Jakkals Huil red my

Post Reply
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Jakkals Huil red my

Post by Pieter »

Een van my krag drade breek en deaktifeer 'n 10km lyn, maak dit die volgende dag reg. Na 6 mnde van kommerlose boer, tel ek 'n masiewe jakkals spoor binne my kraglyne op, nou ja, hy hoort nie hier nie, en gaan die aand uit om te jag, omdat ek net eenspoor kon optel in die kampe en dit 'n ou jakkals moet wees, wyk ek af van die normale prosedure van kos 1ste die tyd van die jaar en spring weg met Jakhuil, ek word yskoud toe die klomp jakkalse in 'n koor begin terug antwoord, die 1ste een klop ek na 8 min, na 'n lang ruk se wag en kos, daag niks op nie, ek skuif van posisie, en Jakhuil weer, weer word ek geantwoord, na 20 min klop ek no 2 en 3. Na lang ruk verander ek weer van posisie, tel paar o? op ( bokant die wind ) ry in die rigting en gaan neem stelling in so 400m van die o?, Jakhuil weer en weer word ek deur 1 geantwoord uit 'n ander rigting, ek tel onmiddelik die een op wie se o? ek gesien het, sterk oppad bakkie toe en b?re hom ook, wag nog so 40min met bakleie en kos tussen in, maar niks nie, weereens verander ek van posisie, omdat ek nie Jakhuil wil holrug wou ry nie, speel ek Elsneus en word onmiddelik deur nog 3 geantwoord, maar hulle is nou in die klipkoppe en beweeg weg, los hul nou vir 'n ander dag. Enige raad hoe ek hul moet benader ?

Vrydagaand by 'n man (wat self jag) gaan jag wat probleme het met 2 jakkalse (oues) Weer Jakkalshuil, word geantwoord deur die 2. Een so 1,5km onder die wind en een v?r bokant die wind, wag so 25 min begin toe saggies met Dg2 te roep na 3 min tel ek die o? op, die kom skerp in, ek klop haar (4-5jr) en skuif na die onderkant die wind een, moes so 6 Km draai ry om onderkant die wind te kom, weer Jakhuil en weer antwoord hy my, wag so 25 min, toe klein steenbok afwisseld vir 12 min, toe hy redelik op 'n drafstappie inkom, kry hom gestop met wha wha, skat hom so tussen 6-8 jr sy bo-tande was al basies weggesluit. Hierdie 2 jakkalse was probleem kinders, ek was al met hul deur mekaar en het net op 'n afstand begin skrou en dan verdwyn. Ek gebruik Jakhuil baie min, maar die week het ek 6 uitgehaal met Jakhuil. Gelukkig het die twee blykbaar nie die klank geken nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jakkals Huil red my

Post by Frederik »

Goeie werk daar !
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by Ponkie »

Pieter

Baie geluk met die sukses. Die jakkalse wat jy in situasie 1 geskiet het? Hoeveel was jonges? Die kenners sal seker ook reken dat jakhuil hulle moes weggejaag het ipv inroep. well done, maar dis nie die norm nie.

Jakkalshuil is in die wintertyd my nr1 klank waarmee ek 'n stand begin. Werk baie effektief as jy presies weet waar hulle loopgebied is, juis omdat die klank so erg aggresief is. 

In situasie 2 sou ek ook dalk jakkalshuil gebruik SLEGS as ek geweet het die jonges is alreeds gedood en dis slegs die stel wat oor is. Maar hulle is dood en dis al wat tel. Baie geluk. Somtyds werk iets buite die norm en hierdie is 'n voorbeeld daarvan.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by Francois Marais »

Pieter

Hierdie is weereens n bewys dat niks van hierdie bedryf van ons in klip gekap is nie..........en dat n man nie in n groef moet verval met jou roepery nie, maar altyd nuwe goete ook moet probeer, GROOT GEGOOI.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by Ponkie »

Pieter

Skuus ek wil net myself reghelp hier. Ekt intussen met 'n paar voltydse jagters gepraat en van hulle se dat die jonges op hierdie stadium so hardegat is dat hulle sommer op enige jakkalsroep sal inkom. Maak nie saak aggresief of familie roep nie. Was dalk die rede vir jou sukses. Nietemin, dit het vir jou gewerk en enige man sal dan tevrede wees.

