Verkyker keuse

User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Verkyker keuse

Post by GERT vd M »

Dagse manne,
                    Het al so bietjie rondgevra oor verkykers. Myne het die gees gegee met die afgelope jag na 13 jaar van diens. Dit was n 10x25 Tasco. Wat ek wel weet is dat ek iets soek met goeie lense want die oge is nie meer 20jaar oud nie, en iets in die lyn van 8x32. My vraag is nou moet ek gaan vir "roof prism" (die wat lyk soos n hond se agterbeen) of "porro prism" (die wat lyk soos n H)
Ek het n idee van die voor en nadele ,maar vra so bietjie hulp en aansporing...... Nog nie nodig om bril permanent te dra nie...
                        Groetnis
                          Gert
Last edited by GERT vd M on Sat Jun 23, 2012 10:27 am, edited 1 time in total.
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Verkyker keuse

Post by Vlakvark »

Verskil tussen Roof and porro prism Binos


http://www.youtube.com/watch?v=bbRtHc5V ... re=related



Vortex het nogal 'n paar om na te kyk

https://www.google.com/search?q=vortex+ ... 66&bih=623
Image
Image
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Verkyker keuse

Post by GERT vd M »

Dankie Vlakvark,
                      Het op die websites gekyk en vanoggend so bietjie gaan verkyker bekyk en nou is ek lekker deurmekaar. Het toe die tasco ingevat na handelaar waar ek hom gekoop het , vir reperasies. Wag vir ander manne om ook bietjie komentaar te lewer ASSEBLIEF
                        Groetnis
                          Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Verkyker keuse

Post by Piet Breedt »

V?rkykers wat uitstekende beeld het en wat nie die bank gaan breek is: Steiner, Vortex en Nikon.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Verkyker keuse

Post by Gerhard »

+1 vir die Nikon Monarch
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Verkyker keuse

Post by FCLoretz »

More Gert,

Die roof prisms is goeie verkykers maar eindig op in 'n verlore lig kwaliteit. Dit is agv die feit dat dit deur extra prisms/glas moet gaan.

Porro prism verkykers is die roete om te gaan lig travel in 'n reguit lyn. Dit word nie gereflekteer deur ekstra glas/prisms nie

In terme van wat ek sal voorstel vir verkykers moet jy defnitief na die Nikon Monarch kyk, die 8x42 of die 10x42.

Vortex verkykers is self baie goed.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Verkyker keuse

Post by 243Songdaug »

Gert.
My oe is verskriklik ligsensiteif en om die rede kan ek nie sommer enige verkyker vat en dink hy gaan werk nie.

My toets is altyd as volg:
As ek die verkykyer ingestel het om helder te wees vir my oe, sal ek probeer om vir 5 - 15minute aaneen deur die ding te kyk - as my oe enigsins geirriteer word duer die helderheid van die lig kan ek hom ma neersit en die volgende 1 probeer.

Ek self gebruik 'n Steiner reeds 'n paar jaar(poroprism) ma ek kan vir ure deur hom kyk sonder enige ongemak.  Het die afgelope naweek deur 'n Monarch gekyk en die helderheid is ongelooflik, ma my oe het binne enkele minute so gebrand en getraan dat ek hierdie fantastiese verkykyer moes bere.
Dont tell me, show me......
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Verkyker keuse

Post by GERT vd M »

FCLoretz wrote: More Gert,

Die roof prisms is goeie verkykers maar eindig op in 'n verlore lig kwaliteit. Dit is agv die feit dat dit deur extra prisms/glas moet gaan.

Porro prism verkykers is die roete om te gaan lig travel in 'n reguit lyn. Dit word nie gereflekteer deur ekstra glas/prisms nie

In terme van wat ek sal voorstel vir verkykers moet jy defnitief na die Nikon Monarch kyk, die 8x42 of die 10x42.

Vortex verkykers is self baie goed.
 
