OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Ian »

Nou net met my vriend Dirk Pretorius gepraat wat self daar was en agter die kap van die byl gekom. Die klompie jakkalse is van ses die aand tot ses die volgende more geskiet tussen vyf bakkies. Dit is 35 km suid van Clocolan. As die manne dit in een nag kan doen dan wil ek nie weet hoeveel 26 bakkies gaan skiet nie.
Gaan  'n bitter mooi foto wees.
Gerhard, dankie vir die laai van die foto.

Maar net om die manne se bloeddruk so 'n bietjie te laat styg :D.

Onthou, dit is 'n OPS en nie 'n komp nie (maar net vir die ander kleuriges). Ek hoop julle sien wat ek bedoel?

Groete Ian
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Problem Animal Control »

Ek het julle gese ek het op google earth gaan tel! Hehehe
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Ian »

tafjak wrote:
......maar eerder:

- om die beheerkonsep te versprei
- om goeie vriende te maak  :D :D :D :D :D :D :D :D
- om Probleemdierjagters onder een kombers te sit
- om te leer by mekaar ;) ;) ;) ;) ;) ;)
- om die omgewing/area te wys dat dodelike beheer tog die moeite werd is.
Taffie

Ek gee jou 10/10 vir die een.

Groete
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Dawid »

Die manne wat uitkom met sulke groot nommers moet eintlik maar n bietjie besin en dus ook hoop dat die "Dorpsjapies en manne wat nie eintlik probleemdiere jag" nie soos hier in my geweste die Jakkies en Katte SLIM roep in die Sweizer gebied nie.
Maar dis regso manne.....hou die hoop hoog

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by tafjak »

Lyk my die wa het ontspoor?

Ek het nie "kwaaibaadjie" aangetrek nie, net seker gemaak dat almal die doel van doe oefening verstaan.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Gerhard »

tafjak wrote: Lyk my die wa het ontspoor?

Ek het nie "kwaaibaadjie" aangetrek nie, net seker gemaak dat almal die doel van doe oefening verstaan.

Mooiloop
Stem 100% saam met die doel van die oefening Taffie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by tafjak »

Gerhard wrote: Nee wat boys....

As daar soveel jakkalse in een nag kan val tussen net 5 bakkies op 3000 HA....

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... UuanBn.jpg[/img]

Smaak ek my skatting is heel konservatief.... :police:
................lyk my(as ek die berigte sien) dat daar agt(8) bakkies was vir die nag en dat die wind so bietjie gestoot het.

25 gedeel deur 8 maal 40 = 125 maal 2 = 250; was die som soortgelyk aan jou voorspelling?
C.J: 285
Rooies: 282
Geno: 270
Schoevers: 262
Gerhard: 250
Ludwig: 212
Cobb: 195
Blok: 193
Jeep1: 182
................... ;)

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by marno »

Dinge begin vir my lyk of my skatting te laag was.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Louis102 »

My raaiskoot is dat daar sal seker tydens die tweede nag heelwat minder as tydens die eerste nag geskiet gaan word, indien die weeromstandighede die selfde bly vir beide nagte?

Taffie, ek dink jou doelwitte vir Mooihuil is in die kol.  Dit sal tragies wees as met al die goeie bedoelings waarmee die saamtrek gere?l is, daar na die tyd 'n vinger na ons gewys kan word a.g.v. opsetlike onverantwoordelike, roekelose of nalatige optrede.  Ons sal moet besef dat ons tydens hierdie oefening, eintlik verantwoordelike "ambassadeurs" vir ons jagtenieke en vaardighede moet wees ten einde 'n positiewe beeld uit te bou. As daar suursop deur hierdie oefening loop, gaan dit vet op die vuur van anti-jag groepe en sekere aktiviste wees.

Dit beteken egter nie dat dit nie baie lekker en leersaam sal wees as ons by die "re?ls" hou nie, inteendeel dit kan onsmaaklik raak as die ding deur ondeurdagte optrede bederf word.  Dink as ons na ons "Etiese Gedragskode" kyk en daarvolgens optree terwyl ons jag, behoort daar nie probleme te wees nie.  Na die tyd kan groot pret wees as die "werk" goed afgeloop het.

So reken ek maar.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Freek »

Ek stem! Ek glo ons almal sien dit so in en streef definitief daarna om hierdeur te bou --- nie af te breek nie. (punt)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Gerhard »

Gerhard wrote: Nee wat boys....

As daar soveel jakkalse in een nag kan val tussen net 5 bakkies op 3000 HA....

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... UuanBn.jpg[/img]

Smaak ek my skatting is heel konservatief.... :police:
Ek sien Bool Roof kyk weer hier oppi forum ....

