom verwys so ons gooi maar die DWB met die respek!!!).
Soos ek gedink het, laer gaan die probleem uitsorteer. Net bang as ek nog laer gaan, gaan ek moeilik oorhaal. Verder het ek gister aand na die Warne gekyk en dit lyk of hulle nie bases het nie maar op die geweer self grip, as dit die geval is gaan my scope ver te voor sit.
Groete
Die Warne mounts sit op dieselfde plek waar die THOR doen.
Ek gebruik die QD en is baie happy met dit!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Manne
Die toleransies op sekere gewere en ringe is 'n probleem met jag scopes wat nie baie groot verstelling het nie. In plaas daarvan dat die scope "afdraend" kyk, kyk dit opdraend en dan kom jy later by maks verstelling en jou geweer skiet steeds te laag. Soms help dit om die hoogte van die ringe te verander of om dit te lap, maar een oplossing wat gewoonlik werk, is om die agterste ring te shim sodat jou scope afdraend kyk. Dis 'n algemene probleem - ek moes dieselfde doen met my 243 se RSA aksie nadat Danie Joubert die aksie getrue het.
Mooi loop

Hi mnr Barnard. Hoop SW was lekker!
Moet mens maar n iemand kry om dit te doen (shim) of kan mens dit self doen en hoe?
Groete
Moet mens maar n iemand kry om dit te doen (shim) of kan mens dit self doen en hoe?
Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
SW was baie lekker! Het 22 springbokke en drie koedoes geskiet en 'n paar jakkalse. Jy kan die ringe/mounts self shim, maar as jy nie handig is met sulke dinge nie, neem dit na 'n geweersmid. Probeer dalk die volgende om te kyk of dit werk: Gebruik die swart waterpapier, s? maar 400 en sny 'n stukke af wat in die ring pas. Sit dit aan onderkant van die ring sodat die scope daarop rus. Dis nie ideaal nie omdat die scope ring nie oor die hele lengte byt aan die scope tube nie, maar sal dalk die verlangde hoogte gee en jou in staat stel om die scope in te stel. Om die ringe ordentlik te shim is 'n bietjie meer ingewikkeld en vereis dat jy hulle beide aan die bo- en onderkant shim. Met die meeste standaard kalibers het ek gevind dis onnodig.
Mooi loop
Mooi loop
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Hallo Manne
Ek het ook Thor ringe en die z3 op my 243 het gister die loop begin in skiet en gesien hy skiet sommer baie laag, so +- 200mm onder die target, het toe sommer op die belistic turret hom op gestel(min tyd voor donker). Ek dink ek sal seker ook hom maar moet laat lap.Kan mens dit sommer by enige geweersmid laat doen of moet ek maar iemand kry wat weet wat hy doen?
Ek bly in Vryburg so hoop die manne hier sal my kan help.
Groete Hein

Ek het nou die idee gekry, dink julle dit kan dalk werk?
http://madogre.com/?p=1013
http://madogre.com/?p=1013
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Kontak vir SJ op die forum, hy maak Lapping tools
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Liewe land Oom Koos was dit jag gewees, daai is seker nie vir eie geruik nieKoos Barnard wrote: SW was baie lekker! Het 22 springbokke en drie koedoes geskiet en 'n paar jakkalse.
Mooi loop
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Marc
Nee alles was nie vir eie gebruik nie en dit was nie alles jag nie, ons het bokke uitgedun ook. Het darem 'n drie springbokke en een koedoe te voet geskiet. Ek het net vier springbokke en een koedoe se vleis huis toe gebring. 13 springbokke en twee koedoes met .243 geskiet en die res met .30-06. Langste skoot 280m en kortste een 60m (springbok te voet).
Mooi loop
Nee alles was nie vir eie gebruik nie en dit was nie alles jag nie, ons het bokke uitgedun ook. Het darem 'n drie springbokke en een koedoe te voet geskiet. Ek het net vier springbokke en een koedoe se vleis huis toe gebring. 13 springbokke en twee koedoes met .243 geskiet en die res met .30-06. Langste skoot 280m en kortste een 60m (springbok te voet).
Mooi loop
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Hi Manne
My probleem is op gelos. As julle weer ringe "mount" haal maar die vernier uit en meet hulle. In my geval was die een base 0.05 mm korter as die ander een (7.53mm vs 7.47mm). Verder is die een kant van elke ring laer as die ander kant gewees.
Toe net die hoogste kant van elke ring agter gesit en die hoogste ring agter, die ringe bietjie gelap en die scope gemonteer. Gister middag bevestig dat ek op n 100m meer as 20 clicks het bo my POA. Dink gaan later mooi vas stel hoeveel. Darem die een probleem uit gesorteer, nou my liewe 25-06 wat net nie wil group
Dankie vir al die manne se raad.

David J
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Tue Jul 24, 2012 10:12 am
Re: CZ 550, Thor base en ringe, Z3 hulp asb!
Haai daar,
Ek het presies dieselfde probleem gehad met my CZ375 en Duralit scope. Moes toemaar noodgedwonge R3000 meer betaal om te vervang met 'n Zeizz Diavari Classic. Goeie keuse van Scope (Uitsekend) en geweer nou. 'n Bietjie in 'n ho?r prys klas, maar nou ja. Gesels gerus met Pieter by Zimbi in Pretoria.(012 349 5222)
Net ter inligting vir die van die manne wat "neersien" op CZ. Lees gerus die "ratings" in die Augustus weergawe van SA Jagter tydskrif.
Ek soek meer inligting oor die doelterffendheid van die 235gr met die 375. (Sal ook graag iets op 280meter wil 'n doodskoot gee!!???)
Ek het ook uitgevind dat die
Terloops; Ek besit steeds 'n 1916 303 wat nooit mis nie. Is al meer as 50 jaar in my familie. Word soos goud opgepas. Vir my bly dit steeds een van die beste (indien nie die heel beste) "allrounder". Raas nie baie, skop nie baie en mis niks. Twee weke gelede nog 'n Blouwildebees en Gemsbok platgetrek. Ek het wel 'n scope op, maar verkies egter oopvesier wanneer dit kom by die 303. Die lyn tussen die korrel, visier en my oog is perfek. L?-aan en skiet heelwat vinniger met oop visier.