Nag Lig, met of sonder n filter.

Post Reply
Deon Joubert

Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Deon Joubert »

Dagse julle
Wil gou by julle profesionals hoor. As julle so jakke skiet in die nag gebruik julle een van daai rooi filters of nie regtig nie. Ek het n lightforce. Moet ek n roo filter kry ?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Geno »

Deon,
Meeste van ons gebruik wit lig met dimmer.

Rooi lig is GL se trieks... Al wanneer ek rooilens gebruik is as my dimmer oppak.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Henry 7 »

Deon
Ek dink af dit hang af van waar jy is-hier by ons sny hulle 'n lyn(behalwe die heel dommes) as hulle wit sien.
Henry
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Pvdw »

Deon ek stem saam met Geno, ek sal eerder begin met 'n goeie dimmer en dan later die rooilens koop as dit nodig is maar as jy vir eers net 1 van die 2 wil koop sal ek dimmer stem.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Dawid »

Manne,

Dis waar ek dink baie van ons die fout maak.......Eers moet n man net die ogie optel en dan seker maak wat dit presies is......Die lig is te skerp aan die begin en Jakkies wat al tedoen gehad het met lig tel dit bitter vinnig op en laat loop huistoe.

Lig met n geredelike dim,kry die oog, maak seker en dim dan weer.

Rooi filter is lekker om mee te speel want als lyk dan net anders en het oulike skynsels.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Pvdw »

Dawid ek neig om saam met jou te stem, ek het ook al met gedimde lig gesoek en jy tel die oog mooi so op. Wat ek al egter gesien het is dat die gedimde lig lol as die jak inkom en nie oog wys nie. Het Saterdag een so opgetel waar net die swart rug sigbaar was en geen oog nie. Lig vas vol sterkte gewees maar as ek dimlig gehad het dink ek dat ek hom dalk so mis?

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Dawid »

Peet,

Het hy n oog aan daaikant gehad.. ;D ;D Grap sommer

Het ook al gesien as die lig te skerp is gooi hy nie n oog nie.....kompleet asof hy verblind word, hol sommer in n bos vas.Dis hoekom ek verkieslik met "laer volume" lig.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by C.J. »

Manne,

Ek stem saam met David, gebruik ook wit lig met dimmer, ek lig ook nie te helder nie, as ek oog optel dim ek heeltemal ek kyk deur my scope wat die oog maak, 'n mens kan vinnig sien of dit Jak se kind is. Vandat ek deur die scope na die oog kyk gebruik ek nie eers meer my night site nie.

Rooi lig maak ID moeilik volgens my en dit beperk skiet afstand.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by johann »

Dimmer is jou antwoord, is darm ook nie te duur nie, vra vir ligtforce dimmer of vir Allen Truter sin, goeie produkte!
Groete Johann
25-06 Remington
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Jeep 1 »

Ek sou se dimmer

Groete
Jeep
25 06 !
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by johans »

rooi lig by ons werk die beste
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Francois Marais »

johans

Het jy al met n dimmer gewerk??

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by johans »

ek het n dimmer op die lig wat op die scope sit,maar my soeklig het die rooi filter op.sodra ek die oe kan optel met die filter sal ek die dimmer aansit
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Francois Marais »

johans

OK, gedink jy het dalk geen dimmer ondervinding, die dat jy dit afskiet in jou voringe post.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Louis102 »

Ek dink dis riskant om twee verskillende kleure lig te gebruik terwyl jy jakkalsjag.  As dit vir jou werk, goed so en hou daarby, maar my opinie en ondervinding is dat dit jakkalse soms agterdogtig maak en selfs die pad kan laat vat.

Beslis 'n witlig en dimmer vir my.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Henry 7 »

Louis
As jy soek met die wit lig is hy gedim of op volle sterkte-Johans is my buurman en hier by ons sny hulle baie keer 'n lyn as jy met wit werk-wil net hoor hoe doen jy dit.
Henry
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Gerhard »

Henry,

Ek soek met my skiet lig op my scope.

Ek stel hom lekker skerp en sodra ek oe optel dim ek hom ontmiddelik deur net die oe deur die scope te kan sien in kom.