  Dagse,
            Help my asb reg as ek die kat nou aan sy stert beet het maar het jy nie nou die porro prism en roof prism omgeruil nie?.
Die roof prism is tog die een wat in n reguit lyn is of hoe?
                      Groetnis
                        Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Verkyker keuse

Post by Beretta »

Min gaan die Steiner klop vir waarde vir geld net my mening en ondervinding.
Beretta
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Verkyker keuse

Post by FCLoretz »

Hi Gert,

Jammer jy is heeltemal korrek. Ek Vra om verskoning
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Verkyker keuse

Post by kopskoot »

Dagse Gert

Ek het n redelikke verskeidenheid verkykers, en hier is my 2c. Jy kan nie verkeerd gaan met n swarovski, of n Leica nie. Ek dink ook nie daar is veel beter nie. As jy egter nie so baie wil spandeer nie, gaan jy ver soek om beter waarde vir geld te kry as Vangaurd se endeavor ED reeks .Ek het n 10.5x45, en het my R2800 gekos,n jaar terug.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Verkyker keuse

Post by blaser »

ek het die leica met af stand meter in en sal nie veruil vir niks anders nie gaan kyk maar na kwaliteit

het van vsa saam gebring kos daar R14000.00
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Verkyker keuse

Post by Piet Breedt »

Ek stem saam oor die Swarovski en Leica v?rkykers. Soos met scope helderheid klop jy hulle nie sommer nie.

Die 3 v?rkykers wat ek genoem het nl: Steiner, Vortex en Nikon Monarch, is baie goed geprys en regtig waarde vir geld.

Soos 243 Songdaugh genoem het, n Steiner is seker die sagste op die oog wat ek al ooit mee gewerk het, behalwe n Swarovski HD. Die Steiner is regtig nie te duur nie, en vergelyk met van die beste. Steiner het nou onlangs ook eers die teleskoop mark betree. Hulle was al die jare bekend as n maatskapy wat net ge spesialiseer het in v?rkykers, en daarom is hulle so goed.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Verkyker keuse

Post by Freddie101 »

Het Steiner Ranger Pro 10 by 42 by Klipspringer hier op die forum gekoop.

Is sover baie gelukkig met hom. Het R4700 of R4500 betaal laasjaar. Al wat gebeur is dat voorste lense se klappies afbreek.

Hulle het n duurder reeks ook, maar hierdie is vir my werklik goed genoeg.

My mening
freddie 
yol bolsun
dirkdup
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm

Re: Verkyker keuse

Post by dirkdup »

Hallo Gert

Het jy al 'n verkyker gekoop en indien nog nie, watter tyd van die dag voorsien jy gaan jy dit die meeste gebruik?
Namate die jare aanbeweeg verminder die oog  se vermo? om al die lig wat die verkyker se  voorste lense deurlaat te absorbeer.
In die meeste gevalle mag persone van 50 jaar en ouer vind dat 'n verkyker met 'n groter "ontvang(objective) lens" nie werklik 'n voordeel inhou nie en dus koste bespaar deur soos jy, 'n 8x32 model te oorweeg.
Ek is 61 jaar oud en 'n verkykerversamelaar en hersteller. My ondervinding is dat die wat ek die meeste gebruik in die 8x30/8x32 kategorie val.
Vra gerus as jy nog antwoorde soek .
Groete
Dirk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Verkyker keuse

Post by tripodmvr »

Ek dink julle manne kyk mis dat Gert, soos ek, 'n 8x25 of 10x25 in sy sak dra as hy jag. Nou het die doelpale verskuif. Ek het 'n Ultraoptec "in focus" wat ek ronddra en is lekker omdat jy nie hoef te fokus nie. Dit is nou nie die wereld se beste nie, maar help om "takbokke", miershope en klippe as bokke te elimineer. Gert, my raad sou wees om na so kleintjie te soek, wat jou sak sal pas - dit wil s? prys- en groottegewys.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Verkyker keuse

Post by GERT vd M »

Dagse,
          Ek het nog nie gekoop nie. Dankie vir almal se insette. Tasco het laat weet dat dit nie koste effektief is om my 10x25 reg te maak nie en het my n aanbod gemaak om weer dieselfde verkyker by hulle te koop teen n sekere prys. Het toe op die web gaan kyk wat hulle pryse is en kom toe agter dat tasco nie baie gemoedkomend is nie. Sal maar wag en kyk.
        Tripod,
                  Ja, ek moet dalk mik vir dieselfde grootte of op die uiterste n 8 x32
                        Groetnis
                          Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
dirkdup
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm

Re: Verkyker keuse

Post by dirkdup »

Goeiedag Gert

Die keuse van enige verkyker, soos baie al laat blyk het, is 'n toegewing van die een of ander aard - 'n Swarovski kos baie duisende rande maar sy beeldgehalte is ongetwyfeld van die heel beste. Vir 'n fraksie van sy prys kan jy 'n massageproduseerde verkyker kry wat in die ooste vervaardig is, maar jy gaan jou dalk kort voor lank in dieselfde posisie bevind waar jy nou is. Tussen hierdie twee uiterstes is daar ander praktiese opsies sien * verder aan.
Na my mening is 'n 7 of 8x vergroting so goed as wat jy dit kan kry. Vir jou doeleindes egter 'n 8x maal.

