Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil bietjie julle opinie vra oor n saak waarmee ek nie regtig saamstem nie.
Ek het my geweer / teleskoop en more "scope mounts" by dieselfde winkel gekoop maar nogsteeds wil hulle my geld vra om die teleskoop op die geweer te sit? Hoe werk dit?
Ek dink dit kan sekerlik as n diens gelewer word aan n klient as hy al die produkte by dieselfde winkel gekoop het!
Sjoe - ek stem ook nie saam nie. Ek het elke keer net die scope en mounts
by die winkels gekoop en hulle het sonder probleme (of koste)
die scopes gemount.
VdWalt wrote:
Sjoe - ek stem ook nie saam nie. Ek het elke keer net die scope en mounts
by die winkels gekoop en hulle het sonder probleme (of koste)
die scopes gemount.
My wapenwinkel het verniet vir my die Zeis scope wat ek verlede jaar by Huntex gekoop het op my 375 gesit, maar ek het nogal gesukkel om op teiken te kom en moes uiteindelik na 'n wapensmit toe. Die manne by die wapenwinkel was baie bekwaam, maar partykeer kry jy nou maar net 'n kombinsaie wat so bietjie sukkel om te werk.
Lang storie, maar... as ek gaan betaal om dit te laat opsit, sal ek dit eerder na 'n wapensmit vat...
Toe ek my wapen gekoop het, het ek ook geweer en " scope" by dieselfde plek gekoop, en hulle het die mount,en "boresight" gedoen teen geen ekstra kostes nie, ek voel as jy daardie tipe geld by een plek spandeer hulle jou te gemoed kan kom.
Ek is nog nuut op die forum en wil nie onndig krap nie, maar sal graag wil weet waar het jy jou hardverdiende geld spandeer. Ek sal graag wil sien wat van die meer senior manne se of jy die plek mag openbaar , en wat is die algemene erkende praktyk rondom, so n situasie. Ek is self aan die uitkyk vir nog n geweer, en kan my dalk net help om te besluit waar om te koop, as n ou begroot vir so n oefening.
Sien uit om die manne se menings te hoor
Groete,
Michiel
CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
Ek het net geweer en mounts by wapenwinkel gekoop en scope by ander een en hulle het dit vir my monteer sonder enige ekstra kostes.
Hulle het selfs my geweer ingeskiet met hulle amunisie waarvoor ek ook nie betaal het nie
Last edited by vlakvark1 on Thu Jun 14, 2012 1:04 pm, edited 1 time in total.
Al my wapens mounts en scopes by dieselfde wapenwinkel gekoop en hulle het dit kosteloos gemount
Die laaste scope het ek egter by 'n ander winkel gekoop en die winkel het die scope gratis gemount alhoewel ek nie die wapen by hulle gekoop het nie
As jy nie gaan betaal nie moet jy ook nie verwag dat hulle 'n goeie job doen nie! Ek mount al my scopes self (en lap die ringe) en ek sal vir julle se dat dit tyd vat om dit ordentlik te doen. Dit is ook nie te moeilik nie.
Niks in die lewe is verniet nie en dit staan die winkel vry om 'n fooi te vra om die werk te doen. Ander winkels soos wat julle van praat wat nie 'n fooi vra nie reken dit seker klaar in as hulle die produk se finale prys bereken. Omdat een winkel dit doen kan jy dit nie van die ander winkel verwag nie.
Jy moes met die winkel ooreengekom het dat hulle dit vir jou doen toe jy die geweer en scope gekoop het. Die mount van die scope was mos nie deel van die "kontrak" nie? Ek dink om dit van die winkel te verwag is onregverdig, maar menslik. Hierdie is die feite soos ek dit sien en julle is welkom om te verskil.
Vlakvark wrote:
Arnold ek gebruik Optilock mounts en ringe hulle hoef gelukig nie gelap te word nie, hulle het 'n plastiek insert wat lapping onnodig maak
In so geval kan jy dit mos dan sommer self mount. Onthou, al word die ringe nie gelap nie moet hulle opgesit word, die scope moet opgestel vir die regte eye relief en dan moet die scope ook regop op die geweer gesit word. Soos ek se dit als vat tyd en die persoon wat dit moet is heeltemal geregverdig om vergoeding daarvoor te vra en jy is heeltemal geregverdig om dit nie daar te laat doen nie.