Geno ek like jou Foundation Salute Pella!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Freek »

Ja nee, ou Geno het hom bemeester.... ;D ;D ;D ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Gerhard »

Ja hy is nou al deel vd politiek ook...

http://www.iol.co.za/saturday-star/da-a ... ents_start
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Dawie »

Geno

RESPECT MAN  !!!!! ;D 

Kojak
Last edited by Dawie on Fri Jun 15, 2012 10:20 am, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Dawie »

Ludwig

Sue die vark!! 
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Dawie »

Ludwig

Die foto is 'n bewys dat daar 'n oorpopulasie van jakkalse is,  volgens hulle moes daar net 2 jakkalse in daai area gewees het.  'n Rasionele mense word aanvanklik gewalg deur sulke foto's,  maar as hulle die werklike storie hoor sal hulle saamstem daar's 'n groot probleem.  Laat ouens foto's neem en laat hulle dit plaas en as iemand vrae vra dan hou ons net by die waarheid.  Onthou daar word 6500 kleinvee per DAG vermink en gevreet in RSA deur ongediertes. 

Die tipe mense wat val vir Bollie se disinformasie is minder as 2% van die publiek en die helfde van die 2% sal met JOU saamstem as hulle die waarheid hoor.

Nee wat,  hulle sal altyd iets kry vir amo.  Steur my lankal nie meer aan hulle nonsens nie.  Onthou die 1% is daar nie salf te smeer nie.  Is beter om hulle af te lag,  en daar is (en ek s? dit met respek) ooglopend 'n skroef los met hulle.

En dis seker nie heeltemal mooi wat Geno met sy saluut gedoen het nie,  maar ek like dit dat hy bietjie hulle g@tte krap. 

Moenie bang wees vir hulle nie,  ons sit deels in die gemors in die Weskaap omdat mense en organisasies nie oopkaarte aanvanklik wou speel nie,  hulle het nie gedink die publiek kon die waarheid hanteer nie....dis mos nou al bewys dat hulle kan.

Keep your cool and stick to the facts....iets wat hulle nie kan doen nie

Cheers

Kojak
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by tafjak »

Ludwig/Dawie

Ja, dit is maar moeilik om hulle gesanik en leuens elke dag te verduur. Dit is eintlik beter om hulle net los, maar ek sal nooit!

Ek is reeds met Marion Holmes('n vrou wie saam met haar man 'n Safari-besigheid besit) in gesprek op die LMF-site en wil graag sien hoe v?r ou Bobjaan hulle ge-indoktrineer het. Hy bly s replies op die sy in gooi, maar probeer ek hom doel bewus nie antwoord nie. Ek jag intensief reg rondeom Marion-hulle grond en ken nogal hulle opset haarfyn daar binne. Sal sien of enige van my vrae Bool se Myths kan discard.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by marno »

Daarsy oom Taf!!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by visstok »

As ek n klip in die bos kan gooi, 404! Sal julle na die OPS na ek reg was vertel hoe ek by daai getal uitgekom het. Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Louis102 »

visstok wrote: As ek n klip in die bos kan gooi, 404! Sal julle na die OPS na ek reg was vertel hoe ek by daai getal uitgekom het. Groete Alex
Mooi Alex!  'n Positiewe man is 'n aanwins op enige jagbakkie.  Lyk my die Dorslanders het die regte span bymekaar, nou moet ons nog net die jakkalse ook laat saamry.

Mooiloop
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Biker »

Boys
So deur die reen dink ek nou net aan ietsie as ou Bool en trawante dalk n BOYCOT so in die stilte beplan vir ons groot naweek dan kan dit dalk net die geleentheid wees wat ons hulle bymekaar kan maak en dalk ietsie aan kan doen want daar moet seker n mate van publieke veiligheid gehandhaaf word met so n opperasie want daar gaan koele rondvlieg en ek dink ook die bestuur moet n vrywaringsvorm opstel wat deur elke deelnemer geteken word sodat elkeen op eie risiko deelneem. Baie belangrik.
As Bool dalk wil deelneem op sy risiko.....
Groete
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Louis102 »

Biker, sal jy reken Taffie moet 'n vrywaringsvorm vir Bool aanstuur, of moet hy dit sommer by die hek na Mooihuil optel?  Op Kuduberg is dit mooi droog, as die nattigheid en verveeldheid 'n oorkussing vir die duiwel raak ;D

As jy en Rooies jakkalsroep soos julle visvang, sien ek swarigheid vir die westransvaalse natneusies!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Gerhard »

Ons gaan volgens Natuurbewaaring Ordinansies jag soos uit een gesit is vir die Noord Wes provinsie.

Om die rede is Ian besig om te werk aan die permitte en hoekom hy die ID nommers soek.

Bool kan kom kuier.

Dalk leer hy n les of twee.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by Biker »

Louis
Kuduberg le hoog bo-op in my bucketlist al te koud vir die bike maar dit is nie die enigste wiele nie.
Jy weet mos hoe werk dit n man moet n hoek in die water he. Lekker wees om van die oo skaap jakkalse weg te kom en het ander dag so voorsmakie gehad in die Komga disrik. Was gevra deur n mede teler as ek by hom gaan inloer om toerusting saam te bring so vat ek toe die clappergun en stoel en doen n roepie daar . 40min later toe laai ons 2 reuns en 1 teef , as dit so maklik in die Wes T. gaan wees kan dit net n fees word. Temp. buite so 4*c
Groete vir jou mense
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: OPS MOOIHUIL jakkals getalle....

Post by johan1 »

Ek reken daar gaan so 141 val en 9 rooikatte
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
Post Reply