150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Dagse
Ek het sopas ontvangs geneem van my Howa 30-06. My jag is in Augustus. Budget laat nog nie toe vir 'n herlaai stel nie (sal een die somer koop). So ek sal seker met ProAmms gaan jag. Nou my vraag is...op skote van 200m plus soos suide van Namibia en Kalahari...watter gewig projekiel sal julle skiet? Die plan is om Springbok te skiet, maar wie weet dalk n Gemsie of n Kudu ook. Ek hoor graag van julle.
Meeste mense met wie ek gepraat het reken die 150gr sal beter werk op die langer afstande...

CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Kyk na die 150gr en 168gr's
Hang af wat se patrone jou geweer van hou en dan moet jy oefen op 200m+ om die self vertroue te he om daai skote mooi te kan knyp.
Geniet die nuwe geweer en die jag in Augustus

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Swys 14
Ek het jare lank met Pro-Amms gejag in .270 en 30-06 so ek ken daai koels intiem.
Om aan te sluit by Gerhard se raad, jy sal nou bietjie moet ekstra finansies uithaal om te kyk watter koel / grein groepeer vir jou die beste. Jy se reeds jy gaan met Pro-Amms jag - ek weet by ons (Nam) kry jy net 150 en 180 gr in daai maak. Ek skiet goed en gemaklik met my 30-06 tot op 250 m met 180 gr.
Daai 150 gr Pro-Amms mors baie vleis op Springbok aan die uigaan kant - nader as 150 m - veral as jy die anderkantse blad tref. Tensy jy nekskote of kopskote gaan looi nader as 150 m.
Ek sou dus voorstel as jy defenetief met Pro-Amms gaan jag dat jy by die plaasboere n beraamde algemene afstand uitvind waarop die Springbok / Gemsbok gejag word - dit gaan bepaal watter grein die beste gaan werk - en waarmee jy moet inskiet.
Net Springbok jag:
Indien op 200 m + sou ek voorstel jy skiet jou geweer in met 150 gr.
Indien op 80 - 200 m stel ek voor 180 gr - om vleisskade te beperk.
Net Gemsbok jag:
Vanaf 100 - 250 m sal ek aanraai dat jy 180 gr gooi.
Indien jy gaan vir Springbokjag en jy kry die onbeplande geleentheid om n Gemsbok ook te looi sal die 150 gr Pro-Amms ook werk indien jy hom mooi agter die blad plaas en nie op die knoppe nie.
Alles van die beste met jou jag - en ons wil graag fotos sien en so klein verslaggie van jou lekker tyd daar.

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
great raad manne, dankie, FHM ek sal jou raad ernstig opneem...baie dankie. ek wil nie rerig te veel rondspring tussen greine nie...ek hoop maar die geweer hou van 180gr's...ek sal net moet oefen op 250m om die trajekte goed te leer ken.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Swys
Ek het ook Howa 30-06 en skiet met 150gr en 180gr maar die 150gr skiet n bok se blad letterlik in sy kanon in. Ek moet gewoonlik die varke se blad vir honde gee maar die 180gr jaag nie soveel skade aan nie. Dan kan jy gerus Remington probeer hulle is so R50 per pak duurder as Proamm en mors nie so baie vleis nie.

vlakvark en bosvark Bvk
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Vlakvark is daai die Scirocco Bonded of Core-Lockt Remmingtons?
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
SwysSwys14 wrote: Vlakvark is daai die Scirocco Bonded of Core-Lockt Remmingtons?
Dit is Core-lockt Remmingtons. Ek het ook die naweek n vark geskiet met Hornady 150gr Interbond en die het ook baie mooi gewerk, baie min vleis skade . Sal maar sien voorentoe hoe maak hulle. Het ook 180gr Interlock gekry moet so binne week of twee n koedoe skiet en gaan dit probeer
vlakvark en bosvark Bvk
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Swys 14. As jy nou eers die geweer gekry het sal jy eers sy loop bietjie moet inskiet. Weet manne praat van eers na paar skote wat die loop begin group. Daai eerste 40 (dalk 20) skote sal ek gewone pmp koop net om eers verby die loop inskiet te kom. Sal dan een pak van elk kry en maar kyk wat die beste groep skiet en dit gebruik.
Is jy in Namib of waar? Alternatief is dalk om iemand te kry met herlaai toerusting om jou te help. Jy behoort 100 rondtes te laai vir prys van 4 pakke ammo en dan kan jy selfs kyk na die 130gr GS customs as jou twist reg is. Sterkte.
m

375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Mac, dis die plan daai, het maar so 2 pakkies PMP bruin daarvoor gekry. Ek gaan duskant Kimberley jag Augustus. Ek is van plan om vir te begin herlaai sodra die finansies reg is hier na die jag seisoen
Die voordele van self laai is net soveel meer. groete
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
-
Umshwati Boy
- Sr. Member