'n Verkyker met 'n "ontvang/objective lens" van 20/25mm mag dalk maklik in 'n baadjie se sak pas, maar die tol wat hy eis is hoog - baie minder lig bereik jou o? en die korrekte  plasing van die "optiese as" is baie meer belangrik - kortom hy voel nie "so maklik op die o? nie"  Sou die vergroting na 10x verhoog word is die probleem natuurlik nog groter.

As jy regtig by 'n  ekonomiese 10x25 wil volstaan sal ek voorstel dat jy 'n Nikon Sportster oorweeg.

* 'n Praktiese opsie vir jou doeleindes mag wees om 'n Hensoldt 8x30 DF, 'n ou NAVO milit?re verkyker te oorweeg. Hy het verseker nie die moderne, stylvolle? ontwerp van die nuwe geslag verkykers nie, maar sy optiese gehalte (vir die prys waarvoor hy bekom kan word) sal net deur verkykers wat baie duisende rande meer kos, getroef kan word. Registreer op ebay USA en soek toerusting wat deur  "Army Store" in Duitsland verkoop word.
Hierdie Hensoldt, 'n porro prisma (w tipe) verkyker is redelik kompak (egter nie vir 'n hempsak of broeksak bedoel nie) omtrent onvernietigbaar en het individuele oogstukverstelling. Laasgenoemde behoort nie 'n probleem te wees nie aangesien sy velddiepte enorm is en min verstelling nodig sal wees.
Ek het hierdie verkyker se  werkverrigting al by vele geleenthede met my ander, baie duurder verkykers vergelyk en hy vaar uitstekend gegewe die feit dat hy al ouer as 50 jaar is. Die enigste aspek van sy beeldgehalte wat ek sou wou verbeter is sy kontras, maar selfs dit in ag geneem is hy uitsonderlike goeie waarde vir geld.
Laastens, ek het 'n Nikon 8x30 ATB verkyker wat op die Zeiss Safari se ontwerp geskoei is. Ook individuele oogstukverstelling maar 'n dakprisma (H tipe) Hy is baie kompak en werklik solied. As jy belangstel kan ek hom dalk in die mark plaas.

Sterkte met jou keuse.
Dirk       
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Verkyker keuse

Post by spekieries »

Dirk

Ek het 'n 4x 32 geweer teleskoop . Ek moet jou ondersteun oor die gehalte van hierdie teleskoop se optika.

Die vergelyking is met ander teleskope gedoen wat ek het nml. Lynx, Leupold en Vortex.

Groete
dirkdup
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm

Re: Verkyker keuse

Post by dirkdup »

Hallo Gert

Die forum versoek dat ek jou langs hierdie weg moet antwoord.

Ek woon in Kaapstad.

Hierdie is 'n baie ouer verkyker as die Prostaff en die Monarch, maar
sy bougehalte is heeltemal in 'n ander klas (nog in Japan vervaardig
soos Nikon se beste model - die LXHG/Venture) Hy is ook in kleiner
getalle vervaardig. Kyk of jy enige voorbeelde onder Nikon Trailblazer
8x30  kan kry - die Carl Zeiss 8x30 Olive/Safari is identies
Verkykers het of individuele oogverstelling of eenwielverstelling.
Eersgenoemde is baie meer eenvoudig en ook meer betroubaar en die rede
waarom dit in milit?re verkykers gebruik word. Jagters anders as
vo?lkykers gebruik baie keer hierdie tipe verkykers. Miskien moet jy
'n bietjie na van die Amerikaanse jag webtuistes gaan en lees wat
hulle daaroor s?.
Daar is geen dringendheid om hierdie verkyker te verkoop nie, maar ek
besit meer as 40 verkykers en sal  die een of ander tyd die
versameling moet begin verklein.
Hy is eintlik baie geskik vir 'n jagter en ek sal hom nooit vir
daardie doel gebruik nie. Ek het jul webtuiste besoek omdat verkykers
my interesseer.

Ek kan hom laat gaan vir R1000.