Dit is daai ouens wat sommer gou die scope opsit wat aanjaag!
Arnold wrote:
sorry dat ek nou die vlieg in salf is ...
Hie hie - jy mag maar wees! Dit vat jou seker 'n rukkie as jy nuwe bande koop ...
Dit sukkel maar partykeer ja
Maar hierdie is eintlik 'n goeie voorbeeld. Hoeveel advertensies het jy nie al gesien waar hulle pertinent se dat daar "free fitment" is nie. Party balanseer selfs die wiel gratis en gee 'n nuwe valve maar nie almal nie ...
+1 Arnold. Ek sal betaal as dit beter as 'n vinnige werkie is, net nog 'n belegging in jou toekoms. Soms sit mens met moeilik aksies, my Mod 70 pre 64. As dit sommer 'n winkel assistent is vat dit na 'n wapensmid en kry klaar.
EK WIL HIERMEE GRAAG ERKENNING GEE AAN "VLT" IN PRETORIA. EK HET MY GEWEER BY "CAMDIX" GEKOOP EN MY TELESKOOP, BASIS EN RINGE BY "VLT" HULLE HET "GELAP EN GE-BORE-SIGHT" TEEN GEEN KOSTE.
OP DIE SKIETBAAN DRIE "CLICK" TOE SKIET HY PERFEK.
2 MAANDE LATER HET EK 'N "SILENCER" LAAT OPSIT BY CLARENCE IN BLOEM. DIE TELESKOOP IS DUS AFGEHAAL. EK HET TERUG GEGAAN "VLT" TOE EN GEVRA DAT HULLE HOM WEER "BORE-SIGHT" HULLE HET DIT GOU GEDOEN, EK HET VIR HOM VERTEL HOEVEEL "CLICKS" LAASKEER NODIG WAS, HY DIT TOE SOMMER BY VOORBAAT GESTEL. OP BAAN GEKOM 1 "CLICK" TOE IS EK TEVREDE. HULLE HET MY WEER NIKS GEVRA NIE, HULLE WEET AS EK WEER TELESKOOP NODIG, EK WEER BY HULLE SAL KOOP.
GROETNIS
DOUW
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Dit alles hang seker maar af van hoe belangrik toekomstige besigheid vir die winkel is. In vandag se ekonomiese tye glo ek besighede kannie anders as om bietjie ekstra te doen om hulself te onderskei nie.
My gevoel is dat indien hul dit nie gratis doen nie hul nie regtig besigheid nodig het nie. Maar ek moet bys? dat dit slegs geld indien dit by hulle gekoop is. Indien ek by 'n ander winkel koop kan ek seker nie regtig verwag om gratis te laat opsit nie.
Enige goeie besigheidsman sal die diens "gratis" lewer maar dit wel inwerk in die prys.
As daar ge 'drill & tap' is op jou 'bridge' en 'receiver' betaal jy maar, dis spesialis werk en vat tyd. As jou geweer 'dovetail' op het behoort hulle jou nie iets te vra vir skroewe vasdraai nie.
Ek sou seker die job wat Camdix gedoen het self kon doen maar die uur
Of wat, wat ek by VLT gewag het sou ek nie kon doen nie. Hulle het die scope
tot in die middel gestel.
Toe ringe geruil tot die kruis die naaste aan die bore sight is. Toe met n boor die
Ringe geskaaf tot hulle happy was en met n waterpas seker die scope wax level.
Ek dink ook nie ek het meer as 3 kliks op hom gestel om op die kol te wees nie.
Ek gaan betaal vir die diens! Het met bestuurder van die winkel gepraat en alles was verduidelik. R200 afslag gekry op die mounts. Wapensmut is nie deel van die winkel se diens -
besigheid is onafhangklik.
Ek gaan ook seker nou n vark wees, maar ek monteer en lap ook my eie ringe en teleskope, dit nadat ek by geleendheid al twee maal wapensmede betaal het om dit te doen en elke keer was die ringe nie gelap nadat ek dit na n tyd die teleskoop afgehaal het. Nou dit is ook nie nodig en dan is daar kostes ook aan verbonde.
Die een wapen was egter nie net lap en bore sight nie, maar ook drill en tap werk wat gedoen was en het als my amper R1500 uit die sak gejaag.
Manne moet net onthou dat lap werk nogal belangrik is glo ek.