Mooiloop
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Jakkals Huil red my

Post by Pieter »

Ponkie

Al vier was jong reun jakkalse, die drie wat weg beweeg het kan dalk jong tewe wees, het ek geweet dat daar 'n moontlikheid was dat daar jonges kan wees, sou ek nie daarmee begin begin roep het nie, ek was 'n ou enkel lopende jakkals tewagte.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by Marc »

Goeie werk Pieter en so leer ons almal !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by johann »

Baie mooi Pieter!!!sterkte met daai ander 3, hoop jy kry hul.
Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by Raven »

Mooi gedoen Pieter.

Ek kon 13 jakke die jaar al afhaal en slegs 1 was 'n jong reun, 2 groot reuns.
Die res was almal tewe die jaar, almal 2-3 jaar gemiddeld, dis asof die helpers almal na my plaas toe kom trek het die jaar.

Een ding verseker - hoe meer jy in die veld is hoe meer leer jy.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by JopieFourie »

Naand Pieter.

Baie geluk met die sukses.

Ek wil nou nie 'n doem profeet wees nie, maar ek twyfel sterk of daai outjies almal in een aand deurgekom het, of verstaan ek jou mis?
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by tafjak »

Pieter

'n Jakkalsroep eerste op is van groot waarde, veral as daar meer as een stem op die roep is. Mooigedoen en reg soos Francois s?: Jakkalse kan onvoorspelbaar wees, veral jonges in hierdie tyd.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Jeep 1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Sat Sep 10, 2011 6:59 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by Jeep 1 »

Mooi gegooi daar jng geluk


Groete
Jeep
Last edited by Jeep 1 on Tue Mar 13, 2012 7:10 pm, edited 1 time in total.
25 06 !
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Jakkals Huil red my

Post by Pieter »

Jopie, jy verstaan my reg, hul het in een aand ingekom, nadat ek krag opgesit het was daar nie jakkalse in my grond nie, nog al die jare het hul van die buur plase gekom en my verniel, die 3 is ook uitgesorteer, 1 (jong reun) geskiet, na 2mnde en 8 dae nadat ek die ander geskiet het en ek hul in 'n hoop gegooi het met 6 grondhonde in 'n halfmaan om hul karkasse, het ek vir pa gevang en uitgehaal ( skat hom so tussen 5-6jr) die laaste 1 het ek so 'n week terug raak gery.

Groetnis tot volgende keer
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by visstok »

More Gerrit, kontak vir Oom Heinrich, Jaracal op die forum. Berstel sy eerste Dvd asook sy e-book. Probeer by n kurses uitkom. Dis belangrik om die nodig kennis asook die regte toerusting te he. As die jakkals gogga byt, byt hy hard! Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
stan man

Re: Jakkals Huil red my

Post by stan man »

ek wil ook nog daai e book bekom.
het eergister aand iets heeltemal ander probeer in die buffel kamp.
gewoonlik roep ek maar kos wat natuurlik in die omgewing voorkom,maar nou die aand besluit ek,ek gaan anders wees en roep toe wilde vark wat ek nog nooit mee sukses gehad het nie..mamma en pappa kom toe in met spoed. hulee hendrem is opgeruk op so 90m .kon een in die stel skiet  en het tevergeefs geroep om die teef in te kry. ek skuif toe so 1 km weg en roep weer vark,en wragtig hier kom n jong reun met spoed in na omtrent 10 min. hy het die wind mooi gewerk en my reuk opgetel op so 150m maar ek hou toe maar sy vel heel.
jakkalse is onvoorspelbaar. ons het in die laaste agt weke 53 jakkalse en 3 rooikatte gep[iets en nie een was dieselfde nie. tot hulle gedrag verskil van mekaar.
die een se rug was af en toe ek by haar kom om haar uit die lewe uit te help toe val sy die roer se loop aan. n ander geval het dit amper gelyk of die jakkals pleit om verlos te word.
die natuur bly darem maar wonderlik.
janwitkop
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Wed Dec 01, 2010 4:13 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by janwitkop »

Waar kon ek oom Heindrich se besonderhede kry soek dringend Suid Afrikaanse klanke het in my domheid sommer n "dow in etrus' en ses jakalse geskiet. Dink as ek behoorlike klanke kan speel gaan ek groot pret h?. Het n groot rooikat by my wat minstens een maal n week n rooibok vang en sal hom ook graag wil bykom.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Jakkals Huil red my

Post by visstok »

Jan, jy kan vir Oom Heinrich n PM stuur, (jaracal). Anders kan jy Oom Taffie (Tafjak) en Oom Louis (Louis102) kontak op forum vir klanke.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Post Reply