Groete
Dirk
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Verkyker keuse

Post by GERT vd M »

Hallo Dirk,
              Sal dalk belang stel in die verkyker.  Het jou n pm gestuur.
                          Groetnis
                            Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Verkyker keuse

Post by GERT vd M »

Dagse
    Die tasco verkyker is toe na n lekker bakleiery vervang. Dit het meer gegaan oor die prinsiep van die waarborg as enige iets anders.
Wys jou net, ons moet meer op ons regte staan.
    Dirk hierbo het my van goeie raad voorsien wat verkykers aanbetref (soms op n dwaalspoor gelei) ;) ;)en uiteindelik het ek nou my "mind" opgemaak want ek is nog steeds in die mark vir n oordentlikke verkyker.  My besluit het toe geval op n MINOX 8X33 BL comfort bridge. Die probleem is dat ek nie iemand kan opspoor wat dit in voorraad het nie. Miskien kan iemand my help.
DIRK ... Jy moet nou komentaar lewer asb .. en julle ander manne ook!!
                      Groetnis
                        Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
dirkdup
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jun 07, 2012 6:41 pm

Re: Verkyker keuse

Post by dirkdup »

Goeiedag Gert
Anders as Minox se APOHG reeks word die modelle waarna ons verwys in China onder Minox ingenieurs se toesig vervaardig. Ek is heeltemal seker dat die bougehalte van baie ho? standaard is. Jy sou moontlik  reeds vasgestel het dat Minox 'n europese maatskappy met 'n lang, lofryke geskiedenis is.
Ek glo dat jy eintlik  wil weet hoe die 8x44 BL met die 8x33 Comfort Bridge vergelyk. Ek sal eerlik s? dat ek nog nie een van hierdie modelle spesifiek onder hande en voor die o? gehad het nie, maar myns insiens is hierdie vervaardiger se produkte deurgans onberispilik.
Die 8x33 is vanselfsprekend meer kompak en het beslis 'n groter veldwydte, aspekte wat spesifiek vir jou doeleindes belangrik is. Bloot op papier beoordeel is gemelde model ook dalk "stewiger" as die grote verskil in die optiese buise in ag geneem word. Sy gewig is aansienlik meer as Leica se 8x32 Ultravid HD (titanium natuurlik ligter) Swarovski se 8x32EL (magnesium) en Zeiss 8x32FL(nie-metaal romp)
Ek is van mening dat sy optiese werkverrigting "naby aan die grotes" sal wees en dat hy, gegewe die prys waarvoor hy bekom kan word dalk jou beste altyernatief gaan wees. Hierdie mening rus nie bloot op wat ek al gelees het nie, maar ook op wat ek van Minox se optika weet.
Miskien moet jy Minox  South Africa  Google en kyk wat dit oplewer, anders sal ek voorstel dat jy hierdie verkyker op ebay gaan soek en vasstel waar hy teen die billikste prys bekom kan word. Bepaal dan wat die doeane/aksyns gaan wees en gaan voort. Om verkykers van ander lande na Suid Afrika te bring is glad nie  so moeilik as wat jy dalk mag dink nie.
Groete en  sterkte met jou besluit.
Dirk 
   
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Verkyker keuse

Post by GERT vd M »

Dagse
          Ek is van nature nie n suinige mens nie maar glo my ek kon dit nie oor my hart kry om n verkyker aan te skaf in die prysklas van swarovski ens. nie. Het baie rondgevra en self bekyk en het toe op die ou end besluit op n REDFIELD REBEL 8X32 en die prys was
R1398.00 Wat ek sien deur die verkyker is al wat ek nodig het om te sien en dit vergelyk baie goed met verkykers wat tot 6 of 7 maal die prys is. HY is stewig gebou en baie kompak en hanteer baie gerieflik. My 10x25 tasco sal my nog steeds vergesel op my stap jagte.                                            Groetnis
                                                        Gert

NS: vIR DIE MANNE WAT IN DIE MARK IS VIR N NUWE VERKYKER, KYK GERUS NA DIE REDFIELD. OOK BESKIKBAAR IN 10X42
                   
                                 
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Verkyker keuse

Post by James Wilson »

Dirk, welkom hier ek is seker ons gaan iemand met jou ondervinding lelik misbruik ;)

ek wil jou graag vra as ek so na diepryse kyk dan sie ek gereeld dat die 8x duurder is as die 10x. het ek dit reg waargeneem en indien wel wat sal die rede wee?  ek gaan in die volgende paar dae n verkyker koop maar moet nog besluit tussen die 10x en die 8x.  verder sien ek ook dat die manne nie sommer n Leupolt aanbeveel nie, is daar n rede daarvoor. ek het my reggemaak vir n leupolt
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply