Middag
Ek het n 308 musgrave met rsa aksie op wat nie altyd die patrone van uit die magesyn uit op tel nie.
Het enige een van jul al so probleem gehaad?
Wat kan ek doen om dit reg te kry?
Dankie
Wilco.
Musgrave 308 Proebleem
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Musgrave 308 Proebleem
Ek praat uit wat ek nou meer onlangs hier op die forum gelees het: Maak seker jou extractor claws is nie baie afgesleit nie, en skoon. Maak ook seker dat jou slot oor die algemeen skoon is.
Veiligheid eerste manne!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Musgrave 308 Proebleem
Meegaande met Pierre se raad.
Die fout kan by jou magasyn ook le - eintlik is daar n hele paar dinge wat kan fout wees maar sonder dat ons nou spekuleer op elkeen, stel ek voor jy neem die geweer na n geweersmid naby jou om n professionele opinie te kry - dit sal jou hopelik niks kos maar dan weet jy ten minste wat die fout is - en weet jy wat dit sal kos om reg te maak.
So kan n man nie gaan jag nie. Dit kan jou kos in die veld.

Last edited by FHM on Tue Jun 19, 2012 4:42 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Musgrave 308 Proebleem
Wilco
Ek het 'n 300wm met lyttleton rsa aksie en musgrave loop. Ek het al gewoond geraak om die tweede ronde (maw boonste rondte in die magesyn) net liggies met my vinger vorentoe te druk om te kan voer. Darem bittermin 'n opvolg skoot met hierdie roer nodig gehad - dis my 'old faithful'. Ek dink die probleem kom maar agv van die feit dat hierdie gewere enkel aksies was en later aangepas is vir 'n magesyn.
Hierdie was vir baie lank my enigste roer en was maar bang om dit integee vir 'n geweersmid wat ek nie ken nie. Die geweer het ook baie sentimentele waarde - 20 jaar terug my eerste bok met hom geskiet en toe later by my pa oorgevat. Nou dat ek 'n paar ander roere het sal ek oorweeg om dit te probeer regmaak, solank hy net weer saamry jagveld toe.
Hoop jy kom reg. Laat weet ons van vordering.
Groete
Christo

- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Re: Musgrave 308 Proebleem
Wilco, ek het dieselfde probleem en ek maak ook soos Christo se met die vinger.
Probeer om nie meer as 2 patrone in die magasyn te sit nie, sodra jy 3 insit dan wil die outjie nie.

25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
-
Wilco308
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Tue Jun 19, 2012 3:19 pm
Re: Musgrave 308 Proebleem
Ek het ook al gewoont geraak om met doe vinger die rondte reg te skuif...Ek hou net nie daar van nie ek het nog niks gemis as gevolg van die probleem nie maar soek my roer 100% reg.Het die geweer by my skoonpa gekry en die geweer het n goeie geskudenis so is ook maar bang om vir enige iemand te gee.
Baie dankie vir jul hulp so v?r sal jul laat weet wat ek gaan/gedoen het.