110gr 30-06 springbok-jag
-
bosveld.jagter
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Tue May 29, 2012 11:13 pm
110gr 30-06 springbok-jag
Hey manne ek het gehoop jul sal my bietjie raad kan gee oor wat die beste ladings sal wees vir 'n 30-06 110gr Hornady V-Max..... S365 of S335 en soo aan??
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
eh het nie vir jou raad oor n ladings nie maar gaan jy nie beter af wees op verder afstande met 150grn uit n 30-06 nie? of self 125grn maar 110grn uit n 30cal gaan op verder afstande swakker wees
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
bosveld.jagter
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Tue May 29, 2012 11:13 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Dankie James sal bietjie daarna kyk 
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Ek dink n V-max gaan net op kop skote werk,die vleis skade oppie blad gaan baie wees.Barnes x in 150 klink beter.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
bosveld.jagter
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Tue May 29, 2012 11:13 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Ek sal kyk na die 150gr ma dink dit mag dalk bietjie geld mors wees want ek siet inelkgeval net kop skote(mag net kop skote skiet)
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Watse afstande gaan die meeste skote wees?Swaarder koel behou momentum beter vir ver werk maar trajek natuurlik nie so plat nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
bosveld.jagter
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Tue May 29, 2012 11:13 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Ek skat die meeste skote sal op so +- 200m wees.... Ek het 180gr punte ook maar dit naak bietjie rof met die Trajek en so, so dis hoekom ek gekyk het na iets wat platter skiet soos die 110gr.
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
As jy daai roete gaan wil ek graag weet hoe dinge uitdraai.Wil ook vir jakke daai 110gr in my 30-06 try laai.bosveld.jagter wrote: Ek skat die meeste skote sal op so +- 200m wees.... Ek het 180gr punte ook maar dit naak bietjie rof met die Trajek en so, so dis hoekom ek gekyk het na iets wat platter skiet soos die 110gr.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
bosveld.jagter
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Tue May 29, 2012 11:13 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Dis reg ek sal jou laat weet ons jag volgende naweek so dan sal ek jou na afloop van die naweek vir jou laat weet hoe dit uitdraai...
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
My 165gr Accubonds skiet 40mm hoog op 100m, en zero op 200m @ 2720ft/sek. Wel duurder as n ligter punt, maar sal verseker die werk met die tipe trajek kan doen.
Veiligheid eerste manne!
- 22-250 Sniper
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
110 gn punte skiet ongelooflik lekker uit n kettie 30-06 is gebou vir 163,165 en 168gn punte daai lucky packet punte is net om jou op die skietbaan te hou bruno o6 het die regte kombinasie
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Dags?
Ek het verlede week in Suidwes gejag en bietjie springbok help uitdun. Die 110gr V-Max loop baie mooi op springbokkoppe en nekke - die verste skoot was so 220m. Ek ook te voet gejag en basies een bok se kop byna los van haar lyf af geskiet met V-Max. Terloops die Z6 met verrligte kruishaar (kolletjie) werk uitstekend vir my in die nag, beter as gewone kruishaar. Die Z6 se groot field of view is ook verkiesbaar bo die kleiner beeld van ander scope. Ek het eers met die .243 geskiet met ander scope om te toets en toe die .30-06 met die z6 gebruik die volgende nag.
Mooi loop