- Posts: 342
- Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Hornady GMX Superformance 165gr. 
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Ek het 2 weke terug 'n vriend se .30-06 Tikka Hunter gaan inskiet met daardie ammo. Nee dankie, daai geweer en ammo kombinasie skop soos ek in my lewe nie 'n nul-kwes gevoel skop het nie!Umshwati Boy wrote: Hornady GMX Superformance 165gr.![]()
Goed, beter, 6millimeter!
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Swys waar bly jy? As jy erens naby Pretoria is sal ek jou gou eendag help laai aan paar patrone.
Die rede hoekom ek dit se is omdat as ek jy was, sou ek vir premuim 150 gr punte gaan. Ek het rondom Kimberely groot geword. As jy na die suide en ooste toe gaan is dit oop vlaktes (met bietjie bos), noord raak dit minder vlaktes en bietjie meer bos en na die weste toe bietjie meer bos waar jy rerig net in die panne ver skiet en dalk een of twee vlaktes. Ek het op baie plase gejag waar daar dele is waar jy nie verder as 30m kan skiet en dan 30 m verder is dit n oop pan of vlakte waar 200 m die gemiddelde afstand is.
Ek het groot geword met 150gr punte in n 308 en ons het van springbok tot eland geskiet. Die voordeel wat jy die meeste van die tyd het is dat jy jou prooi voor die tyd id en dan meeste van die tyd n oop skoot het om te maak sonder enige probleme, so jy kan lekker rustig seker maak jy sit daai skoot waar dit saak maak. Gegewe dit glo ek nie daar gaan groot voordeel wees om 180gr punte te skiet. As jy my idee kan gee waar julle gaan skiet kan ek tien teen een bietjie meer inligting gee oor die topografie as jy self weet hoe dit daar lyk nie.
As jy springbokke gaan jag en as jy geduldig is behoort jy gereeld 120-150m skote te kry, as die boer weet wat hy doen en jy van bakkie af moet skiet, gegewe dat die bokke nie al woes wild gejag is nie. Voorsit is net so lekker en daar kan jy lekker bakens of twee uitsit en n sniper op jouself trek deur vir jou lekker nes te skrop. Harris bipod is die beste beleging daarvoor en werk dan net so lekker as jy loop, die bokke sien en dan in n goeie posie kom vir prone. dit werk soos n bom.
Gemsies is lekker rustig as jy hulle nie te erg druk met n bakkie en jy behoort selfs in oop vlaktes binne 200 m te kom van hulle en dan het jy lekker groot kill zone. Onthou sy hart sit net 6 duim van die onderkant van sy lyf af agter die twee voorbene maar sy longe is baie groter boontoe. Koedoes is egter n ander storie as hulle trek koedoes is. Baie min mense weet dit maar n koedoe bul hardloop nie sommer verder as 300m en hy gee jou elke keer 3 sekondes. Nie baie moeilik om daai groot longe in 3 sekondes raak te skeit nie. Vir al hierdei is die 150 gr punte meer as genoeg en gaan dit jou platter trajek gee maar ssoos die manne se daai 150gr pmp mors met n blad so dis my rede vir premuim punte.
Selfs as jy koop moet jy onthou jy gaan nou R10 of R20 spaar per patroon om PMP te koop maar dit kort net een slegte skoot op die blad om daai blad teen R25/kg vir die honde te voer.
Jammer vir die opstel maar sjoe my hart trek punt na daai rigting...

Last edited by Machann on Thu Jun 21, 2012 1:39 pm, edited 1 time in total.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Machann, dankie vir jou post. Ek waardeer dit. Ek sit in die kaap. Die jag is gereel deur my broer se skoon mense, ekt self nie n idee waar dit is nie al wat ek weet is dat ek seker 'n paar springbokkies gaan skiet. Ek verstaan dat n 150gr teen hoe spoed mooi bymakaar gaan hou as ek premium ammo gebruik. Ek het al gesien wat doen daai bruin pakkie 150gr PMP aan n sprngbok....dis baie vleis mors. Ek sal kyk watter premium fabrieks ammo (150gr) ek kan optel in my budget. Sou alreeds wou begin self herlaai het maar ekt baie kostes tans en sal eers dit kan doen einde vd jaar. Gaan in die tussentyd my herlaai hoekie maak. Dankie vd advies.
Last edited by Swys14 on Thu Jun 21, 2012 10:16 pm, edited 1 time in total.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
-
johnny
- Hero Member

- Posts: 569
- Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm
Re: 150,168 of 180gr vir my 30-06 in Kalahari?
Jag nou 22 jaar met my 30:06 en skiet al my wild met of 150 gn of 168 , verkies die 168g veral in die kalahari want trajek is mooi en minder vleisskade , ook beter op die gemsies oor langer afstande, ek sluit aan by ander manne oefen en oefen en oefen met die toerusting wat jy in die veld gaan he, help nie jy oefen met n bench maar gebruik n bi pod of iets dergliks in die veld nie, gebruik die patrone wat die beste groepeer in jou wapen, skootplasing, skootplasing en skootplasing, as jy dit reg het sal enige gn werk.
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno, .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.