Sodra hy binne skiet afstand is (verkieslik binne 150m) sal ek begin om die lig se "volume" te draai todat ek genoeg lig het om die jakkals mooi deur die scope te sien en n skoot mooi in die bors te sit.

Jy sal verbaas wees hoe min lig jy regtig nodig het op n donker maan nag.

Vol maan is nou weer n ander storie.

Is maar hoe ek dit doen.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Louis102 »

Saul wrote: Louis
As jy soek met die wit lig is hy gedim of op volle sterkte-Johans is my buurman en hier by ons sny hulle baie keer 'n lyn as jy met wit werk-wil net hoor hoe doen jy dit.
Henry
Henry, bedoel jy terwyl ek roep?

Dit hang baie af hoe my staanplek lyk.  Hoe meer "beknop" die staanplek, hoe meer gedim is my lig.  Sien geen nut daarin om op vol sterkte te soek, as jy nie vreeslik ver kan sien nie.  'n Jakkals wat nie baie ver is nie, se oog word baie duidelik met 'n half gedimde lig opgetel.  As ek werklik ver en wyd kan sien sal ek my lig geleidelik sterker maak en selfs op vol sterkte soek.  Sodra ek o? optel, sal ek min of meer maak soos Gerhard beskryf.  Ek soek ook slegs met die lig op my scope terwyl ek roep en gebruik ook die scope vir soek waar ek werklik baie ver kan sien.  My o? is nie meer so skerp soos 'n paar jaar gelede nie en ek tel nogal heelwat o? deur die scope op, wat ek met die blote oog moeilik sou sien. (ek het so een aand 'n rooikat se oog op 1,5km teen 'n rand opgetel - die boer wou my moeilik glo, maar toe die kat l?, het hy sy deuntjie verander)

Terwyl ek ry en soek, gebruik ek ook 'n wit handlig en sodra die oog "flash" neem ek die lig onmiddelik weg.  Sal dan die lig terug bring indien nodig, maar slegs vir 'n fraksie van 'n sekonde of so en nooit direk op die oog nie.  Dis slegs om myself van die posisie van die oog te bly vergewis.  Bly lig elke keer eerder verby of bo-oor die oog dat jy dit net so op kant van die lig se gloed optel.  Die grootste fout wat ons maak, is om direk op die oog te wil lig met 'n volsterkte lig.  Indien die oog binne tref afstand "flash" of as ek dit wil identifiseer, gebruik ek dadelik die geweer / scope se lig en begin baie flou en gaan stadig helderder, terwyl ek deur die scope kyk.

Dit is so dat jakkalse baie ligsku raak, maar daarvoor het ek nie gedink 'n rooi lens help vreeslik baie nie.  Die bakkie self, se ligte het ook mos nie rooi lense op nie?  So, ek het gedink as jakkals vir witlig wil skrik, gaan die bakkie se ligte in elk geval klaar daarvoor sorg, lank voor jy nog die oog opgetel het. 

Ek het eenmaal 'n "pro" jakkalsjagter hier by my gehad wat baie met die rooilig gepla was.  Dis waar ek gesien het hoe 'n jakkals padvat sodra jy die kleur van die lig verander.  MAAR as die rooilens help dat julle meer suksesvol is, moet julle nie nou ophou daarmee nie.  Dis maar net my sikspens, vir wat dit werd mag wees.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Henry 7 »

Louis & Gerhard baie dankie ek verstaan wat julle s?-miskien is hulle hier so oor ons so baie jare al met hulle spook ma ek sal so bietjie julle manier ook try-wat ek kan verstaan is dat mens baie beter met 'n wit lig kan sien en ook beter en verder sal kan skiet.
Het julle al in die nuwe SA wild & jag daai counter sniper scope gesien en wat dink julle van hom? Het gebel ma hulle het nog nie 'n prys nie.
Mooi loop.
Henry
Chrisjan

Re: Nag Lig, met of sonder n filter.

Post by Chrisjan »

Ek gebruik ook 'n wit lig met dimmer. Hier tussen klerkskraal en magallies waar ek maar gewoonlik roep is daar baie ligte op die horison. Ligte pla niks. Ek het nou ' rooi filter ook op.  Dit wys nogsteeds 'n oog tot op 400m. Maar jy kan net tot op 250m identifiseer. Dit is belangrik want hier loop baie duiker en steenbokkies.
Post Reply