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Koos, as ek reg onthou het jy die 110gr koele so paar jaar terug getoets in jou 30 06 in die Magnum. Gee bietjie jou bevindinge hier. Spoed, groeperings ens.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Ek onthou dit ja, die bojane blykbaar lekker afgejak in die klowePiet Breedt wrote: Koos, as ek reg onthou het jy die 110gr koele so paar jaar terug getoets in jou 30 06 in die Magnum. Gee bietjie jou bevindinge hier. Spoed, groeperings ens.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
bosveld.jagter
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Tue May 29, 2012 11:13 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Hey dankie vir die advies ons het gister terug gekom van die jag af het 7 springbokke gekry. die 110gr het mooi gewerk soos jy gese het koos hul het die springbokke se koppe mooi opgemors
. Ek het teen 3200 ft/s geskiet en dit het mooi geloop. Daar was ook geen kwes-bokke nie en ek sou defenitief die V-Max vir jul aan befeel solank as wat jy kop skote skiet. Moet rerag nie probeer om blad skote te skiet nie dan is jy beter af met 'n ketie 
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Naands?
Ek laai nou 50.5gr S335 vir sowat 3050vps met die 110gr V-Max. Die groepe is baie mooi, as ek my kant bring skiet die geweer onder een duim vir vyf skote. Ek het ook al 'n hele paar blesbokke daarmee geskiet, werk goed met kop- en nekskote. Lyfskote op springbok mors maar die vleis, veral as been getref word. As die skoot egter agter die blad is op plankdwars bokke en die afstand is oor 250m is die vleisskade soms aanvaarbaar. Het eendag 'n springbok en ribbok bonne ongeveer een minuut van mekaar geskiet, beide op 275m. Die vaalribbok het plankdwars gestaan en die vleisskade was min maar die springbok het skuins weg van my af gestaan en die koe?l het maar redelik gemors. Ek was tot dusver nog te skrikkerig om groter bokke as blesbok te skiet met die V-Max. Blesbokke val ook met lyfskote en soms gaan die koe?l deur. As dit binne in stop met lyfskote is die skade natuurlik beperk tot een blad (as die koe?l in die borsholte stop).
Ek het maar toevallig uitgevind die geweer is akkuraat met die 110gr koe?ls, was nooit van plan om hulle te gebruik nie. Begin dit toe vir my kinders laai maar vind die ligte recoil so lekker dat ek dit self gebruik. Ook 110gr bergers werk abie mooi. Het verlede jaar 110gr barnes TTSX probeer op blesbok met lyfskoot en dit werk baie goed. Ook 'n blouwildebees in die kop daarmee geskiet en uitstekende resultate behaal. Ek het die 110gr Barnes saam met 'n 150gr Accubond in dieselfde wetpack geskiet om te probeer vergelyk hoe beide in die nat papier sou doen. Op 25m het die 150gr koe?l gewen maar op 100 en 200m het die 110gr Barnes dieper gepenetreer. Spoed was 3000vps vir die Barnes en 2700vps vir die Accubond.
Ek het al twee keer met die 110gr V-Max Jaggeweer geskiet maar die koe?ls is baie gevoelig vir wind. By beide geleenthede het ek op die een gongbaan net 1 uit vyf geskiet en dit te wyte aan die wind. Corrie Prins het nog die een keer vir my gespot en na die tyd genoem dat ek elke keer verby die gong gskiet het - te min toegelaat vir wind. Met die springbok uitdun was die wind net een aand lastig maar toe het ek die .243 gebruik. Terloops my laaste springbok is te voet geskiet met die 150gr Accubond op 280m. Die bok het skuins na my toe staan en kyk en die koe?l is laag op die bors in waar die kop en nek bymekaar aansluit. Dit is bo-oor die hart en het al die are afgesny en toe net agter die blad uitgegaan. Die bok het skaars 10m gehardloop. Ek was egter verbaae en teleurgesteld met die bloedswam op die vleis op daardie afstand, gesien in die lig dat die trompsnelheid slegs 2700vps was. Ek moet egter noem dat die koe?l die een blad gebreek het. Die wind was baie lastig en ek was te voet daarom het ek vir die blad geskiet.

Is die Barnes 110gr punte dan nie sollids nie?? 
-
Fanie
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Bosveld, ek beskou myself nie as die slimste beste nie, maar as jy mooi tussen die lyne gekyk het dan sal jy opmerk sommige koele sal beter werk vir jou as ander. Omdat so baie ouens dieselfde basiese vrae vra en probleme het, het ek 'n blady opgesit hier
http://www.faze.co.za/Guns/Kry_jou_geweer_reg.htm
Snuffel maar daar rond, dis by verre nie volledig nie, ek sal maar oor tyd daaraan skaaf. Die slim ouens moet ook maar help as daar iets moet verander of by kom.

Last edited by Fanie on Sat Jul 07, 2012 4:38 pm, edited 1 time in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
S335 en S365 gee bykans die identiese werkverrigting vir die 100gr VMaxe. S355 se dop begin te vol raak en by S335 begin drukprobleme. Ek dink S355 is miskien die beter roep met minder druk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Fanie
Re: 110gr 30-06 springbok-jag
Jong ja dis nie altyd so voorspelbaar nie. As jy van die rak af koeels kry wat presies reg is vir jou is jy gelukkig. Dikwels moet mens bietjie ander probeer en mooi rekord hou van wat jy ondervind.
Ek wil weer se wat ek al voorheen gese het. Mens moet vergeet van die grootste vinnigste, om akkuraat te skiet is altyd beter as om vinniger koeels te skiet met 'n swakker groepering. Akkurate skote maak bokke dood elke keer, bont skiet is daai kwes skote wat vleis mors, mense ver laat loop en so effe verlee kan laat voel.